Results 1 to 8 of 8

Thread: Die Christus se God

Hybrid View

Previous Post Previous Post   Next Post Next Post
  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Die Christus se God

    Ek het reeds die onderskeid wat Moses tussen die HERE/Jahweh en die Allerhoogste getref het verduidelik onder die opskrif: "Jahweh of Elohim." Volgens Moses was die HERE/Jahweh die stamgod van die Israeliete en ondergeskik aan die Allerhoogste (El).

    Ek het ook verduidelik dat die HERE/Jahweh en Allah dieselfde God is, onder die opskrif: "Jahweh= Allah."

    Die volgende vraag ontstaan. Wie was die Vader van die Christus? Was dit die HERE, Jahweh/Allah, of was dit die Allerhoogste (EL)?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Die Christus se God

    Dit mag dalk vreemd klink om te verwys na Jesus se God omdat die Katolieke Drie-Eenheid ideologie die Christus gelykstel aan sy God en sy Vader. Daar is egter genoeg materiaal in die Nuwe Testament wat daarop dui dat die Christus sy Vader aanbid het. Die Christus het juis na sy opstanding opgevaar na sy God en sy Vader.

    Johannes 20

    17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Die Christus se God

    DOM, vir my is daar onderskeid tussen "EL" (Die Drie Eenheid God = Vader, Moeder, Seun) en "Die Allerhoogste" (Vader Koning Ad-am)... of is ek verkeerd?

    Jesus verwys tog hier na beide, waar hy terugkeer na sy Vader (Ad-am) en Sy God (Ad-am se God) ?

    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Die Christus se God

    Knipmes.

    Volgens die Bybel was die Christus die Seun van die Allerhoogste en nie die Seun van Jahweh nie. Dit word deur die Engel bevestig in Lukas 1:31 en 32.

    En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

    Hy sal groot wees en die
    Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy Vader Dawid gee.
    Die Christus is die Seun van die Allerhoogste.

    Die Allerhoogste is die Vader, in Hebreeus bekend as die Hoogste El.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Die Christus se God

    Die HERE/JHWH/Jahweh/Allah is een van die sewentig seuns van El (Allerhoogste) en Asherah (Hemelkoningin). JHWH is deur El aangestel as die Heer van die Israeliete. Die ander volke het ander Gode as Heer ontvang.

    Aan die kruis het Jesus die naam van sy Vader uitgeroep. Dit was El en nie Jahweh nie.

    en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
    Matthéüs 27:46

  6. #6
    Member
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    ZAR
    Age
    53
    Posts
    113
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    39

    Default Re: Die Christus se God

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Die HERE/JHWH/Jahweh/Allah is een van die sewentig seuns van El (Allerhoogste) en Asherah (Hemelkoningin). JHWH is deur El aangestel as die Heer van die Israeliete. Die ander volke het ander Gode as Heer ontvang.

    Aan die kruis het Jesus die naam van sy Vader uitgeroep. Dit was El en nie Jahweh nie.

    en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
    Matthéüs 27:46
    Ou Man,
    Is u bewus dat "lam-ah" Hebreeus is en "sabagtani" Chaldees? Uiters vreemd of hoe? As jesus en sy vader een was volgens hom, was daar dan nou nog n vader na wie hy uitgeroep het?

Similar Threads

  1. Die Christus en die Waterdraer
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 9
    Last Post: 22nd November 2010, 10:32
  2. Christus Waterdraer : Bespreking
    By Baardman in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 4
    Last Post: 12th March 2009, 13:02
  3. Die Moord op die Christus
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 5
    Last Post: 17th June 2007, 19:20

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •