Wie is dié ‘oppergesag’ nou?


ANB NUUSBRIEF

Een van die argumente waarmee baie Afrikaners mislei is tydens die destydse onderhandelingsproses tussen die ANC en die NP, voordat die Afrikaner se land aan die Swart Kommuniste oorhan-dig is, was dat die "oppergesag van die reg" verskans en onaan-tasbaar sou wees in die grondwet.

Daar is gesê dat die nuwe Suid-Afrika 'n sogenaamde "regstaat" sou wees en dat hierdie feit gemoedsrus vir Blankes kan bring, omdat die burgers van die land hulle altyd op die howe sal kan beroep as dinge skeefloop in die parlement en ander plekke waar wette gemaak word.

Vandag, byna 20 jaar in die realiteit van die kommunistiese ANC regime, kan enige nugter denkende Afrikaner vir homself sien dat dié praatjies maar net nog een van die slaprieme is waarmee die Afrikaners gevang is.

Op papier is die land dalk 'n regstaat, maar in praktyk lyk dinge effens anders. Die rede hiervoor is baie eenvoudig, want ons as Afrikanernasionaliste het hierdie argument reeds dekades lank by die vergiftigde denkvermoë van die liberaliste probeer tuisbring. Die rede waarom Suid-Afrika as sogenaamde "regstaat" misluk, is omdat al die land se burgers nie in staat is om op dieselfde golflengte te opereer as dit kom by hierdie saak nie. Dis 'n kultuur-saak, want in elke kultuur is daar 'n ander manier waarop reg engeregtigheid geïnterpreteer word. As die demografie van die reg-bank dus begin lyk soos die demografie van die land, is dit logiesdat een groep tevrede sal wees en die res erg gefrustreer sal worddeur die saak, want weens hul kulturele agtergrond dink die landse inwoners nie dieselfde oor hierdie belangrike saak nie.

Die ANC het dit hul taak gemaak om die regbank te "suiwer" van Blankes, en veral van Afrikaners. Daarom is dit logies dat daar ook konflik sal kom tussen die verskillende groepe in die land oor die wyse waarop die reg tans misbruik word om die ram-pokkerbende wat oor ons regeer, te beskerm.

Die geval van die skorsing van advokaat Glynnis Breytenbach, 'n senior aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), en haar gevolglike stryd om nie afgedank te word nie, illustreer baie duidelik ons huidige dilemma. Die uitslag van die sogenaamde tugverhoor teen haar het bewys dat daar absoluut geen gronde was om haar eerstens aan te kla nie, maar dat dit alleen 'n metode was om eerstens tyd te wen vir sekere persone om hul skuiwe op die skaakbord van die openbare lewe in Suid-Afrika te maak, en tweedens om van haar ontslae te raak, omdat sy nie deel wou hê aan die korrupte smet van die regime se stelsel, wat besig is om alles en almal in die stelsel te verlam nie.

As die saak teen Breytenbach egter van nader beskou word, blyk dit dat sy die mag – en die moed – gehad het om 'n hele paar kan-netjies vol wurms oop te maak met die vervolging van korrupte soustreinryers, wat byna almal weer bande het met die land se president, Jacob Zuma! Hierdie voorbeeld van Glynnis Breytenbach is weer 'n duidelike bewys dat daar absoluut geen beginselredes is waarom die ANC die regbank en alle verwante departemente wat verbonde is aan ons regstelsel wil omdop en dit dan wil hervul met soutreiryers enkamerade van die regime, of die president se kliek nie. Voeg hierby nog die korruptheid van die ander deel van die reg-stelsel, die gereg of die polisie, en dit word duidelik dat ons uit-gelewer is aan 'n stelsel wat besig is om ons erfenis van beskaafde en regverdige norme te vernietig. Ons is uitgelewer aan 'n ram-pokkerbende wat daarop uit is om hierdie land te regeer soos die mafia regeer in die skemerwêreld van misdaad.

Regstaat? Neewat! Polisiestaat in diens van die ANC-regime? Ja, dít klink mos meer na die ware Jacob.



Kleinfontein

Kleinfontein is 'n ontwikkelende dorpie oos van Pretoria en net suid van Cullinan en Rayton, waar Blanke Afrikaners sedert 1994 stelselmatig vir hulself 'n tuiste geskep het.

Hoewel baie Afrikaners wat daar woon elders hul brood verdien is daar ook afgetredenes en mense wat hul daaglikse brood in Kleinfontein self verdien.

Die model waarop Kleinfontein ontwikkel, bestuur en uitgebou word herinner sterk aan dié van Orania daar op die wal van die Oranjerivier in die Noord-Kaap.

Kleinfontein was egter onlangs in die nuus toe daar weens meer as een rede skielik 'n openbare belangstelling in dié rustige dorpie gekom het. Met die DA-jeug aan die voorpunt is die rus en vrede op Kleinfontein onderbreek, omdat Kleinfontein se groot sonde glo hul rassisme is. Net omdat hierdie klein Afrikanergemeenskap binne verskeie verskanste regsbegrippe in die ANC-regime se grondwet hulself van die res van die bevolking van die land afson-der, moes hulle natuurlik as boos en sleg gebrandmerk word deur die onverdraagsaamheid van die liberalisme.

Die ANC het daarna self die saak ondersoek en die Swart ANC-burgemeester van Pretoria het daarop aangedring om in Klein-fontein ontvang te word.

Hierdie episode sou, soos Mandela se destydse besoek aan Orania sowat 20 jaar gelede, nie so merkwaardig en waarskynlik polities betekenisvol gewees het nie as dit nie was dat verskeie agendas van groeperinge in die openbare lewe van die Afrikaner daarmee in die kollig geplaas is nie.

Dit het eerstens gewys dat die VF Plus, wat in 1994 kort voor die verkiesing gestig is as 'n party met die hoofsaaklike doel om vir die Afrikaner 'n "volkstaat" te beding, nie langer belangstel aan dié politieke foefie nie. In hulle eie woorde het die VF Plus destyds die eer aan hulle laat toekom vir die sogenaamde "ver-skansing" van die begrip van selfbeskikking in die grondwet. Tydens hierdie afgelope debat oor Kleinfontein het die VF Plus geskitter in hul afwesigheid. Waar is hul volkstaat drome dus nou? Intussen het ons almal geweet dat die ANC daardie klousules terwille van korttermyn gewin in die grondwet geplaas het, maar dat dit nie die papier werd is waarop dit gedruk staan nie. Die histerie oor Kleinfontein en die ANC se reaksie daarop is seker die duide-likste bewys dat hulle nooit sal toelaat dat die Afrikaner op enige wyse onafhanklikheid en selfbeskikking sal kry terwyl hulle nog hierdie land regeer nie.

Ook die gebrek aan optrede van die nuutste Afrikaner foefie, die Verteenwoordigende Volksraad, wat twee jaar gelede met groot fan-fare verkies en ingesweer is, spreek boekdele. Hierdie mense het die Afrikanervolk laat verstaan dat hulle met die ANC en die VVO gaan praat oor die Afrikanervolk se regte ten opsigte van self-beskikking en as hulle nié regkom nie sou hulle by implikasie geen ander keuse gehad het as om oorlog te verklaar teen die huidige regime in Suid-Afrika nie.

Die Kleinfontein-episode het nou finaal bewys dat die ANC regime nooit sal toelaat dat Afrikaners op enige skaal binne die grense van Suid-Afrika volkome selfbeskikking kry nie. So, die logiese volgende vraag is dus nou: Wanneer en waar word die eerste skote in die VVK se “oorlog” geskiet?