Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 16 of 16

Thread: LELIE - Fleur-de-lis

  1. #11
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Die Lelie vestig haar in die eerste wapen op Afrika bodem. Die wapen van die Kaap de Goede Hoop.

    Van nou af is die Wenkruis en die Lelie onlosmaaklik ingebind as geestelike simbole van die volk wat gebore sou word, die Boer.



  2. #12
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Hier volg 'n belangrike boodskap vir die wat ore het om te hoor. Die boodskap kom uit “Stem van ‘n Profeet” deur Adriaan Snyman

    Toe sien die Siener ‘n appel rol en toe die appel gaan lę, toe is dit ‘n pasgebore meisiekind. Namate ons vorder na ‘n republiek, groei die kind op, totdat sy groot is, ‘n selfstandige vrou (met ‘n bruin tabberd). Toe is hier, in die Unie, blomme op die geaardheid van een lelie (kleur geel blink) en toe trek hulle op in die lug in en toe lę een vrouw met bruin klere op haar zy. Toe staan sy op en loop. Toe kom daar een gedaante van ‘n mens en zeh: “Ons het geween, ween julle nou!”

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #13
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    The fleur-de-lis, also spelled fleur-de-lys, also called flower-de-luce stylized emblem or device much used in ornamentation and, particularly, in heraldry, long associated with the French crown. One legend identifies it as the lily given at his baptism to Clovis, king of the Franks (466–511), by the Virgin Mary.

    The lily was said to have sprung from the tears shed by Eve as she left Eden. From antiquity it has been the symbol of purity and was readily adopted.
    Die koppeling tussen die Lelie, Maria (Moeder van Christus) en Eva (Moeder van die Adamiete) is vir eeue algemeen aanvaar.

    Liefde groete.

    Die Ou Man


  4. #14
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    As ons daarop let hoe belangrik die swaard in Johanne von Arc se stryd was, moet ons miskien ook ons eie swaard gaan soek. Hoe en waar, sal elkeen vir homself bepaal.

    Daar was egter 'n "swaard" in Boere geledere. Daardie "swaard" was deur die Messias waardig genoeg geag vir sy boodskap.

    Johanna Brandt was die draer van die "swaard"

    Male Weapon Names, Armor Names,meaning, origin...

    Brandt: Norse name derived from the element brand "sword," itself a derivative of brinnan meaning "to flash." BRANDT: Variant of Anglo-Saxon Brand , meaning "sword."

    http://search.freefind.com/find.html...0&query=Brandt
    In eng Afrikaans sou ons Johanna Brandt kon vertaal na Johanna Swaard.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #15
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Die Lelie

    More Die Ou Man,

    Ek weet die draad is gesluit, Jy se daar dat jy later sou verduidelik oor die 13 getal (Die belangrike rol wat dit in die vrou se lewe gespeel het) Ek kry nie waar jy verduidelik nie sal waardeer as jy my uithelp!

    Dankie


    When informed on May 30, 1431 that she would face this form of death on that very same day, she tore at her hair and named the man she believed was responsible for engineering her betrayal. She faced the robed figure of Pierre Cauchon, who had instigated and fueled the trial’s proceedings and said, "Bishop, I die by you!"
    Terwyl sy besig was om te brand het, het sy keer op keer die naam van Christus uit die vlamme geskree.

    Johanne se laaste profesie het sy op die brandstapel bekend gemaak. Nadat sy almal vergewe het, het sy haar spyt uitgespreek dat die stad, Rouen uiteindelik ‘n prys sal betaal vir haar dood.

    Aan die einde van die Tweede Węreld Oorlog op 30 Mei 1944, is die plein, waar hulle haar verbrand het, die kerk en 9 500 huise vernietig in ‘n bombardement. Presies 513 jaar na haar dood op dieselfde datum.

    Die getal 13, het ‘n belangrike rol in Johanne se lewe gespeel. Ek sal later verduidelik waarom.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #16
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: LELIE - Fleur-de-lis

    Voor die Ou Testament van die jaloerse God in Europa bekend was, is die rolle tussen man en vrou min of meer as gelykes op verskillende terreine identifiseer.

    Die man se rol was een van jagter en verdediger van die gesin en gemeenskap en hierdie rol het hom vir aansienlike tye afwesig gelaat.

    Die vrou se rol was een van opvoeder, geneser en voedsel bereiding. In wese is die gemeenskapslewe deur die vroue onderneem en die hoof van die gemeenskap het bekend gestaan as die Wyse Vrou.

    Die Wyse Vrou en haar helpers was ook gemoeid met geneeskunde en die pligte van die vroedvrou. Om hierdie rede het hulle 'n grondige kennis van kruie, ander plante en die natuur gehad. Omdat hulle die voortplantingsiklus van die mens verstaan het as 'n natuurlike verskynsel, het hulle geen fase daarvan soos deur die priesters van die jaloerse God, as onrein en onmenswaardig beskou nie.

    Die vroedvroue het verstaan dat die 28 dae menstruele siklus van die vrou in verband staan tot die ooreenstemmende siklus van die maan. Daarom het hulle geglo dat die voortplanting van die mens gereguleer word deur die rotasie van die maan om die aarde.

    Daar bestaan argumente dat, voor die bestaan van kunsmatige lig, vroue sou ovuleer met volmaan en menstrueer met nuwemaan.

    Ons Germaanse voorouers op die Heide van Europa het hul bestaan ingevolge die maankalender reguleer. Beide die maankalender en die sonkalender bestaan uit 365 dae. Omdat die maan elke 28 dae om die aarde roteer, beteken dit dat die maankalender uit 13 maande bestaan. (365 / 28).

    Die 13de volmaan in ons kalender staan in Engels bekend as 'n "blue moon". Omdat die sinkronisasie tussen die maan- en sonkalender nie perfek is nie, vind ons dat nie alle jare 13 volmane bevat nie. Omdat 2009 14 volmane (2 blue moons) bevat het, is 2010 sonder 'n 13de volmaan. 2011, 2014 en 2017 sal ook nie die 13de "blue moon" bevat nie.

    Die simbool van die vrou in die antieke tye was die maan. Die rede daarvoor is ooglopend.

    Die getal van die maan is die syfer 13. Die rede daarvoor is ook ooglopend.

    Die simboliese getal van die vrou, met dertien menstruele siklusse gedurende die vier seisoene is, 13.

    Die Vrouemonument is ingewy gedurende 1913.

    In die antieke tye het die geestelikes na die vleeslike ligaam verwys as die "maanliggaam" vanwee die sinkronisasie van die voortplanting daarvan met die 13 siklusse van die maan.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •