PDA

View Full Version : 'n Les om te leer



knipmes
30th April 2012, 20:38
Naand aan Almal,

Ek het nou onlangs 'n baie diep, tog wonderlike boek gelees; geskryf deur 'n Vrou wat met ons "Guardian Angels" of liewer "Beskermings Engele" kan kommunikeer, hulle selfs sien. Dit was 'n interessante reis, en ek beoog om dit hier opsommender wys in kort te weergee, hopelik met Hul wense.

Wat my egter opgeval het, was 'n intense reis van die self sover terug in die self se bestaan, en ook die toekoms in, dat die hede skielik die volgende stellings / vraag by my laat vassteek het:


Stelling 1: In hierdie lewe word ons geleer van respek vir die self en andere, opregtheid teenoor die self en andere, liefde vir die self en teenoor andere, toenadering, fatsoenlikheid, begeerlikheid, onthouing en so kan ek aangaan met die lys van moets en moenies...


Stelling 2: In die Hemele waarvandaan ons as ewige lewensvorme [nie die liggaam nie] kom, en waarheen ons ook terugkeer na afleging hierdie spesifieke lewens wat ons self uitverkies het om sogenaamde lesse mee te kom leer...


Stelling 3: Lesse van jy mag nie steel nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie 'n ander se vrou begeer nie... en en en...



Nou's die vraag 1: Wat is die punt hiervan?

Ek meen...

In die Hemele word mos nie gesteel nie, daar is nie aardse dinge om te steel nie...
Daar is nie seks nie, so waaroor leer ek van verkragting?
Daar is nie ligaamlike siektes soos kanker nie, so hoekom moet ek daardeur gaan?
Disrespek, is daar so iets in die Hemele? Sal dit daar toegelaat word? Hoekom dan die les leer as jy dit in elk geval nie gaan doen nie?

Vraag 2: Hoekom dan?

As ek geskape is in die Hemele as Siel of Gees, sonder enige letsel volmaak voor my Hemelse Ouers, dan hoekom die lesse van aardse dinge kom deurgaan?

Wat is die punt daarvan?






Dis tyd dat ons op hierdie werf bietjie gesels, nie net lees nie... ek soek antwoorde, wil graag van julle hoor!!!



groetnis
knipmes

knipmes
2nd May 2012, 19:49
Die Joodse Mitologie het daarin geslaag om ons Germaans/Nordiese waardes om te keer.

'n Germaanse baba word onskuldig en sonder sonde gebore. By geboorte is hy inherent goed. Daarop word voortgebou en hy/sy word die deugde van dieGermaan aangeleer. Eer bo alles of sterf.

In die Joodse Mitologie word 'n baba as sleg gebore. (In sonde ontvang en gebore.) Dan word hy geleer dat hy 70 x 7 maal kan wegkom met slegtheid en op 'n dag as hy in die moeilikheid is, berou kan toon en beloon sal word met die ewige lewe.

Liefde groete.

Die Ou Man


As mens sonder sondes gebore word, met net liefde en opregtheid as begin punt, dan waarvoor hierdie lesse???

Wat is die punt?

Dis lekker om te lewe, daar is eindelose dinge om die genog van te pluk, maar wat is die punt van les leer hier?

Die "value added service" wat ek verder moet dra, wat se nut het dit om te weet jy kan nie meer steel nie, dis verkeerd... maar wat wil jy fisies gaan steel in die Hemel, of die hel vir dieselfde rede???

Wat is die punt?

Of kan iemand vir my antwoord dat mens tog in die Hemele kan steel... fisies? duh?



groetnis
knipmes

knipmes
12th May 2012, 22:11
Ons is gevangenes hier, volgens die oumense van dae... en totdat ons nie geleer het om onsself te bevry van hierdie dwang nie, is ons gebonde tot herlewing op herlewing tot herlewing... oor en oor...


Nou is die vraag weereens? wat is die punt?




groetnis
knipmes

Die Ou Man
14th May 2012, 08:08
Jou vraag is net geldig aan individue wat "van bo" gebore is.

Maar nie almal is van bo gebore nie. Jy daag dus hier op om leiding te gee en 'n boodskap van die gode oor te dra.

Die gevaar is egter dat "van bo geborenes" ook verstrengel kan raak in aardse dogmatiek en versoekings. Dan keer jy onverrigter sake terug.

Maar hoe dring jy deur tot iemand wat nie van bo gebore is nie en vir dood vasklou aan 'n aardse, mensgemaakte geloof?

Liefde groete.

Die Ou Man

knipmes
14th May 2012, 19:58
Naand Almal,

Die Ou Man, ek hou van die rigting waarin jy hierdie draad stuur... dis presies waarop ek aan die eenkant gesinspeel het. Tog,... dis juis die van "onder" geborenes wat klem op gele moet word, en dus die beklemtoning wat meestal hier op Wendag op die "van Bo" geborenes val, te verskuif vir 'n slag na die "anderkant" van die draad, by wyse van spreke!

Weereens is die vraag: wat is die punt? Want soos jy tereg vra, wat help dit as hulle nie wil hoor nie?? nie wil luister nie? nie wil kyk nie? nie wil sien nie?...

Miskien moet die aardse mens net gelos word om tot vernietigingspunt te kom, voordat daar geluister sal word. Dis immers by die doodspunt waar insig en verstand eers werklik realiteit wordende aksie meebring wat verrykkende gevolge het?



groetnis
knipmes

Die Ou Man
14th May 2012, 20:22
Naand Almal,

Miskien moet die aardse mens net gelos word om tot vernietigingspunt te kom, voordat daar geluister sal word. Dis immers by die doodspunt waar insig en verstand eers werklik realiteit wordende aksie meebring wat verrykkende gevolge het?

Die "aardse mens" het Jesus vermoor.

Hoe temper jy dierlike instink in die mensdom?

schalk
15th May 2012, 14:08
Julle manne het werklik nou n interresante onderwerp beet waarmee ek nog worstel om n 'sensible' bydrae te kan maak. Ek dink dit is meerdere se problem die dat so min mense nog n bydrae gemaak het. Ons dink nog maar soos ek altyd vir my dierbare vrou se as sy se sy wil net die 'hemel' haal al vee sy net strate daar, " nee magtig vrou ek vee nou nie eens strate nie, moet ek nou so n vervelige werk daar gaan doen!"

knipmes
15th May 2012, 17:13
...al vee sy net strate daar...


Nee wat Schalk, ek dink nie ons hoef daaroor te bekommer nie. Oorlewering en insig het my geleer dat mens wel dit waarin jy belangstel ten diepste die reis daarvan daar voort sal sit... Dis tog immers JOU keuses wat jy maak, nie God s'n nie, want dan is God skuldig aan baie baie wandade...

Hoe dit ookal sy, dit kom terug by die punt van dit... ??



groetnis
knipmes

knipmes
15th May 2012, 17:28
...Hoe temper jy dierlike instink in die mensdom?

Die toekoms veral nou vanuit 'n 2012 oogpunt lyk of vreeslik bleek, of vreeslik opwindend... hang af van watter kant van die draad of straat of lamp jy staan.

Ek wil my verstout om soos volg kommentaar te lewer:

"Van onder geborene" [meestal met Christelike / Islam idiologiee??] opsomming van gebeure in die toekoms:

Scenario 1:

Eerstens kort die kruitvat 'n lont... dalk die verskyning van die "Ware van Bo gebore" Jesus wat weer verskyn, en dan weer vermoor word as die sogenaamde antichrist...
Die ware antichrist verskyn dan wat die wereld se aardlinge as sy eie kinders dan hier in sy eie goue tempeltjie in die woestyn laat rondle om 'n swembad?
Scenario 2:

Die antichrist kom wel eerste as messias wat wonderwerke en al die hele kaboedel "van onder geborenes" dan verlei... ten sterkste probeer om die "van Bo geborenes" uit te snuffel en fisies van kant te maak of te "bekeer" [vir minder of meer], weereens tot in die tempeltjie in die woestyn?
Die ware Jesus en Sy Vader Ad-am vergestalt en verwoes die hele spul of laat die tempeltjie weer soos Atlantis in die see verdwyn??

"Van Bo geborene" opsomming van gebeure in die toekoms:

???? Wat sou die scenario's wees?

Wie wil dit waag om 'n voorspelling te maak, of "gut feeling" uit te spel?



Ons kom stadig maar stadig nader aan die punt...







groetnis
knipmes

yeshurun
29th July 2012, 11:55
Die toekoms veral nou vanuit 'n 2012 oogpunt lyk of vreeslik bleek, of vreeslik opwindend... hang af van watter kant van die draad of straat of lamp jy staan.Ek wil my verstout om soos volg kommentaar te lewer:"Van onder geborene" [meestal met Christelike / Islam idiologiee??] opsomming van gebeure in die toekoms:Scenario 1:
Eerstens kort die kruitvat 'n lont... dalk die verskyning van die "Ware van Bo gebore" Jesus wat weer verskyn, en dan weer vermoor word as die sogenaamde antichrist...
Die ware antichrist verskyn dan wat die wereld se aardlinge as sy eie kinders dan hier in sy eie goue tempeltjie in die woestyn laat rondle om 'n swembad?
Scenario 2:
Die antichrist kom wel eerste as messias wat wonderwerke en al die hele kaboedel "van onder geborenes" dan verlei... ten sterkste probeer om die "van Bo geborenes" uit te snuffel en fisies van kant te maak of te "bekeer" [vir minder of meer], weereens tot in die tempeltjie in die woestyn?
Die ware Jesus en Sy Vader Ad-am vergestalt en verwoes die hele spul of laat die tempeltjie weer soos Atlantis in die see verdwyn??
"Van Bo geborene" opsomming van gebeure in die toekoms:???? Wat sou die scenario's wees?Wie wil dit waag om 'n voorspelling te maak, of "gut feeling" uit te spel?Ons kom stadig maar stadig nader aan die punt...groetnisknipmes Jenne knipmes. Regtig is jou geloof klein. Jy is by die swembad in die woestyn en jy loop nie in geloof bo-op die water nie, jy is besig om te versuip. En as jy meen dat die messiah aangesien sal word as die anti-messiah dan sal die een wat op die water kan loop jou nie red van jou versuiping nie. Het die messiah Immanuel nie gese as Hy weer kom sal elke oog Hom sien en weet dat dit Hy is wat hulle deurboor het. Hoe se die Woord. As Hy weer kom is dit in Sy heerlikheid. Wat het gebeur toe Moses vir YAH gevra het of Moses Sy aangesig kon sien? ABBA YAH het vir Moses gese dat Moses in n skeur in die rotse moes gaan wegkruip en as die heerlik van YaH daar verby gaan sou YAH Sy aangesig bedek sodat Moses nie sou sterf nie. Want geen vlees kan YAH sien en nie sterf nie. As die messiah dan kom sonder waarskuwing sonder dat jy jou aangesig bedek sodat jy Sy heerlikheid nie aanskou nie, dan gaan jy sterf, verseker. Daarom het die messiah Sy terugkeerkoms vergelyk met die vloed van Noag se tyd. Want baie mense sal sterf. Miskien is jy een van die gelukkiges wat in die grotte kan wegkruip en nie sterf nie. En Immanuel vergelyk ook die eindtyd met die verwoesting van sodom want Hy sal die land van Edom se riviere verander in brandende pik en die stof daarvan in brandende swawel. Maar ek glo darem nie dat jy daar sal opeindig nie. As jy sterf met die wederkoms sal jy as sondige mens eers in die dag van die groot oordeel opstaan en gefonnis word tot die tweede dood. Jy sien. Die eerste dood is die van jou vleeslike liggaam maar die tweede dood is wanneer EL shaddai tot die geeste laat sterf van die wat ongelowig was, en dit wys finaal op Sy oppergesag. Want niemand kan n gees vernietig nie. Net ABBA YAH kan die gees doodmaak. Daarom sal die gelowiges in die tyd van Immanuel sewederkoms in n oogwink verander word en nie sterf nie maar verheerlik word en aangeneem word tot kinders van die ABBA. Nou wat is n kind dan? Die seuns van YAH is engele. Ja, die wat na die gees gelewe het sal in engele verander word in n oogwink met die wederkoms. Shalom. Yeshurun

knipmes
29th July 2012, 19:49
Naand Yeshurun,

Dankie vir die bydrae tot die gesprek, dis welkomend verfrissend.

Alhoewel ek uiters respek het vir jou opinie, geloofs oortuiging en sieninge, sal ek my nie so verstout om jou geloofs sterkte te meet of te oordeel nie. Myne mag dalk swak lyk vir jou, maar die teendeel is vanselfsprekend. Ek kom vanaf die Hemele, en as ek hier klaar is, gaan ek weer daarheen terug. Ek is nie 'n muskiet wat jy kan dood druk vandag, of oor 'n duisend jaar nie. Net my liggaam bly agter as materie, stof tot stof...


Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

In wese is jou hele relaas gebaseer op die Joodse Mitologiese geskiedenis, gesien vanuit die oogpunt van onder gebore, waar die mens slegs uit water gebore is, waar selfs die opperstes van die volk moet wegkruip voor die aangesig van hul Vader, of hulle word verskroei. Waar ek vandaan kom, is Liefde die maatstaf van geloof, waar my Hemelse Vader en Moeder my nooit ooit sal verwoes net omdat ek in Hul teenwoordigheid wil wees nie. Om in grotte en skeure weg te kruip, spreek van die eeue oue vrees inboeseming van dogma wat juis die aardse mens so verblind het vir hul geestesoog, dat hul juis die verkeerde Geeste gaan aansien as 'n messias. Punt. Dit het al miljoene kere gebeur, en gaan weer en weer gebeur...

Dit laat my dink... as elke mens wat van die begin af uit stof vermeer was, en gesterwe het, tot nou toe saam met die wat tans lewe, weer moet opstaan en stoflike liggaam opneem... dink ek, gaan daar glad nie genoeg grond op hierdie aardbol wees om al die liggame weer mee te bedek nie!

Dink byvoorbeeld aan 'n baba wat slegs na 'n paar dae oud sterf weens enige rede. Het daardie kindjie dan gesondig of nie? vir 'n duisend jaar in duisternis moet wag na slegs daardie een lewe op moontlike vrystelling van sogenaamde sondes en dan eers in die Hemel te kan woon? Hierdie konsep van vrees inboesem vir die Joodse Stam God is myns insiens uiters pateties en holrug gery!

Dus is my vraag aan jou weer... wat is dan die punt dus om so te wil lewe in hierdie een lewe dan? As jul ABBA YAH dan jou as kind wil verdelg net omdat jy in Sy aangesig kom, wat staan jou kans dan na 'n hele sondelose wonderlike lewe, gesterf op oudag en duisend jaar later te oordeel? Die wereld is vol van mense wat vroom voorkom en agteraf hul denke? Geen aardling se denke is sonder sonde nie!

My Hemelse Ouers sal geen Siel verteer nie, geensins my verdelg nie, en my nooit in donkerte hou vir duisend jaar nie... mens is hier om foute te maak, daaruit te leer, en as Siel te groei, keer op keer, weer en weer, totdat Siel Gees word. Dit is die Punt!





groetnis
knipmes

aldekock
31st August 2012, 10:40
Hi Everybody


Will you please allow me some “space” to establish some Postulates otherwise you might not understand what I am trying to convey


So this is a profound question, “What is the point of us as spiritual beings visiting earth”


Here is my premise first:


To have any constructive collective discussion, we first must appreciate the concept of “Unity in diversity”
So how can you talk about Unity in Diversity, as it really sounds like an oxymoron
At the root of this concept is the “Heart” of it all, and that is that at heart level, the purpose should always be understood, otherwise the diversity that comes from the collective consciousness (the mind of man ) have very little effect and meaning at all


So here is my first Postulate:


“I am” a spiritual being, sired by a spiritual Father and Born from a spiritual Mother even before the beginning of time space and contrast
Now at this very moment in time I have a physical body with a “mind of man” that manages this physical body, this body is used to “experience” the physical realm of time, space and contrast, it finds itself in
And I have also a soul, this is my “new” body being prepared for my next level of consciousness after I leave this physical realm

So, this is not what I belief, this is the way it is for me, I don’t have to belief it, it is what it is

If you find your heart filled with curiosity or confirmation of this, lets have a conversation, if you find your mind clashing with the postulates, be sure that I will not have a conversation with your mind, as you will not understand a word that “I am” saying

knipmes
8th September 2012, 14:11
aldekock,

Inderdaad nog iemand wat my (ons] "taal" praat...

Ons gaan nog lekker gesels...

groetnis
knipmes

Pierre
8th October 2012, 16:25
Dagse Knipmes;

ek sal graag meer omtrent ons/my hemelse ouers wil verneem; hoe gaan ek te werk?

Liefde groetnis.

knipmes
19th October 2012, 11:45
Hallo Pierre,

Op hierdie werfblad is daar ongelooflik baie inligting, kommentaar en opinies saam gevoeg wat myns insiens die leser 'n baie noukeurige "groter" prentjie aanbied, wat juis jou geestesoog sal help oopmaak om self die wete wat reeds daar is, net te bevestig.



groetnis
knipmes

Pierre
21st October 2012, 10:31
Hallo Knipmes,

Baie dankie vir terug skrywe. Ek waardeer dit opreg, sal aanhou met soek!

Liefde groetnis
Pierre

aldekock
22nd October 2012, 16:31
Hi Pierre, die vraag is eintlik, wie is die ours van jou gees ?
Wie is die ouers van jou siel ?
die maklike een is darem, jy weet wie die ouers is van Pierre :wink_2:
Hou die reis in gedagte, geniet dit, want dit is allereers hoekom jy na die tyd, ruimte en kontras realitie/wereld toe gekom het

Pierre
24th October 2012, 14:00
Hi aldekock;

Baie dankie ook vir jou bydrae! ek sien uit om nog lekker saam te gesels.

Liefde groetnis
Pierre