PDA

View Full Version : Bybel oop vir interpretering



knipmes
14th May 2012, 20:46
Bybel oop vir interpreteringdeur Brentie

2012-05-14 08:13Hoe reageer 'n mens op Zim-tragedie? (http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/Briewe/Hoe-reageer-n-mens-op-Zim-tragedie-20120509)

Een leser lewer soos volg kommentaar daarop: "En dit is myns insiens die kern van die aangehaalde Bybelversies. Soos ek gesÍ het die Bybel kan op verskillende wyses gelees en vertolk word."Die kern van dwaalleer! Nee die skrif kan nie op enige persoonlike interpretasies uitgebrei word nie, dis belaglik en kinderagtig en uiters pateties. Die skrif moet deur die skrif alleen verstaan word, alles wat van buite kom, moet weggestuur word. So is dit selfs met die Jode, hulle het te veel persoonlike interpretasies van die skrif en van hul Here, dat gewone mense sommer die Woorde van die Here tot niet kan verklaar om die mens se sondes te verskoon! Wat is die nut van die skrif dan, dan is dit nie eens meer 'n basiese riglyn vir 'n lou Christen nie! Belaglik! ď

Die kommentaar wys maar weereens hoe verdeeld mense is wanneer dit oor Bybeluitleg gaan. Wanneer ín mens gevra word om Sondagskoolklas te gee word dit van jou verwag om by die voorgeskrewe leerplan en boeke te bly. Party keer is dit moeilik veral as dit oor die skepping, sondvloed ens. gaan.

Kinders aanvaar nie meer alles soos ek en ander dit in ons jeug aanvaar het want die dominee en onderwyser die toonaangewende lede in die kerk en skool was. Daar was immers geen rede om hul kennis en woord in twyfel te trek nie. As Genesis vertolk word as ín letterlike 6-dae skepping en ín 6000 jaar oue aarde. Dan is dit so. Enige bevraagteken kon nare gevolge hÍ.

Die Bybel is ín besondere boek, eintlik ín versameling van boeke. Huidige skrywers doen deeglik navorsing oor hul onderwerp en neem dit soms jare van skryf en herskryf voordat boeke gedruk word en op die rak vir verkoop geplaas word.

Die Bybel bevat 66 boeke, 39 in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament. Die Katolieke het egter 46 boeke in die Ou Testament. Die Jode het 24 boeke in die Ou Testament omdat hul die 12 kleiner profete as een boek beskou.

Die woord Bybel is afgelei van die Egiptiese woord vir perkament íbyblosí. Die Grieke het die woord Ďbibliosí gebruik, boeke of rolle, wat daarna in Latyn vertaal is as Ďbibliaí boek. Die bybel is egter meer as een boek. Dit is ín Ďat biblia,í Ďdie boekeí. Net soos in ín biblioteek kry ín mens ín verskeidenheid van boeke, prosa, digkuns,liedere, gebede, geskiedenis, volksoorleweringe, sages, wysheid, briewe, gelykenisse, spreuke, profesieŽ ens.

ín Mens kan maar sÍ dat die Ou Testament, die Hebreeuse geskrifte is en die Nuwe Testament die geskrifte van die Christene. Die woord testament het ín ander betekenis en is nie ín wettige dokument van hoe ín mens oor jou aardse goedere beskik nie.

Die is afgelei van die Latynse woord Ďtestamentumí wat ín vertaling is vir die Hebreeuse woord Ďverbondí Ďberithí. ín Verbond is ín ooreenkoms tussen twee partye. Hier tussen God en die mense van God. As jy glo dat God nie bestaan nie kan daar ook nie ín oorkoms wees nie.

Deur Moses het God ín ooreenkoms met die mense van Israel gesluit. Die ou verbond. ín Kern van die verbond was dat daar ín Verlosser gebore sou word. Hierdie belofte is vervul in Jesus Christus, wat egter deur die Jode verwerp is.

Jesus Christus is dan die Ďnuwe verbondí want: Johannes 14: 6: Jesus het vir hom gesÍ: ďEk is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7: As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.Ē

Oud beteken egter nie dat dit nou weggegooi kan word nie. Dit beteken eerste of die Hebreeuse geskrifte. Die Bybel is belangrik omdat God belangrik en daarom bly die Bybel die norm of kanon,ín norm of maatstaf waarvolgens Christene hul handel en wandel moet bedryf.

Saam met die Jodedom, Islam, is die Christendom openbaringsgodsdienste. Christene glo en bly dat God hom deur Jesus Christus aan die mensdom geopenbaar het.

Jesus is God se woord, God se openbaring. Die skrykuns was nie almal beskore in die ou tyd nie en mense het dit deur vertelling oorgedra van geslag to geslag. Jesus het self niks neergeskryf nie.

Dissipels het eers nadat Jesus opgevaar het gepreek oor dit wat hul gesien en gehoor het. Omdat elke mens se ervaring uniek is, is dit duidelik dat daar oor verskille sal wees wanneer hul praat oor wat hul gesien en gehoor het. Persoonlik sou ek baie meer bekommerd gewees het as bv. alle evangelies woordeliks dieselfde was. Dit sou op ín sameswering en knoeiery gedui het.

Hoe jy die Bybel lees hang af van hoe ín mens die Bybel sien. Gebruik jy die Bybel omdat jy glo dat dit magiese kragte beskik en dra bybelversies vir beskerming of laat die Bybel oopval en die eerste vers wat jy sien is dan ín direkte boodskap van God?

Die Bybel kan dogmaties gelees word. Daar word na verse gesoek om leer of tradisie te bevestig en so gaan die boodskap verlore. Dit kan allegories gelees word deur aan alles Ďn geestelike boodskap te gee. Die Bybel kan ook net in historiese konteks gelees word. Rondom dit is verskillende metodes ontwikkel.

Hoe jy vir jouself bepaal het wat die Bybel is, gaan bepaal hoe jy die Bybel lees. Die Bybel het oor ín lang tydperk tot stand gekom. Die eerste dele van die Ou Testament 3500 jaar gelede. Die Nuwe Testament ongeveer 2000 jaar gelede. Wetenskaplike kennis het ook geweldig vermeerder.

Waar Moses bv. in net 31 sinne die hele skepping beskryf is daar vandag derduisende boeke op die mark en in biblioteke oor diť onderwerp. Ongelowiges het ook dan baie kritiek oor die historiese korrektheid van veral die Ou Testament. Waar is die bewyse vir die uittog uit Egypte word gevra.

Wel daar is talle potskerwe op die plekke waar die Israeliete gekamp het. Die probleem is egter dat hul nie gedateer kan word na die tydperk waarvolgens die Israeliete Egipte verlaat. Die skrywers van die Ou Testament het hul min gesteur aan die datering van hul verhaal, want hul het geweet dat die mense vir wie hulle dit op skrif geplaas het geweet het waarvan hul praat.

Verhale is gekoppel aan groot gebeurtenisse of heersers van die tyd. By Tell Mardikh die antieke Ebla in SiriŽ is Ďn groot aantal kleitablette opgegrawe waarop daar heelwat name soortgelyk aan hul Hebreeuse eweknie voorkom. Daar is ook baie verwysings na gode en ook ín skeppingsgedig. Baie gode is in die stad aanbid.

Baie Christene aanvaar dat die sondvloed die hele aarde bedek het en weier dan om te glo dat dit slegs die aarde was soos dit aan die mense in die tyd bekend was. Deur die wetenskap weet ons dat ongeveer 97% van al die water op ons planeet soutwater is en slegs drie persent varswater, waarvan een persent vloeibaar is, die res is in die yskappe van die pole en gletsers vasgevang.

As die hele aarde bedek was, was daar geen plek waarheen water deur swaartekrag kon wegvloei nie en sou alle varswater bronne versout gewees het en moes daar oral ín soutlaag gevind word.

Die Bybel is vir my ín geloofsboek en aanvaar ek gelowig dat die beloftes daarin vervat ook vir my bewaarheid sal word. Ek het die Bybel A-Z, die Katolieke aanlyn ensiklopedie, Britannica Ultimate Reference Suite, Owen Chadwick, History of Christianity, en ander geraadpleeg en erken dan ook die skrywers hiermee.

Sonder hul kennis sou my lewe so veel armer gewees het.


bron




g (http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/JouStorie/Bybel-oop-vir-interpretering-20120514)roetnis
knipmes

knipmes
14th May 2012, 20:48
http://graph.facebook.com/100003047940596/picture

Breinlekkasie (http://www.news24.com/user/Breinlekkasie) - Mei 14, 2012 om 09:42
Rapporteer (http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/JouStorie/Bybel-oop-vir-interpretering-20120514#)

Die Bybel is 'n geloofsboek maar so is die Koran, die Bhagahavad Gita, die Boek van Mormon en ander geskrifte ůůk. Wat onderskei die Bybel van engie ander geskrif?

Vir 'n Hindu beklee die Bhagavad Gita die selfde status as wat die Bybel vir die Christen beklee. En vir die Hindu beklee die Bybel die selfde status as wat die Bhagavad Gita vir die Christen beklee.

Die een dinominasie beskou sy leerstellings as meerderwaardig teenoor die wat van hom verskil ten spyte van die feit dat al hierdie leerstellings vanuit die selfde boek geoes is.










groetnis
knipmes

knipmes
14th May 2012, 20:50
http://graph.facebook.com/100003366333935/picture

Alkie (http://www.facebook.com/profile.php?id=100003366333935) - Mei 14, 2012 om 10:55
Rapporteer (http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/JouStorie/Bybel-oop-vir-interpretering-20120514#)

Brentie baie goed uit een gesit.

Ek hou veral van die volgende stelling. "Die skrif moet deur die skrif alleen verstaan word, alles wat van buite kom, moet weggestuur word."

Dit is die kern van die verstaan en vertolking van die Bybel. As hulle dit maar net sal doen. Sal al die hoof verskille verdwyn. Dan sal ons verskil van mekaar, maar ons sal uit mekaar gaan met die woord. Eendag sal ons alles weet nou weet ons slegs gedeeltelik. Of wannneer die Messias kom sal Hy alles duidelik kom maak. Dan sal dit nie nodig wees om nog 'n kerk te gaan stig nie.





groetnis
knipmes

knipmes
14th May 2012, 20:51
http://graph.facebook.com/522999785/picture

Knip (http://www.facebook.com/profile.php?id=522999785) - Sopas gepos
Rapporteer (http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/JouStorie/Bybel-oop-vir-interpretering-20120514#)

Dis betreurenswaardig dat in vandag se moderne wereld die Joodse Mitologie nogsteeds soveel Heidene vasvang in 'n doolhof van aardse godsdiens dwepery! Dis werklik jammerlik.








groetnis
knipmes