My antwoord kry ek uit die Bybel:
"Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle."Gen 9:3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
Gen 9:4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
Gen 9:5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
Gen 9:6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
Daar is slegs een beperking op ons gestel deur God en dis die inneem van bloed, dus geniet ek my varktjoppie en beskou 'n maaltyd sonder vleis as 'n versnappering.
Hier gaan dit oor die inneem van bloed.Satanaku stel die eet van dierevleis in om die duiwels te kan sien en hoor
"Neem nou skerp voorwerpe en dood welke diere julle ook al wil...ja, maak dood en eet...
"Want van daardie bloedwalms sal hulle vir hulsef bedekkings maak wat sigbaar sal wees vir jul vleeslike oë...
So sal julle sien en hoor"
Witboek Bl:198
Liefdegroete,
Stefanus
Bookmarks