Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Jood wat 'n God geword het

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Jood wat 'n God geword het

    Jesus was n Jood wat soos alle ander mense deur n man en n vrou verwek is, was tuis in die Juda?sme van die eerste eeu en het nie aan n Drie-eenheid geglo nie. Maar hierdie Joodse profeet en leermeester word in die vierde en vyfde eeu tot n god omvorm wat in die Griekse en Romeinse denkw?reld pas.

    Biskoppe en teolo? het alle bande met die Joodse Jesus, sy godsbeskouing en kultuur verbreek. n Nuwe figuur is geskep Jesus Christus, die middelaar tussen God en mens. En hy is lid van die Drie-eenheid gemaak, n godsbegrip wat deur keiser Teodotius die Grote (346-395) aan sy onderdane opgedwing is.

    Hier het die geskiedenis van die hedendaagse Christendom eintlik begin, want die Drie-eenheid, lees jy, is die punt waar die Christendom Jesus se leringe grootliks versaak en voortgebou het op eietydse heidense godsdiens (pagan religion). Die Jesus van die vierde eeu en die Jesus van die eerste eeu verskil radikaal.

    Uit: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg
    Wendag

  • #2
    Re: Die Jood wat 'n God geword het

    Ingevolge die christelike tradisie het die Joodse mitologie vier gode en een godin opgelewer.

    Die belangrikste was die mitologiese Jahweh, die rebelse, jaloerse seun van El en Asherah met velerlei persoonlike gebreke. Op grond van sy eie getuienis, soos opgeteken in die verouderde testament, kan hy as geestelik versteurde gesertifiseer word. Hy was letterlik 'n mal, bloeddorstige, skisofreen wat behae gevind het daarin om bloedwalms te snuif en onskuldige kinders te vermoor. Hy was so mal soos 'n haas. Dit is nou te s? as alles wat in die verouderde testament oor hom geskrywe is, die waarheid is.

    Dan is daar die "slegte god" wat in die omgang bemark word as die "Duiwel". Die slegte god (Duiwel) was eintlik 'n vulletjie teenoor Jahweh wanneer dit kom by boosaardigheid en moordlus.

    Die vyfde was 'n Jood, die seun Maria en Josef wat eeue na sy dood ingevolge heidense praktyke tot god verhef is, op dieselfde wyse waarop die vorige pous deur die huidige pous tans tot "heilige" verhef word.

    Die sesde is die Heilige Gees.

    Die enigste uit die ses mitologiese gode uit die Joodse geskiedenis van die christendom wat fisies "bestaan" het, is Jesus. Hy was 'n mens gebore uit 'n mens en het nooit daarop aanspraak gemaak dat hy 'n god is nie.

    Jesus is die enigste afgestorwe Jood wat deur miljoene nie-Jode aanbid word.

    Raar maar waar!
    Wendag

    Comment


    • #3
      Re: Die Jood wat 'n God geword het

      Ingevolge Jesus se geslagsregister was hy die logiese troonopvolger as koning van die Jode. Dit is juis om hierdie rede dat onskuldige seuntjies deur Herodes vermoor is met die hoop dat hy een van hulle sou wees. Maar hy het na Egipte gevlug om daar opgelei te word in die Egiptiese wyshede.

      Herodes se drastiese optrede beteken dat hy die Jesus-baba se aanspraak op Joodse koningskap baie ernstig opgeneem en aanvaar het. Jy gaan tog nie duisende babas vermoor om 'n "wannabee" imposteur "koning van die Jode" uit te skakel nie.

      Pilatus se vraag aan Jesus, drie dekades later bevestig dat sy aanspraak as koning van die Jode steeds 'n kwessie was. Jesus se antwoord op sy vraag bevestig op 'n sarkastiese wyse dat hy wel die koning van die Jode was.
      En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en ges?: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U s? dit.

      En so het Pilatus aanvaar dat Jesus aanspraak maak daarop dat hy die koning van die Jode is.

      Toe antwoord Pilatus en s? vir hulle: Wil julle h? dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?


      Die hele doel agter die kruisiging het gesentreer rondom Jesus se aanspraak op koningskap van die Jode. Dit was juis waarvan hy aangekla is en waaraan hy skuldig bevind is. Dit het "boggerol" met ons sondes te make nie.
      En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.

      ********

      En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus ges?: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy ges? het: Ek is die Koning van die Jode.
      Wendag

      Comment

      Working...
      X