Page 2 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 11 to 20 of 36

Thread: A: Jahweh of Satan?

  1. #11
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Die Witboek


    “Die slag van diere as bloedoffers is nóóit deur My of enige van my gemagtigde amptenare gelas nie.

    Die toewyding van Adamiete, Yęvahiete en van diere is gelas, sodat nuttige lewens deurgebring kon word in die diens van God … sodoende aan Hom gewy deur te werk vir My en my amptenare.

    Helaas!

    Die betekenis van die toewyding van lewe is verdraai tot dié van offers van die dood deur die seremoniële priesterdomme, wat nie geluister het na die stem van hul goddelike Een wat tot hulle gespreek het by monde van die profete nie, maar wat ‘n gewillige oor gehad het vir die skimpe van Satanaku, …”

    Uit Die Witboek. Bl. 229.

    Misverstande oor Moses en bloedoffers weens peutery en onkunde


    Wat betref die verfoeilike opdragte oor die noodsaak vir bloedoffers wat na bewering deur God aan Moses gegee is, sal julle sien hoe Satanaku, die vader van die leuens, die waarheid kón praat wanneer dit sy veragtelike doel gedien het.

    En hoe die rebelle Moses, die groot heilige van God, se rol as tussenganger wanvoorgestel en daarmee gepeuter het.

    Hulle wat vanweë hul leuens teenoor sekere geestelike tussengangers, wat nie goddelike profete was nie, veroorsaak het dat doodsoffers die tempel van God besoedel het.

    Uit Die Witboek. Bl. 230.
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #12
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Jahweh of Satan?

    DOM

    Uit bg. wil dit blyk dat die priesterdom heelwat invloed van die god van aarde/bloed/satan gehad het, toe hulle God probeer voorstel/skep het.

  3. #13
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Pionier, dit is presies wat die Profete (Ou Testament), die Christus (Nuwe Testament) sowel as die Witboek sę.

    Die Priesterdom het die opdragte van Satan in die Bybel vervleg met die opdragte van Jahweh. Inteendeel, Satan se bloedopdragte in die Bybel oorskadu die opdragte van Jahweh in so 'n mate dat Jahweh in die Bybel as 'n bose, wraaksugtige en geestelik onstabiele wese oorkom.

    Die onderskeid tussen Satan en Jahweh in die Bybel is nie swart en wit nie, maar grys.

    Die Witboek slaag egter daarin om die onderskeid tussen Jahweh en Satan duidelik uit te beeld, soos in my laaste pos hierbo aangedui.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #14
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Jahweh of Satan?

    DOM

    Dit bring my terug na die God deur mense geskep gesprek. Jahweh is dalk nie die bose wese wat dele van die OT Hom voorstel nie, maar dalk inderdaad die "manlike" deel van God?

    Groete
    Pionier

  5. #15
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    DOM

    Dit bring my terug na die God deur mense geskep gesprek. Jahweh is dalk nie die bose wese wat dele van die OT Hom voorstel nie, maar dalk inderdaad die "manlike" deel van God?

    Groete
    Pionier
    Jahweh was die aangestelde heer van die Hebreers, die verskillende priesters van hul onderskeie here se voorskrifte en instruksies is gekombineer onder die vaandel van Jahweh.
    Daarom word Jahweh voorgestel as die wese wat bloedoffers vereis, deur die afvallige priesterdom.
    Hierdie heer van die Hebreers was aangestel deur die Allerhoogste! (Deut 32) en is nie deel van die Godhoof nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  6. #16
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Jahweh is die God van Israel. Daaroor is Hy beslis.

    Jahweh is nie 'n Drie-Enige God nie. Hy is 'n enige HERE en daaroor is hy ook beslis.

    Jahweh het op geen stadium voorgegee om die God van enigiemand voor Abraham te wees nie. Daarom is Jahweh se verbond slegs van toepassing op Abraham en sy nasate.

    Die gelowe wat uit hierdie verbond ontstaan het, staan bekend as die Abrahamitiese gelowe. Dit sluit in:



    Die genoemde drie gelowe aanbid die God van Abraham onderskeidelik onder die name:


    Worldwide_percentage_of_Adherents_by_Religion.png

    Waar plaas dit Die Ou Man se geloof?

    Jahweh se verbond is nie op my van toepassing nie. Ek val ook nie onder sy priesterorde nie.

    My geloof en my verbond is met die God van Adam en Eva deur die ewige Priesterorde van Melgisédek.

    Kortom, ek behoort nie tot die Abrahamitiese geloof nie maar tot die Adamitiese geloof.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #17
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Hallo Julle,

    DOM, jou pos hierbo is ongelooflik korrek en op die man af! Ongetwyfeld so! As Adamiet kan ek nie anders as om bors uitstotend trots fier en regop te staan agter so 'n verduideliking van ons trotse herkoms nie! Welgedaan...

    Alle Eer aan ons Ouers in die Hoogste Hemele...

    groetnis
    knipmes

  8. #18
    Member witsybok's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    58
    Posts
    16
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Re: A: Jahweh of Satan?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    ?

    'n Ernstige implikasie van hierdie verwarring is dat Jahweh en Satan dalk dieselfde wese kan wees.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Ek sien U is nog steeds op die JaHWeH/Satan storie. Mag ek dan vra - waarvandaan kom die woord "HERE"? U weet seker die storie van Elijah en die baal priesters? Die woord "HERE" of in engels "LORD" het ook 'n bose betekenis. "Lord" beteken "Meester". Ons Hemelse Vader is nie 'n meester nie, HY is die Heilige Skepper! Vir my gaan geloof nie oor 'n naam nie. Ek sal eerder ons Heilige Skepper, VADER, noem as enige ander naam. Dit is vir my eenvoudig maar die beteken BAIE!

  9. #19
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: A: Jahweh of Satan?

    Quote Originally Posted by witsybok View Post
    ...Ek sal eerder ons Heilige Skepper, VADER, noem as enige ander naam...
    Witsybok, ons gaan akkoord oor die Titel VADER...

    Ek wil dit egter verder neem en soos volg dit voorstel, soos Die Witboek my herinner het...

    Vir my is daar baie "Here" of liewer "Hemelse Wesens" wat hierdie planeet besoek het in Hemelse vorm of hier stof getrap het in vleeslike vorm op een of ander tydstip, en dit sluit Die Christus in. Ek noem Hul almal "Here" of "Vader", en dit sluit in Vader Jahweh en selfs Vader Satanaku, maar bo-kant Hul almal in die hoogste Hemele staan "Die Allerhoogste" of soos Jesus na Hom verwys het as Sy Vader, wat ook vir my as Wedergebore Adamiet Vader is, genaamd Vader-Koning Ad-am en Moeder-Koning Ev-am, en slegs bo-kant Hulle is ons enige Godhoof, God die Vader, God die Moeder en God die Seun, wat saam bekend staan as God. Jesus se God en dus ook my God...

    Almal wil die ewige lewe be-erwe, maar wanneer ek uiteindelik na hierdie aardse siele-tog aan die 'anderkant" kom, gaan ek beslis ontdek dat ek deel vorm van 'n baie baie groter struktuur as hierdie aardse klein opset. Ek gaan presies weet waar ek in die pikorde van die Hemele staan, en as kindjie het ek baie Vaders wat tussen my en Godhoof staan in die ewige proses van verheerliking en groei. Ek bid elke oomblik van elke lewende stap in die stof in hierdie lewe, soms praat ek hard met Vader Satanaku en Sy helpers waar ek versoek worre, meestal praat ek graag met Vader Jesus, baie met Vader Ad-am, maar veral bid ek soos Vader Jesus en selfs Sy Vader Ad-am, tot ons almal se Vader en Moeder genaamd God, want dis by Hulle wat ek Wysheid, Liefde en Krag kry om elke oomblik aartappels te plant...

    groetnis
    knipmes

  10. #20
    Member witsybok's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    58
    Posts
    16
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Re: Jahweh of Satan?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    In die Ou Testament
    Die Duiwel het 'n groot hand in die opstel van Bybel gehad. Dit is 'n tragiese dag om dit te erken, maar iewers moet die kaf van die koring geskei word.
    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Onthou jy my slang storie? Die duiwel het natuurlik 'n hand in alles gehad, van die heel begin af!!!!

Similar Threads

  1. Is Satan really a fallen angel or Lucifer?
    By Bee777 in forum Besprekings
    Replies: 4
    Last Post: 15th May 2019, 12:06
  2. Jahweh = Allah
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 6
    Last Post: 25th May 2011, 17:32
  3. B: Elohim of Jahweh
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 49
    Last Post: 3rd December 2010, 18:47
  4. About Satan Early history: 300 BCE to 100 CE
    By Stefanus in forum Christianity
    Replies: 0
    Last Post: 12th October 2009, 22:46
  5. Jahweh, die Allah van Abraham
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 31
    Last Post: 14th January 2008, 07:55

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •