Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 15

Thread: Wat kom na die Bybel?

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Wat kom na die Bybel?

    Die Joodse Tenakh (Ou Testament) handel uitsluitlik aangaande die wel en weë van die Semitiese voorvaders en volg ‘n spesifieke bloedlyn.

    Die Boeke van die Tenakh bevat besonderehede van:

    • Primitiewe, kultiese bloedrituele en ritueel verbranding van diere deur die Israeliete.

    • Massa moord op vroue kinders en babas, geregverdig deur die Israeliete se geloof.

    • Die bose praktyk van kinderofferande op groot skaal, geregverdig deur hul geloof.

    • Bloedskande, waar volke ontstaan het deur hierdie gruwelike dade.

    • En ‘n legio ander gevalle moord, onwelvoeglikheid, bedrog, ens.

    Kortom, groot gedeeltes van die Ou Testament is nie geskik vir kinderopvoeding nie, vanweë die brutaliteit daarin vervat. Mens kan bloot wonder wat die ouderdomsperk op ‘n film sou wees wat hierdie grusaamhede in besonderhede sou vervat en of dit ooit toegelaat sou word.

    Daar is ‘n staaljie in omloop onder die Jode, naamlik dat die mees tragiese dag in hul geskiedenis nie die “Holocaust” was nie, maar die vertaling van die Tenakh in Grieks waardeur al die skandes van hul voorvaders aan die węreld ontbloot is.

    Die Joodse Torah (Pentateug) bestaan uit ‘n sameflansing van ‘n verskeidenheid orale tradisies en verhale wat aanvanklik afsonderlik in omloop was. Die twee skeppingsverhale wat in die Torah opgeneem is het aanvanklik as twee afsonderlike verhale bestaan, naamlik die Priesterlike Dokument P (Gen. 1:1 tot 2:3) en die Jahwehis weergawe J (Gen. 2:4 tot 3:24). Hierdie verhale is met die opstel van die Torah geďntegreer. Dieselfde geld vir die vloedverhaal wat ook ‘n samestelling is van die twee P en J verhale wat aanvanklik afsonderlik in omloop was.

    Die gevolg van hierdie sameflansing van verskillende verhale om as een te lees, is dat die Torah te veel teenstrydighede bevat.

    Vir Christen fundamenteliste is dit nie van belang dat alles in die Torah waar moet wees, of dat daar geen teenstrydighede aanwesig moet wees nie. Die fundamentalis werk net met ‘n aantal verse wat sy spesifieke ideologie gedienstig moet wees. Daarom is dit vir die fundamentalis noodsaaklik dat die Bybel sy status as onfeilbare Woord van God behou. Verval daardie status, verval sy geliefde verse daarmee saam.

    Vir die Kerk is dit van uiterste belang dat die Torah nie onder verdenking geplaas word nie. Tóg is die Kerk bewus van die talle teenstrydighede en daarom vind ons ‘n magdom skrywes en internet plasings wat die inhoud van die Bybel rasionaliseer sodat dit in ‘n moderne era steeds as relevant aanvaar word.

    Volgens die Nuwe Testament het die Christus die Torah en die profete vervul. Daarom word daarna verwys as die Ou Testament en na die Chistus se boodkap as die Nuwe Testament. Die logiese gevolg daarvan is dat die Tenakh na die koms van die Christus nie meer relevant is nie en geen bydrae kan maak tot die saligheid van die mensdom nie .

    Die bedoeling van die Tenakh was op geen stadium om as rigsnoer vir die mensdom te dien nie. Dit is slegs gegee as opdragte en rigsnoer vir die nageslag van Abraham met wie die verbond gesluit is.

    Ten tye daarvan dat die boodskap van die Christus aan die onbesnedenes (Volkere van Europa wat op die Heide gewoon het – Heidene) gebring is, is die Tenakh reeds gereduseer as ‘n ou Testament. Streng gesproke hoort die Tenakh nie op Europese grond nie, want dit is nie vir hulle geskryf of bedoel nie, maar slegs vir die Semiete.

    Die Tenakh is nie vrywillig deur die mense van die Heide aanvaar nie. Dit is deur geweld, massamoord en brandstapels op hulle afgedwing en sal mettertyd verwerp word. Die apatiese houding van Europeërs teenoor die Kerk is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Jong Europeërs gryp terug na hul heidense wortels (pagan gelowe) en verwerp die Judaďsme soos wat dit Tenakh dit verkondig word.

    Die Tenakh sal nie nog ‘n eeu deur die volkere buite die Jodedom en Islam aanvaar word nie.

    Ek voorsien ‘n tyd in die nabye toekoms dat die Christendom slegs sal oorleef indien hy afstand doen van die Joodse Tenakh (Ou Testament) en uitsluitlik konsentreer op die Nuwe Testament en nuwe waarhede wat intussen bekend geword het.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Wat kom na die Bybel?

    Vir 'n rukkie lees ek hier op die forum en vind dit baie insiggewend. Natuurlik het ek nou 'n paar vrae wat ek graag wil vra:

    1. As YHWH sy erfdeel van GOD ontvang het, wat het die ander seuns van GOD ontvang as erfdeel?
    2. Wat het geword van die seuns van GOD wat reuse voortgebring het - is hulle ook vernietig in die sondvloed soos mense, of was hulle onsterflike "mense manier"? ek weet dat iewers in die Bybel het ek raakgelees dat GOD hulle laat sterwe soos die mens?
    3. Waar is YHWH op hede; nog steeds in Sy magsposisie as God van Israel? Indien ja, watter invloed het Hy op ons, ons is tog net gehoorsaam aan GOD ALMAGTIG?
    4. Is Wysheid vroulik?
    5. Is Wysheid die Heilige Gees?
    6. Hoe is die skeppingsorde van die seuns van GOD teenoor die Engele?
    7. As die tetragrammaton in die ou geskrifte ingeskryf is, beteken dit dan dat ABBA eintlik die ware Heilige Naam van die Onbekende GOD van die Grieke/Heidene wat in die ou geskrifte vervang is?
    8. Ek sien dat ABBA sleg 3 keer in die hele Bybel voorkom.
    9. Is die "Wet van Moses" deur GOD Almagtig aan Israel gegee - en dus ook aan die res van die mensdom?
    10. Of is die gebooie deur YHWH gegee aan Israel en slegs vir Israel?
    11. As die Ou Testament dan eintlik nie in Europa van toepassing moes gewees het nie (dit is daar afgedwing) - watter wette het dan gegeld as riglyne vir hulle (die afstammeling van Jafet?

    Ek weet dit is 'n mondvol en maar baie deurmekaar - ek het dit neergeskryf soos dit in my kop opgekom het na aanleiding van "Die ou man" se skrywes.


    Help asseblief met antwoorde
    Groete

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Ou Sanna View Post
    Vir 'n rukkie lees ek hier op die forum en vind dit baie insiggewend. Natuurlik het ek nou 'n paar vrae wat ek graag wil vra:

    1. As YHWH sy erfdeel van GOD ontvang het, wat het die ander seuns van GOD ontvang as erfdeel?
    JHWH se afgemete deel was Israel, uit 'n verdeling van die volke. (Deut 32:8:9)

    Die ander Seuns het ook volke ontvang.

    2. Wat het geword van die seuns van GOD wat reuse voortgebring het - is hulle ook vernietig in die sondvloed soos mense, of was hulle onsterflike "mense manier"? ek weet dat iewers in die Bybel het ek raakgelees dat GOD hulle laat sterwe soos die mens?
    Die reuse is vernietig, maar die waarskuwing aan die Seuns van God dat hulle soos sterflinge sal sterf indien hulle hul plig aangaande hul erfdeel versuim, is beskryf in Psalm 82.

    3. Waar is YHWH op hede; nog steeds in Sy magsposisie as God van Israel? Indien ja, watter invloed het Hy op ons, ons is tog net gehoorsaam aan GOD ALMAGTIG?
    JHWH is steeds die HEER van die Semitiese volke. As Nordiese/Germaanse afstammeling staan ek nie onder sy gesag nie.

    4. Is Wysheid vroulik?
    Wysheid is vroulik. God die Moeder.

    5. Is Wysheid die Heilige Gees?
    Die Heilige Gees is die Moeder van alles wat lewe, die oudste Dogter van God en vrou van die oudste Seun van God.

    6. Hoe is die skeppingsorde van die seuns van GOD teenoor die Engele?
    Die Seuns van God kom direk na die Vader, Moeder en Seun. Adam is die oudste Seun.

    7. As die tetragrammaton in die ou geskrifte ingeskryf is, beteken dit dan dat ABBA eintlik die ware Heilige Naam van die Onbekende GOD van die Grieke/Heidene wat in die ou geskrifte vervang is?
    Die Tetragrammaton (JHWH) is slegs die God van Israel/Sem. Elohim (God) is die God van Jafet. (Die Europese volke). Abba is die oudste Seun van God en Vader van die Christus.

    8. Ek sien dat ABBA sleg 3 keer in die hele Bybel voorkom.
    9. Is die "Wet van Moses" deur GOD Almagtig aan Israel gegee - en dus ook aan die res van die mensdom?

    10. Of is die gebooie deur YHWH gegee aan Israel en slegs vir Israel?
    Die Wet van Moses is gekoppel aan die verbond tussen JHWH en Israel met die besnydenis as teken. Dit het geen betrekking op die res van die mensdom nie, maar besvestig die feit dat Israel die eersgeborene (erfdeel) van JHWH is.

    11. As die Ou Testament dan eintlik nie in Europa van toepassing moes gewees het nie (dit is daar afgedwing) - watter wette het dan gegeld as riglyne vir hulle (die afstammeling van Jafet?)
    Die Ewige Verbond wat God (Elohim) met Noag gesluit het. ( Genesis 6:18. 9:1 tot 17)

    Ek weet dit is 'n mondvol en maar baie deurmekaar - ek het dit neergeskryf soos dit in my kop opgekom het na aanleiding van "Die ou man" se skrywes.

    Help asseblief met antwoorde
    Groete
    Ou Sanna.

    Laat weet gerus waar jy nie saamstem nie, dan kan ons daaroor gesels. Ek is hoegenaamd nie instaat daartoe om 'n ewige waarheid te formuleer nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Die Wet van Moses is gekoppel aan die verbond tussen JHWH en Israel met die besnydenis as teken. Dit het geen betrekking op die res van die mensdom nie, maar besvestig die feit dat Israel die eersgeborene (erfdeel) van JHWH is.

    Die Ewige Verbond wat God (Elohim) met Noag gesluit het. ( Genesis 6:18. 9:1 tot 17)

    Ou Sanna.

    Laat weet gerus waar jy nie saamstem nie, dan kan ons daaroor gesels. Ek is hoegenaamd nie instaat daartoe om 'n ewige waarheid te formuleer nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Dankie vir die terugvoer.

    Lyk vir my of ons oor die meeste saamstem. Ek verstaan nog net nie heeltemal wat die Ou Testament werklik op ons van toepassing het nie, behalwe vir die profete. Die boeke van die ou testament gaan oor die wel en wee van die Israeliete. Lewe ons onder daardie wette al dan nie, want nęrens is daar dan 'n stel ander wette en gebooie nie. Ons almal het morele waardes en standaarde as mense; maar het ons dit ontwikkel a.g.v. die gebooie of is dit inherente deel van alle mens wees.

    Iets belangrik soos die Sabbat; ons weet GOD het gerus op die sewende dag, maar waar sę dit dat elke mens dit op aarde moet onderhou, behalwe in die gebooie en latere verwysings daarna in die Bybel.
    Veral die Sabbat is vir my 'n groot saak omdat baie aanduidings dit so interpreteer dat die Sabbat onderhouing op die sewende dag (vir party die Saterdag as die ware Sabbat) in die "eindtyd" die vernaamste onderskeid gaan wees en selfs die merk van die dier gaan wees om Sondag te onderhou as die Sabbat en nie soos wat die Rooms Katolieke kerk bepaal het dat Sabbat op die eerste dag van die week sal wees nie?

    Isaiah 1 (New International Version)

    Isaiah 1


    13 Stop bringing meaningless offerings!
    Your incense is detestable to me.
    New Moons, Sabbaths and convocations—
    I cannot bear your evil assemblies.

    Isaiah 1 (King James Version)

    Isaiah 1


    13Bring no more vain oblations; incense is an abomination unto me; the new moons and sabbaths, the calling of assemblies, I cannot away with; it is iniquity, even the solemn meeting.

    Iniquity = Wickedness+=Evil=Sin=Vice=Injustice=Crime (soos wat die woordeboek op die rekenaar dit gee)

    Isaiah 1 (New International Reader's Version)

    Isaiah 1


    13 Stop bringing offerings that do not mean anything to me!
    I hate your incense.
    I can't stand your evil gatherings.
    I can't stand the way you celebrate your New Moon Feasts,
    Sabbath days and special services.
    14 I hate your New Moon Feasts
    and your other appointed feasts.
    They have become a heavy load to me.
    I am tired of carrying it.

    Hierbo 'n hele paar vertalings se woorde - Lyk nie vir my of die Sabbat dag onderhou moet word nie - of is ek van die pad af?

    Ek kan nie sien dat die wette/gebooie so aan Noag gegee is deur GOD nie, anders sou die Bybel pertinent so onderskei het?
    As die sondvloed dan juis gebeur het om alles weer "nuut" te maak; hoekom het GOD dan nie die wette/gebooie van die "nuwe begin" af vir die mense gegee nie? Moes die mens dan nou weereens die teendeel bewys?

    Dit lyk vir my of die wette/gebooie eers "op die toneel" verskyn het toe YHWH "op die toneel" verskyn het. Eers in Det. 32?

    Moet asseblief nie die geskryf soos dit hierbo sien as lasterlik of iets dergliks nie - dit is maar net die maklikste manier vir my gedagtes weer te gee.

    Groete aan almal

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Ou Sanna.

    My persoonlike siening is dat die Boer slegs 16 Desember as Sabat moet onderhou. Dit was ons ooreenkoms met God.

    Die ander is, wat my aanbetref rusdae.

    Liefde groee.

    Die Ou Man

  6. #6
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ou Sanna.

    My persoonlike siening is dat die Boer slegs 16 Desember as Sabat moet onderhou. Dit was ons ooreenkoms met God.

    Die ander is, wat my aanbetref rusdae.

    Liefde groee.

    Die Ou Man
    Die Ou Man

    Ek gaan 'n nuwe draad begin onder Sabbat sodat ons agter die kap van die byl kan kom - indien ons kan.
    Wat van die gelofte wat gemaak is by Perdekraal?
    Ek sal dit gaan soek en kan ons daarna kyk.

    Groete

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Ou Sanna View Post
    Die Ou Man

    Wat van die gelofte wat gemaak is by Perdekraal?
    Ek sal dit gaan soek en kan ons daarna kyk.

    Groete
    Ou Sanna.

    Wat gelofte aanbetref, sal ons by die begin moet begin. Dit is hier.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #8
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ou Sanna.

    Wat gelofte aanbetref, sal ons by die begin moet begin. Dit is hier.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Dankie
    Ek het soontoe gegaan en sommer ook die ander verbonde tot my kennis daar geplaas.
    Dit lyk asof dit ook dan vervat word onder die beskrywing in die woordeboek.

    Groete

  9. #9
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ou Sanna.

    My persoonlike siening is dat die Boer slegs 16 Desember as Sabat moet onderhou. Dit was ons ooreenkoms met God.

    Die ander is, wat my aanbetref rusdae.

    Liefde groee.

    Die Ou Man
    Die Ou Man

    Ek is nie so seker oor die "gelofte" van Van Riebeeck nie, aangesien dit uit 'n bietjie navorsing lyk of ons stamboom eers hier in die vroeg 1800 in Suid-Afrika begin het, nadat 'n paar jong manne van Ierland hiernatoe gekom het.
    Hier het hulle dan vrou gekry en getrou en die stamboom begin. Ek dink ook nie regtig ons is "gebonde" onder daardie onderneming en danksegging nie.
    Vir my begin ons bestaan basies eintlik die dag toe ons fisiese voorsate voet aan wal gesit het, getrou en kinders verwek is uit die huwelike.

    Groete

  10. #10
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Wat kom na die Bybel?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ou Sanna.

    My persoonlike siening is dat die Boer slegs 16 Desember as Sabat moet onderhou. Dit was ons ooreenkoms met God.

    Die ander is, wat my aanbetref rusdae.

    Liefde groee.

    Die Ou Man

    Naand Almal,

    Hier gaan ek met DOM in geheel akkoord!

    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Die Witboek en Die Bybel
    By Jaco Slabbert in forum Witboek
    Replies: 44
    Last Post: 30th March 2019, 03:29
  2. Hoe sluit die Witboek by die Bybel aan?
    By Antje De waal in forum Witboek
    Replies: 186
    Last Post: 17th February 2012, 20:36
  3. Hoe betroubaar is die bybel
    By Francois in forum Besprekings
    Replies: 3
    Last Post: 26th July 2010, 08:43
  4. Teenstrydighede in die Bybel - Kom ons kyk!
    By Ou Sanna in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 3
    Last Post: 13th March 2009, 06:48
  5. Die Bybel: Woord van God: Sowaar?
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 35
    Last Post: 26th November 2008, 10:09

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •