Announcement

Collapse
No announcement yet.

Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Kriminele Verhoor Gunther J Kotze

    Persverklaring : 2 Desember 2010


    Bogenoemde is op 1 Desember 2010 skuldigbevind aan opsetlike saakbe*skadiging. Die verhoor het plaasgevind in die Magistraatskantoor, Witbank. Kotze het skuldig ge*pleit en is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis wat vir 5 jaar opgeskort is. Hy het skuldig gepleit dat hy die Boeremonument by die Balmoral-konsentrasiekamp-kerk*hof beskadig het. Geen getuienis is gelei nie.

    Die straf na ons mening is besonder lig maar die opgeskorte vonnis sal, meebring dat Kotze nie sy dreigement om ook die Vrouemonument te Bloemfontein te beskadig, ten uitvoer kan bring sonder om tronk toe te gaan nie.

    Dit wil voorkom asof daar uit sekere kringe, en veral uit Afrikanergeledere, ?n aan*slag onder valse voorwendsels is om Boere-gedenktekens en -monumente te be*skadig en dit gemotiveer word onder verdraaide godsdienstige beskouiings dat dit Bybels korrek sou wees en dat sulke Boere-erfenisse ?afgodery? is.

    Dit is voorts jammer dat ?n oormoedige en op die oog-af aangename jongman deur ander gesigloses misbruik en aangevuur is om onder valse dryfvere van Vrymesse*laarstekens, redes te vind om die Engelse Oorlog en die aanslag om vernietiging van die Boerevolk so subtiel voort te sit. Dit kan verwag word dat hulle gebrek aan moed om self iets te doen, nie daar sal eindig nie.

    Die skuldig pleit van Kotze het verhoed dat enige getuienis gelei kon word oor sy sogenaamde motivering oor Vrymesselaarstekens, wie en wat dit is en wat die aanslag ?genoodsaak? het. Ook oor die besondere betekenis van di? helkamp van koningin Victoria, en die Britte se poging om die Boere te probeer uitwis, op die psige van die Boerevolk gehad het.

    Die gedenknaald by Balmoral staan reeds 50 jaar. Oor die 400 kinders en vrouens is by Balmoral vermoor en begrawe. Dit is behalwe die ongebore babas en fetusse wat na bewering aldaar vir die varke gevoer is. Die verhoor sou self ?n goeie kykie kon gee oor die godsdienstige aanstigtings uit sekere geledere en die poging uit die regeringsgeledere om die ware Jisraelsiening van die Bybel, verdag te maak as ?n ?staatsgevaarlike godsdiensbenadering wat met El-Kaida vergelyk is.?

    Dit dien daarop gelet te word dat die Skepper wat ons aanbid, ?n God van Orde is en geen regskapene hom sal neerbuig voor ?n God van chaos nie.

    Diegene wat hulle beroep daarop dat Kotze ?n volksgenoot is wat nie by die ower*heid verkla moes gewees het nie omdat hy dan aan die ANC uitgelewer sou word se argument is net sover van die waarheid af. Kotze is nie ?n Boer nie en kan dus geen volksgenoot van ?n reggeaarde Boer wees nie. Hy is nie eers Afrikaanssprekend nie.

    Miskien eerder ?n bondgenoot van die vyande van die Boerevolk. Dit is diegene wat met hierdie gebeure inderdaad hulle vyandskap teen die Boerevolk en sy erfenis, soos ?n seerduim laat utstaan het. Diesulkes wat skreeu dat beroep op die regs*pleging, samewerking met die ANC-regering is, is juis die mense wat voor die owerheid trou; in hulle howe skei; hulle eiendomme registreer; hulle vuurwapens by hulle registreer, paspoorte en motor- en bestuurslisensies van hulle bekom; hulle belastings aan die owerheid betaal en in die algemene sin, die ?verdrukker? onder*danig is. Dit sal met die huidige graad van verset teen die owerheid, vir nog ?n honderd jaar so voortduur sonder enige instansie by wie daar anders gekla kan word.

    Laat die gebeure rondom Kotze vir elke ?sielsgenoot? van hom, ?n les wees ─ vat aan die Boere se goed en jy vat aan ons. Sy optrede het ?n uitmuntende geleentheid vir ons vyande en die owerheid geskep om die die Boere monumente en ─ kon*sentrasiekampe onder hulle aktiewe toesig en beheer te plaas soos wat met Bloed*rivier gebeur het. So word daar subtiel in die hande van die vyand gespeel.

    Boerevolk word wakker en ken jou vyand.

    Opgestel en uitgegee namens die Aksiekomitee van die Orde Boerevolk deur Piet Rudolp
    Wendag

    Comment


    • #17
      Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

      Viking nou ?n jammergat

      Deur Scoop Cloete
      Dinsdag 07 Desember 2010


      Gunther Jurgens Kotze

      En daar sien die ?Boereviking?, G?nther Jurgens Kotze, toe sy GAT!

      Gunther Jurgens Kotze. Child of the Yahweh Cult
      Kotze was nog laas in die nuus toe hy ?n Boeregedenkwaardigheid van sowat ?n eeu oud met ?n hamer stukkend gebliksem het.

      Die viking het gemeen die gedenknaald by die konsentrasiekamp-begraafplaas in Balmoral herinner hom heeltemal te veel aan ?Satan se Penis?.

      Toe l? hy sommer in met sy tuisgemaakte hamer!

      Maar Kotze het die afgelope week in die hof getuig hy is ?jammer? oor wat hy gedoen het.

      Kommentaar op die artikel.

      Die grootbek is eerste aan die woord.

      Gunther. :
      you bunch of low class immoral scum, all you braai vleis vegters can kiss my ass, you are a bunch of useless alcoholic liberal scum and deserve to live with and mate with your kushite friends.

      who wants to moer me?
      come on sondag kakhuis newspaper, organise a voluntary fight for us, so i dont break my house arrest conditions. i want a couple bigmouths. faggots and girlsblouses the lot of you.

      Baas'Boerseun :
      Ergste van alles is dat daar baie soos hy is wat hulkself "Israeliete" noem. Gaan lees geruds bietjie op oor Pastoor Neser, groepe soos die ":verbondsvolk ens" Hulle is orals aan die gang met hul spesiale manier van die "waarheid " verkondig.

      Johan :
      Hierdie ou moes kleintyd hard op sy kop geval het. Hy moet dringend hulp kry

      Koos :
      Duidelik kyk hy nie vir homself in die spieel in die oggend nie. .. anders sou hy die met die hamer stukkend geslaan het! Lelike ding!

      Tyrone :
      Hierdie ou is definitief 2 dumpies short van 'n six pack. Ek kan aan baie ander maniere dink om publisiteit te soek. Hy maak sy naam gat in die hof om soos 'n pateet jammer te se maar voor die hofsaak is hy "Mr. Macho" homself. HY IS MEER SOOS DIE SKAAP IN WOLF KLERE as die wolf in skaapklere.

      paulvs :
      Viking se gat, die arme **** moet net hard gemoer word, tipiese kommin rubbish

      Attie :
      Die arme ****. Ek dink hy is siek in sy blerrie kop.

      Bron: www.sondag.co.za "Viking nou n jammergat"
      Wendag

      Comment


      • #18
        Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

        ?Regses wou kerke opblaas'

        2011-11-25 22:44

        Marietie Louw-Carstens

        Die beweerde verregse groep waarvan drie lede gister in Limpopo in hegtenis geneem is, was glo van plan om die NG en Hervormde kerke in Mookgophong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) op Sondae te blaas terwyl eredienste daar aan die gang was.

        So het ?n 30-jarige man, een van die aangekeerdes, glo aan die polisie ges?.

        ?n Oud-Koevoetlid is een van die drie wit mans wat gister by di? opleidingskamp vir veiligheidswagte buite Mookgophong gearresteer is nadat hulle glo tente van die rekrute aan die brand gesteek het.

        Die drie is in polisie-aanhouding. Hulle sal oorm?re in die landdroshof in Mookgophong op voorlopig aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn.

        Die mans is glo lede van ?n okkultegroep. Pamflette met pentagramme en die naam ?Lucifer? is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.

        Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gel? waarop foto?s van kerke in Mokopane en Mookgophong is.

        Die polisie het op onder meer tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms en koe?lvaste baadjies beslag gel?. Plofstof, ontstekers en kamoefleerdrag is ook in die kamp gekry, asook aanwysings om bomme te maak.

        Brig. Hangwani Mulaudzi, die polisie se kommunikasiehoof in Limpopo wat d?? inligting gister bekendgemaak het, s? die ondersoek na regse opleidingskampe is nou landwyd uitgebrei. ?Ons vermoed hulle wou verskeie terreurdade pleeg. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid gaan lede van die groep in ander dele van die land ook ondervra,? het hy ges?. Hy wou nie uitwei oor waar mense ondervra sal word nie.

        Mulaudzi het ges? ?n man het tydens ondervraging ges? hulle glo ?slegs wit mense moet in Suid-Afrika bly?.

        Die ander twee mans wat aangekeer is, is onderskeidelik 50 en 48 jaar oud. Die 50-jarige is ?n oudlid van Koevoet, die destydse polisie se teeninsurgensie-eenheid.

        Die plaas in die Boekenhout-gebied buite Mookgophong behoort aan ?n man van Springs wat volgens Mulaudzi ook ondervra gaan word.

        Een van die opleidingskamp se doelwitte is ook om wit boere op plase teen moontlike aanvalle te beskerm. Die opleidingskamp is sowat agt maande gelede begin. Mans word glo hier opgelei voordat hulle na plase landwyd ontplooi word om as veiligheidswagte te werk. Hulle word spesifiek in ?plaasbeveiliging? opgelei.

        Die mense wat opgelei word, woon in tente en woonwaens terwyl verblyfgeriewe gebou word. Mense van so ver as Springs aan die Oos-Rand en Rustenburg in Noordwes het die kampe bygewoon.

        Mulaudzi het ges? die drie mans wat gearresteer is, is Saterdag by die opleidingskamp ?weggejaag.?

        Teen druktyd was die groep se naam nog nie bekend nie.

        ?n Voorstellingsparade is verlede week by die sentrum gehou.

        Uit Beeld.
        Wendag

        Comment


        • #19
          Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

          Die onderstaande insette is op www.boerevryheid.co.za geplaas na aanleiding van bostaande berig.

          BOERE BESKERMINGSFORUM
          Die saak word uit verband geruk. Dit was die BBF lede op die plaas self wat die SAP geskakel het om n saak van brandstigting te open. Gunter Kotze en 2 ander mans het dronk op die plaas aan gekom laasnag en was toe van die plaas verwyder deur BBF lede. Die 3 het terug gekom en 2 tente aan die brand gesteek. Daarna is hulle gevang deur BBF lede en toe die SAP geskakel. Die sap het die 3 mans gearresteer en BBFlede het gevra dat die SAP die voertuig ook moet saamneem. By die SAP stasie is die voertuig ondersoek en onwettige ware is in die voertuig gevind. Die plaas word gebruik om wettiglik sekuriteitswagte vir plaasboerbeskerming op te lei. Ons huis is in orde want dit wat ons doen is wettig en die SAP is genooi om maandeliks n besoek te kom afle. Die BBF se kant is skoon.


          Gunther Kotze en sy twee maaitjies het nie die keurings proses gehaal nie en het uit wraak beplan om die kamp se tente aan die brand te steek. Die wapens en sg. planne is in hulle kar gevind deur die polisie. Gunther Kotze moet absoluut vermy word. Hy is n los kanon wat nog baie dae in die tronk gaan deurbring. Al wat hy doen is om ons pogings te vergat.
          Wendag

          Comment


          • #20
            Verregse toe die een wat op sy herrie kry

            Deur: rapport - Jacques Steenkamp in Johannesburg 2011-12-10

            Die verregse mnr. Gunther Jurgens Kotze (31) was baie opgewonde toe hy hoor hy gaan teen ?n swart man boks en mag hom dus wettiglik ?donner?.

            Maar toe is dit di? sogenaamde ?Boere-Viking? wat binne 90 sekondes van die geveg sterretjies gesien en uitgeslaan is.

            Kotze is een van die drie regses wat op 24 November in Mookgophong (Naboomspruit) in hegtenis geneem is nadat hulle ?n opleidingskamp vir veiligheidswagte aangeval het.

            Hulle het na bewering twee tente aan die brand gesteek en beplan om kerke in Mookgo*phong en Mokopane (Potgietersrus) op te blaas. Nou blyk dit Kotze is kort voor di? gebeure droomland toe gestuur in ?n boksgeveg.

            Hulle het vir Kotze ?n geveg gere?l nadat hy op Facebook laat blyk het hy wou deelneem aan ?n toernooi, s? mnre. Michael Stoltz en Ruben Groenewald van die organisasie White Collar Boxing (WCB) aan Rapport.

            ?Ons het nie geweet hy is ?n moerse rassis nie,? s? Groenewald.

            Kotze is toe geloot om op 5 November teen mnr. Vusi Mtula (34) op ?n WCB-toernooi in Boksburg te boks.

            ?Hy was baie opgewonde om te hoor dat hy teen ?n swart man ? hy het die woord ?zot? gebruik ? gaan baklei.

            ??n Vrou het my selfs twee dae voor die geveg anoniem gebel en ges? ons gaan die man se lewe in gevaar stel ? Gunther gaan hom vermoor,? s? Stoltz.

            Van meet af was dit duidelik dat Kotze niks van boks weet nie, s? Groenewald.

            ?Ek kon dit nie glo nie. Hy het probeer om Vusi met sy elmbo? aan te val. Dis mos nie boks nie??

            Kotze is in die eerste helfte van die eerste ronde (sowat 90 sekondes) uitgeslaan.

            Stoltz-hulle s? uitklophoue in WCB-gevegte is ongewoon ? die deelnemers gebruik groter, dikker handskoene om beserings te probeer voorkom.

            ?Die beste man het gewen en die skare geniet altyd ?n knockout. Die paramedici het Kotze n? sowat twee minute weer op sy voete gehad,? s? Stoltz.

            ?Hy was ?n goeie verloorder en het gevra of hy volgende keer teen ?n Jood kan baklei.?

            * Kotze en sy makkers, mnre. Juan ?Snorre? van Zyl (48) en Thomas James (TJ) Stickling (49), word in verskillende ho?veiligheid-fasiliteite aangehou, s? brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder in Limpopo.
            Di? drie regses het Vrydag weer in die Mookgophong-landdroshof? verskyn, maar daar kon nog nie vasgestel word of hulle borgtog kan kry nie.
            Wendag

            Comment

            Working...
            X