Results 1 to 3 of 3

Thread: Hoe word die Christendom verstaan?

  1. #1

    Default Hoe word die Christendom verstaan?

    Jesus het in die tyd wat hy op aarde deur gebring het baie wonderwerke gedoen.

    Hy het ook vir Sy disipels gestuur om die evangelie te verkondig en hulle het die selfde wonder tekens gedoen tydens die verkondiging.

    Dus is dit almal beskore om wonderwerke te doen in die Naam van Jesus Christus.

    n Mens kan nie die wonderwerke aleen vergelyk daarmee dat Jesus die Christus is nie.

    Die Christus is dus eers gebore na die opstanding uit die dood, waarna Hy meer magte gehad het met Godelike gelykheid, Hy het wel geweet dat Hy die Christus is maar Hy moet eers die dood oorwin het voor Hy die volwaardige Christus kon word.

    Deur geloof is dit almal beskore om siekes gesond te maak, blindes te laat sien en kreupeles te laat loop. Die vraag is, daar is letterlik miljoene christene in die wereld, maar dit is nie bekend dat enige van hulle hierdie wonderwerke kan doen nie. Hoekom nie?

    Is dit oordat ons nie glo nie, en indien wel hoekom glo ons nie "reg" nie?

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Hoe word die Christendom verstaan?

    nieuwoudtrl.

    Ek stem saam met jou beskouing. Moses en die Egiptiese priesters het ook tekens gedoen.

    Jesus het sy vormingsjare in Egipte deurgebring, waarskynlik onder beskerming van die ingewydes wat daar gewoon het. Die Jode was verstom oor die kennis waaroor hy as 12-jarige beskik het. Waar en by wie het hy hierdie kennis bekom? Hy is nie daarmee gebore nie. Jesus was soos enige ander baba, wat ook moes leer om te kruip, te loop en te praat.

    Die ingewydes het die volgende beskouing gehad:

    • Die mens is 'n geestelike wese wat tydelik vasgevang is in die vleeslike liggaam van skaamte.
    • Die vleeslike liggaam is die dood, omdat dit bloot tydelike huisvesting aan die gees bied.
    • Tydens die dood van die vlees, word die gees bevry om sonder vleeslike beperkinge die ewige lewe voort te sit.
    • Sonder die vleeslike dood is daar nie 'n ewige lewe nie.
    • Die lewe op aarde is 'n stryd tussen die drange van die vlees en die ideale van die gees.
    • Geestelike groei op aarde is daarin gesetel dat die gees al hoe meer daarin slaag om die vlees te onderwerp.
    • Wanneer die geestelike groei tot 'n vlak gevorder het, waar daar 'n eenheid met Jesus en die Godheid is, word baie dinge moontlik.


    Die Christendom, soos wat dit vandag toegepas word, sentreer op die vervulling van die vleeslike behoeftes in stede daarvan om te konsentreer op die vervulling van die gees.

    Deur die opstanding het die Christus juis aan ons gewys dat ons nie meer die vleeslike dood moet vrees nie. In teendeel, die vlees (dood) is oorwin. En ons kan in daardie oorwinning deel.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3

    Default Re: Hoe word die Christendom verstaan?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Die Christendom, soos wat dit vandag toegepas word, sentreer op die vervulling van die vleeslike behoeftes in stede daarvan om te konsentreer op die vervulling van die gees.
    Hierdie is algemeen maar ek reken dit is so vir n baie lang tyd.

    Hoe verander n mens van die vervulling van die vleeslike na die vervulling van die gees?

    Kyk na die volgende teks, Markus 16:17-18.

    17. Die volgende wondertekens sal voorkom by diť wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat;

    18. met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplÍ, en diť sal gesond word."
    Deur te glo sal die wonder tekens voorkom. Een kan slegs glo indien die regte vervulling aangeleer word, maar soos in die tyd van Jesus dieselfde vandag, mense glo nie al sÍ hulle dat hule glo.

    Die ander vraag is ook hoe sterf n mens geestelik om weer gebore te word in die gees van Christus?

Similar Threads

  1. Christendom en godsdiens
    By Skottie in forum Besprekings
    Replies: 4
    Last Post: 30th September 2010, 13:36
  2. Die rol van vroue in antieke Christendom
    By Vicky in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 0
    Last Post: 12th July 2009, 21:39
  3. Kern van probleem vir Christendom vandag
    By Vicky in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 0
    Last Post: 26th June 2007, 14:02

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •