Atlantis_3.jpg
Die legende van Atlantis is seker dié misterie wat in die onderbewuste van die Westerling ingebrand is. Beide skeptici, sowel as persone wat in die legende glo, word aangegryp deur hierdie verhaal.
Die Griekse filosoof, Plato het Atlantis aan ons bekend gestel. Plato het van 428 tot 348 vC geleef. Hy was 'n student van Sokrates.
Die soeke na Atlantis duur vandag steeds onverpoost voort. Waar was die vasteland presies geleë? Hoe gevorderd was die samelewing? Hoe het dit tot niet gegaan? Die mensdom se beheptheid met Atlantis wil maar net nie verdwyn nie.
Plato vertel van hierdie asemrowende vasteland in sy dialoë, Timaeus en Critias.
Liefde groete.
Die Ou Man

Comment