Ons moet ook in gedagte hou dat dat die Israeliete 'n spul slawe was wat hoegenaamd nie op dieselfde standaard as die hoogs geskoolde Egiptenare was nie. Hulle kennisveld was beperk tot di? van ongeskoolde arbeiders. In teenstelling hiermee, was Moses opgelei deur die beste leermeesters van die tyd. Moses het dus 'n geweldige intellektuele voorsprong op sy volgelinge gehad.
Drie maande na die uittog bring Moses die Israeliete tot by die berg van Jahweh. Hulle word s? deur die berg begroet:
Exodus 19
16 En op die derde dag toe dit m?re word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.

Ek aanvaar dat dit die eerste keer was dat die Israeliete 'n vulkaan aanskou het. Dit moes 'n verskriklike belewenis wees.
Moses was die enigste wat kon verstaan wat Jahweh "s?".
Direk nadat Jahweh die Tien Gebooie aan Moses oorgedra het, was daar weer 'n uitbarsting op die berg.
Exodus 20
18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.
19 En hulle het vir Moses ges?: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle o? mag wees, sodat julle nie sondig nie.
21 So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.

Die Israeliete besluit toe versigtigheidshalwe om 'n ent weg te staan van die donderende, rokende berg waaruit Jahweh so donder en blits. Moses het telkens die donder, blitse en basuin, wat Jahweh se spreektaal was, getolk aan die benoude Israeliete.
Deuteron?mium 4
11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.
12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie -- net 'n stem was daar.
12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie -- net 'n stem was daar.
So het hierdie uitbarstings met gereelde tussenpose plaasgevind. Terselfdertyd het Moses die nuwe geestelike wette vir hierdie nuut bevryde volk opgestel en aan hulle oorgedra.
Vir die Israeliete was die vuurspuwende berg die simbool van Jahweh se toorn.
Exodus 24
17 En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die o? van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg.
Maar soos dit nou maar eenmaal gaan, het die Israeliete mak geword en teen die voet van die vulkaan gaan tent opslaan. Nader aan hulle Jahweh. Daar het hulle begin negatief raak en gekla en kerm. En toe is daar weer 'n uitbarsting. Hierdie keer het die lawa tot teen die kamp gebrand. Jahweh was nou behoorlik die bliksem in.
N?merie 11
1 EN die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.
2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.
Dit gebeur as mens aan die voet van 'n vulkaan kamp opslaan.
Moses sou by latere geleenthede die Israeliete herinner aan hulle angswekkende ervaring aan die voet van die berg van Jahweh.
Deuteron?mium 5
4 Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek --
5 ek het in di? tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie -- en Hy het ges?:
6 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig h? nie....

Nadat Moses die Tien Gebooie herhaal het, herinner hy die Israeliete weer soos volg.
22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
23 En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,
24 en ges?: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.

Na die episode by die berg, sou die Israeliete nie gou in die bestaan van Jahweh twyfel nie en so het die Jahweh kultus van die Ou Testament sy ontstaan te danke aan Moses wat geweet het hoe om 'n vuurspuwende berg in te span om sy wette neer te l?.
As hierdie verhale nie in die Bybel vervat was nie, maar presies net so in, gestel nou maar in die geskrifte van die Vikings, sou ons met reg kon argumenteer dat die Vikings 'n vuurspuwende berg aanbid het.
Die vraag is nou. Het die Israeliete 'n vuurspuwende berg aanbid?
Liefde groete.
Die Ou Man
Comment