Ingevolge Jesus se geslagsregister was hy die logiese troonopvolger as koning van die Jode. Dit is juis om hierdie rede dat onskuldige seuntjies deur Herodes vermoor is met die hoop dat hy een van hulle sou wees. Maar hy het na Egipte gevlug om daar opgelei te word in die Egiptiese wyshede.
Herodes se drastiese optrede beteken dat hy die Jesus-baba se aanspraak op Joodse koningskap baie ernstig opgeneem en aanvaar het. Jy gaan tog nie duisende babas vermoor om 'n "wannabee" imposteur "koning van die Jode" uit te skakel nie.
Pilatus se vraag aan Jesus, drie dekades later bevestig dat sy aanspraak as koning van die Jode steeds 'n kwessie was. Jesus se antwoord op sy vraag bevestig op 'n sarkastiese wyse dat hy wel die koning van die Jode was.
En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en ges?: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U s? dit.
En so het Pilatus aanvaar dat Jesus aanspraak maak daarop dat hy die koning van die Jode is.
Toe antwoord Pilatus en s? vir hulle: Wil julle h? dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
Die hele doel agter die kruisiging het gesentreer rondom Jesus se aanspraak op koningskap van die Jode. Dit was juis waarvan hy aangekla is en waaraan hy skuldig bevind is. Dit het "boggerol" met ons sondes te make nie.
En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
********
En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus ges?: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy ges? het: Ek is die Koning van die Jode.
Leave a comment: