Results 1 to 3 of 3

Thread: Siener Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg

  1. #1
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Siener Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg

    Nag van die lang messe

    Gert Strydom





    Nag van die lang messe

    Mense glo nou dat as iemand
    soos Eugene Terreblance
    so wreedaardig vermoor kon word
    dit vir elke blanke wag
    en dat swartes jeuk
    om te roof, in stukke te kap
    en blankes te onteer
    en vrouens te verkrag
    en dat die regering dit propageer.

    Daar word gedink
    dat plase en huise
    op dieselfde manier
    as in Zimbabwe met geweld
    gesteel gaan word
    en talle mense wil nou
    weg na die buiteland toe vort
    om nie hier verarm te word
    om in ‘n plakkerskamp te moet bly.

    l’Envoi
    Vriende en geliefdes van my
    wil die nag van die lang messe vermy
    wat hulle uit die geskrifte
    van siener Van Rensburg kry
    maar nog is die Een
    wat by Bloedrivier kon red aan my sy.

  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Siener Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg

    ‘n Kort skets oor siener Van Rensburg

    Gert Strydom




    My gedig “Nag van die lang messe” het negatiewe kommentaar oor siener Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg uitgelok en ek skryf hierdie artikel, met alle respek en meen dat die meeste mense nie werklik kennis van hierdie merkwaardige, godsdienstige en nederige man dra nie.

    Hy is op die plaas Rietkuil naby Ottosdal gebore op 30 Augustus 1862 en het gesterf op 11 Maart 1926. Hy was deur die boere beskou as ‘n Godgewe profeet wat meer as sewe honderd visioene gehad het en hy kon sommige visioene korrek uitlę en ander nie verklaar nie. Beide Generaals Christiaan De Wet en Koos De La Rey het hom dikwels geraadpleeg.

    Sy moeder het vir hom van kleins af uit die Bybel gelees. Selfs as kind toe hy ‘n skaapwagter was het hy die Bybel saam veld toe gevat en dit daar bestudeer. Deur sy kennis van die Bybel was hy reeds op een en twintig jarige leeftyd as ‘n ouderling aangestel.

    Hy het boere wonings sien brand en Boere vroue en kinders wat vermoor word. Sy waarskuwings aan Boere kommandos het letterlik bewaarheid geword.

    Reeds in 1914 het hy ‘n węreld oorlog voorspel en het ook die rebellie in 1914 voorspel, asook die griep epidemie van 1918. Het selfs na Lichtenburg gereis om Generaal De La Rey te waarsku, voordat hy geskiet is. (1)

    Frik Pretorius meen dat die meeste van Siener Van Rensburg se visioene nog nie in vervulling gegaan het nie. Pretorius meen dat van siener Van Rensburg se visioene te make het met die val van Europese regerings en met die stryd tussen hedendaagse Islam en die VSA.

    Ds. Andrč Van Den Berg meen ook dat die huidige en pas afgelope gebeure in Zimbabwe duidelik deur siener Van Rensburg voorspel is. Hy stel dit ook omonwonde dat siener Van Rensburg ‘n profeet van God was. (2)

    Burgeroorlog word na die dood van ‘n bekende leier beskryf (3) , waar die nag van die lang messe deur sekere mense aan Johanna Brandt se voorspellings toegeskryf word en deur ander aan siener Van Rensburg. Dit word in verband gebring met die voorspelling soos bespreek in voetnota (3).

    Oupa Krause se vertelling van ‘n voorspelling van siener Van Rensburg uit die argiewe van die Ossewa Brandwag, laat mens se hare rys deur ‘n moontlike węreld oorlog wat kom. (4)

    Daar word selfs beweer dat siener Van Rensburg voorspel het dat Koeberg kragsentrale gaan opblaas en as mens na die swak instandhouding kyk wat reeds krag onderbrekings veroorsaak het, wonder mens hieroor. (5)
    Baie van die visioene was deur sy dogter Anna Badenhorst opgeteken en die visioene word in die Lichtenburg Museum bewaar, en is beskikbaar as bronnepublikasie.

    Daar is vele voorspellings wat hierdie kort skets nie dek nie, maar in my oë bly siener Van Rensburg ‘n uiters merkwaardige man, wat geglo het dat sy voorspellings van God afkomstig is.

    Afgesien daarvan of die voorspelling oor die nag van die lang messe korrek is of nie (en soortgelyk met die Oupa Krause verhaal), is die Here wat ek dien die Een wat my eie voorsate by Bloedrivier gered het en nog Sy hand oor my en ons hou, soos wat ek in die slot reëls van my gedig “Nag van die lang messe” meld.



    Voetnotas:

    1. “Hy het persoonlik na Lichtenburg gereis om die ou generaal te kom besoek en te waarsku. In hierdie visioen het hy onder meer die nommer "15", die generaal sonder sy hoed, baie blomme, ‘n lamferdoek oor Lichtenburg, ‘n groot skare mense, en vlae wat halfmas hang, gesien” De la Rey, Lion of the West - J. Meintjies P. 320 – 324
    2. “In 1 Sam 28 bid Saul op die vooraand van 'n oorlog teen die Filistyne dat God vir hom die uitslag vooraf bekend moet maak. As gevolg van sy afvalligheid het God hom nie geantwoord nie, waarna hy hom tot die heks van Endor gewend het. Saul het dus geweet op watter twee maniere toekomskennis bekom kon word - of deur God of deur die Satan. Deur wie se mag het Siener in die toekoms gesien? Deur die van God. Hy het nooit met enige bose mag omgegaan nie. Hy was 'n diep gelowige en kon sy voorkennis derhalwe van niemand anders as God ontvang het nie....”
    3. “'n Bekende leier sterf en 'n revolusie onstaan in Suid Afrika. 4 April 1915:Ek sien 'n doodskis wat in 'n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom. Nakende mense verskyn. Ek sit by 'n tafel en ek breek die tert deur. Dis donker, maar silwer letters verskyn op 'n blink plaat. (Dit is die visioen). Met die begrafnis van hierdie baie belangrike persoon, sal daar nie net ongekende geweld in die land losbars nie, maar ook 'n volskaalse burgeroorlog uitbreek (een groot vuur wat voor uitkom). Die Boerevolk sal dan nakend, gestroop van alles wees, en in baie groot benoudheid verkeer.”
    4. “Gedurende 1942/43 het ene Oupa Krause 'n byna ongelooflike beskrywing van die Siener se visioene oor die uitbreek van 'n toekomstige węreldoorlog aan mnr. E.L. Brits meegedeel terwyl hulle saam in die interneringskamp in Koffiefontein was. Sy vertelling van daardie vernietigende oorlog lees byna soos die ooggetuieverslag van 'n joernalis wat self die verskillende veldslae meegemaak het, en onderstaande is 'n effens verkorte weergawe van Oupa Krause se vertelling wat afkomstig is uit die argief van die Ossewa- Brandwag (my beklemtoning): Ons gevare is groot, ons vyande legio en sterk en ryk. Hulle gebruik ons land se rykdomme teen ons. Die Engelse, die Jode en die jingo's. Hulle hits die Indiërs en basters en swartes op teen ons. Selfs 'n deel van die polisie en die leer gaan teen ons om ons te probeer onder te bring. In Engeland word alles in die geheim vooraf gereël tussen daardie regering en die leiers hier, om op 'n gegewe tyd en moment, hulle troepe hierheen te stuur om hulle hier te help teen ons. Hulle sit lank voor die tyd daar klaar en wag om op te tree teen die Boer en sy regering. Hier kom 'n revolusie en baie van ons sal deur hulle doodgemaak word. Ons sal onsself teen hulle moet verdedig en al wat ' n Afrikaners is, sal moet bymekaarstaan om onsself van ondergang te red.
    Hulle (sal) in die geheim klaarmaak om weer die baasskap met opstand en geweld in die hande te kry. Daarom dan dat die Britse troepe in die geheim na ons hawens kom om hulle te help teen ons. Ons leër sal in twee breek. Ons mense sal van hulle uitgaan, maar hulle sal met alles bly sit. Die Engelse is baie doelbewus en hulle spioene is oral. Daar is baie mense in die land wat beweer dat hulle groot nasionaliste maar hulle is dit nie. So sal dit ook in die Polisiemag wees. Ons vyande sal baie versigtig in die geheim vergaderings hou, ook wapens en ammunisie van Engeland en ander lande heimlik invoer, en oral by hulle geheime vergader en opslagplekke wegsteek. Wanneer hulle klaar is, sal hulle ook die swartes en gekleurdes uitnooi en aanhits om deel te neem aan die opstand wat hulle dan sal begin. Dit sal 'n revolusie wees en ons vrouens en kinders sal in die grootste gevaar verkeer. Alhoewel dit vir ons baie donker gaan word, sal ons vyande nie daarin slaag om ons geheel en al ten onder te rig nie. Alle moontlike en verdagte leëroffisiere word gevang en vervang met jingo's. Daar vind iets plaas waarmee hulle nie rekening gehou het nie, en dit bring 'n einde aan hulle heerskappy en bedrywighede vir goed. Hier sal selfs ook VSA troepe wees om te probeer keer dat die Engelse nie heeltemal in hulle doel sal slaag nie. Dit lyk of hulle weer van ons Boere gaan interneer, maar die kamp is anders as 1939-1945. Hulle vervoer ons na 'n ander land, vermoedelik Australië, en daar word ons deur Japannese leër-offisiere aangehou en hulle is bly om te verneem dat ons Boere is. Net soos in die vorige oorlog word ons troepe weer na die noorde gestuur, maar hulle is die keer nog minder eensgesind. Daar kom wrywing tussen die Engels en Afrikaans sprekendes en in onderlinge gevegte word baie doodgeskiet. Daar kom 'n hindernis voor ons troepe. VSA troepe wat alreeds die Engelse in die Noorde uitgewis het, keer ons leër voor. Ons troepe word ontwapen en geskei. Die Engelssprekendes word daar gevange gehou, maar die Afrikaanssprekendes word huis toe gestuur, en hulle kom hier sonder wapens aan.”
    5. “'n Veel groter ramp as kragstasies wat opblaas, het die Boere profeet egter op 13 September 1914 gesien. Hy beskryf dit so: "Die donker sak toe en daar is net lig in twee dorpe. Toe sien ek 'n groot enjin waarby rook uitkom, toe trek dit op die berge en toe kom mense oor die kaal węreld.
    Ek sien 'n dorp waarvan die huise niks word nie. Ons mense kom op.
    Ek sien ' n groot rooi bul met halflang horings en by horn is rooi beeste wat baie kwaai is... dit is so DONKER DAT EK MY PERD SE MAANHARE NIE KAN SIEN NIE. Die węreld is swart afgebrand. Hoe verder ek gaan hoe warmer word die gloed in my gesig... Hierdie gesig beskryf 'n ontsaglike ontploffing wat plaasvind, en direk die oorsaak is van 'n landswye krag onderbreking wat gaan voorkom in dieselfde tyd wat die Boer volk se laaste oorlewingstryd gevoer word. Dit lyk of daar 'n hewige ontploffing by Koeberg kan wees en dat alles in die omgewing deur bestraling vernietig sal word (die węreld is kaal en die huise gaan tot niet).”



    Bronnelys:
    Profeet en Krygsman - S. Botha
    De la Rey, Lion of the West - J. Meintjies
    Siener van Rensburg - profeet of waarsęer - Wat is die Waarheid? – Frik Pretorius
    Boodskapper van God - Adriaan Snyman
    SIENER VAN RENSBURG - Andre van den Berg

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Siener Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg

    Siener van Rensburg [2]

    Gert Strydom




    Die opspraakwekkende boek Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius (‘n gewese lid van nasionale intelligensie) se slot hoofstuk het ‘n baie interessante uiteensetting van Siener van Rensburg se eindtyd voorspellings vir die Afrikaner nasie wat hy gedurende die rebellie van 1914 gemaak het. Daar word gemeen dat daar drie fases is waardeur die Afrikaner nasie moet gaan naamlik militęr (1) , politiek (2) en leiding deur ‘n geestelike leier (3) voordat die Afrikaner self ‘n eie onafhanklike republiek gaan hę. Hierdie scenario mag vir ons nogal na vergesog, amper onmoontlik lyk, maar as mens daaraan dink dat VIGS sterftes mettertyd eksopnentieël toeneem (4) (5), waar mense deur kulturele en sosiale redes vrylik met mekaar omgaan, waar morele waardes ontbreek, kan daar ‘n tyd kom waar die besem wat siener voorspel het (wat ek reeds voorheen in ‘n gedig of twee aangehaal het) feitlik die hele Afrika skoon vee. Nogtans waarsku siener dat swaar tye gaan kom waarin die Afrikaner met ‘n finale oorlewing stryd besig is en dit selfs sal lyk asof dinge duister sonder uitkoms is. (6)


    Voetnotas:

    (1) “Ten eerste was daar die militęre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het – gedurende hierdie tydperk is elke bedreiging of konflik waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die siener op Upington aan genl. Jan Kemp gesę: “Ons (die Afrikaner) se werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak...” Daarmee het die militęre fase tot ‘n einde gekom en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot sou ook nie weer in groot getalle die wapen opneem voordat sy laaste vryheidstryd aanbreek nie.” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius.

    (2) “Die politieke fase het gestrek vanaf 1914 tot met die 1994-verkiesing toe dit finaal afgesluit is. Hierna sę die siener dat selfs die eens magtige nasionale party van die toneel verdwyn, en sal daar nie ook weer ‘n algemene verkiesing plaasvind nie (waar die Afrikaner ‘n verskil in kan maak nie), want hy sien hoe ‘n swart regering die regeer mag oorneem en oor sy volk heers totdat daar ‘n Blanke geestelike leier op die toneel verskyn om die verdeelde Afrikaner volk weer bymekaar te bring.” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius Libanon Uitgewers. 1996 Mosselbaai. P327.

    (3) “Hierdie geestelike leier verteenwoordig ook die derde en laaste fase voordat die Afrikanervolk ‘n vrye en onafhanklike republiek gaan kry.” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius.

    (4) “Vigs as ‘n oorwegende faktor die swart bevolking se dominansie gaan stuit.” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius.

    (5) “Die erns van VIGS word tot ‘n groot mate onderskat. Daar moet onthou word dat mense nie aan VIGS sodanig te sterwe kom nie, maar as gevolg van bekende siektes soos tuberkulose, ander longkwale, kanker ens.” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius.

    (6) “Die publikasie van siener se gesigte so kort na De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak, was geen toeval of ‘n voorafbepaalde regse slenter nie, want siener het al in 1916 voorspel dat eendag wanneer die Afrikaner sy vryheid verloor, onder ‘n swart regering staan en sy finale oorlewing stryd begin sal die siener weer in die nuus wees...Maar Nicolaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republiek se koms voorafgegaan sal word deur ‘n donker tyd waarin jy nie jou hand voor jou kan sien nie...Hy het net so aan sy vriend, Boy Mussmann beskryf: “Ek sien ‘n emmer bloed in die noorde (Pretoria, Johannesburg (Gauteng) en die Vaaldriehoek) omval – dit beteken groot geweld waarin honderde sal sterf. Hy het ook beskryf dat hierdie geweld so skielik en onverwags gaan losbars, dat duisende blanke vrouens halsoorkop en verskrik op die vlug gaan slaan... Die “donker tyd” sal ook saamval met die grootste staking in die land, het die siener voorspel: “Dan sal daar wanneer die staking begin groot moeilikheid wees met. (anderskleuriges). Behalwe ook vir groot moeilikhede oorsee (rasse-konflik en burgeroorloë.) In verband met die moeilikhede met (anderskleuriges) het ek gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om vensters toe te maak nie. Die gordyne waai na buite. Tog het oom Nicolaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, want hy het gesę hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder ‘n pennie skuld en sonder dat ‘n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sę hy daar gaan ‘n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sę hy weer daar gaan nie ‘n druppel bloed gestort word nie, het siener geantwoord: “ Maar ek het mos gewaarsku dit sal wees soos ‘n Tweede Bloedrevier... van almal wat binne die Laer is... sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val.” En toe ‘n vriend van hom wou weet waar die volk dan die keer gaan Laer trek, was oom Nicolaas se antwoord: “Nee, julle gaan nie weer Laer trek soos by Bloedrivier nie, want die ding werk so: almal wie se hart reg is, wat nie meedoen aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle in die Laer is...in Gods beskermende hand. Maar julle gaan nog daar by Prieska saamtrek om ‘n eie president te kies...” Volksverraad deur Advokaat PJ Pretorius.

Similar Threads

  1. Siener en Brandt se Nuwe Geloof
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 17
    Last Post: 23rd December 2011, 22:11
  2. Maria Magdalena - Johannes - Jesus se vrou?
    By Stefanus in forum Artikels uit die media
    Replies: 0
    Last Post: 28th August 2011, 22:26
  3. Die Vrouw in siener se visioene!
    By Die Vrou in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 0
    Last Post: 27th October 2010, 09:35
  4. Siener van Rensburg
    By Stefanus in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 16th April 2010, 17:05
  5. Johannes die Doper
    By marline in forum Besprekings
    Replies: 4
    Last Post: 8th March 2009, 17:13

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •