Mense is geneig om te dink buitekant die skepping is daar net absoluut niks. Soos sommige dit noem ons sal tussen n?rens en erens rondsweef! Dit is nie waar nie. Die satan het die skepping so beplan dat niemand hier daardie Paradys in die geestelike realm kan sien nie. Want hy het geweet dat ons sou wou terug gaan soontoe. Hy't geweet dat ons hier in die skepping lankal sou terug gaan as ons kontak met Pappa gehad het. Daarom het hy ons heeltemal afgesny van ons oorspronklike tuiste af en hier in sy tronk gesit.

Ek wil julle verseker dat daar wel 'n Paradys is, 'n huis vol liefde en 'n skoonheid wat nie van uit die skepping gesien kan word nie.

Ons was 'n volmaakte gesin: Moeder, Vader & kinders. Maar ons Vader en Moeder het ook familie lede. Vader se broer het verlief geraak op Vader se Vrou. Maar al het hy hoe ookal probeer kon hy hulle wat mekaar liefhet met 'n volmaakte liefde nie skei nie. Hy't jaloers geword en woedend omdat hy nie die vrou van sy broer kon kry nie. Hy ontvoer haar toe en steek haar weg in die aarde se liggaam.

Die aarde was eerste van die skepping, daarna het hy ander lede (die kinders) in die gesin gevange geneem en hulle in allerhande vleeslike liggaame vasgevang.

Ek het destyds gedog sy haat het by Eva begin. Nee dit was nie so nie. Dit het al gebeur toe ons Moeder sy liefde verwerp het.