Paleolitiese artefakte ? Venus figuurtjies.
Volgens argeologiese navorsing het die moderne mens (dws Homo sapiens) ongeveer 200,000 jaar gelede in Afrika ontstaan. Van daar, het hulle oor die hele Europa en Asi? versprei, en het ?n nomadiese jagter-versamelaar-bestaan gevoer, in basies dieselfde manier as wat verskeie ander vroe?re hominiede spesies geleef het.
Sowat 70 000 jaar gelede het Homo sapiens ?n revolusion?re tree vorentoe gegee en het daardeur hulle diepste gevoelens deur middel van tekeninge begin uitdruk selfs met verbasend ingewikkelde meetkundige patrone.
Alhoewel hulle almal dieselfde soort basiese klipwerktuie gemaak het, het Homo sapiens (ongeveer 50.000 vC) begin om ander intellektuele aktiwiteite begin beoefen soos pottebakkery, beeldhouwerk, naaldwerk en weefwerk. Alles was stappe weg van ?n nomadiese jagter-versamelaar-bestaan na ?n meer gevestigde lewe wat weer die gevolg gehad het dat meer gesofistikeerd implemente vervaardig was soos gespesialiseerde items om te boor, sny en kerf, spies punte, ens. Binne ?n relatiewe kort tydperk van sowat 4000 jaar het hierdie tegnologiese rewolusie na Europa versprei, en uiteindelik items soos vishoeke, olie lampe, tou, en naalde met o? ingesluit.
Sommige Argeolo? glo dat hierdie vooruitgang die gevolg was van die ontstaan van taal, wat Homo sapiens in staat gestel het om idees te kon uitruil en verworwe kennis kon deel. Benewens die praktiese gereedskap wat hulle gemaak het, het hulle ook vir ons verskeie wonderlike kuns werke agtergelaat, in die vorm van grot skilderye, en die sogenaamde Venus figuurtjies.
Comment