Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 18

Thread: Skeppingsverhale Ontleed

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Skeppingsverhale Ontleed

    onbekende_god_006.jpg

    Dit is gemenesaak dat Génesis twee skeppingsverhale weergee. Die eerste skeppingsverhaal word behandel van Génesis 1:1 tot Génesis 2:3. Die tweede skeppingsverhaal word behandel vanaf Génesis 2:4 tot Génesis 4:16.

    Dit is ook gemenesaak dat die tweede skeppingsverhaal die oudste van die twee is. Daarom begin ons die bespreking by Génesis 2:4.

    Die Skepper van Genesis 2:4 staan in die 1933 vertaling bekend as die HERE God. Dit is egter nie die oorspronklike benaming vir die God van Génesis 2 nie. Die naam HERE God is geneem uit die Hollandse Statenbijbel wat deur ons voorouers gebruik is. Die verskillende verwysings na en name vir die Goddelikheid in die Statenbijbel, is soos volg van Hebreeus na Nederlands vertaal:
    Hebreeuws --> Nederlands

    Eloïm --> God
    Adonai --> de Heere
    Jahweh --> de HEERE
    Adonai Jahweh --> de Heere HEERE
    Jahweh Eloïm --> de HERE God
    Jaweh Sebaoth --> De HEERE der Heerscharen

    De schrijfwijze HERE, HEERE of HEER in hoofdletters, wordt in bepaalde Bijbelvertalingen (onder meer de Statenvertaling, de NBG 1951 alsook de Nieuwe Bijbelvertaling (NBV) gebruikt voor het in het Nederlands weergeven van de Naam van God (יהוה - vaak getranslitereerd als JHWH) zoals die staat in de Tenach, het Hebreeuwstalige, heilige boek van het jodendom. Bron.
    Die opstellers van die Gelofte van Bloedrivier was bekend met die Hebreeuse naam van die HERE God van Genesis 2:4. Die Statenbijbel het dit in 'n kantlyn aantekening vermeld.

    Op de twaalfde zitting besloot de Synode dat de Godsnaam in het Oude Testament zou worden vertaald met HEERE.

    In de kantlijn van Genesis 2:4 wordt aangegeven:

    "Na de voleyndinge van het werck der scheppinge/ wort hier aldereerst Gode de naem van IEHOVAH gegeven/ beteeckenende de selfstandigen/ selfwesenden/ van hem selven zijnde van eeuwicheyt tot eeuwicheyt/ ende den oorspronck ofte oorsake van het wesen aller dinge; daerom oock dese naem de ware Godt alleen toecomt.

    Onthoudt dit eens voor al; waer ghy voortae het woort HEERE met groote letteren geschreven vindt/ dat aldaer in 't Hebr. het woort IEHOVAH, oft korter/ IAH staet."
    Die Skepper van Génesis 2:4 is Jahweh, die jaloerse God van Abraham.

    Die skeppingsverhaal van Jahweh is tussen 961 en 922 vC gedurende die koningkryk van Salomo geskryf. Die skrywer is onbekend en het onder geskiedskrywers vir homself die naam Jahwehis verwerf vanweë die benaming van sy God as Jahweh (JHWH). Daar word kortweg na hierdie skrywer verwys as J.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Ons kan aanvaar dat die Gén. 2:4 skeppingsverhaal nie die breinkind van J was nie, maar dat hy 'n oer verhaal of verhale van oorlewering geboekstaaf het.

    Wat weet ons van J?

    • Sy God was Jahweh die stamgod van Abraham.

    • Hy het die bloed en brandoffer rituele van Jahweh nagekom.

    • Indien hy manlik was, was hy besny.

    • Hy was 'n goeie storie verteller.

    • Hy het nie geweet dat die aarde roteer nie.

    • Hy het geglo dat die son om die aarde draai.

    • Hy het geglo dat die aarde plat is.

    • En hy het verduidelik hoe Jahweh die aarde, hemel, plante, diere en mense geskape het.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Dit is belangrik dat ons deur J se oë kyk om vas te stel wat die eienskappe van sy skepper Jahweh is. Dit is tog die maklikste wyse waarop ons die God van J beter kan leer ken. J verskaf die volgende inligting:

    • Jahweh het eers die aarde en toe die hemel geskape. (Gén. 2:4)

    • Jahweh het Adam uit grond gemaak en daarna asem in sy neusgate geblaas. (Gén. 2:7)

    • Jahweh het 'n tuin geplant. (Gén.2:8)

    • Jahweh het Adam aangestel om die tuin te bewerk en te bewaak. Teen wie of wat? (Gén 2:15)

    • Jahweh verbied Adam om van 'n spesifieke boom se vrugte te eet omdat hy daarvan sal sterf. (Gén. 2:17)

    • Jahweh het Adam onder narkose geplaas, 'n rib verwyder en vir hom 'n hulp daaruit gebou. (Gén 2:21,22)

    • Jahweh wandel saans in die tuin. (Gén. 2:8)

    • Wanneer Adam en Eva wegkruip weet Jahweh nie waar hulle is nie. (Gén 2:9)

    • Jahweh het nie geweet dat Adam en Eva van die boom se vrug geëet het nie. (Gén. 2:11)

    • Jahweh vervloek die slang om op sy pens te seil vir die res van sy bestaan. (Gén. 2:14)

    • Jahweh stel geboortepyne in as straf vir die vrou. (Gén. 2:16)

    • Jahweh vervloek die aarde. (Gén. 2:17)

    • Jahweh is ongelukkig omdat die mens nou kan onderskei tussen goed en kwaad. (Gén. 2:22)

    • Jahweh besluit dat Hy 'n fout gemaak het om die mens te skape. (Gén. 6:6)

    • Jahweh hou van die reuk van braaivleis. (Gén. 6:6)

    • Jahweh sluit self die deur van die ark agter Noag toe. (Gén. 7:16)

    • Jahweh geniet 'n maaltyd saam met Abraham. (Gén. 18:6,7)

    • Jahweh het berou oor sy eie onheil. (Exodus 32:14)

    • Jahweh is jaloers op die ander gode. (Exodus 34:14)

    • Jahweh stuur bose geeste na mense om hulle te verskrik. (1 Samuel 16:14)

    • Jahweh hét 'n bose gees. (1 Samuel 18:10)


    J beskryf aan ons 'n primitiewe antropomorf Godheid met swakhede en tekortkominge, wat tóg in staat is om 'n mens uit grond te skep. Hierdie God woon nie in die hemel nie maar op die aarde en is nie alwetend nie.

    Moet ons J se skeppingsverhaal as 'n ware weergawe van die skepping aanvaar, of moet ons dit beskou as die beste poging van 'n persoon met 'n beperkte kennis uit 'n primitiewe era, om sin te maak van die dinge in en om hom?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Graf_Wellhausen_Hypothesis.png

    J het in die Suidryk gewoon en het die verhale van die stamme Levi, Juda, Simeon, en Reuben as een verhaal verweef. Daar word vermoed dat J vanuit die Aäron priesterdom kom omdat hy hul opinies reflekteer en die fokus op Moses verminder .

    Ons kan dus aanvaar dat die Génesis 2:4 skeppingsverhaal die weergawe van die Aäronitiese priesterdom is. Hulle was in oposisie met die Samaria priesters van die Noordryk wat op hulle beurt vir Moses verhef het.

    Die Jahweh skeppingsverhaal is nie geskryf as opvolg vir die Génesis 1 verhaal nie. Ook nie om die jonger Génesis 1 verhaal te komplimenteer nie maar was juis in geskil daarmee. Die Samaria priesters (Gén. 1:1) teen die Jerusalem priesters (Gén. 2:4).

    Die oorsprong van die twis dateer uit die goue kalf episode toe Moses gevra het dat diegene wat hom ondersteun by hom kom staan. (Exodus 32:26-28) Die Leviete het nie deel gehad aan Aäron en sy manne se goue kalf nie en het hulle onmiddelik by Moses geskaar. In opdrag van Moses het die Leviete onder Aäron se kalf aanbidders ingevaar en 3000 vermoor.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Alle volke op aarde het 'n rykdom aan mitologiese verhale wat uit sy vroeë bestaan dateer en die Israeliete is beslis nie 'n uitsondering nie.

    Die woord mitologie (vanuit die Grieks μυϑολογία mythología, vanaf μυϑολογειν mythologein om mites oor te vertel, vanaf μυϑος mythos, 'n vertelling, en λογος logos, 'n gesprek) beteken letterlik om mites oor te vertel, bedoelende verhale wat 'n spesifieke kultuur glo waar is en wat bonatuurlike karakters of gebeurtenisse gebruik om die aard van die wêreld en die mensdom voor te stel. Die moderne gebruik van "mitologie" verwys óf na die mites van 'n spesifieke kultuur (soos in Griekse mitologie, Noorse mitologie of Zulu mitologie) óf die studieveld handelend oor die versamel, studie en uitlê van mites.

    In die algemeen is mites verhale wat tradisioneel gebruik word as verduidelikings van die begin van die wêreld, natuurverskynsels, enigiets anders wat moeilik verklaarbaar is. Maar nie alle mites voldoen aan 'n verduidelikende rol nie, bv. 'n ander algemene doel is om die waardestelsel van 'n kultuur oor te dra. Mites is per definisie heilig en toon gewoonlik bonatuurlike of goddelike magte. Daar is gewoonlik 'n mengeling tussen mitologie en legendes - verhale om heldefigure en geskiedkundige gebeurtenisse - afhangende van die hoeveelheid bonatuurlike inhoud.

    In volksverhale, wat handel oor beide sekulêre en heilige verhale, verkry mites 'n gedeelte van hul invloed deur die feit dat daar in hulle geglo word. In die studie van volksverhale word daar erken dat alle heilige tradisies mites bevat, 'n erkenning waardeur geen skending plaasvind nie anders as wat sou gebeur in die algemene verstaning van wat 'n mite is.

    Die Génesis 2:4 verhaal is, anders as wat die sondagskool aan jong kindertjies leer, nie letterlik waar nie. Die aarde is nie voor die hemel geskape nie. Jahweh is nie die skepper van die hemel of die aarde nie. Adam is nie uit grond of stof gemaak nie. Eva was nie in haar vorige lewe 'n ribbebeen nie. 'n Slang was nie vroeër bedeeld met bene en spraak nie.

    Ek kan aan gepaste opskrifte vir die Gén.2:4 skeppingsverhaal dink, naamlik:

    Waarom seil 'n slang op sy pens?

    Waar kom geboortepyne vandaan?

    Waarom dra ons klere?

    Waarom moet ons werk vir 'n lewe?

    Alhoewel die verhaal nie letterlik waar is nie, is dit soos met enige ander mitologiese verhaal. Daar is elemente van die waarheid in die verhaal. Om by daardie waarhede uit te kom moet mens egter baie dieper delf as net die verhaal self.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Ons weet teen hierdie tyd dat Jahweh en Allah dieselfde God is. Daarom sal ons verwag dat die Koran die Jahweh skeppingsverhaal van Génesis 2:4 sal verkondig. Hier volg dit:

    Afdeling 2 Die Duiwel se Vyandskap teen die Mens

    19. O Adam, vertoef u en u vrou in die tuin, en eet waarvan u wil, maar nader nie hierdie boom nie, anders sal u tot die onregverdiges behoort.

    20. Maar die duiwel het hulle slegte ingewinge ingeblaas, naamlik dat hy aan hulle sou openbaar wat hulle verborge swakhede is, en hy het gesê: U Here het u hierdie boom verbied uit vrees dat u engele sal word of dat u onsterflik sal word.

    21 En hy het aan hulle altwee gesweer: Ek is vir julle waarlik ‘n opregte raadgewer.

    22 So het hy dan hulle ondergang deur bedrog veroorsaak. En toe hulle van die vrugte van die boom geëet het, het hulle skaamte vir hulle duidelik geword, en toe begin albei hulself bedek met die blare van die tuin. En hulle Here het na hulle geroep en gesê: Het ek julle daardie boom nie verbied nie, en het ek julle nie gesê dat die duiwel sekerlik julle openlike vyand is nie?

    23 Hulle het geantwoord: Ons Here, ons het onsself onreg aangedoen en as U ons nie vergewe en ons genade betoon nie, sal ons sekerlik verloorders wees.

    Uit die Koran
    Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die Koran die weergawe van die HERE/Jahweh se verhaal weergee. Natuurlik sal dit so wees. Die HERE staan onder die Islamiete bekend as Allah en onder die Jode as Jahweh.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    modern_document_hypothesis.png

    Dit bring ons by die skeppingsverhaal van Génesis 1:1 wat eeue later as die Genesis 2:4 verhaal gedokumenteer is. Génesis 1:1 klink só in Sarel Cilliers se Statenbijbel:

    1. INDEN 1a beginne 2 schiep Godt den 3 Hemel, ende de Aerde.
    'n Kantaantekening in die Statenbijbel van Sarel Cilliers lewer die volgende kommentaar ten opsigte van die God van Gén.1:1.

    2 Scheppen, is in dit capittel ende elders te seggen, yet voortreffelicks maken, ’t welck te vooren niet en was; het zy uyt niet, vers 1. oft uyt wat anders dat uyt niet geschapen was, als vers 21, 27. Van’t Hebr. woort Elohim, D. Godt, siet ond. ca. 20. op vers 13.
    Anders as in die Gén. 2:4 weergawe van die skepping waar die Hebreeuse stamgod, Jahweh aangewys word as die skepper, is die Skepper van die Gén. 1:1 verhaal die Elohim. Jahweh en die Elohim is nie dieselfde God nie.

    Die Skrywer van Génesis 1:1 tot Génesis 2:3 word aangedui as P op die bostaande diagram. P se verhaal staan bekend as die Priesterlike Dokument.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Die Priesterlike Dokument is vanaf ongeveer 587-539 vC geskryf. P se verhaal plaas God nie in direkte kontak met mense, soos in die Jahwehis se verhaal waar Jahweh vir Adam en Eva loop en soek nie.

    P is ook meer korrek in sy verwysing na God. Die Elohim is die relevante God in die voorgeskiedenis, El Shaddai gedurende die tyd van die patriarge en YHWH in die Moses era. Dit is bloot logies omdat die naam YHWH nie voor die episode van Moses en die brandende bos bekend was nie. Dit is hier waar die Jahwehis verhaal faal omdat hy Jahweh (YHWH) in die skeppingsverhaal plaas.

    Die Priesterlike weergawe van die skeppingsverhaal is natuurlik ook nie sonder foute nie. Hierdie skrywers het ook gedink dat die aarde plat is en dat die son om die aarde draai. Hulle het ook gepoog om iets te verduidelik wat hulle self nie verstaan nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Die mees opvallende verskil tussen die twee skeppingsverhale is dat die Priesterlike weergawe van Génesis 1 'n kosmiese God as Skepper beskryf, terwyl die Jahwehis 'n onvolmaakte "god van hierdie wêreld" aan die stuur van sake plaas.

    Jahweh word beskryf as 'n God wat voortdurend inmeng in die dag-tot-dag bestaan van sy onderdane. Amper soos 'n tiranieke hoofman oor sy stam.

    Jahweh het geen begeerte dat hy deur enigiemand anders as sy erfdeel (Israel) aanbid word nie. Inteendeel, Hy beskou almal wat nie Van Abraham afstam en besnede is nie, as die vyand van Hom en sy liefling stam.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Skeppingsverhale Ontleed

    Daar is verskeie apologete wat ter wille van hul eie behoud, verskonings aanvoer vir die ooglopend teenstrydige skeppingsverhale van Génesis 1:1 en 2:4. Die NG Kerk wat bely het dat hulle my vir 'n halfeeu ideologies mislei het, erken die ooglopende teenstrydighede in Génesis.

    Hier volg 'n verduideliking uit Die Bybel in Praktyk uitgegee deur CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY Posbus 1599, Vereeniging.


    • VERSKILLENDE SKEPPINGSVOLGORDE


    • Génesis 1 ------------------------Génesis 2

      Hemel en aarde (1:1) --------------- Aarde en hemel (2:4)
      Lig (1:3) --------------------------- ?
      Gewelf en skeiding van waters (1:6) - Benatting van die grond (2:6)
      Droė grond en plante (1:9,11)-------- Die mens (2:7)
      Ligdraers (1:14-16) ----------------- ?
      Voëls en visse (1:20-21) ------------ Bome en struike (2:9)
      Landdiere (1:24) Diere en voëls (2:19) - ?
      Die mens (man en vrou) (1:26)---- Die vrou (2:22)
    Nou dat die N G Kerk kerk van die HERE/Jahweh/Allah in Suid-Afrika die teenstrydighede erken het, rasionaliseer hy soos volg.

    Waarom hierdie verskille so naas mekaaar? Dis duidelik dat die Bybelskrywers dit nie as ‘n weerspreking beskou het nie. Génesis 2 is anders omdat die skeppingsvertelling hier ‘n ander doel moet dien. (Vergelyk ‘n soortgelyke herrangskikking van byvoorbeeld die versoekings in die Evangelies. Matt 4:1-11 lui; klippe in brood, spring af van die temple, neerval en aanbid. Luk 4:1-13 lui; klippe in brood, neerval en aanbid, spring af van die temple.) In Genesis 1 wil die Bybel iets omtrent God sê, daarom draai alles weer om die bevoorregte en verantwoordelike plek van die mens in die skepping. Bl. 10
    Die skrywers van Die Bybel in Praktyk poog om ons te oortuig dat die verskille onbenullig is. Die teenstrydighede word gerasionaliseer as sou iedere verhaal 'n ander doel moet dien.

    Dit is egter 'n verduideliking wat mens gewoonlik aan 'n kleuter sou verstrek. Waarom nie maar eerder erken dat dit twee verhale is, geskryf deur twee opponerende priesterdomme, om twee verskillende Gode te eer nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •