Verregse toe die een wat op sy herrie kry
Deur: rapport - Jacques Steenkamp in Johannesburg 2011-12-10
Die verregse mnr. Gunther Jurgens Kotze (31) was baie opgewonde toe hy hoor hy gaan teen ?n swart man boks en mag hom dus wettiglik ?donner?.
Maar toe is dit di? sogenaamde ?Boere-Viking? wat binne 90 sekondes van die geveg sterretjies gesien en uitgeslaan is.
Kotze is een van die drie regses wat op 24 November in Mookgophong (Naboomspruit) in hegtenis geneem is nadat hulle ?n opleidingskamp vir veiligheidswagte aangeval het.
Hulle het na bewering twee tente aan die brand gesteek en beplan om kerke in Mookgo*phong en Mokopane (Potgietersrus) op te blaas. Nou blyk dit Kotze is kort voor di? gebeure droomland toe gestuur in ?n boksgeveg.
Hulle het vir Kotze ?n geveg gere?l nadat hy op Facebook laat blyk het hy wou deelneem aan ?n toernooi, s? mnre. Michael Stoltz en Ruben Groenewald van die organisasie White Collar Boxing (WCB) aan Rapport.
?Ons het nie geweet hy is ?n moerse rassis nie,? s? Groenewald.
Kotze is toe geloot om op 5 November teen mnr. Vusi Mtula (34) op ?n WCB-toernooi in Boksburg te boks.
?Hy was baie opgewonde om te hoor dat hy teen ?n swart man ? hy het die woord ?zot? gebruik ? gaan baklei.
??n Vrou het my selfs twee dae voor die geveg anoniem gebel en ges? ons gaan die man se lewe in gevaar stel ? Gunther gaan hom vermoor,? s? Stoltz.
Van meet af was dit duidelik dat Kotze niks van boks weet nie, s? Groenewald.
?Ek kon dit nie glo nie. Hy het probeer om Vusi met sy elmbo? aan te val. Dis mos nie boks nie??
Kotze is in die eerste helfte van die eerste ronde (sowat 90 sekondes) uitgeslaan.
Stoltz-hulle s? uitklophoue in WCB-gevegte is ongewoon ? die deelnemers gebruik groter, dikker handskoene om beserings te probeer voorkom.
?Die beste man het gewen en die skare geniet altyd ?n knockout. Die paramedici het Kotze n? sowat twee minute weer op sy voete gehad,? s? Stoltz.
?Hy was ?n goeie verloorder en het gevra of hy volgende keer teen ?n Jood kan baklei.?
* Kotze en sy makkers, mnre. Juan ?Snorre? van Zyl (48) en Thomas James (TJ) Stickling (49), word in verskillende ho?veiligheid-fasiliteite aangehou, s? brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder in Limpopo.
Di? drie regses het Vrydag weer in die Mookgophong-landdroshof? verskyn, maar daar kon nog nie vasgestel word of hulle borgtog kan kry nie.
Announcement
Collapse
No announcement yet.
Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Collapse
X
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Die onderstaande insette is op www.boerevryheid.co.za geplaas na aanleiding van bostaande berig.
BOERE BESKERMINGSFORUM
Die saak word uit verband geruk. Dit was die BBF lede op die plaas self wat die SAP geskakel het om n saak van brandstigting te open. Gunter Kotze en 2 ander mans het dronk op die plaas aan gekom laasnag en was toe van die plaas verwyder deur BBF lede. Die 3 het terug gekom en 2 tente aan die brand gesteek. Daarna is hulle gevang deur BBF lede en toe die SAP geskakel. Die sap het die 3 mans gearresteer en BBFlede het gevra dat die SAP die voertuig ook moet saamneem. By die SAP stasie is die voertuig ondersoek en onwettige ware is in die voertuig gevind. Die plaas word gebruik om wettiglik sekuriteitswagte vir plaasboerbeskerming op te lei. Ons huis is in orde want dit wat ons doen is wettig en die SAP is genooi om maandeliks n besoek te kom afle. Die BBF se kant is skoon.
Gunther Kotze en sy twee maaitjies het nie die keurings proses gehaal nie en het uit wraak beplan om die kamp se tente aan die brand te steek. Die wapens en sg. planne is in hulle kar gevind deur die polisie. Gunther Kotze moet absoluut vermy word. Hy is n los kanon wat nog baie dae in die tronk gaan deurbring. Al wat hy doen is om ons pogings te vergat.
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
?Regses wou kerke opblaas'
2011-11-25 22:44
Marietie Louw-Carstens
Die beweerde verregse groep waarvan drie lede gister in Limpopo in hegtenis geneem is, was glo van plan om die NG en Hervormde kerke in Mookgophong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) op Sondae te blaas terwyl eredienste daar aan die gang was.
So het ?n 30-jarige man, een van die aangekeerdes, glo aan die polisie ges?.
?n Oud-Koevoetlid is een van die drie wit mans wat gister by di? opleidingskamp vir veiligheidswagte buite Mookgophong gearresteer is nadat hulle glo tente van die rekrute aan die brand gesteek het.
Die drie is in polisie-aanhouding. Hulle sal oorm?re in die landdroshof in Mookgophong op voorlopig aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn.
Die mans is glo lede van ?n okkultegroep. Pamflette met pentagramme en die naam ?Lucifer? is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.
Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gel? waarop foto?s van kerke in Mokopane en Mookgophong is.
Die polisie het op onder meer tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms en koe?lvaste baadjies beslag gel?. Plofstof, ontstekers en kamoefleerdrag is ook in die kamp gekry, asook aanwysings om bomme te maak.
Brig. Hangwani Mulaudzi, die polisie se kommunikasiehoof in Limpopo wat d?? inligting gister bekendgemaak het, s? die ondersoek na regse opleidingskampe is nou landwyd uitgebrei. ?Ons vermoed hulle wou verskeie terreurdade pleeg. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid gaan lede van die groep in ander dele van die land ook ondervra,? het hy ges?. Hy wou nie uitwei oor waar mense ondervra sal word nie.
Mulaudzi het ges? ?n man het tydens ondervraging ges? hulle glo ?slegs wit mense moet in Suid-Afrika bly?.
Die ander twee mans wat aangekeer is, is onderskeidelik 50 en 48 jaar oud. Die 50-jarige is ?n oudlid van Koevoet, die destydse polisie se teeninsurgensie-eenheid.
Die plaas in die Boekenhout-gebied buite Mookgophong behoort aan ?n man van Springs wat volgens Mulaudzi ook ondervra gaan word.
Een van die opleidingskamp se doelwitte is ook om wit boere op plase teen moontlike aanvalle te beskerm. Die opleidingskamp is sowat agt maande gelede begin. Mans word glo hier opgelei voordat hulle na plase landwyd ontplooi word om as veiligheidswagte te werk. Hulle word spesifiek in ?plaasbeveiliging? opgelei.
Die mense wat opgelei word, woon in tente en woonwaens terwyl verblyfgeriewe gebou word. Mense van so ver as Springs aan die Oos-Rand en Rustenburg in Noordwes het die kampe bygewoon.
Mulaudzi het ges? die drie mans wat gearresteer is, is Saterdag by die opleidingskamp ?weggejaag.?
Teen druktyd was die groep se naam nog nie bekend nie.
?n Voorstellingsparade is verlede week by die sentrum gehou.
Uit Beeld.
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Viking nou ?n jammergat
Deur Scoop Cloete
Dinsdag 07 Desember 2010
Gunther Jurgens Kotze
En daar sien die ?Boereviking?, G?nther Jurgens Kotze, toe sy GAT!
Kotze was nog laas in die nuus toe hy ?n Boeregedenkwaardigheid van sowat ?n eeu oud met ?n hamer stukkend gebliksem het.Gunther Jurgens Kotze. Child of the Yahweh Cult
Die viking het gemeen die gedenknaald by die konsentrasiekamp-begraafplaas in Balmoral herinner hom heeltemal te veel aan ?Satan se Penis?.
Toe l? hy sommer in met sy tuisgemaakte hamer!
Maar Kotze het die afgelope week in die hof getuig hy is ?jammer? oor wat hy gedoen het.
Kommentaar op die artikel.
Die grootbek is eerste aan die woord.
Gunther. :you bunch of low class immoral scum, all you braai vleis vegters can kiss my ass, you are a bunch of useless alcoholic liberal scum and deserve to live with and mate with your kushite friends.
who wants to moer me?
come on sondag kakhuis newspaper, organise a voluntary fight for us, so i dont break my house arrest conditions. i want a couple bigmouths. faggots and girlsblouses the lot of you.
Baas'Boerseun :Ergste van alles is dat daar baie soos hy is wat hulkself "Israeliete" noem. Gaan lees geruds bietjie op oor Pastoor Neser, groepe soos die ":verbondsvolk ens" Hulle is orals aan die gang met hul spesiale manier van die "waarheid " verkondig.
Johan :Hierdie ou moes kleintyd hard op sy kop geval het. Hy moet dringend hulp kry
Koos :Duidelik kyk hy nie vir homself in die spieel in die oggend nie. .. anders sou hy die met die hamer stukkend geslaan het! Lelike ding!
Tyrone :Hierdie ou is definitief 2 dumpies short van 'n six pack. Ek kan aan baie ander maniere dink om publisiteit te soek. Hy maak sy naam gat in die hof om soos 'n pateet jammer te se maar voor die hofsaak is hy "Mr. Macho" homself. HY IS MEER SOOS DIE SKAAP IN WOLF KLERE as die wolf in skaapklere.
paulvs :Viking se gat, die arme **** moet net hard gemoer word, tipiese kommin rubbish
Attie :Die arme ****. Ek dink hy is siek in sy blerrie kop.
Bron: www.sondag.co.za "Viking nou n jammergat"
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Kriminele Verhoor Gunther J Kotze
Persverklaring : 2 Desember 2010
Bogenoemde is op 1 Desember 2010 skuldigbevind aan opsetlike saakbe*skadiging. Die verhoor het plaasgevind in die Magistraatskantoor, Witbank. Kotze het skuldig ge*pleit en is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis wat vir 5 jaar opgeskort is. Hy het skuldig gepleit dat hy die Boeremonument by die Balmoral-konsentrasiekamp-kerk*hof beskadig het. Geen getuienis is gelei nie.
Die straf na ons mening is besonder lig maar die opgeskorte vonnis sal, meebring dat Kotze nie sy dreigement om ook die Vrouemonument te Bloemfontein te beskadig, ten uitvoer kan bring sonder om tronk toe te gaan nie.
Dit wil voorkom asof daar uit sekere kringe, en veral uit Afrikanergeledere, ?n aan*slag onder valse voorwendsels is om Boere-gedenktekens en -monumente te be*skadig en dit gemotiveer word onder verdraaide godsdienstige beskouiings dat dit Bybels korrek sou wees en dat sulke Boere-erfenisse ?afgodery? is.
Dit is voorts jammer dat ?n oormoedige en op die oog-af aangename jongman deur ander gesigloses misbruik en aangevuur is om onder valse dryfvere van Vrymesse*laarstekens, redes te vind om die Engelse Oorlog en die aanslag om vernietiging van die Boerevolk so subtiel voort te sit. Dit kan verwag word dat hulle gebrek aan moed om self iets te doen, nie daar sal eindig nie.
Die skuldig pleit van Kotze het verhoed dat enige getuienis gelei kon word oor sy sogenaamde motivering oor Vrymesselaarstekens, wie en wat dit is en wat die aanslag ?genoodsaak? het. Ook oor die besondere betekenis van di? helkamp van koningin Victoria, en die Britte se poging om die Boere te probeer uitwis, op die psige van die Boerevolk gehad het.
Die gedenknaald by Balmoral staan reeds 50 jaar. Oor die 400 kinders en vrouens is by Balmoral vermoor en begrawe. Dit is behalwe die ongebore babas en fetusse wat na bewering aldaar vir die varke gevoer is. Die verhoor sou self ?n goeie kykie kon gee oor die godsdienstige aanstigtings uit sekere geledere en die poging uit die regeringsgeledere om die ware Jisraelsiening van die Bybel, verdag te maak as ?n ?staatsgevaarlike godsdiensbenadering wat met El-Kaida vergelyk is.?
Dit dien daarop gelet te word dat die Skepper wat ons aanbid, ?n God van Orde is en geen regskapene hom sal neerbuig voor ?n God van chaos nie.
Diegene wat hulle beroep daarop dat Kotze ?n volksgenoot is wat nie by die ower*heid verkla moes gewees het nie omdat hy dan aan die ANC uitgelewer sou word se argument is net sover van die waarheid af. Kotze is nie ?n Boer nie en kan dus geen volksgenoot van ?n reggeaarde Boer wees nie. Hy is nie eers Afrikaanssprekend nie.
Miskien eerder ?n bondgenoot van die vyande van die Boerevolk. Dit is diegene wat met hierdie gebeure inderdaad hulle vyandskap teen die Boerevolk en sy erfenis, soos ?n seerduim laat utstaan het. Diesulkes wat skreeu dat beroep op die regs*pleging, samewerking met die ANC-regering is, is juis die mense wat voor die owerheid trou; in hulle howe skei; hulle eiendomme registreer; hulle vuurwapens by hulle registreer, paspoorte en motor- en bestuurslisensies van hulle bekom; hulle belastings aan die owerheid betaal en in die algemene sin, die ?verdrukker? onder*danig is. Dit sal met die huidige graad van verset teen die owerheid, vir nog ?n honderd jaar so voortduur sonder enige instansie by wie daar anders gekla kan word.
Laat die gebeure rondom Kotze vir elke ?sielsgenoot? van hom, ?n les wees ─ vat aan die Boere se goed en jy vat aan ons. Sy optrede het ?n uitmuntende geleentheid vir ons vyande en die owerheid geskep om die die Boere monumente en ─ kon*sentrasiekampe onder hulle aktiewe toesig en beheer te plaas soos wat met Bloed*rivier gebeur het. So word daar subtiel in die hande van die vyand gespeel.
Boerevolk word wakker en ken jou vyand.
Opgestel en uitgegee namens die Aksiekomitee van die Orde Boerevolk deur Piet Rudolp
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Originally posted by Stefanus View Post
?Die gedenknaald is ?n obelisk en ?n belediging vir my geloof. Dit behoort met ?n kruis vervang te word.
Dus wil hy nou die "satanspenis" afbreek en dit vervang met satan se vloekhout?
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
?Boere-Viking? gestraf
2010-12-02 08:16
Gerhard Pretorius
Johannesburg - G?nther Kotze (32), die sogenaamde ?Boere- Viking?, het skuld beken op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy ?n gedenknaald van ?n boeremonument afgebreek het.
Kotze is Woensdag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) gevonnis tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Hy het erken hy het die gedenknaald van die Balmoral- konsentrasiekamp*monument naby eMalahleni stukkend gekap.
Kotze, wat homself verdedig het, het ges? hy is baie jammer oor wat hy gedoen het, al was dit volgens sy geloofsoortuiging reg om die naald af te breek.
?Die gedenknaald is ?n obelisk en ?n belediging vir my geloof. Dit behoort met ?n kruis vervang te word.
?Ek is wel jammer oor wat ek gedoen het. Ek het op daardie oomblik nie gedink wat ek gedoen het nie.
?Ek en twee ander mans het die monument gaan regmaak,? het Kotze in die hof ges?.
Dit het R6 000 gekos wat deur oudkmdt. Willem Ratte en Eugene Bekker betaal is.
Kotze, Ratte en Bekker staan met sewe ander tereg op aanklagte van onder meer diefstal, dwelmhandel en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Hulle is tydens ?n polisieklopjag by ?n jeugherberg in Balmoral in hegtenis geneem.
Landdros Daleen Venter het ges? hoewel Kotze die reg het tot vryheid van geloof, het hy nie die reg om ander se eiendom te beskadig nie.
?Jy moet verstaan dat daar ander gelowe is en dat hulle ook gerespekteer moet word. Jy het egter ook die volste reg om jou geloof te beoefen.
?Ek kan sien jy berou jou dade en die hof neem dit in ag as dit by vonnisoplegging kom.?
Nadat Venter hom tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis het, het Kotze met ?n groot glimlag by die hof uitgestap en sy oom, mnr. Louis Viviers, omhels.
Kotze het aan Beeld ges? dat die tronk ?soos ?n vakansieoord is met k***erige kos en geen kamerbediening nie?.
- Beeld
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
?Boere-Viking? in hegtenis oor monument
2010-12-01 00:25
Gerhard Pretorius
Die ?Boere-Viking? is gister buite die landdroshof in eMalahleni (Witbank) in hegtenis geneem nadat hy glo ?n Boeremonument afgebreek en met ?n foto op Facebook daaroor gespog het.
Mnr. G?nther Kotze het op Facebook laat blyk hy het weens sy godsdienstige beskouing die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekamp*monument naby eMalahleni op
2 November stukkend gekap.
Kotze, wat na homself ?Babilon se vyand nommer een? verwys, het op di? sosiale netwerk ges? die Bybel beveel ?n mens ?om ?n obelisk te vernietig?.
Hy is by die hof in hegtenis geneem waar hy as een van oudkmdt. Willem Ratte se medebeskuldigdes verskyn het.
?Ek gaan terug tronk toe. Dit voel al soos my huis; ek gaan kuier vir my tjomme,? het Kotze n? sy arrestasie aan Beeld ges?.
Kotze het die gedenknaald herstel.
Beeld het vertroulik verneem die klag van opsetlike saakbeskadiging teen hom gaan laat vaar word.
Ao. Steve Msiza, ondersoekbeampte in di? saak en ook die saak waarin Kotze saam met Ratte verskyn, het gister ges? hy het gehoor die saak teen hom sal moontlik laat vaar word, maar kan in di? stadium niks bevestig nie.
Kotze is saam met Ratte en ander op ?n plaas by Balmoral in hegtenis geneem en later van diefstal, die onwettige besit van vuurwapens en dwelmhandel aangekla.
Hy sal waarskynlik m?re op die aanklag van opsetlike saakbeskadiging verskyn.
Intussen is die saak teen Ratte, Kotze en die ander agt beskuldigdes tot Januarie uitgestel.
Bron: Beeld 2010-12-01
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
'Boere-Viking' lieg
deur Leser
Na aanleiding van die artikel oor die Boere-Viking net die volgende feite.
Persone wat al by die konsentrasiekamp-kerkhof was weet dat die "vernietiging" soos wat die Viking dit noem n leuen is.
By die ingang na die kerkhof is daar soos op die foto 'n granietblok wat beskadig is met n inskrywing daarop wat al vir 'n geruime tyd daar is.
Die verhaal wat hy op Facebook geplaas het is van alle waarheid ontbloot, ekself was sowat 'n maand gelede daar en het die inskrywing gelees op die granietblok.
Verder kan ek waarborg dat enige persoon wat daar wil skade aanrig hulle beslis gaan vasloop in die vorm van die eienaar van die private museum aldaar.
Dis uiters treurig dat die Boere-Viking sulke leuens uitstuur oor die terrein wat werklik baie netjies onderhou word.
Dalk moet hy eerder sy tyd aan beter dinge bestee as om leuens te versprei.
Aan die verslagewer en genl-maj Opperman van die Voortrekkermonument, net die volgende raad - ondersoek eers die feite voordat julle weghardloop met 'n leuen.
Aan almal: 'n Besoek aan die terrein is beslis die moeite werd om te besef waardeur ons voorouers is gedurende die Anglo-Boere oorlog.
Ek het geen verbintenis met die terrein nie, ek was net 'n besoeker aan die terrein.
Uit Beeld dd 2010-11-05.
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Nog kommentaar in Rapport op die artikel:
Boomstomp 2010/11/07
Nee mnr viking, lyk my jy en jou/jul volgelinge het die pad heel verloor. Met n voorkoms soos op die foto dink ek eerder jy/jul moet uit die gemeenskap verwyder word. Jul is net n skande vir eenige gelowige of selfs die Afrikaner bevolking. Sies man, hou op om net deur n pyp te kyk, kyk wyer rond om jul en begin jul lewe te geniet. Die simpele kokon waarin jul leef maak jul net dom en onnosel lyk
APH 2010/11/07
die ou het dalk iets beet....kyk na [skakel bestaan nie meer nie]
Wat is die ware betekenis...van ons monument?
wieza 2010/11/07
So wat gaan Gunther volgende doen om aandag te trek? n Bom plant?
Hy het voorspellings in die naam van sy geloof gemaak. Niks het gebeur soos hy voorspel het nie. n "Profeet" wat in dieselfde asem n rassis en haat draend is en nie verstaan nie dat die bybel oor liefde handel nie.
Die Duiwel se regterhand
Sluit hom toe!
Stefan 2010/11/07
So baie van julle AFRIKANERS kla oor julle kultuur en erfenis wat aangetas is deur hierdie Daad .Wel ek het nuus vir julle. Daar was nie AFRIKANERS in die konsentrasiekampe nie .Hul was almal BOERE en deel van die BOEREVOLK.
Wat doen Jy vir jou geloof?Is jy bereid om in die tronk te gaan sit vir jou geloof?
Gunther is. Eksremiste is nodig.Sonder ekstremiste was ons as Protestante nog almal KATOLIEKE .Luther was 'n ekstremis in sy dae.
As jy deel wil wees van die HOER BABILON bly in jou kerk.
Openbaring s? vir ons KOM uit die Hoer Bablion uit.
Katolieke kerk en kerke is BABILON.
nic 2010/11/07
Boere Viking jy is n baie siek mens ek glo ook aan die wit mens moet n bestaansreg he maar jy ken duidelik nie jou BYBEL nie gaan sit in die tronk en maak vrede met ons VADER jy is heeltemal van die pad af mag jy vrede vind want jy is n baie ongelukkige mens
Frikkie Botes 2010/11/07Ek kan my mond tot op my knioee laat oophang vir al die kommentaar. Waar is die boere en afrikaner monumente? Mense los maar vir Gunther uit, hy het een naald afgeslaan. Gaan eerder na die ANC wat die boere en afrikaner erfenis heeltemal verwoes sodat daar niks gaan oorbly nie. Wat Gunther doen is n druppel in die oseaan van ANC verwoesting. Hou op om dubbelsinnig te lewe. Gebruik eerder julle energie om die ANC te stop om Afrikaans en alles wat te doen het met die afrikaner uit te vee asof dit nooit bestaan het nie. Gunther is geen geelgat nie.
Die Ou Man 2010/11/07Die beheptheid met Satan se penis het dieper simboliese waarde. Dit is ongeag die feit dat die Satan van die Israel Visie 'n geestelike penislose wese is.
Jahwehisme is opsigself 'n religie wat gebou is rondom 'n beheptheid met die manlike geslagsorgaan. Vandaar die besnydenis van die Ou Testament.
Ware gelowiges kyk na 'n monument en sien die dieper simboliese waarde daarvan.
Armsaliges van gees kyk daarna deur die bril van Jahwehisme en sien 'n penis.
Die probleem is dat hierdie trawante 'n sekte mentaliteit op die Boerevolk wil afdwing omdat hulle ons beskou as die re?nkarnasie van ?n primitiewe nomadiese volk van 2000 jaar gelede uit die Arabiese woestyn.
Lees meer oor hierdie psigose by die volgende skakel.
Israel Waarheid Psigose
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Originally posted by Die Ou Man View PostAanhalings uit die heilige boek van die Jode kan nooit grafskending regverdig nie.
Liefde groete.
Die Ou Man
Ek stem saam, maar die Aanhaling is uit n Boek van n Profeet van Die ALMAGTIGE-SKEPPER.
BoereGroete
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Aanhalings uit die heilige boek van die Jode kan nooit grafskending regverdig nie.
Liefde groete.
Die Ou Man
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Eseg. 6:4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;
Eseg. 6:5 en Ek sal die lyke van die kinders van israEL voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.
Eseg. 6:6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ?n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Nog kommentaar in Rapport op die artikel:
annabel 2010/11/07
Mnr Kotze is n oudleerling van St Alban's in Pretoria. Plaas van om sy bevoorregte opbrengs te gebruik en die Afrikaner te "help" deur suksesvol te wees mors hy sy tyd met sulke twak! Dit is sulke mense wat Afrikaners n swak naam gee
Jan van Pretoria 2010/11/07
Mens moet eerder vir hom bid. Hy is so mal soos 'n hoender! Ons het werklik nie ekstremiste in ons land nodig nie, al is hulle van lotjie getik.
Hendrik 2010/11/07
Sies is dit hoe jou ours jou grootggemaak het. Wonder waardes en respell vir and ere se eiendom..... Wiking???? ek dink ek moet Wikkie Die Viking cry om vir jou een helse pak sale te gee.
Die Ou Man 2010/11/07
Grafskending is nie deel van ware Boere se kultuur nie. Dit hoort by die Israel Visie en hul Jahwehisme.
Hierdie is nie ons mense nie. Hulle psige is besoedel met 'n primitiewe Midde-Oosterse kultuur.
Die stomme man weet beslis nie waarin 'n Viking geglo het nie.
Johannes 2010/11/07
Die ou is meer van 'n tipe akteur en nie die ware jakob nie. Volgende sal hy seker die taalmonument gaan afbreek in die Paarl?
Werner 2010/11/07
Mat 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Mat 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
Netjies G?nther, as ons meer mense gehad het wat vir Vader veg en nie vir Baal nie, sou ons 'n beter w?reld gehad het om in te lewe.
En vir julle wat so opkom vir dit wat nie van Vader is nie, maar wel van die bose, dink mooi wat julle doen. Julle is ligsinnig en vinnig om vinger te wys. Passop, Vader slaap of sluimer nie...
Boetie Burkett 2010/11/07
Hier sogenaamde boere viking is n nar.Hy is nou besig om met my kultuur en erfenis te speel.Elke Afrikaner is trots op sy geskifenis.Hier kom hierdie mannetjie beskadig ons erfenis.Verstaan die simpel ideooit nie dat dit is wat die ANV wil he nie.One eie Afrikaner beskadig ons geskiedenis. Die ANC sit nou lekker en lag in die agtergrond. Kotze jy is n nar en het n paar breinselle weg.Ek sal daarvan hou om jou te ontmoet, jy kort n regte pak slae.Jou pa het jou seker nie genoeg speelgoed gegee toe jy n kind was nie.As jy graag wil ontmoet kyk op facebook, dan kan ek en jy gesels op die regte Afrikaner manier. Jou vierkantige karton
viking 2010/11/07
Dit moes sy tyd in die gevangenis gewees het....klink my hy wil terug gaan.
Sustersvansion 2010/11/07 08:31:06 AM
Is dit nou weer die suster van sion sekte wat nou weer die branewyn en coke brigade tot optrede dwing, ontspan mense die ou gaan deur 'n dwase fase
Leave a comment:
-
Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.
Boere-Viking val monument aan
2010-11-06 22:27
Mnr. G?nther Jurgens Kotz? verduidelik waarom
hy die gedenknaald vernietig het. Agter hom
is die monument sonder die naald op.
Foto: Lisa Hnatowicz
Carien Kruger
Die sogenaamde Boere-Viking s? sy godsdienstige oortuigings het hom genoop om die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby eMalahleni (Witbank) stukkend te kap.
Die ?penis van Satan? hoort nie op ?n ?Boere-monument? nie, het mnr. G?nther Jurgens Kotz? Donderdag aan Rapport ges?.
Volgens die 32-jarige Kotz?, wat op borgtog en onder huisarres is nadat hy onlangs saam met oudkmdt. Willem Ratte in hegtenis geneem is, is obeliske simbolies van die merk van die dier en daarom moes hy die bepaalde gedenknaald volgens die derde gebod in die Bybel vernietig.
Hy het dit sowat twee weke gelede ?op ?n dag van boetedoening? n? 15 dae in die tronk gedoen.
Hy, Ratte en ander word onder meer aangekla van die onwettige besit van wapens en dwelmhandel.
Kotz? werk op ?n plaas vir Ratte deur onder meer die kombuis skoon te hou en by die Volksmoord-museum toesig te hou. Die kerkhof is langs die museum.
Kotz? het foto?s van en verduidelikings oor sy verwoesting van die gedenknaald op sy Facebook-blad geplaas en volgens hom het hy dit ook per e-pos aan mense gestuur.
Hy s? hy behoort nie aan ?n kerk nie, maar is ?n ?Sewe?, iemand wat Vrydagaande en Saterdae as die Sabbat gedenk.
Dit is net hierdie mense wat volgens hom ?die groot verdrukking? gaan oorleef wat op pad is.
Dr. Jackie Grobler, kultuurhistorikus en kenner van konsentrasiekampe, het die beskadiging van die monument as ? ?n tragedie? bestempel.
?Dit maak my hartseer as ons mense ons eie monumente skend. Dit is ?n simptoom van ?n verwarde gemeenskap.?
Grobler s? verskeie Anglo-Boereoorlog-monumente, maar ook uit die ZAR-tyd voor die oorlog bestaan uit gedenknaalde, soos die Vroue- en die Paardekraalmonument.
?Ek dink nie destyds se mense het ?nige godsdienstige verbintenis aan gedenknaalde geheg nie. Dit was bloot die teksboekvoorbeeld van hoe ?n monument moet lyk.?
Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, het die voorval by die SA Erfenishulpbronagentskap aangemeld.
?Sulke wandade in die naam van ekstremistiese geloof kan nie geduld word nie, nie in Afganistan nie en ook nie in Suid-Afrika nie,? s? hy.
Die Balmoral-terrein is in onderhandelings tussen die stigting en die agentskap as een van 15 prioriteite uitgewys.
Die stigting wil, met staatsfinansiering, die instandhouding van alle konsentrasiekamp-kerkhowe van die Anglo-Boereoorlog, burgergrafte en krygsgevangenekampe in die buiteland oorneem.
?n Ooreenkoms hieroor kan binne dae onderteken word.
Mnr. Troy Phili, die agentskap se bestuurder van begraafplase en grafte, s? alle grafte van slagoffers van konflik is beskermde terreine.
Verder is die beskadiging van ?n monument kragtens die Wet op Erfenishulpbronne ?n oortreding wat deur die polisie ondersoek moet word.
Die agentskap doen sy eie ondersoek na die voorval en oorweeg of hy hom as klaer wil voeg in die klag wat mnr. Piet Rudolph Woensdag namens die Orde Boerevolk by ?n Pretoriase polisiekantoor teen Kotz? ingedien het.
Volgens kapt. Leonard Hlati, ?n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was die dossier teen Donderdag nog nie na eMalahleni oorgeplaas nie.
Uit RAPPORT
Hier volg kommentaar in Rapport op die artikel:
JP 2010/11/07Sjoe, as n trotse Afrikaner kan ek nie hiemee saamstem nie. So alle monumente met n punt na bo moet nou afgebreek word, omdat iemand met n perwerse uitkyk dit as n geslags deel sien. Net so kan dit as vinger gesien word wat Hemel toe wys.
mg 2010/11/07
mnr. Kotz?, jy het dringend sielkundige hulp nodig
louis 2010/11/07Moroon !! Plaas dat jy jou liewer hou by die gees van jou godsdiens en konsentreer op naasteliefde.
leon 2010/11/07Hierdie ou het 'n klap van die windmeul weg! Los die "penis van satan" en breek liewer jou eie af, my ou.
@louis 2010/11/07"MOROON, plaas dat hy jou liewer hou by die gees van jou godsdiens en konsentreer op NAASTELIEFDE" eish...maar jy weerspreek jou self. Ja, nee stem ook nie saam wat hierdie ou gedoen het nie.
Dirk Hall 2010/11/07Wag so 'n bietjie almal wat so skreeu. Ek het 'n uitdaging aan elkeen. Kry vir julle 'n goeie boek oor kultussimbole en blaai daardeur.
Vergelyk dit met baie van ons kultuur historiese bouwerke.
Maak dan jou eie afleiding.
Julle almal skreeu sonder enige teen bewys.
Julle skreeu omdat die massa media julle minds gevat het.
Wat het jy objektief gedoen om jouself van die waarheid te vergewis. TV gekyk? Radio geluister? Jou eie objektiewe navorsing gedoen?
Kuk biedjie hoeveel satans tekens is aangeheg aan baie van ons kerk geboue.
As jy tuis is daar fine ek bly uit!
Viva die BOERE VIKING!
Jakkals 2010/11/07Jealousy makes you nasty "satan se penis" het jou seker jaloers gemaak. Jy het hulp nodig, my vriend. Hulle moet jou toesluit en die sleutel weg gooi.
Relax 2010/11/07Dit is blatante grafskending. Boere-Viking???
AdeK 2010/11/07Alhoewel ek nie saam stem met die militaristiese manier waarop hy sy geloof uitleef nie, is hy heeltemal reg aangaande die obelisk betekenis as 'n simbool van Baal aandbidding. En dit is einaanrdig dat hulle gewoonlik by monumente aangetref word met 'n christelike verbintenis. As ek 'n christen was, sou ek die hierdie verskeinsel sterk bevraagteken het.
Rudi 2010/11/07Nee G?nther!!!
Jy gaan geen een oortuig met geweld en haat nie. Net met liefde en n kalm houding kan die boodskap verstaan word.
Die "penis van satan" sjoe waar kom jy aan daai snert!!!
Leave a comment:
Leave a comment: