Daar bestaan 'n algemene wanbegrip onder die Afrikanervolk dat magie, alternatiewe en aanvullende medikasie en waars?ery volksvreemd is. Dit is gelukkig nie die geval nie. Die Afrikaner het van kindsbeen af as 'n magiese nasie grootgeword. Go?lery, go?lwoorde, beswerings, kruie medikasie, spoke, duiwels, sieners, is net so eg Afrikaans soos boeremusiek, boerewors en biltong.
Op 'n stadium in die geskiedenis van die Boerevolk was daar eintlik min verskil tussen geloof en bygeloof.
Calvinisme, en self Christindom in die algemeen, het nie 'n sentrale rol in die lewe van die Voortrekkers en die vroe? Afrikaner gespeel nie, en dit was eers met die aanbreek van die tweede Anglo-Boere oorlog, en die volksmoord deur die Britte, dat Calvinisme 'n houvas op die Afrikaner gekry het.
Die Amerikaanse sendeling Daniel Lindley, het die Boere in 'n brief (geskryf op 17 Julie 1839) beskryf as heidene wat tot bekering moet kom. Verder beskryf hy die Boere as uiters bygelowig, mense wat in voortekens glo, en wat van volkegeneeskunde gebruik maak. Hy noem die geval waar Boere voorgestel het dat hy 'n seer tand lans en die bloed in 'n boom inent, dit sou die pyn laat verdwyn.
Olive Schreiner, dogter van 'n sendeling, wat w?reld beroemdheid verwerf het met haar boek The Story of an African Farm, het in 1892 'n artikel geskryf oor die sielkunde van die Boer. Daarin kom dit duidelik na vore dat die Afrikaner staat gemaak het op volksgeneeskunde, geloofsgenesing en simpatetiese magie.
Een van die oorspronklike Afrikaner kure teen 'n besering was om 'n boerbok te slag, die maag te verwyder en oop te sny. Die beseerde ledemaat is dan in die warm maag vir 'n paar minute gedruk.
'n Ander beproefde kuur was vir griep. 'n Skaap is geslag en die warm vel is op die sieke se bors geplaas.
Kruie is ook gerol en gerook, ander kruie is weer op 'n oop vuur gegooi en die rook is dan ingeasem as 'n te?voeter vir 'n benoude bors, longontsteking of asma.
Simpatetiese magie is ook gebruik in sekere gevalle. 'n Boompie sou netjies in twee gekloof word. Daarna is die twee helftes oopgeforseer. Die sieke sou dan tussen die gesplete boom stap, waarna die boompie gespalk sou word. Indien die boompie herstel, is geglo dat die pasi?nt ook sou herstel.
Toordery, heksery en go?lery onder Afrikaners is selfs in die laat negentiende en vroe? twintigste eeu in kerkrekords aangeteken. In 1910 en 1911 het die sinode van die Hervormde Kerk in die Vrystaat go?lery onder die Afrikaners bespreek, so ook glo ander sinodes.
Maar die mees algemene vorm van tradisionele geloof (of bygeloof) onder die Afrikaner volk is die aanvaring van mense wat met die helm gebore is - sieners. Die bekendste Afrikaner profeet was sonder enige twyfel Siener van Rensburg.
Spoke en geeste, en hul beswering, water-, lug- en aardgeeste was ook nie juis baie vreemde wesens vir die vroe?r Afrikaner nie.
Artikel deur Magiese Boer.

Comment