Results 1 to 7 of 7

Thread: Nordika

  1. #1

    Default Nordika

    Aangename kennis, ek is ‘n leser op hierdie webtuiste. Ek is ‘n meisie en op die oomlik in matriek, en sukkel om aangeneem en voorgestel te word deur die kerk omdat ek glo soos die ou man. Ek kry al my kennis van hierdie webtuiste af, en vra die kerk elke keer vas met die vrae van die ou man.

    Ek gaan môre vir die derde keer iemand van die kerk ontmoet, en my storie oor vertel. Dit is ook nou al so dat die kerk met twee geleenthede, verskillende mense vir my gestuur het om my “op die regte pad te lei”. Ek is nou al so moeg hiervoor, maar ek sal aanhou tot ek dit in hul koppe kry. Met elke geleentheid stuur hulle ook vir my mense wat skaars hul Bybel ken, en om eerlik te wees het ek ook van niks gweet, tot kort voor lank.

    Hulle loop heeltyd in die leeu se bek, en ek is seker daarvan dat môre presies dieselfde storie gaan wees. Hierdie keer gaan ek net nie weer vir die persoon verduidelik nie, ek het al van tevore met hom hieroor gesels, en hy wou niks weet, sonder enige antwoorde. Ek gaan die keer reguit vra: Is julle saam my, of nie? Indien nie, was ek ten minste nie die een wat eerste ‘n klip gegooi het nie.

    Groete

    Nordika

  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    55
    Posts
    1,323
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    10

    Default Re: Nordika

    Welkom hier by ons Nordika.

    Sterkte met jou taak môre!

    Liefdegroete,
    Stefanus

  3. #3

    Default Re: Nordika

    Goeie naand

    Ek het vroeer vanaand met 'n persoon van die kerk gepraat oor my aanneming en voorstelling. Hy voel dat ek nie reg is om beleidenis af te le nie, maar hoe meer ek hom probeer oortuig dat ek wel reg is, hoe meer se hy dat hy nie kan wag vir die dag wat ek God ontmoet nie. "Dis onbeskryflik",het hy gese.

    Ek het gesit en luister vir ongeveer 'n uur lank, en na die tyd gese: " Jy het geen idee hoe naby ek en God aan mekaar is nie. Daarom glo ek dat Hy vir my opgestaan het. Niemand, en ook nie jy sal weet watter verhouding ek en God het nie, 'n mens kan maklik afleidings maak deur te luister, maar wees versugtig om nie die verkeerde afleidings op die ou-eind te maak nie."

    Ek het hom gevra of ek beleidenis kan af le. Hy het my geantwoord met die 3 vrae wat voor in die kerk gevra gaan word. Ek het my eie gevolgtrekking gemaak, omdat die tweede vraag betrekking tot die moord op Jesus het. (Glo jy dat Hy vir jou sondes gesterf het?)

    Ek het eers gese:" Ek sal nie met my antwoord aangeneem kan word nie." Maar na die tyd het ek daaraan gedink om my antwoord voor die gemeente te se as hulle my sal toelaat om dit te doen. Ongelukkig weet hulle klaar wat my antwoord gaan wees, daarom hoop ek maar vir die beste.

    Groete

    Nordika

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Nordika

    Nordika.

    Daar is net een wenner in hierdie sage en dit is jy.

    Ek haal my hoed af vir 'n meisiekind op jou ouderdom om die magtige kerk se dogmatiek te weerstaan.

    Ek het jou eerste pos vandag met ons oudste en wyse Ower Priester bespreek. Terwyl ek en 'n menige ander vanaf die kantlyn repliek lewer, is jy besig om jou beginsels in die hitte van die oond te verdedig.

    As jou beginselvastheid verteenwoordigend van ons nuwe Boere generasie is, gaan hier berge versit word.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Member Jaco Slabbert's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Gauteng, Springs
    Posts
    24
    Rep Power
    44

    Default Re: Nordika

    Nordika goeie dag....

    Eerstens welkom hier by Wendag. Ek haal my hoed af vir jou die pad wat jou nou stap is nie maklik nie en vereis baie toewyding. Ek het die selfde pad as jy gestap so 3 jaar gelede, soveel so dat ek uit die kerk wat ek aan behoort het geskors is, nie dat dit my veel pla nie. Die ergste vir my was dat ek meeste van my vriende verloor het. My beste vriend saam wie ek groot geword het en toe ook my Pastoor was het ek verloor.

    Maar hou moed Reg is Reg en ek het inteendeel baie meer vriende gemaak hier op Wendag en ook in die dorp waar ek bly is mense wat die selfde dink en voel as ek. Ek glo daar waar jy woon sal dit die selfde wees.

    Groete en sterkte

    Jaco

  6. #6
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Nordika

    Hallo Julle en veral Nordika,

    My kind, ek het eers hierbo gelees en toe kom net een vraagstuk op vir jou... hoekom aangeneem word? Hoekom voorgestel word? Vir my is dit tydsverkwisting, want die dogma sal nie maklik verander word nie.. wat sou die punt wees? ons Ouers weet mos, dra jou mos, lei jou mos, so waarom.... die tyd van die sogenaamde "kerk" is so by so op einde... en toe kom die antwoord duidelik deur, soos DOM tereg uitwys, jy is inderdaad gestuur en moet hierdie pad voluit loop... ons Ouers, en een en elke een van ons is saam met jou op hierdie wonderlike pad van opstaan en reg wees... ongetwyfeld onbeskryflik wonderlik om in gebede saam met jou te staan. My dogter staan hier langs my en seg " gee hulle gas!!" ons weet jy kan... en gaan!

    groetnis
    knipmes

  7. #7

    Default Re: Nordika

    Goeie dag aan almal.

    Eerstens wil ek baie dankie vir julle ondersteuning se, veral aan Knipmes, Jaco, Stefaans en DOM. Ek gaan more op vakansie en vergeet eers van die kerk en sy moeilikhede. Sodra ek terug kom, keer ek dalk tafels om. Ek wil graag voor in die kerk my finale antwoord gee en ek wil ook he dat die vraag na die tyd die mense moet laat dink.

    Geniet die vakansie verder.

    Groete

    Nordika

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •