Die Kathare
Die Kathare was naas die Orde van die Tempeliers een van twee religieuse bewegings wat deur die 13de eeuse Rooms-Katolieke Kerk en die Noord-Franse owerhede as 'n uitdaging beskou en uitgewis is. Maar terwyl die Tempelridders alle beskuldigings summier van die hand gewys het en ontsteld was oor die aanklagtes teen hulle, was die Kathare bereid om hul lewens te offer vir die leerstellings wat hulle as die ware Christelike geloof beskou het.
Die Noord-Franse kruistog teen die Kathare van Suid-Frankryk is uiteindelik eerder om politieke en ekonomiese as om religieuse redes gevoer en was 'n tipiese voorbeeld van Middeleeuse magsbeleid. Nogtans het die Kathare sentrale dogmas van die Rooms-Katolieke Kerk bevraagteken en verwerp; hulle het die stamgod Jehovah van die Bybelse Ou Testament as wraaksugtig en primitief beskou en sodoende 'n nuwe Christelike boodskap verkondig wat die gesag van die Rooms-Katolieke Kerk regstreeks bedreig het.
Aangesien spirituele reinheid vir hulle nie met liggaamlikheid versoenbaar was, het die Kathare nie geglo dat die werklike, spirituele Christus van 'n vrou gebore en aan die kruis oorlede was nie.
Die Kathare het hulle self as die "ware" Christelike kerk beskou, en Jesus Christus het 'n sentrale rol in hulle geloof gespeel. Vir hulle is Christus as die ware seun van God na die stoflike w?reld gestuur om sy spirituele verlossing te verkondig. Die God van die Ou Testament is as die skepper van 'n bose w?reld afgekeur.
Daar was baie Bybelse aanhalings in Kathaarse preke, tog is die uitleg van die Bybel taamlik vry gehandhaaf.
Die Kathare is in twee groepe verdeel, die gelowiges en die Perfecti. Met die aanvaarding van die Consolamentum, 'n soort sakrament wat deur handoplegging ontvang is, het gelowiges tot die status van Perfectus of Perfecta gevorder.
Die oorspronklike bronne bevestig dat die Kathare sterk gekant was teen die destydse Katolieke Kerk en sy priesters, wat as korrup afgemaak is. Daar was slegs 'n klein aantal Kathaarse teolo? wat hulle self die "goeie vroue" (bonnes femmes), "goeie mans" (bons hommes) of "goeie christene" (bons chr?tiens) genoem het (die terme Cathari of Perfecti is slegs deur die Katolieke Kerk en die Inkwisisie gebruik).
Dikwels word die Kathaarse leerstellings vanuit 'n manige?ese of gnostiese oogpunt beskou en as nou verwant aan die tradisie van hierdie filosofiese stromings beskryf, alhoewel die protokolle van die inkwisisie die enigste bronne is wat 'n soortgelyke gevolgtrekking steun en weens hulle partydigheid nie betroubaar is nie.
In die grusame kruistogte van 1209 tot 1244 is duisende mense vermoor en die bloeiendste kultuur in Europa vernietig. Die Kathare wat die aardse god van die Hebreeuse Skrifte verwerp het is deur "Christelike" Noord-Franse le?rs en met goedkeuring van die Vatikaan uitgeroei. Die kruistogte word onder die grootste gruweldade van die geskiedenis gereken, en die Oksitani?rs, wat die Noord-Franse eintlik steeds as buitelanders beskou het, bly in die volgende eeue argwanend teenoor die Paryse regering. Die Franse Rewolusie van 1789 word in die gebied ewe sterk ondersteun soos die gedagtes van die antiklerikalisme en radikale sosialisme. Vandag is daar weer 'n klein maar groeiende beweging wat die nagedagtenis en erfenis van die Kathare in Suid-Frankryk bevorder.
Bron
Leave a comment: