Moses lei sy nuut bevryde volk na die berg van die HERE (Jahweh). Die Israeliete staan nou nie meer onder die wette en priesterlike verordeninge van die Egiptenare nie. Dit is tyd dat nuwe reëls neergelê word.
Moses stel die Israeliete (wat in Egipte verskeie gode aanbid het), by die vuurspuwende berg Horeb voor aan hulle enige HERE (Jahweh). Volgens die tradisie van die Midíaniete (deur wie Moses aan Jahweh bekendgestel is) woon Jahweh op die vuurspuwende berg en is die gereelde uitbarstings op die berg die manifestasie van sy toorn en mag.
Moses het teen die berg opgeklim en in die rook verdwyn waar hy en die HERE beraadslaag het. Tydens hierdie beraadslagings het die HERE sy verordening vir Moses op twee kliptablette geskryf.
So lui die tradisie wat in die Bybel opgeneem is en hier volg die Tien Gebooie soos deur die HERE geskryf en opgeneem in Exodus 20:
Moses gee aan die Israeliete politieke vryheid, 'n enige HERE (Jahweh) en 'n nuwe godsdienstige bedeling.
Liefde groete.
Die Ou Man
Moses stel die Israeliete (wat in Egipte verskeie gode aanbid het), by die vuurspuwende berg Horeb voor aan hulle enige HERE (Jahweh). Volgens die tradisie van die Midíaniete (deur wie Moses aan Jahweh bekendgestel is) woon Jahweh op die vuurspuwende berg en is die gereelde uitbarstings op die berg die manifestasie van sy toorn en mag.
Moses het teen die berg opgeklim en in die rook verdwyn waar hy en die HERE beraadslaag het. Tydens hierdie beraadslagings het die HERE sy verordening vir Moses op twee kliptablette geskryf.
Deuteronómium 5
22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.

[ATTACH=CONFIG]1217[/ATTACH]Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. 9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; 10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
14 Jy mag nie egbreek nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Comment