Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 11

Thread: Johanna Brandt

  1. #1

    Default Johanna Brandt

    Van wat ek kan aflei van Johanna Brandt nadat ek vir die eerste keer van haar dokumente gelees het, is dat die tipe geloof wat die Chinese beoefen nogals in plek val met haar geloofsoortuigings. Haar dokumente val ook in plek met ander profete, maar veral met die vanuit dieselfde era as sy. Volgens Johanna en die andere is die antwoord o.a. n Etopia van Liefde vir alle rasse. Hoe dan nou, veral hier in Suid-Afrika, en veral omdat ek Boodskapper van God van Oom Siener al soveel keer deurgelees dat ek self al vergeet het hoeveel keer. Moet ek dus nou n keuse maak tussen Oom Siener en Johanna Brandt, omdat daar duidelike verskille is in dit wat hulle gese het, op hierdie stadium kies ek sonder twyfel wel Oom Siener, want hy was en is tot nou toe nie net besonders akkuraat nie, maar ek kry ook altyd n besondere gevoel wanneer ek sy boodskappe lees. n Etopia wat o.a Liefde vir alle rasse insluit, klink met die intrapslag na iets wat n mens wat in Liefde lewe en na Liefde strewe werklik wil deel in , maar hoe verstaan mens nou dinge, ek dink dit is seker die vraag, wat wag op n duidelike antwoord en ek sal dit opreg waardeur as julle my in liefde, meer insig kan bied.

    Dit bring my egter by n verdere probleem en dit is dat beide Oom Siener sowel as Johanna Brandt op julle Web-tuiste voorkom as Boere profete, daarom wil ek net asseblief weet wat die konnotasie tussen hulle is, nie vir arguments onthalwe nie maar sodat ek as gewone mens dit kan verstaan. n Mens kan tog mos nie n sameflansing van verskillende idees vat en dit net bymekaar gooi nie, want dan maak dit net so min sin soos die kerk, dit is soos wanneer van die basiese begrippe so teenstrydig is dat mens nie anders kan as om dit te bevraagteken nie. Hieroor het ek dalk luiding nodig, kan julle asseblief vir my meer duidelikheid bied.

    Vanuit Johanna Brandt se The Paraclete, sluit ek slegs die volgende in, wat die doelwitte, objektiewe en beginsels ter bevordering van die beweging waarin sy deel gehad het of moontlik selfs die stigter was, behels:


    THE WORLD HARMONY MOVEMENT.

    Aims, Objects and Principles

    A Spiritual Movement for the promotion of Harmony on earth Harmony between the races; the sexes; religion and politics; spirit and matter; mysticism and intellect; faith and reason; nature and science; Harmony between precept and practice; Harmony, in one word, between God and Man.
    A Universal Peace Movement, non-political, non-racial, non-sectarian, having for its basic principle the establishment of Universal Brotherhood through International Friendship.

    Die verskille tussen die boodskappe van Oom Siener teenoor dit wat Johanna Brandt voorgestel het is baie duidelik, dit herinder mens somer aan al die verskillende gelowe wat deur die basiese in ooreenkoms is, maar tog ook soveel verskil dat geen normale menslike verstand dit kan begryp nie.

    As n doodgewone mens hier op aarde wil ek daarom nie Johanna Brandt afmaak as verkeerd nie, maar omdat daar in van die basiese soveel verskil van haar idees teenoor die boodskappe van Oom Siener, moet ek vra, waarom? Ek sal wag op jul menings.

    Vir die interesantheid: Jare terug het n geloofsgroep wat dalk nog steeds bestaan genaamd die Dogter van Sion, ook gebruik gemaak van n sameflansing van verskillende idees en enigeen wat te doene gehad het met hierdie groep, sal kan getuig dat dit op die einde een groot spektakel geraak het of dalk nog steeds is. Dit was hierdie groep wat juis begin het met die idee van Die nag van die lang messe en/of Uhuru, maar later self erken het, dat hulle dink dat hulle n groot fout begaan het en toe sommer ontbind het. Wie weet dalk het hulle weer so iets intussen aangepak, ek het egter sederdien nie weer van hulle bordtjies teen pale opgeplak gesien nie.

    Ten tyde van hulle ontbinding was daar egter al reeds soveel skade aangerig , en alhoewel daar miskien selfs waarhede in hulle geloofsoortuigings was, soos met enige ander geloof, het hulle wel die duidelike fout gemaak om dinge ver vooruit te hardloop en n onnodige (veral vir daardie tyd) toestand van vrees te ontlok. Aanvangklik, het hierdie groep begin by die boodskappe van Oom Siener, maar het toe begin om soveel ander profete by te voeg dat enigeen somer later na hul menings n profeet was, maar na n ruk was die verskille egter so duidelik dat totale verwaring ingetree het, daarom is dit vir my so belangrik om enige ooglopende verskille met die intrapslag daadwerklik te bevraagteken.

    Dit is nie n ligte taak om beide die onderwerpe van n Etopia van Liefde vir alle rasse en die verskille tussen Oom Siener en Johanna Brandt te bespreek nie, daarom wil ek graag versoek dat ons dit met ware insig en slegs met vriendelikheid aanpak .

    Liefde

    Anna Magda Lena

    :ahand_sos:

  2. #2
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    148
    Rep Power
    42

    Default Re: Johanna Brandt

    Anna

    Ek wil in die verband 'n paar gedagtes by jou laat alvorens ons verder gaan met bespreking.

    Mens moet onthou dat Siener 'n man was, sy gedagtes en ideale dus die van 'n man, so ook was Brandt 'n vrou en sy het die wereld uit haar vroue hart gesien en beleef, dit opsigself is al 'n baie groot verskil. Gelukkig weet ons ook dat God ons na God se beeld geskape het as man en vrou, nie vir die rede om te vermeerder alleenlik nie maar ook om mekaar aan te vul, op geestelike vlak. Voeg jy dus Brandt en Siener bymekaar beweeg jy nader aan die volmaakte waarheid.

    Tweedens moet in ag geneem word dat Adriaan Snyman wat my betref 'n Afrikaner is, Afriakners se ideologie is anders as die van 'n Boer. Adriaan se interpretasie van Siener se werk is dus gegrond op sy ideologie wat die van die Afrikaner is. In wese is daar egter nie iets mee verkeerd nie.

    Ek sal later meer s

  3. #3

    Default Re: Johanna Brandt

    Pionier,

    Baie Dankie vir jou terugvoer, ek sien uit na verdere besprekings.

    Mag ek jou vra vir n opsomminkie oor die idiologie van die Boer?

    Te midde die sogenaamde reenboognasie waarin ons onsself daagliks bevind, is dit vir my moeilik om te aanvaar dat n Etopia van Liefde tussen alle rasse moontlik is, veral omdat totale chaos hier ter enige tyd moontlik is. Is n Etopia van Liefde, tussen alle rasse hier op aarde, dus moontlik of nie? Vermenging tussen rasse word geregverding deur so n Etopia en soos wat ons dit nou daagliks aanskou, bleik dit egter n verkeerde ding te wees. Verder is gebeure soos dit hier in Pretoria daagliks plaasvind, ongeag van die traumatiese uitwerkings daarvan, wel in aanskou en aanvaarding deur die sogenaamde reenboognasie. Dit sal vir my werklik aangenaam wees om daarin te slaag om Brandt en Siener by mekaar te kan bring, ek het egter die oortuiging nodig om daarmee te begin en daarom moet ek nou die bostaande vrae vra.

    Liefde

    Anna

  4. #4
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    148
    Rep Power
    42

    Default Re: Johanna Brandt

    Anna

    Nergens word die vereenselwiging met die reenboognasie gemaak nie. Elke Volk het die reg om homself te identifiseer en as 'n eie Volk te bestaan, al is dit binne 'n land waar hy met ander volke moet saamleef.


    'n Sielkundige uit die buiteland het eendag vir my ges iets wat hom verstom van die Boer is sy waarnemingsvermo, spesifiek hierdie eienskap defineer ons van ander volke, hoekom?
    Die waarnemings vermo van 'n Boer bepaal of hy homself kan eien, maar ook 'n ander kan uitken, n hom met deernis kan behandel vir wie en wat hy is.

    Die Boer oordeel nie, hy identifiseer, die Afrikaners het te maklik geoordeel.

    Groetnis

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    58

    Default Re: Johanna Brandt

    Anna Magda Lena.

    Johanna Brandt het na aanleiding van 'n visioen opdrag gekry om die swart mense van Suid-Afrika te waarsku dat hulle nie die hand teen ons Volk mag lig nie. Al sou hulle dit as geregverdig beskou. In daardie stadium was die kwessie steeds Boer teen Brit en is die swartes nie as 'n wesenlike bedreiging beskou nie.

    Johanna Brandt het die waarskuwing in vier swart tale gedruk en onder swart mense versprei. Dit is nie die gedrag van 'n persoon wat 'n gelukkige rasvermengde renboognasie voorsien het nie. In teendeel, dit lyk juis of sy 'n situasie van swart op wit geweld voorsien het.

    Hier volg die waarskuwing van Johanna Brandt aan Swart mense.

    .” Wanneer hierdie tyd aanbreek is die Boodskapper se waarskuwing aan die Swart mense: “Hulle mag geen hand h in die verdrukking of swaarkry nie, hulle mag nie ou griewe probeer regstel nie. Dit maak nie saak wat hulle griewe is nie, en dit maak ook nie saak hoe geregverdig hulle ontevredenheid is nie, hulle mag nie wraak soek in die uur wat op hande is nie. Daar is Een wat s:’ Die wraak kom My toe, Ek sal vergeld’” “Want die oordeel sal swaar wees op enige van hulle wat hierdie bevel van die Almagtige ignoreer”

    (Die Visioene van Johanna Brandt, (Junie 2001)bl. 33, 34 Vaandel Uitgewers)
    En in die taal van die onderdrukker, nl Xhosa

    Kuza kuthi xa kufika ixesha eliqunyiweyo isintsundu asiyi kubanakho ezingakwenza ekulungiseni isimo. Akufanelanga nokuthi sizame ukulungisa inxaki, kungokhathaliseki nokuba sinamalungho mani ekulungiseni ezo ngxaki. Kanti akufanelanga nokhuthi sizama nakanjani ukuvuso izixhiba okanye ingxaki zakudala.

    Ngoba uThixo uthi kungcwadi yemibalo engcwele singaziphindiseli ngobukhali bethu kodwa siyekele Kuye ibe Nguye ozakusiphindisela, kuza kuba nzima kwabo bangawuthatheli nqalo umyalelo ka Thixo. (Vertaal deur Die Ou Man)
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. The Following User Says Thank You to Die Ou Man For This Useful Post:


  7. #6
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    51

    Default Re: Johanna Brandt

    Quote Originally Posted by Anna Magda Lena View Post
    ... Volgens Johanna en die andere is die antwoord o.a. n Etopia van Liefde vir alle rasse. Hoe dan nou, veral hier in Suid-Afrika...

    Liefde

    Anna Magda Lena

    Naand Anna Magda Lena,

    Interessante vraagstuk waarmee jy worstel, inderdaad.

    Die Witboek leer my dat daar uit alle volkere vanuit alle uithoeke dienswillige vrywillige werkers gaan 'opstaan' of beter gestel 'na vore gaan tree' om al die Aardse mensekinders terug te lei na ons Goddelike Ouers, en in hierdie proses gaan die Boerevolk 'n baie baie prominente rol speel in die toekoms, tog nie die enigste rol nie.

    Vandag het ek aan 'n Christen van 'n ander ras verduidelik op sy vraag "of ek glo in God?" dat ek hierdie gedagte van 'glo in' sien as 'n belediging aan ons Goddelike Ouers, want sien, om in iets te 'glo' sonder dat jy dit kan sien, beteken dat jy ook aan die 'tandmuis' of 'tooth fairie' moet glo... vir die wat ore het om te hoor ... ek KEN GOD, KOM van God af, Gaan weer huistoe na hierdie lewe in hierdie huis van klei, staan nie buite alles wat geskape is, en kyk in na alles en seg 'ek glo nie!' Ek staan binne en seg 'ek is deel van God!'

    Net soos die sonstrale wat om ons skyn groter in omvang is as die son in ons klein sonnestelsel self, is elke straal tog onmiskenbaar deel van die son, afkomstig van die son, en dus onlosmaaklik binne die omtrek van die son. Dis tyd dat ons besef dat elke mensekind as 'human Being' eerstens 'n 'Being' is wat [soos 'n sonstraal deel is van die son,] net so 'n DEEL van God is, en tweedens 'n 'human' is wat deur emosie en egoistiese denke verlei en oorheers word. Onlosmaaklik is ons almal saam as eenheid, alle rasse, groter in omvang as die Een individu, tog ongelooflik baie kleiner as ons Goddelike Ouers Wie se WIT LIG deur ons, om ons, en veronderstel is om UIT ons te straal, soos Jesus tereg ons kom leer het. Jesus het nie net met die Jode gewerk nie, wat van die Samaritaane en andere...

    Net laas naweek het op Loftus se agtergange dinge tussen rasse gebeur wat bewys dat ons as volk nog 'n baie baie lang pad het om te loop. Onder elke ras en volkegroep in SA tans is daar elemente van die bose wat hard aan die werk is om die barbaarse boses te vinde onder ons almal, te gebruik as gereedskap om ons taak te vertraag of te verydel... gaan ons ingee, gaan ons na hul vlak daal soos in die kleine op Loftus, of gaan ons besef dat elke mensekind God gegewe lewe besit wat rein gemaak moet word. Gaan lees gerus die draad oor 'boerseun / dogter vir God', en verstaan dat beide Johanna en Oom Niklaas 'n rol te speel gehad het op hul eie beskeie wyses, op hul tyd, net soos ons hier op die werf en ander werwe nou ook doen.

    groetnis
    knipmes

  8. #7

    Default Re: Johanna Brandt

    Inerresante ondererp Anna.

    Goed om jou te ontmoet.

    As ek meer gewoond geraak het aan hierdie webwerf is daar nogal 'n hele paar vrae wat ekop die onderwerp het.

  9. #8
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    52
    Posts
    377
    Blog Entries
    10
    Rep Power
    36

    Default Re: Johanna Brandt

    Hello daar

    Ek wil graag hier byvoeg, dit is nou al 'n paar jaar later maar ek kan met sekerheid s dat " Die Etopia van liefde vir alle rasse" absoluut die waarheid is. Ja, ek weet dat dinge nou in die land uitmekaar val en dat daar vreesaanjaende bedreigings is. Maar ek weet ook wat my Vader my vertel het. Sy woorde aan my is dat almal in ons land 'n eenheid gaan vorm, ons soos een voor Hom gaan staan, liefde en vrede gaan hier heers, dan gaan dit verder uitsprei na die res van die skepping. En die uiteinde gaan wees, ons geboorte in die gees, eers een Land dan die hele wreld. Die Land gaan nog hier wees tot die hele wreld ook dieselfde geloof het.

    Groete

    Die Vrou..

  10. #9
    Member amichaEL's Avatar
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    ZAR
    Age
    50
    Posts
    121
    Rep Power
    29

    Smile Re: Johanna Brandt

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Hello daar

    Ek wil graag hier byvoeg, dit is nou al 'n paar jaar later maar ek kan met sekerheid s dat " Die Etopia van liefde vir alle rasse" absoluut die waarheid is. Ja, ek weet dat dinge nou in die land uitmekaar val en dat daar vreesaanjaende bedreigings is. Maar ek weet ook wat my Vader my vertel het. Sy woorde aan my is dat almal in ons land 'n eenheid gaan vorm, ons soos een voor Hom gaan staan, liefde en vrede gaan hier heers, dan gaan dit verder uitsprei na die res van die skepping. En die uiteinde gaan wees, ons geboorte in die gees, eers een Land dan die hele wreld. Die Land gaan nog hier wees tot die hele wreld ook dieselfde geloof het.

    Groete

    Die Vrou..

  11. #10
    Member amichaEL's Avatar
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    ZAR
    Age
    50
    Posts
    121
    Rep Power
    29

    Default Re: Johanna Brandt

    Word wakker

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •