Agora


Titel: Agora

Genre: Avontuur / Drama / Geskiedenis / romanse

Regisseur: Alejandro Amenabar

Geskryf deur: Alejandro Amenabar, Mateo Gil

Rolverdeling:
  • Rachel Weisz as Hypatia van AlexandriŽ
  • Max Minghella as Davus, haar slaaf
  • Oscar Isak as Orestes
  • Ashraf Barhom as Ammonius
  • Michael Lonsdale as Theon, pa en onderwyser van Hypatia
  • Rupert Evans as Synesius
  • Homayoun Ershadi as Aspasius



Storielyn:
'n Historiese drama wat afspeel in Romeins beheeerde Egipte, vertel die verhaal van sterrekundige-filosoof Hypatia van AlexandriŽ (Rachel Weisz) en haar verhouding met haar slaaf Davus (Max Minghella), wat verskeur is tussen sy liefde vir sy minnares en die moontlikheid van die verkryging van sy vryheid deur die aansluiting by die stygende gety van Christendom.



Alexandria, 391 nC: Hypatia gee onderrig in sterrekunde, wiskunde en filosofie. Haar student Orestes is verlief op haar, nes Davus, haar persoonlike slaaf. Soos wat die stad se Christene, gelei deur Ammonius en Cyril, politieke mag verkry, is daar nie meer plek vir die kan die groot instellings van onderrig en bestuur nie en kan nie meer onder die "nuwe" bestuur oorleef nie.
Orestes, die stad se prefek, het 'n ongemaklike vrede met die Christene, gelei deur Cyril. Die Christene dwing openbare moraliteit af en eerstens sien hulle die Jode as hulle hindernis, daarnaas die ongelowiges. Hypatia het geen belangstelling in die geloof gevegte nie, en is sy slegs bekommerd oor die beweging van die hemelliggame en die broederskap van almal.