Results 1 to 4 of 4

Article: ‘Kerklose’ burgers vry én eerliker

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default ‘Kerklose’ burgers vry én eerliker

    deur Amos van der Westhuizen,
    Bloemfontein 2013-04-20


    Daar is onlangs baie woorde in Rapport geskryf oor Lina Spies wat uit die NG Kerk bedank het nadat kerkleiers die laaste jare gereeld met ’n voet in die mond betrap is oor sake soos evolusie en homoseksualiteit. Sy is natuurlik die uitsondering; die meeste loop sonder om formeel te groet.

    As ’n mens vra hoekom dan die kerk verlaat, moet jy seker eers vra hoekom was jy ’n lidmaat.

    Dis hier waar die knoop lê. Dis dieselfde rede waarom jong, wit mans nie meer by die weermag aanmeld nie: Dis nie meer verpligtend nie.

    In die ou Suid-Afrika het jy mos saam met jou matrieksertifikaat en getuigskrif van die skoolhoof ook een van die dominee benodig as jy om werk of ’n beurs by ’n staatsinstelling of selfs private maatskappy aansoek wou doen. Dié praktyk het dominees met mag en status beklee, kerklidmaatskap en -bywoning verseker met gevolglike sekerheid van werk en inkomste.

    Die teenprestasie van die dominees was om die lyn tussen kerk en volk en dié tussen godsdiens en burgerskap te help vervaag. Eersgenoemde vra kinderlike geloof en laasgenoemde, wat politiek betref, kritiese denke. Die mengsel het wrang vrugte gedra waarvoor die kerk verskoning moes vra.

    Nou, in ’n vrye samelewing, kan dié wat die kerk verlaat het ook maar vrede maak dat as jy kerkloos lewe, jy ook sonder die kerk bruilof of begrafnis kan hou. Die kerke moet tog nie so desperaat wees vir besigheid dat hulle inwillig om verlooptes te trou of te begrawe nie. Só kan ons baie skynheiligheid gespaar bly.

    As ons dan met eerlikheid voortgaan, sal ons in die toekoms weet: As politikus en prediker te naby aan mekaar staan, wantrou albei.

    Uit Rapport dd 2013-04-21

  2. #2
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    36
    Posts
    241
    Rep Power
    32

    Default Re: ‘Kerklose’ burgers vry én eerliker

    spyker op die kop geslaan ne!
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  3. #3
    Member schalk's Avatar
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    62
    Posts
    30
    Rep Power
    32

    Default Re: ‘Kerklose’ burgers vry én eerliker

    Ter aansluiting by wat gese is.Was en is ek n uitsondering op die reel of nie? Ek vra want ek het nie n probleem gehad om skool toe te gaan of in die tuin te werk of huiswerk te doen toe ek jonk was nie maar om kerk toe te gaan!, dit was n stryd! Inteendeel dit is steeds. Ek dink nie dit het iets te doen met die feit dat ek netjies moes aantrek vir n 'date' met iemand wat nie eers opgedaag het nie. Wil miemand dalk n mening waag?

  4. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: ‘Kerklose’ burgers vry én eerliker

    Naand schalk,

    Ek dink nie jy is die uitsondering nie!
    Daar moet vele meer wees!
    Dis ook geen skande nie!!

    Soos ek altoos seg, ek kan slegs vanuit myself praat, en sal die volgende storie graag met jou deel...

    Toe ek 'n klein seuntjie was op die plaas het ouma my saans geleer om nie knielend in donkerte in my gedagtes met my Vader te praat nie, maar eerder het ons twee hande gevat met palms na bo, en opgekyk dak toe, en dan het ek en ouma heerlik met Vader gepraat, of liewer gebid met oop ogies sodat ons opkyk in eerlikheid en opregtheid nes die prentjies van Jesus in die Bybel, eerder as om weg te kruip met ons gedagtes agter stywe toe ogies en smeekende hande nie. Dis hoe ek geleer het om te bid, oop en vry en eerlik met myself en Vader wat my tog deur en deur besit. Ek sien oupa vandag nog met sy hoed in die hand hoe hy in die boorde met sy Vader gepraat het elke dag. Hy het altyd vir my vertel dat sy Vader sy Beste Vriend is. Ons huigel nie in die minste nie. Die dorp en kerk was iets wat ver weg was, en ons het huisgodsdiens gehou elke dag, nie net sondae nie. Nietemin...

    Dis 'n Sondagoggend so om en by half nege die oggend. Ek en 'n dosyn of so seuns en dogters sit in die konsestorie agter in die kerk waar ons oor 'n halfuur voorgestel word aan die gemeente, en by die aand diens aangeneem word as klaar gematrikulerende jong lidmate na jare van kinderkrans dans tot katkisasie!!! Die volgende oggend klim ek die flossie weermag diensplig toe! Op daardie stadium was ek maar sestien jaar oud! Dominie en ouderlinge kom ingestap, oudste ouderling oom Bart Nel vra die seun reg langs my om die verrigtinge met gebed te open. Hy stamel aan sy woorde en trek weg, almal buig die hoofde in donkerte van gemoed en plegtig word hulle meegevoer aan sy stammerende stem eerder as dit wat hy kwytraak. Ek soos oudergewoonte maak nie ogies toe nie, ek kyk hom wat bid aan, gee hom stille inspirasie met my kyk, en toe kyk ek na die meisie langs hom, die seun langs haar en gaan op die ry af terwyl hy bid, tot my ogies val op oom Bart. Hy het toe ook nie sy oe toegemaak nie, en gluur my aan. Net daar amen die laaitjie langs my, en almal na-aap dit, en oom Bart burder uit vir my: 'En HOEKOM maak JY nie JOU oe TOE as ons BID nie???" Almal snak na hul asems. Ek kyk hom doodluiters reguit in die oe en seg prontuit sonder huiwering: "Oom Bart, as ek my oe toemaak, sien ek kaalgat meisies..." In ons ou konserwatiewe verlede het n sestienjarige seun net aan n paar dinge gedink, en geloof was nie een van hulle nie! Die meisies begin skaam giggel, die seuns brul van die lag, en oom Bart verloor alle beheer. Nodeloos om te seg, ek is die volgende dag weermag toe met n volle sensuur sensasie van berisping en verpligting om weer terug te kom vir meer opleiding voor heropname as volwaardige lidmaat, met skynbaar verskriklike vernedering veroorsaak vir my familie in die gemeente!!! Sondaar!!

    Twee jaar later, vars van Angola af, met my balsak vol klere en my bakkie wat ek nounet gekoop het, trek ek op n saterdag oggend sonder meubels of werk in n enkel vertrek woonstel in n blok in in n stad in wat vandag Gauteng is. Maandag gaan ek werk soek, en begin lewe! Later die middag ry ek die straat af, en so waar reg voor my is n sirkel en agter die sirkel n kerk! In die tuin in n ou oom en paar manne besig om die tuin te bewerk en gras te sny. Ek trek af, klim uit, stap oor die pad, vra die oom oor die heining of hy weet hoe laat is die diens moreoggend, ek is lus vir sing met n orrel! hy kyk my op en af, en vra waar bly ek. Ek seg ek het nounet ingetrek in daai blok woonstelle, en wys my vinger terug in die rigting van waar ek kom. Hy glimlag breed, kyk op sy horlosie, en vra of ek oor n halfuur tuis sal wees, en in watter nommer bly ek, want hy wil dan oorkom om sommer my tiendes te kom optel, want sien seg hy, hy is die ouderling en neem waar as diaken vir die gebied en ek val mooitjies in sy wyk!! Niks word gese van wat ek gevra het nie, dis summier geignoreer! Kyk, ek het nie nodig om vir jou te vertel wat ek presies vir hom geseg het nie, daardie woorde hoort tuis in Angola... van skoolseun na jonge gedwonge moordenaar as soldaat agter die rug en direk terug in die beskawing en al wat hy wil he is my geld, so asof dit belangrik is om my siel te koop? ... maar ek het hom mooitjies vertel om sy kerk in sy dinges te druk, en omgedraai en weg gestap, en nooit weer terug gegaan of terug gekyk na die kerk as my behoud nie.

    Het my gesin met drie dogters grootgemaak sonder n kerk, en vandag dink ek is ons beter af sonder daardie moontlike huigelary in wese!!

    Ek stem saam dat een of twee persone se optredes nie noodwendig die breer gevoel of weg sal wees van n organisasie nie, en sien ek dit eerder as n teken destyds dat ek nie met die fariseers van ouds en hulle se dinge moet kers vashou nie, ek hoort nie daar nie. Punt!

    Dit laat my dink aan die oom wat my vertel het hy is n sonsitter... hy sit in die son en kyk hoe gaan die huigelaars kerk toe een maal n week om te bieg oor die sondes van die week vooraf... biddende handjies en al! Net om weer die volgende dag te sondig...

    Ook nou moet ek byvoeg dat ek geensins hiermee wil voorhou dat elke mens wat kerk besoek sondaars is wat huigel nie! Inteendeel, die kerk het sy plek, en speel n belangrike rol in die mondering van grootword van kinders, en selfs grootmense wat eintlik nog kinders is soms... het baie respek vir dit, en elke mens het die reg om dit te vat of te los. Ek was een wat as tiener dit moes vat, en is bly ek het dit geleer, want nou weet ek wat dit behels, maar as grootmens het ek die keuse uitgeoefen om die kerk as sulks te vermy, en liewer my geloof soos op die plaas geleer self uit te oefen met my Vader wat soos Jesus tereg uitgewys het...


    Joh_10:30 Ek en die Vader is een.


    Daar is n groot verskil tussen GELOOF wat van BO kom en godsdiens wat van onder mensgemaak is!!!




    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 13th February 2014 at 13:48.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •