Die plasing van Dawie Roodt se skrywe op hierdie draad word gedoen om bepaalde redes. Enkele van dié redes is as volg:
- Die roof/aanval kan met enige iemand gebeur – skelms het nie voorkeure nie solank dit net vir hulle voordele inhou. Hierdie voordele kan finansieel, vergelding en selfs polities van aard wees.
- Dit is hoogs onwaarskynlik dat so ‘n roof/aanval sal plaasvind indien daar nie “binne” inligting beskikbaar is nie.
- Dié voorval beklemtoon weer die feit dat ‘n mens jou omgewing fyner moet waarneem en jou kom en gaan deurlopend afwissel. Geen roetine moet deurlopend gevolg word nie.
- Voor ‘n roof/aanval plaasvind word die huis en gewoontes van die inwoners lank gemonitor. Dit kan selfs langer as ‘n maand duur. Tydens hierdie tydperk word alle veranderinge en moonlike wysigings van rotienes aan die “waarnemers” deurgegee – binne inligting. Sou jy aandui dat jy die naweek weggaan, is dit waardevolle inligting vir ‘n rower.
- Die waarnemers deel die rowers mee hoe die huis binne lyk, waar die kluis is, of daar geld in is ensomeer. Hierdie inligting word aan die rowers bekend gemaak deur bepaalde tekens te pak. Gewoonlik is drie partye ter sprake. Die persoon wat die inligting verskaf (eintlik verkoop), die waarnemers en dan die rowers self. Die vergoeding van elke party word deur onderhandeling ooreengekom.
Sou Dawie Roodt bewus gewees het van hierdie werkwyse en net ‘n bietjie kennis gehad het oor hulle aanwending van “tekens” sou hy hierdie gebeurtenis maklik kon vermy. Om hierdie stelling te motiveer sal ek later die sluier oor hierdie onbekende werkwyse ietwat lig.
Die artikel van Dawie Roodt kan by die volgende skakel gelees word.
http://maroelamedia.co.za/blog/debat...-groter-vrees/
Groetnis.
Carel
Bookmarks