PDA

View Full Version : Moslems koop Goudstad se oudste NG kerk



Die Ou Man
15th April 2012, 19:30
Moslems koop Goudstad se oudste NG kerk
2012-04-14 22:38

Johannes de Villiers

Die einde van n era breek eersdaags aan wanneer die historiese kerkgebou van die NG kerk Langlaagte, die oudste NG kerk in Johannesburg, in n Moslem-madrassa omskep gaan word.

Di kerk, wat in 1902 vir die Goudstad se eerste Afrikaanse inwoners ingewy is en jare lank die beskermer van die aangrensende Abraham Kriel-kinderhuis was, word daarmee die jongste slagoffer van die migrasie van Afrikaanse mense uit Johannesburg se binneste voorstede.

Weens die stygende koste van die instandhouding van die gebou het die gemeente waaraan dit behoort, besluit om dit te verkoop. Die beste aanbod is van n Moslem-organisasie ontvang.

Dit is die soveelste NG gebou wat die laaste ruk aan ander geloofsgroepe verkoop word in di gebied waar talle gemeentes eens gefloreer het.

Waar daar voorheen n netwerk van stadsgemeentes was, het hulle die laaste jare die een n die ander saamgesmelt en verdwyn. Die NG kerke Johannesburg-Wes en Crosby-Wes is ook albei aan Moslem-organisasies verkoop, terwyl die NG kerk Cottesloe deesdae n Boeddhistiese tempel is.

Die oorblywende NG kerk in die omgewing, die gemeente Brixton, is self n kleinerige gemeente met een predikant en sowat 400 lidmate (van wie 110 inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis is). Di gemeente staan deesdae as die NG kerk Vergesig bekend nadat al die omliggende gemeentes daarin opgeneem is.

Volgens ds. Hennie van Rooyen van Vergesig het hulle met n swaar hart besluit om die Langlaagte-eiendom, wat onder meer die graf van sy eerste predikant, ds. Abraham Kriel, en sy vrou Christoffelina, op sy terrein huisves, te verkoop, maar die instandhouding was net te duur.

Die demografie van die omgewing het totaal verander na n oorwegend Indir-gemeenskap.

Die ou gebou met sy sinkdak en fraai toring l nou in n woonbuurt waarvan feitlik geen inwoners meer NG kerk-lidmate is nie. Die grafte van die Kriel-egpaar lyk eensaam en vergete voor die kerkdeur.

Selfs die geroeste bordjie wat lui Ned Geref Kerk Langlaagte is buite sig agter die bont kennisgewing van die charismatiese gemeente wat die gebou deesdae op Sondagoggende gebruik.

Die kopers gaan dit in n madrassa (Moslem-godsdiensskool) omskep. Volgens Van Rooyen is daar in die verkoopkontrak gespesifiseer dat die historisiteit van die gebou gerespekteer moet word. Daar is ook n serwituut geregistreer wat die grafte van ds. en mev. Kriel op die terrein beskerm en toegang bied aan belanghebbendes.

Die NG kerk Langlaagte was die tweede gemeente van di kerkverband wat in die Goudstad gestig is. Die eerste, die Johannesburgse moedergemeente in Braamfontein, is al n paar jaar gelede gesloop.

Een mens wat nie in sy noppies is met? die Langlaagte-verwikkelinge nie, is biskop Ryan Sooknunan, n pastoor wat die gebou die laaste jare vir dienste vir sy onafhanklike pinksterkerk, Glory Divine World Ministries, huur.

Sooknunan beskuldig die NG kerk Vergesig daarvan dat hulle n mondelinge kontrak met hom verbreek ingevolge waarvan hy die kerk onbeperk sou kon gebruik, maar Vergesig ontken dat so n kontrak bestaan.

Sooknunan het al met sowel regsoptrede as n protesoptog gedreig en verwyt die Vergesig-gemeente ook omdat hulle n vreemde geloof (Moslems) in n kerkgebou laat intrek.

Volgens Van Rooyen is dit egter nie n stap wat hulle ligtelik neem nie. Ek wens dit kon anders wees, het hy ges toe Rapport hom die afgelope week besoek het. Maar ons kan nie honderde duisende rande n jaar bestee om die gebou in stand te hou nie.

Op die terrein van die NG gemeente Vergesig vertel n oom hy is n NG lidmaat van Langlaagte wat na Vergesig oorgekom het.

Is daar enige ander NG lidmate in Langlaagte oor? Daar is nog een ander egpaar, s hy. En dan die kinderhuiskinders. Dit is maar al.

Uit Rapport (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Moslems-koop-Goudstad-se-oudste-NG-kerk-20120414)