Announcement

Collapse
No announcement yet.

Verslag van die Teokrasie-komitee

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Verslag van die Teokrasie-komitee

    Verslag van die Teokrasie-komitee aan die
    Volksvergadering van die Geloftevolk


    (Augustus)
    10 Oktober 2010

    Die dokument kan by die onderstaande skakel oopgemaak word vir bestudering.

    Pdf Download
    Wendag

  • #2
    Is 'n teokrasie die voorkeurmodel?

    Vrydag, 13 Augustus 2010 09:10
    Anton Barnard PRAAG - Is 'n teokrasie die voorkeurmodel?


    Daar is tans verskeie inisiatiewe onderweg om eenheid in regse Afrikanergeledere te vestig, met die uiteindelike doel selfbeskikking vir Afrikaners, of dan ten minste een of ander vorm van Afrikaner-owerheid. Een van hierdie inisiatiewe noem homself die Volksvergadering. In September 2009 het verskeie regse organisasies onder die vaandel van die Volksvergadering op Vegkop in die Vrystaat byeengekom. Van die mees bekende (en soms berugte) regse organisasies was teenwoordig, onder andere die HNP, AWB, die Suidlanders, AVP en ook die Volksraadsverkiesingskommissie (VVK), wat beplan om ‘n volksverkiesing te hou.


    Dr Dan Roodt, die leier van Praag, het dié vergadering vir ‘n kort rukkie bygewoon en ‘n toespraak gelewer. Een van die indrukke waarmee hy die vergadering verlaat het, was dat die konsep van ‘n teokrasie die hoofpunt van bespreking was. Op die Volksvergadering se webwerf word daar dan ook melding gemaak van ‘n besluit wat geneem is op die vergadering om die stigting van ‘n Afrikanerteokrasie te ondersoek. Alhoewel dit moontlik is dat nie al die organisasies daar teenwoordig tot dieselfde mate verbind is tot ‘n teokrasie nie, lyk dit tog of daar onder die bywoners konsensus bereik is oor die stigting van ‘n teokrasie. Kan mens dus die gevolgtrekking maak dat die konsep van ‘n teokrasie onder baie regse bewegings, ook dié wat teenwoordig was op Vegkop, verwelkom word?

    Dit is nie heeltemal duidelik wat presies hierdie vergadering bedoel het met ‘n teokrasie nie. In ‘n suiwer teokrasie maak die heersers aanspraak daarop dat hulle in direkte verbinding met God verkeer, en dat God self die leiers aangestel het. In ‘n ander variasie op die tema maak die heersers nie so ‘n aanspraak nie, maar word die onderdane regeer deur diegene wat ook geestelike ampte beklee, soos Iran se ajatollas. Wat my wel tot groot kommer stem, is die gebruike van terme soos “JHWH” in die skakel hierbo aangegee. Die gebruik van die term “JHWH” dui op invloed vanuit die geledere van bisarre kultusse soos die Israelwaarheid of sogenaamde Witboekers, wat aanspraak maak daarop dat Afrikaners kwansuis een van die sogenaamde verlore stamme van die volk Israel sou wees.

    Welke model van teokrasie die organisasies hierbo ook al in gedagte het, vind ek dit ‘n kommerwekkende denkrigting. Dit is veral kommerwekkend omdat dit weer eens lyk asof ‘n beduidende aantal regse bewegings hierdie konsep steun, ook die mees bekendes. Die een kenmerk wat alle teokrasieë deel, en my groot beswaar teen een, is streng gedagtebeheer. Gedagtebeheer neem verskeie vorme aan, maar kom uiteindelik neer daarop dat die heersersklas almal wil dwing om op ‘n Orwelliaanse wyse “reg” te dink. Afvalligheid van die heersende religie kan selfs met die dood gestraf word. In Saoedi-Arabië kan ‘n Moslem wat openlik die Islam-religie afsweer, onthoof word.

    Omdat die heersers in ‘n teokrasie doodseker is dat hulle voortgesette heerskappy God se wil is, en dat God hulle inderdaad persoonlik aangestel het, is hulle nie vreeslik geneë om enige teenstand te duld nie. In lande soos Iran is dit dus gevaarlik om polities van die heersende klas te verskil. Vrouens is dikwels ook tweedeklasburgers in lande waar daar Abrahamiese religieuse leiers in beheer is. Vrouens mag tot onlangs toe nie ‘n motor bestuur het in Saoedi-Arabië nie, byvoorbeeld. Sou die vergadering op Vegkop se planne vir ‘n teokrasie realiseer, voorspel dit dus niks goeds vir demokrasie onder Afrikaners nie, en veral nie vir die posisie van Afrikanervrouens nie.

    Nog ‘n kenmerk van teokratiese regerings is beheer oor die media en selfs die internet. Hul burgers word dikwels afgeluister en sensorskap is aan die orde van die dag. Die religieuse leiers besluit wat hul onderdane mag lees en dink, en moniteer hul onderdane vir enige subversiewe optrede of denke. Research in Motion, die Kanadese vervaardigers van Blackberry-fone, is byvoorbeeld onlangs deur Arabiese lande gedwing om hul sekerheidskodes aan dié lande se veiligheidsagentskappe beskikbaar te stel, sodat daar ingeluister kan word op selfoongesprekke. Die teokratiese staat pas as ‘n reël streng beheer toe oor waarna hul burgers op die TV mag kyk, waarna hulle oor die radio mag luister, en watter boeke hulle mag lees.

    Afrikaners, ook gewone Christen-Afrikaners en diegene van ‘n regse oortuiging, sal baie, baie mooi moet gaan sit en besin oor hierdie aangeleentheid. ‘n Meerderheid van Afrikaners wil klaarblyklik selfbeskikking hê, te oordeel aan Beeld se gewraakte volkstaatpeiling ‘n tydjie gelede. Vir my lyk dit egter asof ‘n groot aantal van die organisasies wat ‘n leidende rol kan speel in Afrikaners se strewe na selfbeskikking se konsep van wat selfbeskikking in die praktyk sou wees, strydig is met ‘n moderne, Westerse konsep van ‘n samelewing wat, glo ek, die meeste Afrikaners verlang.

    Wil gewone Afrikaners werklik deel wees van ‘n bestel waarin iemand anders namens ons besluit dat ons nie Richard Dawkins se boeke mag lees nie? Wil ons ons kinders na skole stuur waar iemand soos die YHWH-kultusse se bisarre godsdienstige sienings in die kinders se kele afgedruk word? Met bostaande in gedagte is dit vir my krities belangrik dat veral die Volksraadsverkiesingskommissie oop kaarte met die Afrikanerpubliek speel. Die VVK was teenwoordig op Vegkop. Is die VVK se beplande volksverkiesing bloot daar om die religieuse ouderlinge van die teokrasie te verkies? Een Afrikaner, een stem, een keer, en van dan af verder ‘n religieuse staat en grootskeepse gedagtebeheer?

    Ek as Afrikaner wil beslis nie hê dat iemand met ‘n “two-tone” hempie, wat na sy beskeie mening dink dat hy deur “YHWH” (sic) aangestel is, namens my moet besluit wat ek mag dink, lees of aanbid nie. Ja, ek wil my vryheid van die ANC se dwingelandy hê asook die reg om oor myself te beskik. Ek wil egter nie die bloot die ANC en die linkse gedagtepolisie se dwingelandy verruil vir die dwingelandy van die godsdienstige gedagtepolisie binne ‘n teokratiese staat nie.

    Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!


    L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.

    Wendag

    Comment


    • #3
      Verslag van die Teokrasie-komitee​:


      Wendag

      Comment


      • #4
        Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

        Die Geloftevolk Ko?rdineringskomitee (GKK) is tydens die volksvergadering wat oor die naweek van 25 ? 27 September 2009 te Vegkom naby Heilbron in die Vrystaat gehou is, aangewys om die besluite van die vergadering uit te voer. Bron.


        Die Volksvergadering het besluit dat die nakoming van die Volksgeloftes ?n Teokratiese staatsmodel vereis. ?n Komitee is saamgestel om dit te ondersoek. Bron.


        Hier volg die amptelike standpunt van een van die ampsdraers van die Geloftevolk Ko?rdineringskomitee en selferkende "Israeliet", naamlik Gerhardt Smith. Sy gesprek met ene Marco het soos volg verloop:

        Oorspronklik gepos deur jjgsmith

        In daardie opsig, ja. Ek weet. Ek verstaan. Geen probleem.

        Verstaan dan dit : Wanneer die onvermydelike bruin goed die waaier gaan tref (of getref het) in Azani?, dan is daar heelwat van ons (Boere) wat hierdie (sekere) obskure, boheemse, teosofiese en goddelose, ens, ens, ?Boere? sumier met die banvloek gaan tref en ons sal nie terugstaan, waarsku, onderhandel, kibbel of eers mooi praat nie. Ons sal net blitsvinnig toeslaan en skoonmaak. Punt. Wie gaan ons keer?


        Oorspronklik gepos deur jjgsmith

        Feit is : Of sekere mense nou arrogant, beswaard of ontsteld is hieroor of nie ; ons GROOTSTE vyande sit reg tussen ons, onder ons neuse. Hulle is nie swart nie. Hulle is wit. En hierdie vyande is blykbaar onder die indruk dat hulle onaantasbaar is en dat ons nie weet wie hulle is nie en dat mense nie al hulle besonderhede op lyste opgaar nie. Die dag van afrekening sal bewys of ons weet en of ons nie weet nie. Intussen is ons rustig, neem ons waar en skryf ons op. Want hierdie wit vyande bestaan en hulle MOET eendag wortel en tak uitgeroei word. Ons sal nie saam met hulle die aarde kan deel nie. Neem kennis. Om daaroor te huil of kla sal geen verskil maak nie.


        Oorspronklik gepos deur marco

        Ja? En wie gaan die kriteria bepaal waarvolgens hierdie ouens uitgehaal mag word?

        Moenie 'n fout maak nie, hier is baie ouens op hierdie forum wat dink net hulle het die regte antwoorde of kriteria want ons elkeen verbeel ons ons word deur God gelei! En 'n mens kan jou maklik verbeel hoor!

        So voor jy nie op water kan loop of water in wyn kan verander nie sou ek s? jy moet baie goed gaan nadink voor jy uit jou eie wil optree. Net omdat jy kwaad is vir mense en voel hulle 'verdien' om dood gemaak te word beteken nie jy is geroepe of is geregverdig nie.


        Oorspronklik gepos deur jjgsmith

        Hiervoor sal jy maar seker rustig en geduldig moet wag en sien. God sal in die toekoms bepaal wat en hoe (dinge) gaan gebeur. Maar dat wit goddeloses, liberaliste, teosofiste en verraaiers, ens, mee afgereken sal word, twyfel ek nie. Dit gaan gebeur, sg ?klad? al dan nie. Daar sal byvoorbaat geen plek te vinde wees vir diegene wat al ewig met die natuurhelle (geestelik) wil verbroeder nie.


        Oorspronklik gepos deur marco

        Nee wat, ek dink julle 'groeppie' is 'n bietjie te fanaties!

        Besef jy daar is baie blankes wat deur hulle leiers mislei word deur hulle te vertel dat die swarte sy 'broeder in Christus' is en dus sy gelyke! Baie van hierdie mense doen net omdat hulle skuldig voel en God wil behaag en daarom luister hulle na hulle leiers. Jy kan hierdie mense nie verantwoordelik hou vir dit nie. Hulle leiers wel maar ook net tot op 'n punt!

        Dit is beslis nie so maklik om die 'regte' kriteria te stel vir dit nie. Ons mense is geneig om eenvoudige oplossings te soek en werk dan daar volgens kriteria uit. Soms werk dit so maar baie keer nie! Veral nie in 'n geval soos di? nie!

        Mens kan aan jou 'houding' agterkom dat jy baie ernstig besig is om planne te maak rakende spesifiek hierdie ouens! My vraag is: Jy is nie dalk verbitterd teenoor wat sulke mense aan jou persoonlik gedoen het nie en daarom jou passie?

        Ek hoop nie dis 'n 'ja' op daai antwoord nie!


        Oorspronklik gepos deur jjgsmith

        Ek self is nie so seer besig met enige planne nie. Ek het nie die tyd of energie nie. Daar is egter ?n menigte ander mense wat wel planne maak en ook baie ernstig is hieroor. Ek praat van h?lle. Verder dink ek moet jy effens meer realisties na hierdie prentjie kyk. Dink jouself ?n bietjie in... kom ons s? hier vind eendag ?n massaslagting onder die blankes plaas (wat ons vermoed so gaan wees), gepleeg deur hulle dierbare en geliefde houtkop-naastes. Probeer jouself indink wat die (praktiese) gevolge hiervan sal wees : Hordes (dalk meer as die helfte van die) blankes sal uitgemoor wees. Die oorlewendes sal nie kwaad wees nie, hulle sal smoorkwaad, briesend en vol onverdunde apartheidswoede wees. Hulle sal k??k. Hulle sal geregtigheid soek. Dink jy hierdie oorlewende groep blankes sal d?n nog daarvan hou (of dit verdra) wanneer daar weer ?n ?Angus Buchan? of ?n Ferdi of ?n Frikkie Potgieter of ?n Lukas Swart of ?n Jagpanzer of ?n Kaapstad of ?n Boertjie Phillip of ?n JEFourie of ?n Oom Henri of ?n PIONIER, ens, ens, opdaag om die houtkoppe (geestelik) te akkommodeer, te evangeliseer, te help, in te stop of mee te verbroeder, ens...? Wat dink jy? Ek dink nie so nie.

        Wel, ek kan jou belowe, wanneer ek hierdie massa-volksmoord oorleef sal ek nie te vinde wees om die aarde te deel met enige tipe liberale (teosofie-geneigde) witmens wat steeds die nie-blanke op enige wyse wil akkommodeer of ter wille wees nie. Ek sal sulke blankes haat, vervolg en sumier wil uitwis. En ek glo daar sal d?n letterlik tienduisende blankes wees wat n?t soos ek voel. En ek skat dat ?n liberalis (teosofis) blitsvinnig ?n uiters skaars spesie sal word wie se lewensduur nie lank sal wees nie, want hulle sal gejag word en geslag word. Dit is wat ek dink.

        Verstaan jy nou?


        Aangehaal uit: www.boerevryheid.co.za
        Wendag

        Comment


        • #5
          Die rasionaal agter bostaande dreigemente word bespreek by: "Israel Waarheid Psigose".
          Wendag

          Comment


          • #6
            Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

            Originally posted by Die Ou Man
            Die dokument: "Verslag van die Teokrasie-komitee aan die Volksvergadering van die Geloftevolk (Augustus)" agiteer daarvoor dat ons as Volk die Wette van Moses as grondslag vir 'n ordelike samelewing moet aanvaar.

            Terselfdertyd word aanhalings uit die Bybel selektief aangewend om darem aan te dui dat ons dit nie te letterlik moet interpreteer nie.

            Hierdie teokrasie model erken onbewustelik die fatale gebreke in die Wette van Moses. Daarom word 'n skeut uit die Nuwe Testament bygevoeg en dan ook ruimskoots uit die Romeinse Reg van die Heidene. Ons het dus te make met sinkretistiese teokrasie wat die resultaat is van die versmelting van Israelities/Joodse en Heidense regsbeginsels.

            Die ondertone van die Israelwaarheid fantasie is egter ooglopend. Alhoewel die opstellers van die dokument o?nskynlik poog om 'n fasade van redelikheid voor te hou, is dit bekend dat sekere fanatici 'n hand agter die skerms het.

            Ons sal dus dieper as die dokument moet kyk indien ons meer van die ware agenda te wete wil kom.
            Ou man,
            Ek stem met u saam op hierdie punt en het reeds dringende beswaar aangeteken teen die dokument soos huidiglik voorgestel. Ek vermoed egter dat die dokument slegs n vertrekpunt is en onderhewig aan verandering. Daar bestaan nie so iets soos "suiwer besoedeling" nie en dit is presies wat hierdie dokument in sy "selektiwiteiet" is. Wees nie bevrees nie, sou daar nie verandering plaasvind nie, sal die dokument op niks uitloop nie. Die tyd van halwe waarhede en halwe leuns is verby! BoereGroete.

            Comment


            • #7
              Ou Man,

              Ek is verheug dat daar in paragrawe 1 en 2 onderskeid getref word tussen "Regse" organisasies en "Regse" bewegings. Ek praat ook nie namens die Boere of Afrikaners nie. Dit gese, laat my toe om die volgende mee te deel: Die sogenaamde eenheids vestiging van "Regse" organiesasies het uitsluitlik ten doel om die organisasie te infilteer en stuur in n bepaalde rigting soos huidiglik die geval. Die "Regse" bewegings is ten volle bewus hiervan. Daar sal dus geen enkele organisasie, sambreel of nie, ENIGE AFDWINGBARE BELEID VORM NIE. Die "Regse" bewegings sal dit eenvoudig nie duld nie. Hulle is ook heel te vrede met die huidige verdeling as teenvoeter tot konsolidasie strategie.
              Wat my wel tot groot kommer stem, is die gebruike van terme soos "JHWH" in die skakel hierbo aangegee. Die gebruik van die term "JHWH" dui op invloed vanuit die geledere van bisarre kultusse soos die Israelwaarheid of sogenaamde Witboekers, wat aanspraak maak daarop dat Afrikaners kwansuis een van die sogenaamde verlore stamme van die volk Israel sou wees.
              Soos reeds deur my en u bespreek, is dit foutiet as alle Afrikaners OF al die BOERE ingesluit word as deel van die NASIE israEL. Baie van hulle word uitgesluit deur inteling met die besoedelde bloedlyn. Die IsraelWaarheid soos tans voorgestel is ongedefinieerd en weereens satan bloedlyn se poging om juis afbreek te doen aan die WARE israEL-waarheid. Kom ons vervang n leun met n nog ouer leun wat hulle nog 2000 jaar sal neem om te ontbloot in dien ooit. Dit is waar hulle nou is met die jhwh-besigheid. Hierdie sogenaamde Witboek het sy oorsprong by en uit die okkultiese Kannaanietiese Ugarit met beide name, jhwh/yhwh en alla, vir satan. Die een Ugarit en later hebreeus die ander Arabies, twee suster tale met dieselfde OORSPRONG op dieselfde tyd. U moet asb nie die WARE israEL waarhied met die Israel Waarheid verwar nie aangesien dit tog so maklik is tot so n verwaring waar die verwarde die idioot sou wees. U in my opinie is nie n idioot nie. Sou hiedie "leiers" in direkte kontak met jhwh wees dan is dit seker so, dit is egter nie GOD-ALMAGTIG Die SKEPPER nie en HY-IS die finale GESAG, of u, hulle en ek nou daarvan hou of nie.
              Die Afrikaner se strewe na selfbeskiking op n klein plekkie iewers sal nooit materialiseer nie. Die Boer se Verbond met GOD-ALMAGTIG sal op SY tyd in vervulling tree en die regmatige Erfgrond sal herstel word.



              Ek as israEL of Boer sal ook nie soos jy een van die "two-tones" aanstel nie. Dit gee my egter nie die reg om nie GOD-ALMAGTIG se Voorskrifte na te kom nie. HY sal SY WET weer neerle.
              Last edited by amichaEL; 17 August 2010, 18:04.

              Comment


              • #8

                Originally posted by Die Ou Man View Post
                ... Die gebruik van die term "JHWH" dui op invloed vanuit die geledere van bisarre kultusse soos die Israelwaarheid of sogenaamde Witboekers, wat aanspraak maak daarop dat Afrikaners kwansuis een van die sogenaamde verlore stamme van die volk Israel sou wees...
                Wil net graag 'n uiterste regstelling maak in die stelling dat die Israelwaarheid groep en die "Witboekers" baie beslis nie een en die selfde groep is nie. Die Witboek het absoluut niks met verlore stamme te doen nie! Nog minder met die Semiete!

                Die Witboek het geen aanhangers of sekte of kerk of party of leier of volgelinge nie.... en hou hom nie op met politiek of dogmatiek nie...
                Vir die wat wil hoor


                groetnis
                knipmes
                Wendag

                Comment


                • #9
                  Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                  Knipmes.

                  Ek het dit soos volg by die oorspronklike artikel - is-n-teokrasie-die-voorkeurmodel verduidelik.

                  #

                  Die Ou Man 2 dae gelede.

                  Die volgende stelling uit die artikel is nie korrek nie.

                  "Die gebruik van die term "JHWH" dui op invloed vanuit die geledere van bisarre kultusse soos die Israelwaarheid of sogenaamde Witboekers, wat aanspraak maak daarop dat Afrikaners kwansuis een van die sogenaamde verlore stamme van die volk Israel sou wees."

                  Die sogenaamde Witboekers verwerp die fantasie wat deur die "Israelwaarheid" verkondig word, naamlik dat ons die afstammelinge van 'n aantal primitiewe nomadiese stamme uit die Arabiese woestyn is.

                  Die sogenaamde Witboekers beskou die Jahweh-kultus soos bedryf deur die Israeliete van die Ou Testament, as 'n primitiewe vorm van godsdiens en bloed kultus met geen bestaansreg in 'n moderne samelewing nie.

                  Hedendaagse godsdienstige dwepery van sogenaamde regses is nie vanuit diepe godsdienstige oortuiging nie, maar gebaseer op hulle angs en vrese. Hulle skep n religie met n sakpas God (wat ook v?r-regs is) wat moet dien om diepliggende psigologiese vrese en ontmagtiging te oorkom. Daarom die grype na die Jahweh-kultus van die Ou Testament.
                  Wendag

                  Comment


                  • #10
                    Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                    Dankie DOM, jy stel dinge tog so paslik! wou ek seg...

                    groetnis
                    knipmes
                    Wendag

                    Comment


                    • #11
                      Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                      Die gesprek met Dr. Jann Schlebusch van die Teokrasie komitee het soos volg op boerevryheid verloop.

                      Originally posted by Die Ou Man
                      Wees versigtig daarvoor om nie deur diepliggende vrese gedryf te word om ontvlugting te soek in 'n fantasie wat nooit prakties kan realiseer nie.

                      3.3 Naam

                      Die Naam van die staat is Gelofteland.

                      3.4 Grondgebied

                      Die grondgebied is dit wat ons Vader aan ons sal gee.
                      Ek neem kennis van die wyse waarop Gelofteland gaan funksioneer.

                      Boerland gaan egter nie bedryf word as 'n godsdienstige kultusgroep uit 'n primitiewe era nie.

                      Voorspoed met Gelofteland.
                      Originally posted by Theuns
                      Boervolk Radio gaan ook nie nou Geloftevolk Radio word nie, so jul kan rustig voortluister na Boervolk Radio en sy boodskap van Boere Republikeinse Bevrydings Beweging.

                      Mens wonder hoe lank gaan ons moet wag totdat hierdie Forum se naam verander na Geloftevryheid Forum.

                      Dan sal die Boervolk dalk elders uiteindelik bymekaargemaak kan word.
                      .
                      Originally posted by Johanna Louw
                      Ons .. my Vader word die Oue Van Dae genoem. Hy is van die voortyd af. Sy wee is die ou paaie. Sien in Openbaring dat die Seun van die mens net soos die Oue van dae lyk,hare so wit soos wol en Hy word ook Ewige Vader genoem. Ek dink Gelofteland is n baie mooi naam want ons is n Geloftevolk.
                      Herinner my aan die skrywer F.A.Venter se boeke, Geknelde Land, Offerland, Gelofteland en Beloofde land.
                      Originally posted by Die Ou Man
                      Dit is goed so maar die konsep grondwet van Gelofteland het nie 'n invloed op die pad na Boerland nie.

                      Siener het bevestig dat daar meer as een "poging" gaan wees.
                      Originally posted by Die Ou Man
                      Maar sommige gelowiges uit die party van die Farise?rs het opgestaan en ges?: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. Handelinge 15:5

                      Is die Teokrasie-komitee bewus van die feit dat bekeerlinge uit die nie-Israelitiese wit volke van Europa (Heidene) kwytgeskeld is van onderhouding van die besnydenis en die Wet?

                      Hierdie volg die brief wat sodanige re?ling magtig:
                      Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antioch?? en S?ri? en Cil?ci?: Groete!

                      Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te s? dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

                      het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde B?rnabas en Paulus --

                      manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

                      Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

                      Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te l? nie as hierdie noodsaaklike dinge:

                      dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

                      Handelinge 15:23 tot 29.
                      Originally posted by jjgsmith
                      Dit is verbasend en verstommend, dat iemand soos die ou Man kommentaar hier lewer, wat oorwegend dan negatief is.
                      Die rede hiervoor kan alleen wees, soos meeste lesers op die forum reeds bewus is van, dat die ou Man se hoofdoel is, om die Bybel as onwaar en vals te probeer bewys.

                      Dit alles deur besoedelde Witboek en El Daoud denke. Die denke is beslis satanisties.

                      Kommentaar moet bloot eenvoudig ignoreer word.
                      Originally posted by Die Ou Man
                      Oorspronklik gepos deur jjgsmith

                      Kommentaar moet bloot eenvoudig ignoreer word.
                      By implikasie stel jy dus voor dat Handelinge 15 soos hierbo aangehaal, ignoreer word.

                      Dit handel juis daaroor of ons onderhewig is aan die Wet en besnydenis.

                      Terloops, dit help nie om my te demoniseer omdat ek nie bereid is om die Israelwaarheid ideologie te aanvaar nie.

                      Liefde groete.

                      Die Ou Man
                      Originally posted by Jann Schlebusch
                      Vriende,
                      As julle die Verslag van die Teokrasie-komitee deeglik lees, sal julle sien dit is nie gerig daarop om iemand tot die sg 'Israelwaarheid' te bekeer nie. Dit is bloot 'n poging om ons volk terug te bring daartoe om gehoorsaam te wees aan die opdragte van ons Vader. Mense dink blykbaar dat, as ons s? ons Vader se Naam is JHWH, dan is ons Israelwaarheid. Lees eerder ons Bybelgebaseerde uiteensetting oor die Naam. Dit is in julle eie belang, want Hy s? o a in Psalm 91 Hy sal jou red omdat jy Sy Naam ken.

                      Let ook asb daarop dat menslike wysheid (lees 'dwaasheid') dikwels beweer: 'God help diegene wat hulself help'; of 'Niks sal gebeur as as ons nie self iets doen nie' of 'as ons ons deel doen, sal God sy deel doen', ens. Dit is belangrik dat ons die perspektief presies regkry. God is almagtig. Alles hang van Hom af. Niks hang van ons af nie, ook nie van wat ons doen nie. hy bepaal alles, ook wat ons doen. Ons plig is bloot om Hom in dankbaarheid te dien en volkome op Hom te vertrou.

                      In praktiese terme beteken dit dat ons vryheidsaksies in die eerste plek gerig moet wees op Sy eer en nie op ons eie voordeel nie; en ons moet goed beplan en hard werk, maar ons moet nie daarop vertrou nie. Ons moet heeltyd bewus wees daarvan dat dit vir God makliker is om ons vryheid te skenk as wat dit vir ons is om asem te haal.
                      Originally posted by Die Ou Man
                      Jann Schlebush.

                      Ons is deur Handelinge 15 kwytgeskeld van die Wet en die besnydenis omdat dit as 'n juk en 'n las beskryf word.

                      Dit help nie dat ons oor hierdie sake dweep nie.

                      Die oproep om terug te keer na die Ou Testament gaan groot implikasies h?, want diegene wat daarby inkoop bring 'n vloek oor hulself. Jesus het ons juis losgekoop van die vloek van die Wet.

                      Reageer asb op pos 31.
                      Originally posted by Jann Schlebusch
                      In die verslag wys ons met teksverwysings dat dit verkeerd is om te dink dat die Wet afgeskaf is. Kyk asb daarna. Die belangrikste en uitdruklikste teks is Mat 8:15. Maar ook Paulus bevestig dit op vele plekke. Die punt word ook baie sterk en uitdruklik beklemtoon dwarsdeur die sendbriewe van Johannes, veral in I Joh 2,3 en 5.

                      Jesus het ons wel losgekoop van die vloek, ja. Maar die Ou Testamentiese gelowiges is ook deur Hom osgekoop.
                      Originally posted by Die Ou Man
                      Originally posted by Jann Schlebusch
                      In die verslag wys ons met teksverwysings dat dit verkeerd is om te dink dat die Wet afgeskaf is.
                      Dit is verkeerd om te dink dat die Wet nie afgeskaf is nie.

                      Die term "die Wet" verwys na die 613 re?ls wat Israeliete na die Uittog moes nakom. Dit is vervat in die Pentateug. Die Wet was gebind aan die besnydenisverbond en die bloedkultus rituele.

                      Omdat die Wet 'n las en 'n vloek geword het, het Jesus ons daarvan losgekoop.

                      Galasi?rs 3.

                      10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

                      11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.

                      12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.

                      13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word--want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang--

                      14 sodat die se?n van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.


                      Handelinge 15 is uitdruklik daaroor dat die Wet nie na die bekeerlinge uit die heidene (dit is ons voorstate) oorgegaan het nie.

                      Petrus het hom soos volg uitgelaat oor pogings om die Wet op bekeerlinge uit die heidene van toepassing te maak.

                      Handelinge 15

                      10 Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te l? wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

                      11 Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.


                      Nou vra ek dieselfde aan jou.

                      Waarom wil jy op ons kinders 'n juk plaas wat die Israeliete nie in staat was om te dra nie?

                      Enige voorgestelde grondwet met sy basis in die vloek van die Wet, negeer die rede vir Jesus se koms en sy oorwinning oor die dood.
                      Wendag

                      Comment


                      • #12
                        Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                        Originally posted by Jann Schlebusch
                        ...Let ook asb daarop dat menslike wysheid (lees 'dwaasheid') dikwels beweer: 'God help diegene wat hulself help'; of 'Niks sal gebeur as as ons nie self iets doen nie' of 'as ons ons deel doen, sal God sy deel doen', ens. Dit is belangrik dat ons die perspektief presies regkry. God is almagtig. Alles hang van Hom af. Niks hang van ons af nie, ook nie van wat ons doen nie. hy bepaal alles, ook wat ons doen. Ons plig is bloot om Hom in dankbaarheid te dien en volkome op Hom te vertrou...
                        Dis nou sekerlik dan reg dat as ek more steel of verkrag of doodslaan dat ek dus my god kan blameer want dis mos wat hierbo uitgespel word???

                        Dis absurd om God die skuld te wil gee, as jy sondig... maar die verweer is mos altyd, nee dis net as jy dinge doen wat reg is dat God dit so beskik het? twak man!

                        Geen wonder ons is waar ons is nie...

                        groetnis
                        knipmes
                        Wendag

                        Comment


                        • #13
                          Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                          Daar is geen politiese stelsel in plek of beskikbaar wat sal werk nie. Die mens op aarde is net nie instaat daartoe nie, want dan was hierdie lankal al 'n paradys gewees.

                          Net soos Oom Niklaas wil ek ook seg dat maak nie saak wat julle doen nie, geen vorige regering kon dit reg doen nie, nie die vorige honderd wit of swart of geel regerings nie, want almal het korrupsie of onderduimsheid of skelm selfverryking bewerk, en die mense het daaronder gelei, algar.

                          Net 3% van die mensdom leef in weelde, en beheer die 6% middelklas wat die jantaks koffers volhou om dus weer die 91% brandarm onbeholpenes te help krepeer, en so hou die sirkel aan rol, maand na maand, jaar na jaar, oes na oes... hoekom kan ons nie almal in weelde leef nie? As almal 'n Porsche kon kry en ry, wie sal dit wil he?? dit gaan mos oor beheer en meer, gierigheid en meer...

                          Die werklike regering sal eers in plek wees wanneer Die Wederkoms in plek is en dan eers sal die skakels in plek val, want dan is valsheid, dweepgeit, gierigheid, agterbaksgeit en korrupsie iets van die verlede...

                          Vir die wat ore het om te hoor
                          groetnis
                          knipmes
                          Wendag

                          Comment


                          • #14
                            Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                            Die verslag van die sogenaamde "Teokrasie-komitee" is duidelik daarop uit om die Ou Testamentiese dogma uit 'n primatiewe era weer op die tafel te l? as enigste middel tot saligheid, die is duidelik die gevolg van 'n volk se vleeslike vrese vir hul verlede en toekoms.

                            Die volgende stukkie praat met my en maak dit ook duidelik waarom ek nie erg het aan die verhale in die Ou Testament oor die Jode nie:

                            Voorwaar, voorwaar Ek s? vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ?n ander kant af inklim, hy is ?n dief en ?n rower.
                            Maar hy wat by die deur ingaan, is ?n herder van die skape.
                            Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
                            En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
                            Hulle sal ?n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
                            Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.

                            Joh 10:1-6
                            Vergelyk ons die gelykenis met die gelykenis van die Boer is dit duidelik dat die boodskap wat Die Christus gebring het nie baie vleiend was teenoor die "Jode onder die Wet" was nie, wat dit vandag soveel meer betreurenswaardig maak dat daar mense is wat wil terugkeer na hierdie primatiewe godsdiens van die Ou testament, veral in die lig van die betekenis van die volgende verse met betrekking tot die vermelde gelykenisse.

                            Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
                            1Jn 3:8
                            Gaan hierdie groep (Teokrasie-komitee) al 613 wette van die Ou Testament herstel? Gaan hulle weer mense vermoor deur steniging indien hulle nie die sabat en ander rituele nakom nie?

                            Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
                            Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ?n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ?n leuenaar is en die vader daarvan.
                            Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
                            Joh 8:43-45
                            Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
                            Joh 10:19
                            Wendag

                            Comment


                            • #15
                              Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

                              Daar is geen politiese stelsel in plek of beskikbaar wat sal werk nie. Die mens op aarde is net nie instaat daartoe nie, want dan was hierdie lankal al 'n paradys gewees.
                              Ek stem saam!
                              Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
                              and that is what is making me strong.

                              Comment

                              Working...
                              X