Hello Wendag

Ek het onlangs 'n belewenis gehad ek kan dit nie onder
'n droom of visioen plaas nie .. dit het meer gevoel of ek vir 'n paar oomblike 'n ander vrou was of miskien
was my gees tydelik in haar liggaam of so iets in ierdergeval hoe dit ookal was is dit soos volg:

Ek het opgelet dat die Vrou 'n beeldskone wese was blond van aansien en fyn en fraai ... maar ook kon ek ervaar
dat groot smart in haar hart was. Dan het ek bewus geword van nog 'n ander wese hy was manlik en het soos 'n heerser van iewers voorgekom. Ek het die Vrou hoor praat met die Heerser man en sy het hom gevra om 'n ander man vry te laat wat vir 'n baie lang tyd 'n gevangene was van die heerser man. Die heerser het ingestem maar haar mooi laat verstaan dat hulle moet weggaan van hom af of so iets kon dit nie mooi pluis nie. Sy het daarna net daar gestaan en wag vir die man wat gevange is. Haar gedagtes terwyl sy wag is as volg: Ek het hom so lanklaas gesien dat ek nie eers meer weet hoe hy lyk nie!

Ek kon nie die manlike wesens se gesigte sien nie ook nie eintlik die Vrou sin nie, net geweet hulle is manlik en vroulik die vrou het ek so wasige bleeld van gesien, die vrou en die heerser is nie gevange nie dus neem ek aan hulle is in Geestelike vorm, maar die ander man dink ek is gevange in die aarde. .. ek bly hierdie geestelike beeld van 'n sterk gespierde man sien wat oopgespalk is in die aarde se liggaam in die vorm van 'n X.

Nou wie is die man in die middel van die aarde ... Ek ervaar dat hy baie sterk en magtig is .. maar hy is nie sleg nie .. ek weet dat daar in die bybel iewers gepraat word van die satan wat daar is .... maar hierdie man is nie satan nie ... en hy gaan binnekort vry wees! En soos die Gees wat my leer my gewys het dat elke wese wat hier in die fisiese skepping is lewe en dat daar 'n gees in elke liggaam is. Die aarde lewe ook en as die Gees wat nou daar gevange is gaan vry kom van sy gevangenskap dan gaan die liggaam van die aarde mos doodgaan!!

Distruction wag vir die wat van Sy liggaam af moet lewe!!!

Het julle al gedink wat sal gebeur as die aarde sterf ... wel tyd dat julle dit moet begin bedink!!

Ek weet julle glo nie sommige of dalk als wat ek hier skryf nie. Maar die feit bly staan dat ek soos baie ander 'n boodskapper is elk het n unieke boodskap, myne gaan oor die fisiese skepping en die god wat dit gemaak het. Ek is nie die enigste een wat mense kom vertel dat die skepping besig is on te sterf nie. daar is bv die video oor youtube wat handel oor "The girl who silenced the world for 5 min." Sy het ook vertel van die verwoesting op haar eie kinderlike manier :-)

Ek hoop werklik elke keer wat ek hier skryf dat die Mens se o sal oopgaan ... hoop dat hulle sal SIEN !!!

Groete

Die Vrou