Announcement

Collapse
No announcement yet.

Boervroue Skeur Bybels Stukkend

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Boervroue Skeur Bybels Stukkend

    Sarah Raal beskryf dit soos volg in haar boek: Met die Boere in die Veld.
    Die mre van 31 Mei sal ek nooit vergeet nie, toe ou Richards, die kommandant van die kamp waar ek en my ouers was, kennis gegee het dat al die mense van die kamp om nege-uur voor sy kantoor moes wees. Toe ons daar kom, staan hy op n kar, waarvoor twee muile gespan was. Hy staan regop op die bankie van die kar, met n siprestak in sy hand. Toe nege-uur klaar geslaan het, s hy net die woorde: Dit is vrede, dit is vrede, die Boere het hul land verloor. Toe spring hy van die bankie af en gaan sit, trek die muile op en jaag weg.

    Seker vyf minute lank was daar n doodse stilte. Toe hoor jy hier en daar een snik. Dit was asof die snikke die waarheid deurgedryf het tot aan almal se verstand en dit was asof hulle toe eers besef wat die kommandant ges het. Party vrouens kruip op die grond rond en ween, in elke hut is daar n gekerm en geween. Ander weer roep hard uit: Hy lieg, hy lieg! Ou moeders stap met gebo hoofde en ween in stilte. Ander weer skeur hul Bybels stukkend en skree: Ek glo aan niks meer nie. Hierdie slag is te onregverdig .

    Die joiners gooi hul hoede in die lug op en skree Hoera! Dit was n treurige skouspel. Ek het net gehaal om ons huisie te bereik en my gesig diep in die kussings gedruk. Ek kon en wou niemand sien nie, my hart was deurboor. Tyd, net tyd kon die smart heel.
    10
    Ja
    100.00%
    10
    Nee
    0.00%
    0
    Wendag

  • #2
    Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

    Ons mense het 'n manier om wanneer ons teen die grond is, instinktief die regte ding te doen. Ons oorlewing as volk is te danke aan hierdie intutiewe aanvoeling wat ons lei om God-gerigte besluite onder kritieke omstandighede te neem.

    Met Bloedrivier was ons met die rug teen die muur en instinktief keer ons met die Gelofte terug na die God van Hemel en Aarde. En daarby het ons vir Jahweh die stamgod van die Israeliete en die Roomse Kerk uitgesluit. (Dit is deesdae nie meer 'n geheim dat Jahweh een van die Seuns van El was nie).

    Ongelukkig het ons n Bloedrivier teruggekeer na die Kerk en haar Jahweh. Dit het veroorsaak dat Sarel Cilliers 'n tweede gelofte op die Waldensian moes afl op die rotse neffens Struisbaai. Die tragiese terugkeer na Jahwehisme was egter onafwendbaar.
    Wendag

    Comment


    • #3
      Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

      Die Bybels wat deur die Boervroue opgeskeur is, vertel 'n verhaal uit die pen van die Joodse skrifgeleerdes. Van daardie skrifgeleerdes het Jesus ges dat hulle die Duiwel as vader het.

      Die storielyn van die Bybel handel hoofsaaklik aangaande die wel en we van 'n primitiewe Midde-Oosterse stam en hul stamgod, Jahweh.

      Ingevolge die tradisie waarop die Ou Testament aanpas en voortbou, was die Allerhoogste (El) hoof van 'n vergadering van gode (divine council). El se godin was Asherah.

      El en Asherah het sewentig seuns gehad. El het spesifieke volke uit die Arabiese woestyn aan sy seuns toegeken. Jahweh het die Israeliete gekry. Die volgende seuns word in die Bybel genoem:
      Dagon (Filistyne)

      Chemosh (Moabiete)

      Jahweh (Jakob)

      Bal (Kanan)

      Xos (Edom

      Jahweh en Bal was skinkers in die hof van El.

      Later in die storielyn het Jahweh sy Vader, El se rol en godin oorgeneem. Jahweh word toe deur sy skrifgeleerdes in status verhoog van seun van El en broer van Bal, na skeppergod.

      Dit is hierdie verhaal wat deur die Boervroue opgeskeur is. Hierdie optrede was waarkynlik die grootste daad teen Jahwehisme in ons volk se geskiedenis.

      Die tyd kom nader dat ons daarop sal voortbou.
      Wendag

      Comment


      • #4
        Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

        Die Ou Man,

        Al kyk 'n mens nou na die mees antieke verhale en al luister ons na mense sal ons dan nog steeds nie die regte pad kan vind nie, want vlees is blind en hoe kan blindes dan nou ander blindes lei?

        Dit is net soos die mens kleef aan die Jesus mensekind die (Christengeloof), almal het nou waarlik van die mense kind 'n god en verlosser begin maak. Dit is verkeerd want hy kon of kan nog steeds geen een na hulle saligheid toe lei nie.

        Wat werklik plaasvind deur die Christen geloof is dat weereens net die vlees gevoed word en die gees nie. Want hoekom nou moet 'n mens almal na hulle oorspronklike geestelike woonplek toe lei as die mens die woonplek dan nie eens kan gewaar met die vleeslike oog nie?

        Daarom is dit dan nie eerder veel beter om 'n Gees te volg wat alles om ons heen kan sien in die geestelike realm nie? Wat ook weet presies wat om ons aangaan, waar ons vandaan kom.

        En ook dan as een Gees almal lei, dan sal daar ook nie meer soveel verdeeldheid onder die mensekinders wees nie. Almal sal dan dieselfde glo. Dan sal dit nie meer nodig wees om vir die ander mensekinders te s dat hulle geloof verkeerd is nie, want almal leer dan mos van een Geestelike Pa af, nie waar nie. Almal se harte sal dan 'n eenheid kan vorm. En daar sal dan ook nie meer onenigheid onder die mensekinders wees nie. En ek s nog steeds die eindgeveg gaan mense stom slaan. Want dit gaan glad nie gepaard gaan met geweld nie, net met liefde. Die liefde het groter mag as wat die satan en geweld ooit sal kan besit.


        Groete

        Die Vrou..
        Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
        and that is what is making me strong.

        Comment


        • #5
          Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

          Originally posted by Die Ou Man View Post

          Dit is hierdie verhaal wat deur die Boervroue opgeskeur is. Hierdie optrede was waarkynlik die grootste daad teen Jahwehisme in ons volk se geskiedenis.

          Die tyd kom nader dat ons daarop sal voortbou.
          Behalwe vir 'n bejaarde familielid, het die Voortrekkers sonder enige predikante die vreemde ingetrek. Trouens, die Kaapse NG sinode het 'n banvloek op die Trekkers uitgespreek. Lees Dreyer se Die Kerk en die Groot Trek. Nadat die Trekkers in die Vrystaat gevestig is, het Sarel Cilliers met sy afvaardiging na 'n sinodesitting van die Kaapse Kerk vertrek. Sy boot, die Waldensia, het gestrand, maar hy en sy groep het na groot
          ontberings in Kaapstad opgedaag. Hulle is deur die sinode weggewys.

          Nadat Shepstone die ZAR `genannekseer' het, het die NG kerk dankdienste daarvoor gehou.

          Die NG kerk was die hoofinstrument om die Afrikaner te bedrieg om die `nuwe demokratiese SA' te aanvaar.

          Terwyl die Kerk die Afrikaner polities vernietig, verwoes dit ook sy siel. Vir tweeduisend jaar is 'n sielkundige aftakeling deur skuldgevoelens op die mensdom deur 'n katolieke priesterdom ingeplant. Na 'n eeu van gemak het die Afrikaners ook vir hierdie slenter geval.

          Intussen l die ware boodskap van verlossing nogtans in die Skrif. Die Leermeester verkondig `Soek die koninkryk van God binne julle.' Soek die koninkryk daar, met hoop, toewyding, stilte en vasbeslotenheid. Niemand het die dwalinge van menslike priesters daarvoor nodig nie, hetsy dominees, Jahweh priesters of ander swakkelinge.

          Maar die eerste stap tot verlossing is om daardie katolieke en ander geskrifte te verskeur soos die Boervrouens dit gedoen het. Ons hou 'n saamtrek op daardie heilige grond in Uitenhage en bou 'n vreugdevuur waarop die verlosdes hul vals geskrifte kan gooi. Dan eers sal die vyande van die Boervolk vir daardie volk agting kry. En vrees.

          Arius
          Ex Africa semper aliquid novi

          Comment


          • #6
            Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

            Originally posted by Arius View Post

            Intussen l die ware boodskap van verlossing nogtans in die Skrif. Die Leermeester verkondig `Soek die koninkryk van God binne julle.' Soek die koninkryk daar, met hoop, toewyding, stilte en vasbeslotenheid. Niemand het die dwalinge van menslike priesters daarvoor nodig nie, hetsy dominees, Jahweh priesters of ander swakkelinge.

            Arius
            Arius.

            Ek het die toepaslike gedeelte in jou plasing verhelder. Dit sluit aan by die volgende woorde van die Christus.

            maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle ges het. (Johannes 14:26)


            Dit is duidelik dat die "herinnering" nie uit 'n boek of bundel geskrifte sal kom nie, maar uit die Gees.
            Wendag

            Comment


            • #7
              Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

              Sarah Raal beskryf 'n skokkende gebeurtenis in ons volk se geskiedenis. Die blote gedagte dat ons bittereinder volksmoeders hul Bybels opgeskeur het, rym nie met ons vroom volkslewe nie. Van die mans sou mens dit dalk kon verwag, maar van ons vroue in die konsentrasiekamp, nie eers amper nie.

              Die gedrag van die vroue vorder deur 'n paar fases. Daar was ontkenning, verslaentheid, dan die vernederende gekruip op die grond (soos in die Ou Testament) en uiteindelik die wraak van sommige op die Bybel.

              Waarom die Bybel as die uiteindelik sondebok uitgesonder is, behoort die onderwerp vir 'n interessante gesprek te vorm.

              Mens moet aanvaar dat die vroue nie met Bybels in die hand by die kommandant se kantoor opgedaag het nie. Die Bybel was dus nie 'n voor-die-handliggende voorwerp as teiken vir die vroue se misno nie. Hulle het die Ou Testament geken en geweet wat die Israelitiese se gebruik onder sulke omstandighede was. Dit het 'n gekruip, sak en as en die skeur van klere behels, maar nie die skeur van "heilige geskrifte" nie.

              Waarom sou die vroue wat die aanvanklike Ou Testamentiese roete volg, dan lynreg daarteen optree?

              Waarom het die vroue hul wraak op die vyand verplaas na die Bybel?

              Waarom was die Bybel uitgeken as die sondebok?
              Wendag

              Comment


              • #8
                Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                Originally posted by Die Ou Man View Post
                Die gedrag van die vroue vorder deur 'n paar fases. Daar was ontkenning, verslaentheid, dan die vernederende gekruip op die grond (soos in die Ou Testament) en uiteindelik die wraak van sommige op die Bybel.

                Waarom die Bybel as die uiteindelik sondebok uitgesonder is, behoort die onderwerp vir 'n interessante gesprek te vorm.

                Mens moet aanvaar dat die vroue nie met Bybels in die hand by die kommandant se kantoor opgedaag het nie. Die Bybel was dus nie 'n voor-die-handliggende voorwerp as teiken vir die vroue se misno nie. Hulle het die Ou Testament geken en geweet wat die Israelitiese se gebruik onder sulke omstandighede was. Dit het 'n gekruip, sak en as en die skeur van klere behels, maar nie die skeur van "heilige geskrifte" nie.

                Waarom sou die vroue wat die aanvanklike Ou Testamentiese roete volg, dan lynreg daarteen optree?
                .....
                Die verhaal soos deur Sarah Raal beskryf die geweldige negatiewe moraal wat onder die Boervroue geheers het, te verstane ook sou 'n mens jou in die omstandighede indink.
                Dan kom die vredesluiting... Dit herrinner my aan die dae toe ek 'n bruin uniform gedra het, al die swoeg en sweet deur die opleiding om jou psigies af te breek tot nul, en dan weer as 'n soldaat op te bou. Dit is een ding van ons destydse weermag, hulle het die sielkunde agter die vorm van 'n soldaat verstaan, maar teen watter koste?
                Die volgende breekpunt wat ons tref is die ontrekking, die oorlog is verby. Jy voel verslae, jou makkers se ledemate le in die vreemde, jy het gesien hoe ander bebloed en sommige leweloos weggelaai word, jy het gehelp laai. Ander is nooit gevind nie, en dan die nuus, politici het besluit dit is die verkeerde besluit. Eenvoudig stomp en sonder gewete, alles verniet.

                Betrek dit op Boervroue wat andersyds weerloos in helkampe was en daagliks hul weerlose kindertjies sien wegkwyn, dit ten spyt, hul vaste geloof, hoop liefde vir hul land/medemens. Hulle het vasgeglo daar sou uitkoms wees teen die Imperialis, die mammon van die 20ste eeu.
                Die "Warlord" van die Ou Testament het hulle versaak, of het Hy?
                Ons Bruinuniform troepe het destyds by tant Mossie elkeen 'n Bybeltjie ontvang voor ons ontplooi is, anders as die Boervroue se Staatenvertaling, was dit so 'n rooi Bybeltjie met slegs die Nuwe Testament daarin.
                Nie ek of enige van my makkers het die Bybeltjie opgeskeur nie, inderwaarheid myne met 'n afdruk van die destydse 1sent met die mossies op, le steeds in my voorkamer.
                Die deursnee troep in die Bosoorlog had 'n diepgewortelde vertroue in sy eie bevelstruktuur, hy is so opgelei. Die verslaentheid wat ervaar is met die vredesluiting, word omgeskakel in 'n woede teenoor hierdie einste bevelstruktuur. Daarom is van vroeg reeds gepoog dmv. propaganda dat die ontrekking uit Angola, Suid-Wes polities die "regte" besluit was, vandag ken ons die teendeel daarvan, aan die hand van dit wat ons nou beleef.

                Die vraag wat hier na vore kom, het die Boervroue die Bybels opgeskeur uit woede teenoor Hom wat hulle aanbid het?

                Indien die antwoord hierop 'n onomwonde "ja" is, sou mens met reg seker kon vra, of dit in 'n oomblik van swakheid gedoen is.

                Comment


                • #9
                  Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                  Originally posted by Pionier View Post

                  Die vraag wat hier na vore kom, het die Boervroue die Bybels opgeskeur uit woede teenoor Hom wat hulle aanbid het?

                  Ander weer skeur hul Bybels stukkend en skree: Ek glo aan niks meer nie."

                  Het hulle nie meer aan die Bybel geglo nie? (Dit is verseker so want hulle het dit opgeskeur.)

                  Of het hulle nie meer aan 'n Godheid geglo nie?
                  Wendag

                  Comment


                  • #10
                    Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                    Originally posted by Die Ou Man View Post

                    Ander weer skeur hul Bybels stukkend en skree: Ek glo aan niks meer nie."

                    Het hulle nie meer aan die Bybel geglo nie? (Dit is verseker so want hulle het dit opgeskeur.)

                    Of het hulle nie meer aan 'n Godheid geglo nie?

                    Daardie "niks" beteken vir my die leser, 'n Godheid inklusief.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                      Originally posted by Pionier View Post
                      Daardie "niks" beteken vir my die leser, 'n Godheid inklusief.
                      Ek stem saam.

                      Ek sal in die volgende plasings aanhalings plaas, wat die konteks sal duidelik maak. Dit beskryf egter die omstandighede in die Kroonstad kamp. Die Bybels is in Uitenhage opgeskeur.
                      Wendag

                      Comment


                      • #12
                        Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                        Sarah Raal vertel soos volg:
                        Ek sidder as ek dink wat ek alles op kommando deurgemaak het. Ek sien weer duidelik hoe die redelose diere vermoor word, hoe duisende skape in een kraal opmekaar gejaag en doodgesteek word. Party is dood, die ander l en doodbloei. Ek sien hoe die vyand troppe perde in n kraal ja en dan die kanonne op hulle stel en hulle uitmekaar skiet.

                        Ek probeer om die gedagtes te verban, maar dit is alles verniet. Dit is al wat in my kop maal en ek is te gedaan en te siek om te veg teen die gedagtes. Ek voel ek gee in. Dan dink ek weer hoe dit hier in die kamp gaan. Hier moor hulle maat net so onder die mense. Hier word fyngemaalde glas en vitrioel in die suiker gegooi. Ek het eendag n jong seun sien wegdra na die dodehuis; en toe hulle halfpad was, vra hy: Omie, waar bring julle my nou heen?

                        Sal God dit dan toelaat dat ons nasie so moet uitgedelg word?


                        Uit: Met die Boere in die Veld, bl. 122.
                        Wendag

                        Comment


                        • #13
                          Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                          Sarah Raal vervolg:

                          Die eerste middag wat ek in my eie tent is, het ek die hele kamp deurgeloop en alles mooi deurgekyk. Ek kon nie verstaan dat die mense nog die moed het om te lewe nie. In byna elke tent kan jy die gesteun van n sieke hoor en elke dag word daar ses of sewe mense begrawe. Klein ou kindertjies word van die moeders se bors afgeskeur en na die hospitaal geneem, waarvandaan hulle nooit weer terugkom nie. Dan het ek ook kinders gesien wat nog lewe maar na die dodehuis gedra word. In die hospitaal het ek gesien dat die outjies wat koors het, te swak is om die vlie van hul ou gesiggies weg te ja. Dan kruip die brommers in die neusgate op en nie te lank nie of die wurms loop by die neusie uit. Ek wou van my verstand raak tussen al die smart en ellende.


                          Uit: Met die Boere in die Veld, bl. 128, 129.
                          Wendag

                          Comment


                          • #14
                            Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                            In die kamp is hoegenaamd niks te doen nie; elke dag is dieselfde. Sondag is daar darem kerk, maar ook baie treurig, want sommige van die mense glo nie meer aan n Godheid nie. Ander moet kos ontvang en dit klaarmaak en hulle s dit is nie nou tyd vir godsdiens nie; ons moet veg om siel en liggaam aanmekaar te hou.


                            Uit: Met die Boere in die Veld, bl.135
                            Wendag

                            Comment


                            • #15
                              Re: Boervroue Skeur Bybels Stukkend

                              Originally posted by Pionier View Post
                              Daardie "niks" beteken vir my die leser, 'n Godheid inklusief.
                              Pionier se vergelyking van hoe ons soldate deur die bevelstruktuur in die steek gelaat is, is treffend. Vergelyk met die onsteltenis van Smuts se kommando in Prieska toe hulle van die vredesverdrag hoor. Hulle het gevoel dat Smuts hulle verraai het.

                              Die vroue in die kamp het geen bevelstruktuur gehad om te blameer nie. Soos ons manne in die veld hul vertroue in hul bevelstruktuur geplaas het, het die kampvroue net hul geloof gehad. En daardie geloof het daagliks uit hul Bybels gespruit. Daarom die wraak op daardie boek, onbeplan en individueel.

                              Nou soek die redders van ons volk wraggies weer redding in daardie boek, nou geklee in 'n desperate waansinnige geloof in 'n wrede, bloedlustige, verradderlike en onvergeeflike demoon.
                              Ex Africa semper aliquid novi

                              Comment

                              Working...
                              X