Ek het al baie geloop en tob oor hierdie mense ... gewonder hoe hulle en waarom hulle so verkeerd begin lewe. Maar tog het ek opgelet dat by party van hulle dit van jongs af te voorskyn gekom het. sommige se verkeerde neigings was sluimerend tot op 'n tydperk in hulle lewe wat dit net 'n rede kon wees vir hoekom hulle so geword het.

Ooral in hierdie afstootlike skepping gaan hierdie mense deur die aller verskriklikste trauma. Hulle word verdruk ... gespot .. verneder .. Sondaars genoem en as die afstootlike wesens uitgeskel. I skande is hulle hier.

Ek skryf hierdie hier sodat almal wat dalk te doen het met so 'n persoon hulle kan verstaan hoekom hierdie mens so verkeerd handel en dan ook meer simpatiek teenoor so iemand kan optree. Of as jy dalk self met hierdie probleem sit .. nie meer die wereld se skuld op jou sal neem nie .. jou ook nie meer aan al hierdie mense wat jou so teister te steur nie.

Hierdie is maar net nog een van die afstootlike dade wat die skepper god pleeg in die skepping!

Ons was almal wat hier woon in die skepping 'n Gees .. ons was reeds daar in die geestelike woonplek gebore. Dit was toe daar al bepaal wat ons is, "manlik" of "vroulik". En wat nou gebeur met hierdie Geeste is dat hulle in verkeerde liggaame geplaas word. Byvoorbeeld 'n vroulike Gees in 'n manlike liggaam en weer anders om en 'n manlike gees in 'n vroulike liggaam. Dus wat gebeur hulle eerste geestelike natuur soek dan 'n maat want die Gees weet reeds wat hy of sy is. Tydens die liggaam en geestelike stryd na wat hulle eintlik nou moet wees kan dit ook gebeur dat albei die vlees en die gees in gelyke stryd staan en albei dan floreer. Dus dan sal die persoon mans en vroue soek, dit hang nou af van die Geestelike wese hoe sterk hy/sy is.

Ek hoop dat hierdie inligting vir julle 'n belangrike les sal wees en dat julle behandeling van diesulkes na die beste wense sal wees. Dat julle genesing en verligting vir hierdie mense kan bring. Want hulle dra 'n las wat nie eintlik hulle sin is nie op hulle skouers.

Hierdie is 'n las wat hierdie afstootlike god op hulle plaas om hulle lewens hier in die skepping hel te maak!!