Announcement

Collapse
No announcement yet.

Slagtyd op die Plaas

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Slagtyd op die Plaas

    Ons begin hierdie draad met 'n tafelgebed. Voor die ete word die sen gevra. Die een waarmee ek groot geword het, het soos volg gelui:

    Segen Vader.
    Gee by die ete
    dat ons U
    nimmer sal vergete.
    Amen.


    Na afloop van die maal, is die dankgebed gedoen.

    Vir spys en drank
    seg ons U naam
    met lof en dank
    Amen.


    Sonder slagtyd op die plaas, was daar egter geen vleis op die tafel nie. Tafelgebed of te not.
    Wendag

  • #2
    Re: Slagtyd op die Plaas

    Rondom slagtyd is 'n hele kultuur gebou.

    Met die eerste koue van die winter is bees (vetgemaakte os), vark en/of vetstert skaap geslag. Alles het om 04:00 vroegoggend begin met die stook van 'n vuur onder 'n groot konka vol water.

    Die voorbereiding het egter maande vroer begin. Die gemeste kalf is onder die tollies (bulkalwers) uitgesoek en gekastreer, deur twee snitte in die sak te maak en die testikels te verwyder. Dit is iets wat ek baie gedoen het as jongman.

    Daarna het die ossie spesiale aandag gekry en sou hy bekend staan as die slag-os.
    Wendag

    Comment


    • #3
      Re: Slagtyd op die Plaas

      Die Ou Man, julle praat nou van dae nog voor my pa my ma by die "drive in" gaan verlei het. so ek het ongelukkig nie self berigte daaroor nie, ek weet my pa moes vier uur in die oggend opstaan om die koeie te gaan melk sodat ouma lekker vars roommelk kon he vir oupa se moerkoffie en ander verhale van hul dae as kinders op die plaas, moet s ek wens ek kon op 'n plaas gebly het.

      Vriendelike groete
      Silencio
      Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

      Comment


      • #4
        Re: Slagtyd op die Plaas

        Oupa het nie nonsens gedult op die plaas nie... seuns en dogters moes teen vieruur elke oggend opstaan...

        Die geel swart Ellis koolstoof moes gestook word met hout wat ons as seuns die vorige aand gekap het, om die koffie water op te sit. Die dogters het begin met die meel en brood bak en so aan, dan as Ouma die koffie (meelsakkie) sakkie met die moerkoffie in die koffie pot laat afsak met die kookwater, dan kry Oupa so 'n gevoelentyd op sy gesig wat saliger was as om gesalf te worre...

        Daarna was dit reguit uit stalle toe om te gaan melk!

        ai die ou dae!

        groetnis
        knipmes
        Wendag

        Comment


        • #5
          Re: Slagtyd op die Plaas

          Vader
          seen die voedsel wat aan ons voorgesit is
          en die sagte hande wat dit voorberei het
          en maak ons opreg dankbaar daarvoor
          Amen.

          groetnis
          knipmes
          Wendag

          Comment


          • #6
            Re: Slagtyd op die Plaas

            Originally posted by Die Ou Man View Post

            Daarna het die ossie spesiale aandag gekry en sou hy bekend staan as die slag-os.
            Die slagos het gewoonlik in 'n vleikamp naby die huis geloop waar hy allerlei lekkernye, gewoonlik oorskiet slaaiblare en 'n bietie mielies ens. gevoer is.

            Daar is ook 'n varkie geidentifiseer wat saam met die slagos geslag sou word.

            Ek plaas later 'n paar fotos van die toerusting wat gebruik is met die slag en verwerk van die vleis.

            Comment


            • #7
              Re: Slagtyd op die Plaas

              Originally posted by Pionier View Post
              Daar is ook 'n varkie geidentifiseer wat saam met die slagos geslag sou word.
              Ja, en daardie vark sou ook spesiale behandeling kry. Hy sou daagliks smul aan die oorskiet dikmelk van die melkkoei. En verder het al die afvalkos van die plaaskombuis na sy hok gegaan.
              Wendag

              Comment


              • #8
                Re: Slagtyd op die Plaas

                ...ons het altyd gemompel....

                "blerrie vark! gelukkige blikskottel! sy dag sal nog kom!

                en glo my ,het dit nie! keer op keer! mensdom, nou's ek darem lus vir so 'n ou lespuntjie ou ingelse mostert... ai ai

                groetnis
                knipmes
                Wendag

                Comment


                • #9
                  Re: Slagtyd op die Plaas

                  Weet dat ek van die punt af is maar was 3 weke terug besig om n hings n reun te maak op die ou manier..Boere ek se vir julle dat daardie perd sterk is en ek speel nie as ek dit se nie.

                  N ou oom het dit vir ons jongklomp geleer want deesdae vrae die diere dokter jou R2500.00 plus vir die operasie terwyl die Boere dit slegs doen met twee dik rieme en vyf of ses sterk boerseuns,een klein bottltjie savlon of dettol,n naald en gare en spiere wat bult.

                  Hoe word n bul geknip?
                  Die drie Fleur de Lills

                  Comment


                  • #10
                    Re: Slagtyd op die Plaas

                    Originally posted by knipmes View Post
                    ...ons het altyd gemompel....

                    "blerrie vark! gelukkige blikskottel! sy dag sal nog kom!

                    en glo my ,het dit nie! keer op keer! mensdom, nou's ek darem lus vir so 'n ou lespuntjie ou ingelse mostert... ai ai

                    groetnis
                    knipmes
                    Kan n Boer varkvleis eet?
                    Die drie Fleur de Lills

                    Comment


                    • #11
                      Re: Slagtyd op die Plaas

                      Originally posted by Boerland View Post
                      ...Hoe word n bul geknip?...

                      met 'n naelknippertjie??



                      (terg net)

                      groetnis
                      knipmes
                      Wendag

                      Comment


                      • #12
                        Re: Slagtyd op die Plaas

                        Originally posted by Boerland View Post
                        Kan n Boer varkvleis eet?

                        A ja a, maar natuurlik!

                        Die OT se wette is nie van toepassing gewees op ons plaas nie... en ons varke het ook nie vuilgoed gekry om te eet nie. Ons het gemiddeld so 5000 varke op die plaas gehad, wat vir die uitvoermark was, en heel gesogte vleis was...

                        As jongeling was dit my taak om die kookwater en lepel te gebruik tydens die slag proses... wie kan dit onthou?

                        groetnis
                        knipmes
                        Wendag

                        Comment


                        • #13
                          Re: Slagtyd op die Plaas

                          Slagtyd op die plaas het ook twee ander aktiwiteite die lig laat sien. Dit is nou wanneer n vark saam met die slagos geslag is.

                          Ten eerste is is die vark se vel in klein vierkantjies gesny en dan oor die oop vuur in n groot ysterpot saam met die ander vet gebraai. Twee uitkomste. Kaiings en spierwit varkvet.

                          Die kaiings op vars gebakte (nog warm) brood uit die bakoond, gesmeer met varkvet (nie botter nie) en met sout en pepper, was n wenner.

                          Die oorblywende varkvet is later gebruik om seep mee te kook.
                          sigpic

                          Comment


                          • #14
                            Re: Slagtyd op die Plaas

                            Originally posted by Boerland View Post

                            Hoe word n bul geknip?
                            Met 'n burdizzo.
                            Wendag

                            Comment

                            Working...
                            X