Announcement

Collapse
No announcement yet.

Verborge Kennis van ruimte, tyd en kosmiese siklusse.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Verborge Kennis van ruimte, tyd en kosmiese siklusse.

    Aksiale presessie, meestal net presessie genoem, is ’n stadige en onafgebroke verandering in die ori?ntasie van ’n hemelliggaam se rotasie-as wat deur swaartekrag veroorsaak word. Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die ori?ntasie van die Aarde se rotasie-as, wat soos di? van ’n slingerende tol verskuif en ’n kringloop in sowat 25 920 jaar voltooi.[1] So ’n tydperk word in die sterrekunde ’n "Groot Jaar" genoem.

    Uitwerking

    Die presessie van die Aarde se as het ’n paar waarneembare uitwerkings. Een daarvan is dat dit lyk of die posisie van die noordelike en die suidelike hemelpool in sirkels beweeg teen die agtergrond van "vaste" sterre. (Die hemelpole is die Aarde se pole wat tot in die ruimte verleng word; dit roteer dus saam met die Aarde se pole.) So ’n sirkel neem 25 772 jaar om te voltooi.

    Hoewel die huidige noordelike poolster dus Polaris is, sal dit mettertyd verander en ander sterre sal die noordelike poolster word.[2] Daar is nie tans ’n duidelike suidelike poolster nie, maar mettertyd sal presessie tot gevolg h? dat daar ook aan die suidelike sterrehemel ’n poolster is.

    Saam met die hemelpole skuif die skynbare ori?ntasie van die hele sterrehemel, soos gesien van ’n spesifieke punt op Aarde. Die ko?rdinate van hemelliggame verander dus voortdurend. Daarom hou ’n voorwerp se lugko?rdinate verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die ko?rdinate aan met verwysing na ’n spesifieke jaar, bekend as ’n epog. Ko?rdinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met ’n standaard-epog.[3] Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 UTC.

    Hierdie aanbieding neem 'n diep blik in die gebied van heilige meetkunde, antieke klipmonumente en die verborge wiskunde wat ingebed is in dinge wat ons daagliks gebruik.



    Verwysings
    1. Hohenkerk, C.Y., Yallop, B.D., Smith, C.A., & Sinclair, A.T. "Celestial Reference Systems" in Seidelmann, P.K. (red.) Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. Sausalito: University Science Books. bl. 99.
    2. Astro 101 – Precession of the Equinox, Western Washington University Planetarium,
    3. Moulton, Forest Ray (1916). An Introduction to Astronomy. Macmillan Co., New York. pp. 125–126.
    Wendag
Working...
X