Results 1 to 6 of 6

Thread: Lemoen

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Lemoen

    Die Blinde se Geloof

    Maria gaan na Betlehem.
    Sy trek alleen deur die woestyn.
    Die blink bronsson brand uit die blou,
    die skadukolle krimp en kwyn.
    Sy dra die kindjie, vas en sterk
    - net haar hart, van jammerte, beef.
    Hy is so fraai, so ... lief asof
    'n lente in sy o leef.

    Die kind vra toe om water waar
    Maria uitrus langs die pad.
    "Vra nie om water nie my lief.
    Vra nie om water nie, my skat.
    Want die riviere is troebel of
    hul beddings droog, vol stof en sand.
    Die blinkwit klippies in die spruit
    skitter of hul binne brand
    en bloed vloei uit die fonteine,
    bloed van die kinders van ons land."

    Maar oorkant teen die rantjie soos
    in 'n rustige someroord
    wys daar die groen lower, staan
    daar 'n bloeiende vrugteboord
    vol honderde lemoene wat
    aan 'n wild-vreemdeling behoort.

    Die tuinman is 'n blinde boer,
    'n krel met goot o dood.
    "Gee my net een lemoentjie vir
    my kind ... O help ons in ons nood !
    Die arme bloedjie wil vergaan.
    Hy hyg van dors hier op my skoot."

    "Kyk, pluk maar self die vrugte, vrou.
    Ja, neem soveel jy nodig het.
    Pluk daardie grotes, dan word al
    die kleintjies straks vanself spekvet."

    Maria staan slank op haar tone,
    haar houding skoon soos 'n gebed.
    Sy reik 'n sneeuwit hand omhoog.
    Haar seun rus op 'n gousblombed.
    Sy buig ... hy kry 'n groot lemoen,
    die knapie lag en skop van pret.

    Maria pluk die goue vrug
    stil, een vir een, 'n stuk of tien.
    Toe skielik bloei die hele boord met
    'n oes soos nooit aanskou sinsdien.
    En toe hulle afdaal van die rant,
    begin die blinde boer te sien.

    Hy duisel ... of meteens die helder dag
    deur al die duister in hom dring,
    asof di blanke lig, di gloed
    met silwer stemme in hom sing.
    Sy o vang die vr rante waar
    hul bewe in 'n lugspieling ...
    "Wie is die liewe vrou wat my
    so 'n genade en blydskap bring ?
    Wie is die kindjie, wie is die vrou ?"
    vra hy met skor bewende stem.

    Dit was die Heilige Maagd, die Kind
    op hul ver tog na Betlehem.


    Uys Krige


  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Toe Jan van Riebeeck se drie skepies uit Texel na die Kaap die Goeie Hoop vertrek het, was daar: ook wat spaense limoenen cornen (pitte) wat moes saam. En in 1662 geniet Jan van Riebeeck reeds die vrugte van sy eie bome wat hy aan die Kaap aangeplant het. Vandag staan daar so n boom by Citrusdal.

    Van daardie klein begin het die lemoen hom sterk in Suid-Afrika gevestig. Tot nie so lank gelede nie, kon een van die grootste enkele lemoenboorde in die wreld nog by Zebediela, in Noord-Transvaal gevind word. Die lemoenboom en sy vrugte speel ook n heel beangrike rol in ons geskiedenis. Hier volg n paar voorbeelde.

    Die Modderfonteinboom

    Die Prinses Beatrix Gedenkboom.

    Die Lemoenboom van Liefde

    Die geskiedkundige lemoenbome op Boekenhoutfontein

    Lemoene vir Vrede

    Die vyf lemoenbome in die groot binnehof van die Derde Raadsaal, Bloemfontein.

    Die enkele lemoenboom in die beskutte binnehof van die Vierde Raadsaal, omring deur tien pilare, vyf aan weerskante.



    Dit wil voorkom asof die lemoenboom homself stewig gevestig het in elk geval baie geheimsinnig. Soos ons gesien het, maak n lewende vrugdraende boom sy verskyning in die binnehof van die Vierde Raadsaal, skaars sigbaar van buite. Die hande wat dit geplant het, rus in vergetelheid onbekend. In wie se opdrag is dit geplant? Dit is steeds n onbeantwoorde vraag. Is iemand deur God aangeraak en is hierdie boom in n oomblik van besieling geplant, in die binnehof van die Vierde Raadsaal in die middel van Bloemfontein in die middel van Suid-Afrika?

    Uit: Boodskap aan die Boere.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Die geleerdes sal s n lemoenboom hoort nie in die Vrystaatse staatswapen nie. Geen staatspresident of amptenaar het ooit opdrag gege dat n lemoenboom in di staatswapen opgeneem moes word nie. Dit kan n vryheidsboom of n olienhoutboom of net n boom sonder vrugte wees. Waarom nou juis n vrugdraende lemoenboom?

    In die middel van die hoofportaal van die Vierde Raadsaal is n gesonke marmerpaneel; daarop in gekleurde mosaek uitgel, pryk die Vrystaatse staatswapen met n lemoenboom wat vyf lemoene dra. Baie is deur hooggeleerdes oor hierdie onderwerp geskryf, sonder dat hulle antwoorde daarop kon verstrek.

    Die feit bly staan dat hierdie lemoenboom na die Unie van Suid-Afrika se staatswapen en vandaar na die staatswapen van die Republiek van Suid-Afrika gemigreer het. Eers onlangs het president Thabo Mbeki dit vervang met n nuwe staatswapen tydens n seremonie wat voor die Vierde Raadsaal plaasgevind het.


    Uit: Boodskap aan die Boere.

    Toevallig reis ek vandag nog met die lemoenboom in my huidige paspoort.

    Ek plaas die staatswapens van die OVS, Unie van Suid-Afika en Republiek van Suid-Afrika.

    Liefde groete

    Die Ou Man


  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    jesus-speaks-with-a-blind-man.jpgMaria van Uys Krige se gedig, praat oor die geestelike lot van ons Volk. Die opskrif is immers: Die Blinde se geloof. Die blinde was 'n boer.

    Maria se trek deur die woestyn, simboliseer die Boer se huidige geestelike situasie.

    Die water (geestelike boodskap) het verdroog. Die wat daar nog is, het troebel geraak. Die kinders van ons land, wat reeds so n duur prys met hul bloed betaal het, vra na water.

    Binne ons bereik, oorkant teen die randjie, is die uitkoms. n Bloeiende vrugteboord vol honderde lemoene. Die eienaar is n blinde boer. Hy kan self nie die goue vrugte sien nie.

    Wanneer Maria die vrugte pluk, is dit n uitkoms in meer as een opsig.

    Die kindjie se dors word geles. Die Kindjie is die Koning.

    Die lemoenboord begin skielik te bloei. Die lemoenboord is ons geloof.

    Die blinde boer kan weer sien. Die blinde boer is die Boer van hierdie land.

    Wanneer die boer se o oopgaan, vra hy: Wie is die liewe vrou wat my so genade en blydskap bring?

    Dit is 'n geldige vraag. Siener het ook ons geestelike uitkoms aan 'n vrou gekoppel.

    1926. 10 Jan ≡Die wingerd loot meen geloof.

    L 'n tros rp druiwe langs 'n sloot en een wit diamant kom in gesig. In 1906 het ek 'n wingerd loot van Wes zien oor kom en aan die loot het die tros druiwe gehang. Toe hoor ek 'n stem tot m seh dat ek van water en brood zal lewe tot dat ek van die vruch zal geet het. Toe Kom 'n vrouw mens uit met 'n groot tros druiwe uit in haar hand voor m.


    Die ooreenkoms tussen Siener se visioen en "Die Blinde se Geloof," is onmiskenbaar.

    Wie is die vrou? Die blinde boer het sy antwoord gekry: "Dit was die Heilige Maagd, die Kind op hul ver tog na Betlehem."

    Vir die wat ore het om te hoor. Die Vrou met die Kind, is op pad na haar afspraak met die blinde Boer.

    Boer, maak jou gereed om weer te kan sien.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Hierdie verhaal gaan verder voort onder die opskrif: WYSHEID


    Wysheid

  6. #6

    Default Re: LEMOEN

    Skepties is ons mos maar altyd, dit is waarom ek tot dusver hier by julle slegs leeswerk gedoen het en graag daarmee sal wil voort gaan aangesien die ander opsies soos die kerk en jahweh, dinge is wat ek soms met baie hartseer en dikwels na groot verleentheid geleer het om eenkant toe te skyf, veral nadat dit vir my duidelik geword het, dat dit mensgemaakte gelowe is wat verkondig word in mensgemaakte geboue. Om hierdie en ander redes het ek myself ingestel en geleer of begin leer om eerder gehoor te gee aan Sy Gees. Daarom sal ek graag wil voortgaan om jul webwerf te besoek in my strewe na die volkome waarheid, want enige ander opsie tans is nie aan my bekend nie. Oom Siener het ons tog mos ingelig – Die wingerdloot meen geloof, Oom Siener het ook ges dit is ‘n nuwe geloof , m.a.w. nuut (of herondek). Groter nuus kan mens nie te wagte wees nie en die vooruitsigte daarvan kan mens werklik nie misken nie. Ek l klem op die woorde nuut (of herondek), omdat sonder twyfel dit daardeur duidelik afgelei kan word dat die kerke van vandag se dae, dogma en jahweh logies nie nuut (of herondek) is nie. Terwyl die nuwe geloof sonder twyfel die bewuste van Sy Gees sal omhels: G.a Watermeyer – Republiek van ‘n 1000 jaar; Word voorwaens in die Groter Trek wat weer die Wysheid herontdek, die binnelande van die gees oopstel vir God-bewuste wees;


    1 Johannes 2:27 – Julle het niemand anders nodig om julle te leer nie, Sy Gees leer julle alles.

    Ek het dit goedgedink om aan te sluit by die forum – Lemoen -omdat ek hierdie draad so 2 weke gelede vir die eerste keer gelees het, maar wel reeds sowat 4 maande gelede ‘n droom gehad het, wat in verband gebring kan word met: Die inhoud van die forum lemoen sowel as; Ga Watermeyer se gedig Republiek van ‘n duisend jaar en Oom Siener. Daarom het ek besluit om dit met julle te deel, want vir my was die droom baie bemoedigend. (Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie)


    Die droom wat ek gehad het: Ek onderstreep moontlike belangrike woorde.

    Ek is ‘n vertrek saam met ‘n engelsman. Hierdie man vertel toe vir my sy suster se baba dogterjie is dood. Ek vra hom toe wat haar dood veroorsaak het, sy antwoord was; omrede die blindheid van haar een oog.

    Daarna haal hy haar uit ‘n kas (vanaf die boonste rak) en gee haar vir my, maar toe ek haar in my arms neem, besef ek, sy is nie werklik dood nie, die engelsman het toe baie angstig geraak om haar blinde ogie toe te plak en vat toe somer ‘n stuk “masking tape” om dit toe te plak.

    Haar ander oog (die oog wat nie blind was nie), was egter iets baie besonder, dit was groot, baie lig van kleur en baie helder en ek kon nie ander as om total vasgevang te raak in die verborgenhede van hierdie oog nie, want toe ek in hierdie oog inkyk het ek mees onbeskruiflike geestelikheid ervaar en verborgenhede gesien. Dit was die mees onbeskryiflikste ervarings en het my laat voel asof ek total beskermd is en omvou word in Liefde . My seuns kom toe ook in die vertrek in en vra mamma wie is hierdie wonderlike ou dingetjie. Hulle het toe ook hierdie mees onbeskryflike ervarings ondervind en verborgenhede gesien. En terwyl ons haar nie net totaal aanvaar het nie, was daar niks anders wat ons wou doen as om hierdie mees onbeskryflike ervarings te beleef, verborgenhede te sien en haar te vertroetel nie.

    Sy was reeds ‘n paar maande oud, want sy was al ‘n stewige baba met ligte hare, wat reeds so gegroei het, dat dit duidelik was, dat sy wel al ‘n paar maande oud is.

    ---------------------------------------

    Ek het ‘n paar afleidings gemaak, en dit sal lekker wees as julle ook afleidings kan maak.

    Die man (Engelsman) dink die boerevolk is dood, maar vir my lewe die boerevolk, omdat daar iets omtrent die boerevolk is of gaan wees wat in verbintenis staan met onbeskryflike geestelikheid en die feit dat ek dit kan sien dui daarop dat ek (die boerevolk) iets nuuts gewys word of herondek. Die blinde oog is daarom moontlik ‘n deel van die Boerevolk wat steeds blind is of aspekte wat die Boerevolk as geheel steeds verblind. In teenstelling is daar egter wel, die oog wat nie blind is nie en kan dui op reeds ondekte of toekomstige ondeking van nuwe wysheid of die herondekking daarvan. Die sleutel mag egter wees dat sy wel al ‘n baba dogtertjie is wie se die oog wat nie blind is nie, die mees onbeskruiflike geestelikheid bevat, en dus kan dit ‘n aanduiding wees dat daar alreeds nuwe (herondekte) wysheid deur ‘n deel, groep of persoon(e) van die boerevolk ontdek is. My seuns wat die vertrek inkom , vra wie sy is, dieselfde as ek beleef , haar ook aanvaar en bly bewonder, dui daarop dat sy vir hulle ook iets nuuts is/behels en omdat hulle ook dieselfde ervaar, haar aanvaar en bly bewonder is dit vir my ‘n aanduiding dat ons kinders (nageslag(te)) ook deel in ‘n nuwe (of herondekte) wysheid, ‘n mees wonderlike geestelikheid; insig(te), ervarings, bewondering sowel as die aanvaarding daarvan.

    Die gevoel van ‘n onbeskryflik groot Liefde, ook vir haar, sowel as die enorme geestelikheid kan ek nie anders om te koester en te bly koester nie. Laat weet my asb. Wat julle dink.
    -----------------------------------------------------------

    Vanuit die forum Lemoen, plaas ek nou die volgende;

    Maria van Uys Krige se gedig, praat oor die geestelike lot van ons Volk. Die opskrif is immers: Die Blinde se geloof. Die blinde was 'n boer.

    Maria se trek deur die woestyn, simboliseer die Boer se huidige geestelike situasie.

    Die water (geestelike boodskap) het verdroog. Die wat daar nog is, het troebel geraak. Die kinders van ons land, wat reeds so ‘n duur prys met hul bloed betaal het, vra na water.

    Binne ons bereik, oorkant teen die randjie, is die uitkoms. ‘n Bloeiende vrugteboord vol honderde lemoene. Die eienaar is ‘n blinde boer. Hy kan self nie die goue vrugte sien nie.

    Wanneer Maria die vrugte pluk, is dit ‘n uitkoms in meer as een opsig.

    Die kindjie se dors word geles. Die Kindjie is die Koning.

    Die lemoenboord begin skielik te bloei. Die lemoenboord is ons geloof.

    Die blinde boer kan weer sien. Die blinde boer is die Boer van hierdie land.

    Wanneer die boer se o oopgaan, vra hy: “Wie is die liewe vrou wat my so genade en blydskap bring?”

    Dit is 'n geldige vraag. Siener het ook ons geestelike uitkoms aan 'n vrou gekoppel.

    1926. 10 Jan ≡Die wingerd loot meen geloof.

    L 'n tros rp druiwe langs 'n sloot en een wit diamant kom in gesig. In 1906 het ek 'n wingerd loot van Wes zien oor kom en aan die loot het die tros druiwe gehang. Toe hoor ek 'n stem tot m seh dat ek van water en brood zal lewe tot dat ek van die vruch zal geet het. Toe Kom 'n vrouw mens uit met 'n groot tros druiwe uit in haar hand voor m.

    Die ooreenkoms tussen Siener se visioen en "Die Blinde se Geloof," is onmiskenbaar.

    Wie is die vrou? Die blinde boer het sy antwoord gekry: "Dit was die Heilige Maagd, die Kind op hul ver tog na Betlehem."

    Vir die wat ore het om te hoor. Die Vrou met die Kind, is op pad na haar afspraak met die blinde Boer.

    Boer, maak jou gereed om weer te kan sien.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Liefde Groete – Anna Magda Lena

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •