PDA

View Full Version : Werf Opinie



knipmes
16th May 2012, 21:02
Naand aan Almal,

Gaste en mede-lede,


Met die ontstaan van hierdie werf genaamd WENDAG was die idee om openlik en eerlik kennis in verskeie vorme oor te dra van verskeie oorde, persoonlike sieninge en selfs opinies te laat vorm aan wat vandag... [alhoewel vir meeste onder skuilname] tog ongelooflike openbarings voortgebring het, dink ek?

Met hierdie spesifieke draad nooi ek ieder en 'n elk om slegs hier aan te dui watse gevoel of openbaring hierdie blad reis mee gebring het. So soort van 'n statistiek of neerpen van ons welslae en ook ons nederlae...

Sal ek begin?



groetnis
knipmes

knipmes
16th May 2012, 21:06
Wendag beteken vir my ongelooflik baie, want hier kan ek uiting gee en veral insig kry van die geestelike tog in hierdie lewensreis wat ek nie regtig iewers anders kan optel of inwin nie...

Dankie aan almal wat dit help vorm, en steeds laat groei soos ons reis voortgaan...





met dank
groetnis
knipmes

schalk
22nd May 2012, 13:55
Na my breuk met die tradisionele het my werklike geestelike tog begin en Wendag stimuleer dit aanhoudend in baie opsigte. Ek voel sommer tuis tussen denkende mense wat nie bang is om te vra en opinie te gee nie!

Die Vrou
14th June 2012, 11:02
Naand aan Almal,

Gaste en mede-lede,


Met die ontstaan van hierdie werf genaamd WENDAG was die idee om openlik en eerlik kennis in verskeie vorme oor te dra van verskeie oorde, persoonlike sieninge en selfs opinies te laat vorm aan wat vandag... [alhoewel vir meeste onder skuilname] tog ongelooflike openbarings voortgebring het, dink ek?

Met hierdie spesifieke draad nooi ek ieder en 'n elk om slegs hier aan te dui watse gevoel of openbaring hierdie blad reis mee gebring het. So soort van 'n statistiek of neerpen van ons welslae en ook ons nederlae...

Sal ek begin?



groetnis
knipmes

Ja .. ek stem saam met dit wat jy se knipmes. Hier het ek pragtige openbarings gekry, maar nie
net dit alleen nie .. hier het ek geleer om te kon kommunikeer met mense wat verskillend glo ens. Ook geleer om nie op my perdjie te spring en weg te galop nie. Ek het geleer om my sensitiwiteit en sagte hartjie eenkant te pak en deelgeneem aan die gesprekke. Dit het my sterker gemaak en ge-inspireer om elders ook te gaan praat. En ek sien dit is met sukses dat ek vorder al gaan dit ook maar baie stadig.

En ek sÍ dankie vir Wendag .. hier het ek ontdek en geleer .. baie ook ..

Vriendelike groete

Die Vrou..

yeshurun
28th July 2012, 22:02
Ja .. ek stem saam met dit wat jy se knipmes. Hier het ek pragtige openbarings gekry, maar nie net dit alleen nie .. hier het ek geleer om te kon kommunikeer met mense wat verskillend glo ens. Ook geleer om nie op my perdjie te spring en weg te galop nie. Ek het geleer om my sensitiwiteit en sagte hartjie eenkant te pak en deelgeneem aan die gesprekke. Dit het my sterker gemaak en ge-inspireer om elders ook te gaan praat. En ek sien dit is met sukses dat ek vorder al gaan dit ook maar baie stadig. En ek sÍ dankie vir Wendag .. hier het ek ontdek en geleer .. baie ook ..Vriendelike groeteDie Vrou.. Ja. N wyse ou mens het my eendag gese dat hy nie bang is om met enige iemand te praat nie want dit is soos hoender eet. Jy eert die vleis en gooi die bene weg. Yeshurun

knipmes
29th July 2012, 19:59
... want dit is soos hoender eet...

Inderdaad, mens leer tog by elke Siel wat op mens se pad kom, vir een minuut of dag of leeftyd... mens neem tog slegs die goeie, nie waar nie?



groetnis
knipmes