Openbaring 14 gee 'n belangrike opdrag weer.
Ons word in hierdie gedeelte gekonfronteer met 'n "nuwe lied," 'n "ewige evangelie" en 'n opdrag aangaande "Wie" ons moet aanbid.
Tot op hede het die georganiseerde christendom aan ons die evangelie van die dood gebied. Hierdie evangelie bied die dood van die Messias aan as die "weg" na ons saligheid. Hierdeur het die kerk daarin geslaag om gelowiges vir 2 000 jaar onder die indruk te bring dat ons by implikasie, medepligtig is aan die marteling en moord op die Messias. Die ewige evangelie waarna hier verwys word, gaan die huidige evangelie van die dood tot niet maak en die klem verskuif van die dood na die ewige lewe. (Hierdie aspek is reeds bespreek onder Die Moord op Die Messias.)
Vers 7 gee opdrag dat ons God moet vrees. Dan word daardie God uitdruklik identifiseer. Dit is die God wat hemel en aarde gemaak het. Hierdie vers is van kritieke belang omdat die Bybel praat van die God wat hemel en aarde gemaak het, maar ook van die Here God wat aarde en hemel gemaak het.
Die opdrag gebied: Aanbid die God van hemel en aarde.
Is dit nie wat die kerk ons van kindsbeen leer nie? Waarom gaan 'n engel uit die lug ons moet herinnner Wie om te aanbid.
Vir die wat ore het om te hoor, gaan dit insiggewend en van kritieke belang wees.
Liefde groete.
Die Ou Man
1 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
2 En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.
3 En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is.
4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.
6 EN ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Comment