Die Tronk en slawerny
Wanneer mens nou sal kyk na die verhaal van Egipte en die slawe wat daar is kan mens ook so begin kyk verder die w?reld in. Die hele skepping is 'n tronk en hier word ons as slawe aangehou. Ons word teen ons sin forseer om te werk en selfs die afstootlikste dade te pleeg sonder dat ons eers weet wat werklik aangaan. Die blaam wat eintlik by 'n ander moet wees word dan op ons geplaas as 'n las. Die doel om ons en ons Pappa groot skade te berokken.
Nou om te kan verstaan wat ek s?, het ek hierdie prent van die Chakrasandaura vir jul gekry. Dit wat ek wil verduidelik het niks met die aura te doen nie. Maar dit wys min of meer wat ek wil verduidelik. In ons vleeslike liggaam het ons verskeie punte, die prent hierbo wys 6 punte uit. Nou elke punt word beheer deur die satan gees. Hy gebruik elke punt vir 'n ander daad wat hy wil h? jy moet verrig. Ons is eintlik vleeslike robotte. Alle werke van die mens word eers vooraf in die liggaam geprogrameer. Nou as ons die punt by die bo-deel van die hoof neem bv. sal dit dan die brein en die o?, ore kan werk. Als wat daar werksaam kan wees is wat jy sien dink en hoor. Die punt laer by die keel bv. Mond en neus. Dit is nou wat jy eet, proe en ruik. Twee punte kan ook saam gebruik word soos die brein en die mond se punte. As ons nou laer afgaan na die bors gedeelte waar die hart is. Uit die hart kom daar daagliks baie emosies en begeertes dit wissel van baie sleg tot ook baie goed. Nou kyk nou hoe kan die satan ons daar beheer sonder dat ons dit eers weet. Hy gee ons in die hart 'n groot begeerte om te gaan werk of om 'n sukses van jou loopbaan te maak. Of selfs 'n begeerte vir 'n liefdes lewe, vriendskappe en 'n begeerte om konsuis vir hom te werk, en werk is werk dit maak dan ook nou van jou 'n slaaf, daars ook ander slegte begeertes wat nadelig is vir die vleeslike liggaam soos julle ook al weet, verslawings aan allerhande dinge soos drank, dwelms, rook, voedsel ook aan sport soorte feitlik kan enigiets in die vleeslike lewe 'n verslawing word. Mens kan so gedryf word deur hierdie kwaadaardige gees en dink al die tyd dit is hulle self. Enige wese in die geestelike realm goed of kwaad kan deur daardie punte met jou kommunikeer. Beste deel vir hulle is jy weet nie eers wie dit is nie. Hulle kan tot valshede aan julle vertel en die laat klink soos die werklike waarheid. Die ander punte kan julle vir julle self uitwerk daar is so baie, ek sal verewig neem om dit aan julle uit te wys. En so ploeter al die lewende wenens in die skepping maar net aan en aan onwetend wat werklik besig is om te gebeur.
Tans is daar 'n slegte ding besig om pos te vat in ons land. Die verskillende volke word deur hierdie kwaadaardige gees die god wat die Tuin van Eden geskep het, hy stook ons teen mekaar op met allerlei voorvalle. Hy sweep ons op tot ons mekaar gaan begin uitmoor van skone woede wat nie eers ons eie is nie.
Ons blameer die donker volk en hulle blameer ons, maar eintlik wat hier gebeur is 'n jaloerse god se manier om ons uitmekaar te dryf sodat ons nie 'n eenheid kan vorm nie. Hy doen ook dieselfde met al die verskillende maniere van geloof. My Pappa het my geleer wanneer een Pa tussen ons almal wandel sal ons geloof nooit van mekaar verskil soos wat dit tans in die skepping gebeur nie.
Ons Pappa wil nie net een kind of twee kinders op 'n slag red nie, Hy s? dit is onregverdig teen die ander, nee, Hy wil h? almal moet terselftertyd weer gebore word in die gees en en gered word as hulle nie ooreen kan stem met die geloof kwessie nie, dan gaan die geboorte vertraag word totdat die ander saam stem.
En so het ons slawe geword sonder dat ons dit eers weet. Daagliks word ons forseer om dinge, sommige teen ons sin te doen. Slawe is ons in die Tronk wat hierdie skepper van die hemel en aarde vir ons voorberei het.
Nie noodwendig net by die mense nie ook die res van die natuur word deur hulle beheer bv. wind, reen, siektes, moorde, dood, geluk en ongeluk, smart en vreugde, armoede en rykdom, weerlig en vuur, droogte en nie droogtes, voedsel toename en hongersnode, absoluut alles hier word deur hulle beheer!!
Nou kyk nou wat het daardie dag gebeur, duisende en nog meer is daardie dag doodgemaak deur n handvol witmense. Dit
moet onthou word dat die witmense net pione was, so ook die swartmense. DIE SKAAKSPEL EN ONS DIE PIONNE ONTHOU!!! Hulle is teenmekaar opgesweep deur die geestelike wesens om mekaar te vermoor. Mense ons is almal net slawe wat reageer op hulle data input in ons fisiese liggaame .. robotte is ons. Dit gaan nooit eindig as ons nie begin om ons tee te sit nie. Hierdie hel sal aanhou want hoe langer ons blind is hoe langer gaan hulle ons martel en pynig!!
Ons moet veg om ons vryheid van hierdie wrede tronk sodat ons kan terugkeer na ons Geestelike Oorsprong!!