Jare gelede het ek gehoor van ‘n onderwyser by Mooirivier (KwaZulu-Natal) wat verkondig dat die aarde plat is. “Waaat?”, het ek gedink. “ is die persoon ‘n kandidaat vir die groendakkies?”.

Vandag dink ek ‘n bietjie anders oor dinge. Die “blik met wurms” het sowat ‘n week terug op my lessenaar beland deur middel van ‘n e-pos. Wetende wat die integriteit van die persoon is het ek geantwoord dat ek eers gaan lees wat die Bybel hieroor te sę het. Nie net het ek gaan lees nie maar ook op die volgende video afgekom waarvan die skakel hieronder aangedui word. Elk van die 40 verwysings in die video (daar is meer) na die aarde het ek gaan kontroleer – in die Ou Vertaling asook in die King James weergawe van die onderskeie bybels - elke verwysing binne sy bepaalde konteks. Wat ek gekry het was……

Kyk gerus na die video en dink bietjie daaroor na. Later doen ek enkele verdere plasings.

https://youtu.be/tuqqPS5z3uw


Carel