Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 28 of 28

Thread: WENKRUIS

  1. #21
    Klasie
    Guest

    Default

    Quote Originally Posted by Die Ou Man
    Quote Originally Posted by Klasie
    Quote Originally Posted by Die Ou Man
    Die Oorwinningskruis van Christus, is die simbool waaronder die Boer sy geestelike stryd teen die Bose gaan voer. Dit is die Kruis wat ons gaan opneem om die godsdiens weer nuut en vry te maak van dogma en ander onsuiwerhede, soos wat Siener voorspel het.

    Die Oorwinningskruis is 'n simbool van oorlog en paternalisme. Siener het ook aan ons die simbool van die vrou gegee. Ek vervolg daarmee.

    Laat ons alle misverstande uit die weg ruim. Ons gaan 'n nuwe Godsdiens hê, nuut en gestroop van 2000 jaar se bedrog.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Godsdiens was gestroop......By Bloedrivier, maar nie vir lank nie.
    Daar is 'n opinie dat die visioene van Siener daarop neerkom dat ons moet terugkeer na die kerk, maar dit is hoegenaamd nie waarop dit neerkom nie. Maar jy weet dit beter as ek.

    Bloedrivier se gelofte, Siener, Brandt, Genesis 1 en Openbaring 14:7 sluit soos die speke van 'n wiel by mekaar aan. Die bedrog het in Genesis 2:4 ingesluip. Kyk gerus of die Skepper van Genesis 1 en Genesis 2, vanaf vers 4 dieselfde God is. Raadpleeg gerus ook die Boek van Herinnering. Ek sal dit op 'n gepaste draad verduidelik.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Dit is duidelik nie die selfde God nie, maar jy weet dit beter as ek. Moet ook nie die gelofte van Paardekraal vergeet nie, die Volk se geloof was toe nog suiwer genoeg om ons n oorwinning te gee.

  2. #22
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    Quote Originally Posted by Klasie

    Beteken die Suider Kruis { Southern Cross } iets.?

    Hou ingedagte dat 8 die volmaakte syfer is, kan enige syfer of getal met 8's maak.
    Klasie.

    Die honurus crux loop in dieselfde lyn.

    Die syfer agt is die simbool van die ewige lewe. Wanneer hy op sy, sy l'e ∞, simboliseer hy die oneindigheid. Kyk weer na die Oorwinningskruis en die Hugenote Kruis met hulle 8 punte. Daarin lê die antwood op ons geestelike herkoms.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #23
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    Kom ons keer terug na Parys.

    Ek besoek die bekende en veelbesproke Louvre. Die glas piramide van Miterand praat nie met my nie. Wanneer ek omdraai en terugkyk op die Champs Élysées na die Arc de Triomf, word my uitsig versper deur die manjifieke Quadriga. 'n Vrou op 'n krygstuig, getrek deur vier perde, met 'n lourierkrans wat sy omhoog hou.

    Die Quadriga voor die Louvre is 'n afbeelding van die oorspronklike Quadriga van Berlyn. Die vrou op die krygstuig met die lourierkrans omhoog, versinnebeeld die sg. vredesgodin. Nadat Napoleon Berlyn verower het, het hy die oorspronklike Quadriga van Berlyn na Parys geneem as oorlogsbuit en in die Champs Élysées opgerig.

    Na Napoleon se nederlaag is die Quadriga terugbesorg aan Berlyn. Intussen het die Franse 'n eie afbeelding gemaak en in parys opgerig. Ek plaas 'n foto van die huidige Quadriga in die Grand Palais des Champs-Élysées, algemeen bekend as The Grand Palais in Parys. Die beeld van die vredesgodin met die lourierkrans is duidelik sigbaar.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Quadriga-Champs_Elysees_Paris.jpgQuadriga-London_Wellington_Arch.jpg
    Quadriga - Champs Elysees, Paris
    Quadriga - London, Wellington Arch
    Attached Images Attached Images

  4. #24
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    Terug op vaste bodem in Boerland, skakel my geesgenoot en Volksmoeder my. Sy bring my denke terug na die Quadriga van Parys. "Het jy geweet dat die beeld op die Brandenberg Hek van Berlyn ook die Wenkruis omhoog hou?" vra sy my.

    Sover ek weet het die Quadriga van Berlyn die simbool van vrede, die lourierkrans omhoog gehou. Die Ou Vrou dwing my nou om weer te gaan dink. Hier volg die resultaat.

    Die oorspronklike muur om Berlyn het 14 hekke gehad. Al die hekke, behalwe die Brandenberg Hek is vernietig. Die Brandenberg Hek is vandag nog die simbool van Berlyn en van Duitsland. Die Quadriga het wel van Parys teruggekeer. Maar die Vredesgodin moes plek maak vir die Oorwinningsgodin.

    Met die terugkeer van die vredesgodin van Parys, is haar lourierkrans vervang met die oorwinningskruis. Die godin van vrede is vervang met die godin van oorwinning. Dit beteken nie dat die Duitsers die vredes- of oorwinningsgodin aanbid het nie. Die simboliek hieragter is egter geweldig kragtig.

    'n Volk se simbole bepaal 'n Volk se psige. Maak of breek.

    Ek plaas die Oorwinningsgodin op die Brandenberg Hek vir Die Ou Vrou.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Quadriga-Brandenburg_Gate_Berlin.jpg
    Quadriga - Brandenburg Gate, Berlin

  5. #25
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    My gesprek met die Die Ou Vrou laat my gedagtes weer terugkeer na die ridders wat werklik daaroop aanspraak kan maak dat hulle ridders vir Christus was.

    Ek betrag die onderstaande foto.

    Ek dink onwillikeurig aan hierdie gebroke Boervolk en ek sidder!

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    templars.jpg

  6. #26
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    'n Volk se simbole is sy Gewete.

    'n Volk se simbole vertel waarvoor hy stry en waarteen hy stry.

    'n Volk sonder grondige simbole is 'n hersenskim wat geen bestaansreg regverdig nie.

    Hoe het die wapen van die formidabele ridders van die vroeë Christendom gelyk?

    Onder watter simbole het hulle geveg en hul indrukwekkende militêre suksesse behaal?

    Ek plaas die hedendaagse seremoniële weergawe. Die simbole bly dieselfde.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    South_African_anc_coat_of_arms.jpg

  7. #27
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    Joan_of_Arc-Sword_replica_03.jpg

    Die swaard bring ons terug na die vyf kruise van Siener. Siener was nie die eerste om die belangrike vyf kruise te sien nie. Dieselfde getal kruise is aan 'n ander Johanna gegee. Daardie ander Johanna was Jeanne d'Arc, heldin van Frankryk en die vyf kruise is deur die engel Michel aan haar gegee.

    In the month of April, La Pucelle prepared herself for war. She was guided to call for a specific sword that her voices said was buried behind an altar in the Church of Saint Catherine, in the city of Fierbois. She was told that it would be recognizable by its bearing five crosses. It was brought to her from that place having appeared miraculously; coming to her from out of the earth, much in the way Excalibur had come to King Arthur, from out of the water. She would use it in leading her troops, blade pointed downward with the hilt elevated, to form a cross.
    The Mystic Legacy of Jeanne d’Arc by Marcia Quinn Noren
    Tydens haar latere ondervraging, verstrek Jeanne d’Arc die volgende besonderhede.

    "Whilst I was at Tours, or at Chinon, I sent to seek for a sword which was in the Church of Saint Catherine de Fierbois, behind the altar; it was found there at once; the sword was in the ground, and rusty; upon it were five crosses; I knew by my Voice where it was."
    Die swaard met vyf kruise is in die vroee christen oorloë gebruik.

    It was at St. Catherine's of Fierbois, a shrine to the martyr, that St. Joan found her sword. She dug beneath the stone and found the old sword used by Charles Martel when he fought the Moslems, and which Joan would take in battle to free her French people from the English invaders.
    Martel was juis die man wat die Moslem opmars na Frankryk finaal gestuit het.

    A Frankish barbarian of the eastern Frankish kingdom of Austrasia, Charles Martel (688 - 741 C.E.) was most famous for the Battle of Tours (732 C.E.), near Poitiers, in which he successfully defeated the Saracen Moors in their invasion of France, thus preserving Christian Europe from the encroachment of Islam. He held the title of Mayor of the Palace of Austrasia, but in actuality wielded the power of a king. His byname, "Martel," meant "hammer" and was used to describe the way he indefatigably drove back the Moorish invasion.
    Die swaard ter sprake bring dan ook twee simbole bymekaar, nl. die Wenkruis en die Lelie (Fleur de Lis). Die Lelie is wel sigbaar op die swaard hierbo.

    Die reis van die Lelie deur ons Volk se geskiedenis gaan nog interessanter as die Wenkruis wees. Bekyk solank vir Johanna van Ark hieronder.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Joan_of_Arc.jpg

  8. #28
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default

    Waarom spesifiek vyf rooi kruise? Waarom die getal vyf?

    Want die vyf rooi kruise verteenwoordig die vyf wonde wat Jesus tydens die moord toegedien is.

    Vier spykerwonde en een spieswond.

    Die verhaal van die lelie word hier voortgesit.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •