Results 1 to 3 of 3

Thread: Die Bybel

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Die Bybel

    Hello Julle,

    Daar is een ding wat ek net nie kan verstaan nie! Dat die mense so diep in die Bybel boek inklim en party vegeefs verlore raak is nie
    altemit nie!! Die bybel is 'n boek van mense wat ver terug in die verlede geleef het in die skepping. Hoe kan dit enigsins enigiemand help om hulle
    pad te vind na die geestelike as dit dan nou fisies is en geen woord bevat van die geestelike wereld nie? Dit handel oor die toestemming wat 'n mal jaloerse
    gees vir die mens gegee het om met die skepping te maak net soos wat hulle wil, dit regverdig die marteling van diere en plante en ontelbare ander wesens wat hier leef. Verder baklei die mens onder mekaar wie het aan hierdie god se verkose stam behoort en veroorsaak onmin met almal wat dit lees!!

    Almal wil in sy guns kom ... wil die walglike skepping wat hy gemaak het met die doel om dit te laat ly, regverdig. Hierdie god verdien die dood en niks anders nie!!

    Hou op om oor die bybel en dit wat daarin gestaan te bekommer ... kyk wat gaan om julle aan ... sien die wreedheid van hierdie god se hande werk raak .. kyk hoe word alles gemartel!!!

    Die dinge wat in die bybel staan het niks met nou te make nie .. dit is die verlede .. nou en die toekoms is wat van belang is ... die verlossing is naby maar ons kan nie
    dit wat gebeur het in daardie tyd saam met ons vat nie. Dit bly daar waar dit hoort in die verlede .. ons moet nou vorendtoe beweeg, sonder om terug te kyk te wonder van wat was en uit te sien van dit wat kan wees!!

    Groete

    Die vrou..
    Last edited by Die Vrou; 13th March 2013 at 08:43.
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: Die Bybel

    Toe ek nou in die skool geleer het om te skryf en lees wat ek seker is - het julle
    ook gedoen .. het ek ook geleer in elke sin is daar woorde wat betekenisse het soos bv. "vyand" of in sins konstruksie " Die man is onskuldig!" Die woord en die sin het n betenis die woord beteken n persoon is vyand dit kan nie iets anders bedoel soos vriend nie sien en ook in die sin beteken dit woorde wat saamgevoeg is dat iemand onskuldig is! neh! Verder kan ek stukke uit die bybel self haal wat mense verander sodat die fisiese lewe pas BV. - "1 Joh 2 vers 15 Moenie die wereld liefhe of die dinge wat in die wereld is nie. As iemand die wereld liefhet , dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want ALLES wat in die wereld is die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oe en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wereld. 17 En die wereld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van die Vader doen, bly verewig. " - Kyk nou die stuk hierbo tussen hakies - die woorde en sinskonstruksie het 'n diep betekenis wat almal miskyk! Dit se alles so ver soos die oog kan sien, die begeertes, selfs jou begeerte vir n lekker bord kos want dit is beegerte en stel die vlees tevrede is verkeerd en nie uit die Vader nie, dit se ook dat die vlees verkeerd is menende nou die fisiese skepping neh! - Nou wie is die God wat die vlees gemaak het is hy Vried of Vyand? Want duidelik word daar hier gese dat dit verkeerd is en nie uit die Vader nie?

    Alles beteken alles nie net die helfde nie maar let wel ALLES!!

    Kyk nou mense wat in die bybel se woorde glo en dink bietjie hieroor!
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Die Bybel

    Naand Die Vrou,


    Jinne, maar jou siening is darem negatief rondom die aarde en alles wat leef!
    Dat die pyn en leiding nie lekker is om te aanskou nie, of te beleef nie, is te verstane egter ook!


    Ek wil graag die volgende voorhou vir jou...

    Hierbo vermaan jy almal om juis die Bybel weg te gooi!
    Daarsonder te lewe! Sonder n God of waarde sisteem?

    Wat van al die ander geloofsoortuigings op aarde, soos die Hindu, Muslem en Buddiste?
    Moet hulle hulle se Boeke ook weggooi?
    Is die alles op aarde nie ook hulle ingesluit nie?
    Of leef hulle op n ander planeet?

    Dit staan enigeen vry om enige godsdiens aan te neem, of te vermy!
    Dis immers weereens n keuse van die eie ek, die self!

    Maar die verskil kom in dit dat daar n baie wye gaping en afgrond is tussen godsdiens en Geloof!

    Godsdiens is van onder, mens gemaak en bedink om andere in dieselfde rigting te lei, ongeag of dit reg of verkeerd is... dis n keuse weereens!

    Geloof is van Bo, dis binne-in elkeen! Dis onaantasbaar fisies, en gaan weer heen waar dit vandaan kom, na lewe uit n liggaam gaan! Die Bybels van alle godsdienste het nie die vermoe om dit te keer nie!

    Daar is net twee werklike keuses in hierdie lewe...

    leef in donkerte
    of
    Leef in Liefde!




    groetnis
    knipmes

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •