Let op die wyse waarop vergifnis van sondeskuld hanteer word in die Pater Noster van die Christus.
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word,
laat u koninkryk kom,
laat u wil geskied,
soos in die hemel
net so ook op die aarde
Gee ons vandag
ons daaglikse brood,
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in die versoeking
nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koningkryk
en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid. Amen.
Die Pater Noster is 'n subtiele maar besliste verwerping van die bloedrituele van JHWH/Jahweh soos wat dit in Levitikus voorgeskryf word en waardeur sondes vergewe sou word.
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen
3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;
4 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,
6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.
7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek
20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
Van wie het die Christus gesag ontvang om JHWH/Jahweh se bloedrituele te misken?
Bookmarks