Results 1 to 5 of 5

Article: Wie het Satan "Geskape"?

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Wie het Satan "Geskape"?

    Is Satan die duiwel of ’n teenstander?


    Johannes de Villiers

    Party mense grawe die duiwel agter elke bos uit, maar die een plek waar jy hom nie gaan vind nie, is in die Ou Testament, meen ’n teoloog van Pretoria.

    Hoewel die woord “Satan” soms in die Bybel se Ou Testament voorkom, is dit bloot die Hebreeuse woord vir “teenstander” en verwys dit nie na ’n “spesifieke wese met ’n persoonlike identiteit wat Satan heet” nie, skryf dr. Gerda de Villiers.

    De Villiers het die afgelope week ’n artikel met die opskrif “Satan in die Ou Testament?” gepubliseer in teo.co.za, ’n digitale publikasie waarin teologiese artikels verskyn.

    In die artikel skryf De Villiers: “Volgens die Hebreeuse woordeboek kan ‘satan’ ’n werkwoord of ’n selfstandige naamwoord wees. As werkwoord is die betekenis ‘om ’n wrok te koester’ of ‘vyandig te wees’ (vgl. Ps 38:12). ‘Satan’ as selfstandige naamwoord beteken ‘teenstander’ of ‘aanklaer’ en kan ’n aardse mens of ’n hemelse wese aandui.”

    Sy ontleed dan ’n paar tekste waarin die woord “satan” in die Hebreeuse Bybel voorkom.

    Die bekendste een is Job, waarin verwys word na “die satan” wat aan God voorstel dat Job sy rykdom ontneem moet word. Daar moet die woord eintlik as “die aanklaer” vertaal word, eerder as “Satan”, meen sy, want dit dui op ’n lid van die hemelse raadsaal eerder as op die figuur wat mense vandag as die duiwel ken.

    Ook in die verhaal van Bileam en sy donkie kom die woord “satan” voor. In dié teks word na die engel van die Here, wat voor Bileam se donkie in die pad kom staan, verwys as ’n “satan” omdat hy ’n hindernis in Bileam se pad is.

    Ook uit dié teks blyk dit duidelik dat die term “satan” na ’n teenstander eerder as die duiwel verwys.

    Sy bespreek ook verdere voorbeelde van die woord in die Ou Testament en sluit af: “Die konsep van satan as ‘bose’, as die Here se aartsvyand in die Ou Testament, moet afgewys word ... Satan as persoon, as vyand van die Here was nie deel van Ou Israel se geloof nie.”

    ’n Skakel na die artikel het tot ’n hewige debat op die Facebook-blad van Kerkbode, die NG Kerk se lyfblad, gelei.

    Die bestaan van die duiwel is sedert verlede jaar opnuut ’n debatspunt in die NG Kerk nadat die algemene sinode amptelik besluit het daar is in die kerk ruimte vir sowel diegene wat in die duiwel se bestaan glo as diegene wat dit glo Satan bestaan nie regtig nie.

    Ná die sinode het ’n lidmaat, Wynand Louw van Melkbosstrand, ’n klag van dwaalleer teen dr. Ben du Toit, direkteur: kommunikasie van die NG Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaap, by die ring van Kuilsrivier aanhangig gemaak omdat Du Toit in die openbaar erken het hy glo nie in die bestaan van ’n persoonlike duiwel nie. Die ring het Du Toit onskuldig bevind, maar Louw het teen dié besluit geappelleer.

    Uit Rapport dd 2012-07-28

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Wie het Satan "Geskape"?

    Die Kerk gaan nie hiervan hou nie.

    Satan is een van die vier hoekstene van die Christelike geloof.

    En die Christelike geloof kom maar bloot neer op die vergoddeliking van die Joodse mitologie.

    Jahweh en Satan is soos 'n pakket. Die een is vir sy bestaan afhanklik van die ander.

    As Satan val, val Jahweh saam.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Member Pierre's Avatar
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Vredendal, West coast R.S.A
    Posts
    10
    Rep Power
    23

    Default Re: Wie het Satan "Geskape"?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Die Kerk gaan nie hiervan hou nie.

    Satan is een van die vier hoekstene van die Christelike geloof.

    En die Christelike geloof kom maar bloot neer op die vergoddeliking van die Joodse mitologie.

    Jahweh en Satan is soos 'n pakket. Die een is vir sy bestaan afhanklik van die ander.

    As Satan val, val Jahweh saam.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Goeie middag Ou Man,

    Kan dit wees dat Jahweh self die teenstander is?

    Liefde groetnis.

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Wie het Satan "Geskape"?

    Jahweh is op rekord in die Joodse Mitologie (Bybel) dat hy bose geeste rondstuur om kwaad aan te rig en sy Israeliete van die wal in die sloot help met valse opdragte.

    Dit klink alles behalwe na 'n opregte God.

  5. #5
    Member Pierre's Avatar
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Vredendal, West coast R.S.A
    Posts
    10
    Rep Power
    23

    Default Re: Wie het Satan "Geskape"?

    Goeie naand Ou Man,

    Ek stem 100% saam met jou; Jahweh glad nie 'n opregte God nie, eerder een vol Haat en geen Liefde nie!

    Dit blyk egter vir my te wees, dat Godsdiens 'n mens gemaakte relegasie was en is, om politieke mag te behou en glad nie van ons Skepper afkomstig is nie.

    Liefde groetnis.

Similar Articles

  1. "Yahweh" (Jehovah) - The Brutal God of War
    By Stefanus in forum Kletshoekie
    Replies: 2
    Last Post: 28th May 2011, 10:54
  2. Replies: 2
    Last Post: 16th May 2011, 18:04
  3. Was the "Original Jesus" a Pagan God?
    By Die Ou Man in forum Mitologie
    Replies: 0
    Last Post: 24th April 2011, 18:35
  4. Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 8
    Last Post: 1st December 2010, 21:23
  5. Hier spring alweer nuwe "Boere" uit
    By Boerland in forum Nuus
    Replies: 0
    Last Post: 11th November 2010, 12:52

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •