Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 16

Thread: LELIE - Fleur-de-lis

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default LELIE - Fleur-de-lis

    Lees asb eers die WENKRUIS bespreking.
    Ek is laataand in Parys waar ek op my balkon kyk na die Eiffel toring wat elke uur, op die uur, in al sy glorie flikker terwyl sy lig al soekend oor Parys sirkel. Ek verstaan nou waarom die Wenkruis bo die kop van die Messias op die Basilique du Sacre Coeur, pryk.

    Môre gaan ek terug na die Berg van Martelare. Die Basilique du Sacre Coeur het nog nie sy volle verhaal vertel nie. Daarvan is ek oortuig.

    Liefde groete.

    Die Ou Man


  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Ek staan aan die voet van die Montmartre (Berg van Martelare). Die Mont Martre is die hoogste heuwel in Parys. Bo-op die heuwel is die manjifieke Basilique du Sacre Coeur, opgedra aan die “heilige hart van Christus.” Die Basilique du Sacre Coeur was die Franse se antwoord op hul gelofte aan God om Parys te spaar, gedurende 1817.

    Denis, die eerste apostel van die omgewing was hier onthoof op 9 Oktober, 258 nC. Denis is die eerste christelike martelaar van Frankryk.

    Ek stap die helling van trappe uit na die volgende vlak.

    Panorama_of_Paris_from_the_Sacre-Coeur_Basilica.jpg

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Ek staan en kyk na die beeld van Jeanne d’Arc op haar perd, met die veelbesproke swaard in haar hand. Op haar krygsperd se bors pryk die Lelie (fleur de lis). Regs van Jeanne is ‘n ewe groot beeld van Louis IV, algemeen bekend as die Sonkoning. Op sy skild is ‘n veld van lelies.

    Johanne, soos sy haar naam geskryf het, was ‘n boeredogter wat skape en beeste op die familieplaas opgepas het. Op die ouderdom van 13 het die engel Michel, met haar begin praat.

    Joan_of_Arc.jpg

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    "When I was thirteen, I had a voice from God to help me to govern myself. The first time, I was terrified. The voice came to me about noon: it was summer, and I was in my father’s garden. I had not fasted the day before. I heard the voice on my right hand, towards the church. There was a great light all about." (Jeanne d’Arc)
    "I vowed then to keep my virginity for as long as it should please God." (Jeanne d’Arc)
    "I saw it many times before I knew that it was Saint Michael. Afterwards he taught me and showed me such things that I knew it was he." (Jeanne d’Arc)
    Johanne verduidelik verder tydens haar verhoor aangaande haar ervaring met engel Michel.

    "He was not alone; but duly attended by heavenly angels. I saw them with the eyes of my body as well as I see you. And when they left me I wept, and wished that they might have taken me with them. And I kissed the ground where they had stood, to do them reverence." (Jeanne d’Arc)
    Die aardsengel Michael, of Michel soos hy aan Johanne bekend gestaan het, is die Krygsengel van God.

    Openbaring 12:7

    En daar het oorlog in die hemel gekom: Michael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Saint_Michael-Dragon_Slayer.jpg

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    The degree of human suffering seen in early fifteenth century France is comparable to that recorded in Biblical history. In completing her heroic mission, it is appropriate that Christian and medieval heraldic symbols dominate Jeanne d’Arc’s mystic legacy. These traditions bonded the people of France to their origins physically, emotionally and spiritually.

    When Saint Remy, another great orator, crowned Clovis after baptizing him as a Christian at Rheims Cathedral, three important metaphysical symbols emerged from this first coronation rite that would permanently link the French monarchy with the Catholic Church. First, Rheims would become the one and only sanctuary accepted by the people of France as that country’s legitimate coronation site.

    Second, a holy vial known as the Ampulla was (and is) kept in the Abbey of Rheims. It contains the sacre, (consecrated oil), that had sanctified every French coronation. First used to anoint Clovis, it had been delivered to Saint Remy, in the beak of a dove.

    The legend of the third symbol, the
    golden lilies of France or fleurs de lys, comes from Clovis. He had been a pagan until he reached desperation during a crisis. In the heat of battle, he prayed to the God of his Christian wife, Clotilda and won the fight, with his strength having been redoubled. Each of the crescents on his shield became mysteriously replaced by a golden lily (formed by three bound petals), representing the Trinity.

    From that point forward, the fleur de lys would be the symbol identified with the all the monarchs of France, with the Church, and would also become associated with Jeanne d’Arc’s crest and family name.
    The Mystic Legacy of Jeanne d’Arc by Marcia Quinn Noren.
    Ek verduidelik later die oorsprong van die lelie as simbool en die verbintenis daarvan met die Boer.

    Liefde groete.

    Die Ou Man


    Golden-Lilie.jpg

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    There has been a mysterious absence of attention given to an important detail that seems obviously relevant, as related to Jeanne d’Arc’s personal spiritual connection to the symbol of the fleur.
    Coat_of_Arms_of_Joan_of_Arc.pngOp die ouderdom van 17, terwyl die helfte van Frankryk onder Engelse bewind en beleg is, ry hierdie jong Franse boeremeisie te perd na Karel, die troonopvolger van Frankryk. Karel en sy hof het geweet dat die meisiekind op pad is en besluit om haar te toets. Hy trek toe aan soos een van sy howelinge. Johanne stap egter reguit na Karel en sę: “In die naam van God, jy is die koning.”

    Daarna het verdere toetse gekom. Johanne is deur Karel se skoonmoeder en ander ouer vroue van die hof, fisies ondersoek om vas te stel of sy ‘n maagd was. Sy was.

    Daarna het die kerk haar ondervrae om vas te stel of haar boodskap van God kom, of van Satan. Sy het daardie toets ook geslaag.

    Johanne het versoek dat Karel die bevel oor die leer aan haar oordra. Mens kan net dink hoe die generaals daarop moes reageer. Om hul gesag aan ‘n sewentien jaar oue, ongeletterde boeremeisie oor te dra, was ongehoord. Karel het egter wel die gesag van die leër aan Johanne oorgedra.

    Johanne word daarna toegerus met lyfpantser en ‘n swaard word aan haar gegee. Sy wys egter die swaard van die hand, want sy weet dat sy haar simbole reg moet kies. Johanne se simole het van God gekom. (Boer, jy moet jou oor nou fyn instel, want ons het ook simbole wat van God kom.)

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    In the month of April, La Pucelle prepared herself for war. She was guided to call for a specific sword that her voices said was buried behind an altar in the Church of Saint Catherine, in the city of Fierbois. She was told that it would be recognizable by its bearing five crosses. It was brought to her from that place having appeared miraculously;

    She would use it in leading her troops, blade pointed downward with the hilt elevated, to form a cross. During the assault, the Sword of Saint Catherine was not just a symbol. It received and struck blows. But in her testimony, Jeanne d’Arc testified that she had never taken a life with it.

    Her spiritual guides directed the design of her white battle standard. Over the field of
    golden fleur de lys, were sewn many religious images, symbols and names held sacred.

    Johanne se simbole was die swaard met die vyf kruise en die goue lelie.
    Die beeld van die 17-jarige Franse boeremeisie op haar perd, wat aan die voorpunt van haar leër, vreesloos op die vyand afstorm, met swaard omhoog, is vasgelę in die psige van die mensdom.

    Binne 4 maande verdryf Johanne die Engelse en plaas Karel op die troon van Frankryk. Hierdie gebeure word, soos Bloedrivier, vandag nog as ‘n aangrypende wonderwerk beskou.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Joan_Of_Arc-Sword_replica.jpg

  8. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    1429_Charles_VII_Annoblisant_Jeanne_Darc.jpgJohanne was twee keer in veldslae verwond. Nadat Karel as koning van Frankryk gekroon is, verhef hy die boeremeisie se status tot adelike, deur middel van die sertifikaat hieronder. Op Johanne se amptelike wapen pryk nou, die vyf kruise swaard, twee lelies en 'n kroon (ook met lelies).

    In hierdie stadium het Jehanne versoek om terug te gaan na haar huis, omdat haar taak afgehandel was. Sy is egter gedwing om aan verdere veldslagte deel te neem.

    Ek plaas ook Johanne se handtekening.

    Liefde groete.

    Die Ou Man


    Jeanne d'Arc

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    When informed on May 30, 1431 that she would face this form of death on that very same day, she tore at her hair and named the man she believed was responsible for engineering her betrayal. She faced the robed figure of Pierre Cauchon, who had instigated and fueled the trial’s proceedings and said, "Bishop, I die by you!"
    Joan_of_Arcs_Death_at_the_Stake.jpgTerwyl sy besig was om te brand het, het sy keer op keer die naam van Christus uit die vlamme geskree.

    Johanne se laaste profesie het sy op die brandstapel bekend gemaak. Nadat sy almal vergewe het, het sy haar spyt uitgespreek dat die stad, Rouen uiteindelik ‘n prys sal betaal vir haar dood.

    Aan die einde van die Tweede Węreld Oorlog op 30 Mei 1944, is die plein, waar hulle haar verbrand het, die kerk en 9 500 huise vernietig in ‘n bombardement. Presies 513 jaar na haar dood op dieselfde datum.

    Die getal 13, het ‘n belangrike rol in Johanne se lewe gespeel. Ek sal later verduidelik waarom.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Twintig jaar Johanne vermoor is, teken haar bejaarde moeder appel aan. Haar appel slaag en Johanne word van alle aanklagte waaraan sy voorheen skuldig bevind is, kwytgeskeld.

    Johanne is later deur Bennedictus XV tot heilige verklaar. Die sirkel is voltooi, want daar is weer 'n Benedictus op die pouslike troon.

    Johanne is nie die enigste gelowige wat vir haar geloof vermoor is nie.

    In March 1562 approximately 1,200 Huguenots were slaughtered in Vassy. And in August 1572, a further 8,000 Huguenots were massacred in the infamous attack at St Bartholomew's.
    Die Hugenote stap aan wal aan die suidpunt van Afrika. Hulle bring saam met hulle die lelie van Johanne aan wal.

    Die Lelie en die Wenkruis ontmoet aan die suidpunt van Afika.

    Die Wenkruis, patriargaal.

    Die Lelie, matriargaal.

    Ek plaas die Hugenote kruis.

    Liefde groete.

    Die Ou Man



Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •