Op die vraag of die waarheid lê in sigwaarde en die logika, wil ek die volgende verhaal deel. 
Gedurende die Voortrekkers se intog in die laeveld is hulle gekonfronteer met 'n onsigbare vyand wat die dood aan vele gesinne gebring het. Die Koors, soos dit bekend gestaan het, het vele sterftes veroorsaak. Dit was die Trekkers se eerste konfrontasie met malaria.
Die Trekkers het gou agtergekom dat die Koors toeslaan net nadat hulle onder 'n spesifieke groep bome laer getrek het. Hierdie boom is 'n doringboom-spesie met 'n geel stam. Wanneer die trekkers aan die boom se stam gevat het, het 'n geel poeier aan hul hande afgevryf. Hierdie geel poeier het hul vermoede bevestig. Die siekes se gelaat het juis na geel verander. Hulle het besef dat hierdie spesifieke boom die oorsaak van die siekte toestand was, en die boom is terstond, die Koorsboom gedoop.
Met hierdie waarheid in pag, het die Trekkers 'n veilige afstand van die Koorsbome gebly. Die siekte het afgeneem en die Trekkers se logika is bevestig. Die probleem was opgelos. Die Koorsboom was die oorsaak van die Koors.
Acasia xanthophloea, algemeen bekend as die Koorsboom, is 'n doringboom waarvan die geel skubbe op die bas in miniatuur vorm voorkom. Hierdie skubbe gee aan die boom se stam sy kenmerkende geel kleur. Die boom kom gewoonlik in groot groepe voor in laagliggende en moerasagtige gebiede. Acasia xanthophloea deel dus die habitat van die malaria muskiet.
Nodeloos om te sê. Die logika was toe nie die waarheid nie. Alhoewel die "waarheid" logies en korrek bewys is.
Ons kan nie alles op sigwaarde beoordeel nie. Beskou dit as 'n Boeregelykenis.
Liefde groete
Die Ou Man

Comment