Neem in ag dat Alfred Fleischer bloot 'n kleuter in 'n vet lyfie is.

Dit is waarom hy alles in kleur vetkryt skryf. Hoe meer die kleure en hoe vetter die letters, hoe meer sin maak dit. Dit is hoe sy koppie werk.

Hy was op skool geboelie en nou is dit sy beurt om almal teenoor wie hy minderwaardig voel, terug te boelie met sy kleur potlode.

As jy 'n opgevoede en intellektuele gesprek met hom wil aanknoop, gaan jy lank wag. Al wat hy kan doen is om jou weergawe met sy vetkryte in te kleur en dan sinneloos daarop te brabbel.

In wese is hy 'n baie eensame mens en hy is terdeŽ bewus van sy gebreke. Al die geswets en laster is maar bloot sy sielkundige meganisme om hom beter te laat voel oor homself. En dit is hoofsaaklike te wyte aan die feit dat hy weet dat sy optrede ander mense walg.

Wanneer daar verwys word na sy intellektuele kapasiteit, is hy vinnig om daarop te sinspeel dat Siener ook nie kon skryf nie, dws ook bietjie dommerig was. Hy huldig die wanopvatting dat 'n mens onsuksesvol, arm en dom moet wees om 'n groot leier te word. Die stomme man koester groot aspirasies.

Dit help nie om hom te veroordeel nie, want dit is nie sy skuld nie. Dit is hoe hy is en hy self kan niks daaraan doen nie.

Beskou hom bloot as 'n onbeholpe komediant.

Liefde groete.

Die Ou Man