Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 20 of 20

Thread: Die Wysheid van Salomo

  1. #11
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 11

    Die straf van die Egiptenare is tot voordeel van die Jode

    1. Deur die heilige profeet Moses het die Wysheid die Israeliete die regte dinge laat doen.
    2. Hulle het deur die onbewoonde wildernis getrek en in verlate plekke hulle tente opgeslaan.
    3. Hulle het hulle man teen hulle vyande gestaan en hulle teŽstanders uitoorlÍ.
    4. Toe hulle dors was, het hulle na U geroep en toe water uit 'n soliede rots gekry. Uit harde steen het hulle hulle dors geles.
    5. Die straf wat hulle vyande getref het, was vir die Israeliete in hulle nood tot voordeel.
    6. In Egipte is opdrag gegee dat die babas van Israel doodgemaak moes word. Die Egiptenare is daarvoor gestraf: hul standhoudende rivier is van sy oorsprong af deur bloed besoedel.
    7. U het egter aan u mense bo hulle verwagting 'n oorvloed van water gegee.
    8. U het vir hulle gewys hoe U hulle vyande straf deurdat hulle self baie dors geword het. U het u volk vir 'n rukkie getoets, hoewel U hulle so deur u genade op die regte pad gehou het.
    9. So kon hulle duidelik agterkom dat die goddeloses geweldig gely het omdat u woede hulle getref het.
    10. U het u mense beproef, net soos 'n pa as hy sy kinders die gevare van die lewe wil leer. Die goddeloses moes egter deurloop net soos wanneer 'n streng koning mense verdoem.
    11. Of die mense nou ver of naby was, hulle het ewe kwaai deurgeloop en het ewe swaar gekry.
    12. Die Egiptenare is met dubbele slae geslaan. Aan die een kant het hulle gekreun en gekla oor die dinge wat in die verlede gebeur het.
    13. Aan die ander kant moes hulle hoor dat die regverdige Israel uit hulle straf voordeel getrek het. Hulle het toe besef dat die Here aan die werk is.


      Waardeur jy sondig, daardeur word jy gestraf

    14. Hulle het Moses, vir wie hulle uitgegooi het toe hy nog klein was, gespot en verwerp. Uiteindelik moes hulle hom egter bewonder, nadat hulle op 'n manier dors was wat heeltemal van die regverdiges se dors verskil het.
    15. Hulle koppe was vol dom en dwase gedagtes, wat veroorsaak het dat hulle redelose slange en nuttelose diere aanbid het. Daarom het U groot swerms redelose diere en insekte na hulle toe gestuur om hulle te straf.
    16. So sou hulle gou besef dat dit waardeur jy sondig, daardeur word jy ook gestraf.
    17. Die wÍreld is deur u almagtige hand uit vormlose materie geskep. Hierdie almagtige hand kon en het ook 'n groot trop bere of wilde leeus na hulle toe gestuur.
    18. Die skeppingshand kan ook onbekende wreedaardige diere nuut skep, wat vuur uit hulle monde skiet, dik bolle rook uitblaas of uit hulle oŽ skrikwekkende vlamme laat flits.
    19. Hierdie diere kon hulle nie net aanval en heeltemal vernietig nie; nee, om bloot net hierdie verskriklike diere te sien kon maak dat iemand hom doodskrik.
    20. Die diere was eintlik nie nodig nie. U kon hulle met een hou platvee wanneer hulle in U vasloop en uitmekaargeblaas word deur u kragtige asem. Maar U het alles gereŽl volgens maat en nommer en gewig.


      Tog is die Here se liefde en genade groot

    21. U kan altyd u groot mag wys. Wie kan ooit u krag teenstaan?
    22. Ja, voor U is die hele wÍreld soos 'n korreltjie op 'n skaal, soos 'n druppel můredou wat op die grond val.
    23. Maar U het met almal genade, want U kan alles doen. U kyk by mense se sondes verby sodat hulle hulle kan bekeer.
    24. U het alles lief wat bestaan. U verag niks wat U gemaak het nie. U sou tog nie iets gemaak het waarvan U nie hou nie.
    25. Hoe sou enigiets kon bly bestaan as U dit nie so wou gehad het nie? Of hoe sou enigiets kon bly bestaan as U dit nie daardie bestaan gegee het nie? U spaar alle dinge omdat dit aan U behoort, o Here, U wat die lewendes liefhet.

    .

  2. #12
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 12

    Die Here help mense reg

    1. U Gees wat nooit kan vergaan nie, is in alle dinge. Daarom help U mense wat verkeerd leef bietjie vir bietjie reg.
    2. U waarsku hulle en herinner hulle aan die sondes waarin hulle geval het sodat hulle kan loskom van die verkeerde dinge en op U kan vertrou, o Heer.
    3. U het daardie mense gehaat wat lank terug in u heilige land gewoon het
    4. omdat hulle veragtelike dinge gedoen het; ja, met toordery en onheilige rites het hulle hulleself besig gehou.
    5. Hulle het hulle kinders genadeloos vermoor en offermaaltye van mensvleis en bloed geŽet.
    6. U het besluit om hierdie ouers wat hulle hulpelose kinders vermoor deur ons voorvaders te vernietig.
    7. So kon die kinders van God die land wat vir U so kosbaar is, as waardige bewoners ontvang.
    8. Maar selfs hierdie mense het U gespaar omdat hulle maar net mense was. Tog het U perdebye gestuur as voorlopers van u weermag om hulle bietjie vir bietjie te vernietig.
    9. Dit is nie asof U nie in staat was om die regverdiges die oorlog teen die goddeloses te laat wen nie; of om hulle in 'n oogwink uit te wis deur verskriklike wilde diere of net deur een harde woord nie.
    10. Deur hulle bietjie vir bietjie te oordeel het U hulle kans gegee om hulleself te bekeer, hoewel U geweet het dat hulle van binne af sleg was, en dit van hulle geboorte af. U het geweet dat hulle nooit hulle denke sal verander nie.
    11. Hulle was van die begin af 'n vervloekte klomp mense. Dit was ook nie omdat U vir enigiemand bang was dat U hulle sonde ongestraf gelaat het nie.


      Wie kan die Here voorskryf?

    12. Want wie kan vir U sÍ: "Wat het Jy gedoen?", of wie kan u besluite verander? Wie kan U beskuldig omdat U volke vernietig het? Of wie kan voor U kom staan en die onregverdiges probeer verdedig?
    13. Daar bestaan ook nie 'n ander god behalwe U wat vir mense omgee nie, sodat U dus nie teenoor hom hoef te bewys dat U regverdig geoordeel het nie.
    14. Nog minder kan enige koning of prins U tot verantwoording roep namens die mense wat U gestraf het.
    15. U is regverdig en U regeer oor alle dinge op 'n regverdige manier. U dink nie eers daaraan om iemand te veroordeel wat dit nie verdien nie, want dit is U doodgewoon nie waardig nie.
    16. U krag is die oorsprong van alle geregtigheid. Ja, omdat U Here oor alles is, vergewe U ook almal.
    17. Maar U wys u krag as mense begin wonder of U regtig so sterk is. Die mense wat daarvan weet se vermetelheid laat U gou aan die pen ry.
    18. U beskik oor alle krag, maar U oordeel nie sommer nie. U regeer ons met baie begrip, hoewel U kan optree net wanneer U wil.


      Die Here sal die goddeloses oordeel,
      hoewel Hy hulle eers 'n billike kans gee

    19. So het U het vir u mense 'n voorbeeld gestel, naamlik dat die regverdige man gaaf en vriendelik teenoor ander moet wees. U het aan u kinders goeie hoop gegee: as hulle sonde doen, het hulle die geleentheid om dit te bely.
    20. U het u diensknegte se vyande wat niks anders as die dood verdien nie, met groot versigtigheid en openheid bestraf. U het hulle tyd en geleentheid gegee om hulle van hulle slegte optrede te bekeer.
    21. Met hoeveel sensitiwiteit het U nie net u kinders geoordeel nie; met hulle voorouers het U plegtige ooreenkomste gemaak en mooi dinge aan hulle beloof.
    22. U dissiplineer ons wel, maar U straf ons vyande duisend maal meer. In diť lig moet ons altyd besef hoe goed U vir ons is as ons ander oordeel; of dat ons genade mag verwag as ons self geoordeel word.
    23. U laat die mense wat nie reg lewe nie, onder hulle eie skandalige optrede ly.
    24. Hulle het heeltemal afgedwaal en op verkeerde paaie beland. Hulle het selfs die diere wat deur hulle vyande verag word, as gode aanvaar. Hulle is soos onnosele babas bedrieg.
    25. Daarom het U u oordeel oor hulle gebring asof oor kinders wat nie mooi kan dink nie. So is hulle tot spot gemaak.
    26. Die mense wat hulle nie wil steur aan hierdie ligte waarskuwings nie, sal hulle verdiende straf van God kry.
    27. Terwyl hulle hierdie dinge gely het, het hulle kwaad geword vir die skepsele wat hulle gedink het hulle gode is - hulle is immers deur hierdie einste skepsele gemartel. Toe het hulle eers gesien en besef dat die God waarvan hulle voorheen niks wou weet nie, die ware God is. Daarmee het die uiterste van strawwe oor hulle gekom.

    .

  3. #13
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 13

    Die grootsheid van die Skepper

    1. Alle mense wat God nie ken of van Hom weet nie, is van nature dwaas. Hulle kon nie uit al die goeie dinge wat 'n mens sien die Een wat bestaan, leer ken nie. Nog minder het hulle die kunstenaar uit sy werke herken.
    2. Hulle het gedink dat al die dinge in die skepping gode is wat die wÍreld regeer - die vuur of wind of die vinnige luggie wat verbytrek, die sterre rondom hulle of die stormwater, of die ligte wat die hemel verlig.
    3. Hulle het aangeneem dat hierdie dinge gode is omdat dit vir hulle so indrukwekkend was. As dit die geval is, laat hulle dan besef hoeveel beter die Here is. Hy wat die Oorsprong van alle skoonheid is, het hulle gemaak.
    4. Of as mense verstom staan voor hulle mag en hulle werking, laat hulle dan besef hoeveel magtiger die Een is wat dit alles gemaak het.
    5. Want uit die grootsheid van die skepping kan 'n mens agterkom wie die Skepper is.
    6. Tog moet hierdie mense nie so kwaai verwyt word nie. Hulle is miskien op die verkeerde pad, maar hulle soek God tog en begeer om Hom te vind.
    7. Terwyl hulle tussen sy skeppingswerke leef, bly hulle op soek. Die dinge wat hulle sien, is egter so pragtig dat hulle daarop vertrou.
    8. Tog is hierdie verskoning nie goed genoeg nie.
    9. As hulle kennis so gevorderd is dat hulle die wÍreld so kan navors, hoe is dit dan moontlik dat hulle nie die Here van al hierdie dinge kan vind nie?


      Die belaglikheid van afgode

    10. Hoe pateties is hulle nie, die mense wat hulle hoop op dooie dinge gestel het; hulle wat dinge wat mense gemaak het, gode noem; ja, dinge soos goud en silwer wat kunstig gevorm is en dinge wat nes diere lyk of nuttelose klip wat iemand lank gelede gemaak het.
    11. 'n Houtwerker kan 'n geskikte boom afsaag en sy bas met vaardigheid afstroop. Met kunstige vaardigheid kan hy dan dinge maak wat 'n mens vir alledaagse behoeftes kan gebruik.
    12. Hy kan dan 'n vuur maak van die stukkies hout wat oorgebly het, sy kos daarop gaarmaak en lekker eet.
    13. Dan kan hy 'n onbruikbare krom stuk afvalhout vol knoetse tussen die ander stukke afvalhout uit kies. Hy kerf dan daaraan as tydverdryf. Uit verveeldheid kerf hy iets daaruit in die vorm van 'n man,
    14. of maak iets wat lyk soos 'n nuttelose dier. Hy sit dan 'n paar lae rooi verf oor en smeer al die lelike plekkies toe.
    15. Hy maak dan 'n behoorlike plek daarvoor om te staan, sit dit in 'n holte in die muur en maak dit met 'n stuk yster vas -
    16. hy moet doodseker maak dat dit nie sal omval nie, want hy weet die stuk hout kan homself nie help nie. Dit is mos maar net 'n beeld wat gehelp moet word.
    17. Wanneer hy nou bid oor sy besittings en sy huwelik en kinders, is hy nie skaam om met so 'n lewelose ding te praat nie.
    18. Oor sake wat sy gesondheid raak, vra hy so 'n kragtelose ding om hom te help. Vir lewe bid hy tot 'n ding wat dood is. Hy smeek iets om hulp wat glad nie weet hoe om te help nie. Vir 'n voorspoedige reis bid hy tot 'n ding wat self nie 'n enkele tree kan loop nie.
    19. Vir sy geldsake en werk en sukses wat hy deur sy handewerk moet bereik, vra hy krag van 'n ding in wie se hande daar self geen krag is nie.

    .

  4. #14
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 14

    Dit is eintlik die Here wat mense beskerm

    1. Ja-nee, iemand wat regmaak om weg te seil op 'n tog oor stormwaters roep 'n stuk hout aan wat baie broser is as die skip wat hom moet dra.
    2. Die skip is deeglik beplan sodat suksesvol daarmee handel gedryf kan word. Wysheid was die vakman wat dit gebou het.
    3. U versorging, o Vader, is die gids op die tog. U gee daarvoor 'n pad deur die see en 'n veilige weg deur die golwe.
    4. U het gewys dat U dit veilig kan hou teen alle gevaar sodat selfs 'n onervare seeman op die see kan vaar.
    5. U wil nie hÍ dat die werke van u wysheid onbenut moet bly nie. Daarom vertrou mense hulle lewens aan die kleinste stuk hout toe. Op 'n skip steek hulle die stormwaters veilig oor.
    6. Lank, lank gelede, in die tyd van Noag, is die arrogante reuse vernietig. Tog het Noag, die hoop van die wÍreld, sy toevlug tot 'n ark geneem. So het hy 'n toekoms vir sy mense in hierdie wÍreld verseker, natuurlik onder u leiding.
    7. So 'n stuk hout wat reg gebruik word, is geseŽnd.


      God sal die afgod en sy maker albei straf

    8. Maar die afgod wat met hande gemaak is, is vervloek saam met die een wat dit gemaak het - die een wat dit gemaak het, is vervloek juis omdat hy dit gemaak het en die verganklike stuk hout omdat dit die naam van god dra.
    9. Want God haat die goddelose en sy goddeloosheid ewe veel.
    10. Daarom sal dit wat gemaak is saam met die een wat dit gemaak het, gestraf word.
    11. Daarom sal ook die heidense afgode 'n besoek van God nie vryspring nie. Hoewel hulle deel is van God se skepping, het hulle veragtelik geword. Hulle het strikke vir mense geword en 'n val vir die voete van die dwase.


      Waar kom afgode vandaan?

    12. Die idee om afgode te maak dui die begin aan van mense wat van God af weggedraai het. Om afgode uit te dink het die lewe verrot gemaak.
    13. Hulle het immers nie van die begin af bestaan nie, net soos hulle ook nie vir altyd sal bly bestaan nie.
    14. Hulle het in die wÍreld ingekom vanweŽ die ydelheid van mense. Daarom sal hulle nie lank hou nie.
    15. 'n Pa was bitter hartseer omdat sy kind skielik van hom weggeneem is. Hy maak toe 'n beeld van sy kind en eer dit as 'n god; ja, 'n dooie mens. Aan sy nageslag lewer hy nou geheime rites en spesiale godsdienstige gebruike oor.
    16. Hierdie goddelose gebruike het met verloop van tyd sterker geword en het later wet geword.
    17. Konings het ook beveel dat mense gekerfde beelde van hulle moes aanbid. Mense wat so ver weg gebly het dat hulle hom nie van aangesig tot aangesig kon eer nie, het 'n beeld gemaak wat soos die koning lyk. So wou hulle aan hom eer bewys. Hulle was gretig om hom in sy afwesigheid goed te laat voel, net asof hy daar by hulle was.
    18. Om die godsdiens sterker te maak het die kunstenaar uit suiwer ambisie mense met sy werk aangespoor, al het hulle die koning glad nie geken nie.
    19. Hierdie kunstenaar het in sy kunstigheid die beeld nie alleen net soos die koning laat lyk nie, maar dit ook nog mooier gemaak, miskien omdat hy die koning wou beÔndruk.
    20. Die massas mense wat deur die werk van die kunstenaar beÔndruk is, het spoedig begin dink dat die konings aanbid moes word, dit terwyl hy nog kort tevore net as 'n mens vereer is.
    21. Dit het 'n groot gevaar vir mense ingehou: wanneer mense deur ongeluk oorval word of onder tirannie beland het, het hulle aan klippe of stukke hout die Naam gegee wat met niks en niemand gedeel mag word nie.
    22. Asof dit nie genoeg was dat hulle hulle heeltemal misreken het met hulle kennis van God nie, het hulle ook nie verstaan wat vrede is nie. Uit blote onkunde was hulle in 'n stryd gewikkel en het tussen die booshede deur gedink hulle het vrede.
    23. Ja, hulle het kinders doodgemaak as offers en in die geheim misterieuse dinge gedoen of uitbundige feeste met snaakse gebruike gevier.
    24. Hulle het nie meer hulle lewens of hulle huwelike rein gehou nie. Hulle het ůf mekaar op 'n verraderlike manier doodgemaak, ůf mekaar die duiwel in gemaak deur by mekaar se vrouens te slaap.
    25. Dit is eintlik maar net een groot deurmekaarspul - oral is bloed en moord, diefstal en bedrog, korrupsie, onbetroubaarheid, chaos en 'n gelieg en bedrieg aan die orde van die dag.
    26. Mense weet nie meer wat is goed of sleg nie, is nie meer dankbaar nie, maak hulle siele onrein, verval in seksuele perversiteit, mors hulle huwelike op, gee nie om saam met wie hulle slaap nie en gedra hulle absoluut skaamteloos.
    27. Om afgode sonder enige status en bestaan te aanbid is die oorsaak en bron van alle kwaad en loop uit op die dood.
    28. Hierdie aanbidders verloor alle beheer as hulle feesvier, of hulle profete mislei hulle, of hulle lewe sonder om enige wet te gehoorsaam, of hulle staan reg om ander te belieg.
    29. Omdat hulle lewelose afgode vertrou, dink hulle daar sal niks met hulle gebeur as hulle allerhande valse beloftes maak nie.
    30. Maar om twee redes sal hulle regverdig gestraf word: omdat hulle sleg van God gedink het deur hulleself aan afgode oor te gee en omdat hulle doelbewus vals beloftes gemaak het en so dit wat reg is, verag het.
    31. Mense sal regverdig gestraf word vir die sonde wat hulle gedoen het. Die afgode waarby hulle so hoog en laag sweer, het geen mag nie.

    .

  5. #15
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 15

    Staan aan die kant van God, nie van beelde nie

    1. Maar U, o God, is goed en getrou. U is geduldig en heers oor alle dinge met genade.
    2. Selfs as ons sondig, is ons u s'n, want ons ken u krag. Ons sal nie sondig nie, want ons weet dat U ons as u eiendom erken.
    3. Om U te ken plaas ons heeltemal aan die kant van dit wat reg is en om u krag te ken is die wortel van onsterflikheid.
    4. Ons is nie mislei deur die kunstige verbeeldingsvlugte van mense nie; ook nie deur die vrugtelose geswoeg van kunstenaars of 'n beeldjie wat met verskillende kleure verf versier is nie.
    5. Dink net - 'n beeld wat gekke aantrek totdat hulle smag na hierdie lewelose, dooie beeld.
    6. Die mense wat hierdie beelde maak of begeer of dit aanbid, is mense wat die Bose liefhet en pas by daardie goed waarop hulle hulle hoop plaas.


      Die maker van afgode is self maar 'n tydelike mens
    7. 'n Pottebakker brei die sagte klei en vorm met moeite elke ding vir ons gebruik. Uit dieselfde klei maak hy voorwerpe wat bedoel is vir skoon gebruik, maar ook vir teenoorgestelde gebruik. Hy maak dit op presies dieselfde manier. Daarna besluit hy watter voorwerp vir watter doel gebruik gaan word.
    8. Wanneer hierdie werkers uit dieselfde klei 'n nuttelose god maak, het hulle hulle tyd gemors. Hierdie pottebakker self was nog maar 'n kort rukkie gelede uit die stof van die aarde gemaak en na 'n rukkie sal hy terugkeer na die aarde waaruit hy geneem is. Dan moet hy die siel wat aan hom geleen is, weer teruggee.
    9. Maar hierdie werkers gee nie om dat sterflinge bestem is om te sterf of dat hulle lewe van korte duur is nie. Hulle kompeteer met mense wat met goud en silwer werk, aap die koperwerkers na. Hulle dink dat dit hulle vreeslik belangrik maak om vals gode te maak.
    10. Die gedagte van sy hart is soos as, 'n krieseltjie stof is meer werd as sy hoop. Sy lewe se waarde kan nie eers met diť van klei vergelyk word nie,
    11. want hy ken nie die Een wat hom gemaak en vir hom 'n aktiewe siel gegee en 'n lewende gees in hom ingeblaas het nie.
    12. Hy sien egter ons bestaan as 'n speletjie en ons lewe as een groot fees om wins te maak, want hy redeneer dat 'n mens geld in die hande moet kry, maak nie saak hoe nie. Jy kan selfs verkeerde metodes gebruik.
    13. Hierdie man - meer as al die ander - weet goed dat hy sonde doen as hy uit aardse materiaal breekbare voorwerpe en gekerfde afgode maak.


      Afgode is kragteloos

    14. Die vyande van u mense, wat hulle so onderdruk, is gek en ellendiger as 'n klein kind.
    15. Hulle het gedink dat al die heidense afgode gode was, hoewel hierdie afgode nie hulle oŽ kon gebruik om mee te sien, hulle neuse om asem mee in te trek, hulle vingers om mee te voel of hulle voete om mee te loop nie.
    16. Want 'n mens het hulle gemaak - iemand wie se gees aan hom geleen is, het hulle gevorm. Niemand kan gode maak wat soos hulleself is nie.
    17. Mense is sterflik en wat hulle met hulle wettelose hande maak, is dood; hulle is beter as die goed wat hulle aanbid, want hulle het lewe, iets wat die afgode nooit gehad het nie.
    18. Dit is nie al nie. Hulle aanbid ook die vieslikste diere wat onnoseler as al die ander diere is.
    19. Hulle is ook nie eers mooi nie - niemand sal hulle voorkoms bewonder nie; beide God se lof en sy seŽn gaan by hulle verby.

    .

  6. #16
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 16

    God se straf en redding kom deur diere

    1. Die Egiptenare is daarom met reg deur daardie gedrogte gestraf en deur die massa diere gepynig.
    2. Maar in plaas van straf was U baie goed vir u mense. U het aan hulle kwartels voorsien om te eet - 'n baie spesiale dis om hulle honger te stil.
    3. Die Egiptenare sal as hulle honger word alle lus vir kos verloor want hulle sal aan die veragtelike gedrogte dink wat U na hulle toe gestuur het Maar u mense, nadat hulle 'n kort rukkie swaargekry het, sal aan die spesiale kos smul.
    4. Oor die onderdrukkers sal 'n onversadigbare honger kom
      terwyl daar aan die volk Israel bloot gewys is hoe hulle vyande gepynig
      word.
    5. Daar het oor die Israeliete ook verwoede wilde diere gekom en hulle is ook dood aan die byte van kriewelende slange. Tog het u toorn nie tot op die heel einde gehou nie.
    6. Hulle het vir 'n klein rukkie swaargekry, net om hulle te waarsku. So het hulle 'n teken - 'n koperslang op 'n paal - gekry en besef dat U hulle red. Daaraan kon hulle vashou en altyd weer dink aan u wette en wat dit vra.
    7. Die een wat na die koperslang gedraai het, is nie gered deur dit wat hy gesien het nie, maar deur U, die Redder van alles.
    8. So het U selfs u vyande oortuig dat dit U is wat mense van alle kwaad verlos.
    9. Hulle is doodgemaak deur die sprinkane en vlieŽ wat hulle so gebyt en gesteek het. Hulle kon niks doen nie en geen medisyne of dokters het gehelp nie, want hulle het verdien om op diť manier gestraf te word.
    10. Maar nie eers die tande van die giftige slange kon u kinders onderkry nie, want u genade was daar. Dit het hulle te hulp gekom en genees.
    11. Hulle is gebyt om net weer hulle ore oop te maak sodat hulle weer u woorde kon hoor, en is daarna vinnig genees. Dit is gedoen sodat hulle nie heeltemal van U vergeet nie en altyd aan u goedheid vir hulle sal bly dink.
    12. Dis nie medisyne of salf wat hulle gesond gemaak het nie, maar u woord, o Here, wat almal genees het.
    13. Want U het mag oor lewe en dood. U lei sterflike mense af na die poorte van die doderyk en bring hulle weer daarvandaan terug.
    14. Dis so anders as 'n mens: 'n mens kan iemand uit boosheid wel doodmaak, maar nie die gees wat die liggaam so verlaat het weer terugbring nie; hy kan nie die siel uit die gevangenis van die dood bevry nie.


      Alles in die skepping is aan die kant van God se mense

    15. Dit is onmoontlik om van U af te ontsnap.
    16. Die slegte mense wat niks van U wou weet nie, het voluit in u krag vasgeloop. Dit het gebeur toe buitengewoon baie reŽn en hael en onophoudelike storms hulle getref het. Hulle is ook verteer deur vuur.
    17. Die mees ongelooflike was egter dat die vuur nog sterker in die water gebrand het, wat eintlik veronderstel was om dit te blus. Ja, alles in die skepping is aan die kant van God se mense.
    18. Op 'n keer het die vlamme teruggesak sodat die gedrogte wat teen die goddelose mense gestuur is, nie sou verbrand nie. Toe hulle dit gesien het, moes hulle besef het dat dit die oordeel van God is wat hulle tref.
    19. By 'n ander geleentheid het die vuur in die water nog sterker as voorheen gebrand om so die oeste van die bose land te vernietig.


      God sorg vir sy volk deur manna

    20. In kontras daarmee het U aan u mense die kos van engele gegee. Sonder dat hulle daarvoor moes werk, het U aan hulle brood (manna) uit die hemel gegee wat reg was om te eet. Hulle het dit baie geniet en almal het daarvan gehou.
    21. Die manier waarop U u mense onderhou het, het gewys hoe goed U vir u kinders is. Die brood wat hulle geŽet het, het U verander na elkeen se eie smaak.
    22. Sneeu en ys het nie van die hitte van die vuur gesmelt nie. So sou die mense besef dat die oeste van hulle vyande vernietig is deur die vuur van die weerligstrale wat tydens die haelstorm geslaan en in die reŽnbuie geblits het.
    23. Tog het die vuur sy natuurlike krag verloor sodat die regverdiges hulle kos kon eet.
    24. Die skepping is u wat dit gemaak het se dienskneg. Daarom werk die kragte van die skepping saam om die onregverdiges te straf. Maar as hierdie kragte by die mense kom wat op U vertrou, wil dit net goed wees en raak dit kalm.
    25. In daardie tyd het daar ook veranderings in die natuur gekom om U die beste te kan dien. U versorg alles deur u genadegawes volgens wat mense nodig het en graag wil hÍ.
    26. So kan u kinders wat U liefhet, o Here, weer besef dat dit nie die oeste is wat mense versadig maak nie; dit is u woord wat die mense versadig wat op U vertrou.
    27. Want die manna wat nie deur die vuur van die weerlig verbrand is nie, het later gesmelt toe 'n vlugtige sonstraaltjie daarop val.
    28. So sou mense besef dat hulle voor die son opkom vir U dankie moet sÍ. In die oggendskemer moet hulle tot U bid.
    29. Want die hoop van 'n ondankbare persoon sal soos dou voor die oggendson verdwyn en soos nuttelose water wegloop.

    .

  7. #17
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 17

    Duisternis tref die Egiptenare

    1. U oordele is groot en moeilik om te beskryf. Daarom het mense wat nie wou leer nie die pad byster geraak.
    2. Net toe wettelose Egiptenare dink dat hulle die heilige Israel in hulle mag het, het hulle in die mag van die duisternis geval. Toe is hulle gevange gehou deur die donker nag wat nie wou einde kry nie. So moes hulle binne vier mure bly lÍ, want die ewige Voorsienigheid het hulle daar toegesluit.
    3. Daardie Egiptenare het mos gedink dat hulle geheime sondes ongesiens verbygegaan het; ja, dat dit vergeet sou word en onder 'n donker gordyn sou verdwyn. Maar nee, hulle is deur geeste en visioene uitmekaargejaag en getreiter - en hulle het van vrees gebewe.
    4. Al het hulle waar ook al gaan wegkruip, hulle kon nie van die vrees af wegkom nie. Vreesaanjaende geluide het rondom hulle weerklink en grusame spoke met somber gesigte het aan hulle verskyn.
    5. Niks, nie eers die mag van vuur, kon vir hulle lig bring nie. Nie eers die vlammende helder lig van die sterre kon die donker van daardie nag
      breek nie.
    6. Daar was geen lig nie, behalwe die skrikwekkende blitsende weerlig. As die weerlig geslaan het, was hulle angsbevange. Die dinge wat hulle in die flitsende lig gesien het, was slegter as die duisternis wat hulle omvou het.
    7. Die illusies en oŽverblindery van hulle toorkunsies het nou nie meer gewerk nie. Hulle het so gespog oor hoeveel hulle weet, maar op 'n minagtende manier is die teendeel bewys.
    8. Die geestelikes wat voorgegee het om mense van vrees en paniek te genees, was self dodelik siek van die vrees - daaroor kan 'n mens maar net lag.
    9. Selfs al was daar niks ontstellends om hulle bang te maak nie, het die wilde diere wat verbygeloop het en die slange wat gesis het hulle aan die bewe gehou.
    10. 'n Verskriklike vrees het hulle beetgepak. Hulle wou nie eers na die lug kyk nie, hoewel dit moontlik was.


      Mense verloor perspektief as dinge so sleg gaan

    11. Boosheid is van nature 'n lafhartige ding en dra die kiem van sy eie ondergang. Omdat 'n slegte gewete 'n mens altyd pla, sien dit gewoonlik net die slegste dinge raak en blaas dit dan nog op ook.
    12. As 'n mens mos bang is, kan jy nie meer mooi helder dink nie en verloor jy alle redelikheid.
    13. As jy nie meer hoop en verwagting oorhet nie, oorweldig die radeloosheid jou en verloor jy perspektief op die werklike oorsaak van die plaag.
    14. Dit was 'n nag soos enige ander. Hulle was aan die slaap. Toe is hulle oorval deur die nag wat op hulle toegesak het uit die dieptes van 'n verskriklike onderwÍreld - dit was ondraaglik.
    15. Verskriklike drogbeelde het hulle doodbang gemaak. Soos lammes het hulle daar gelÍ. Vrees het hulle skielik en onverwags oorrompel.
    16. Almal is platgeslaan en opgesluit in die tronk van duisternis wat nie van yster gemaak is nie -
    17. maak nie saak wie nie: of dit nou boere was of herders of mense wat in afgeleŽ plekke gewerk het, niemand het dit vrygespring nie. Niemand kon aan hierdie lot ontsnap nie. Hulle is almal deur dieselfde ketting van duisternis gebind.
    18. Alles en enigiets het hulle onbeheersd laat bewe van vrees: of daar 'n suisende wind gekom het en of dit die pragtige gefluit van die voŽls deur die digte takke van bome was; ja, of dit die ritme was van stormwater wat verbyloop,
    19. of die harde geluid van vallende rotse; of dalk die geluid van springende diere wat ongemerk hardloop of die brul van die mees wreedaardige dier of die eggo wat uit 'n holte in die berg na jou toe terugkom; ja, hulle was doodbang.
    20. Die lig van die son het helder oor die hele wÍreld geskyn. Mense kon sonder onderbreking met hulle werk voortgegaan.
    21. Net die Egiptenare alleen was in hierdie geweldige greep van die duisternis vasgevang. Dit was vir hulle 'n voorbeeld van die duisternis wat eendag werklik oor hulle sou kom. Maar nog donkerder as hierdie duisternis was die gemoedere van die Egiptenare.

    .

  8. #18
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 18

    Die Egiptenare kry duisternis - die Israeliete kry 'n vuurkolom

    1. Vir God se heilige mense was daar meer as genoeg helder lig. Hulle vyande het hulle stemme gehoor, maar kon hulle nie sien nie. Volgens hulle was die mense van God gelukkig omdat hulle nie soos hulle gely het nie.
    2. Die Egiptenare was ook bly dat u heilige mense vir wie hulle voorheen so sleg behandel het, hulle nie in gelyke munt terugbetaal het nie. Hulle het u mense ook mooi om verskoning gevra omdat hulle hulle voorheen so sleg behandel het.
    3. U het toe vir u mense 'n brandende vuurkolom gegee om hulle op hulle onbekende pad te lei. U het ook gesorg dat die son hulle nie te kwaai op hulle roemryke tog brand nie.
    4. Die Egiptenare het dit verdien om sonder lig in die duisternis toegesluit te wees. Hulle het immers u kinders gevange gehou deur wie die onverganklike lig van die Wet oor die wÍreld moes skyn.


      Die straf van die dood kom oor Egipte

    5. Toe die Egiptenare besluit het om die babas van u heilige mense ter vermoor, is een kind, Moses, weggesteek en so gered. VanweŽ hierdie besluit van die Egiptenare het U 'n massa van hulle kinders as straf laat sterf en hulle almal deur 'n magtige watermassa verdelg.
    6. Ons voorvaders het vooraf van daardie nag geweet. So kon hulle moed hou en vrolik wees. Hulle het geen twyfel daaraan gehad dat U u beloftes sou nakom nie.
    7. U mense het verwag dat die mense wat reg optree, gered sou word en dat hulle vyande vernietig sou word.
    8. Hierdie straf oor ons vyande was soos n roepstem wat ons na U toe geroep het en ons baie aansien gegee het.
    9. Die heilige kinders van die regverdiges het in die geheim offers gebring en het eenparig die goddelike wet gehou. Hulle het geweet dat die heiliges op dieselfde wyse aan die goeie dinge en aan die gevare deel kon hÍ. Hulle het reeds die lofliedere van hulle voorvaders gesing.
    10. Daar was egter ook ander klanke - die bitter geroep van hulle vyande het teruggeŽggo; hulle jammerlike gehuil en gekla oor hulle dooie kinders kon 'n mens van ver af hoor.
    11. Baas en slaaf is met dieselfde slag getref en die gewone mens het dieselfde verlies as die koning gelei.
    12. Daar was ontelbare dooies wat almal op dieselfde manier dood is. Diť wat lewendig agtergebly het, was nie genoeg om almal te begrawe nie. Hulle mees geliefde kinders is almal op een oomblik dood.
    13. Die towenaars het hulle om die bos gelei sodat hulle nie in God sou glo nie. Toe sterf hulle eersgeborenes ... hulle kon toe nie anders as om te erken dat hierdie volk soos God se seun was nie.
    14. Die stilte van die nag het alles omvou - die nag was byna halfpad verby.
    15. U magtige woord het egter uit die hemel weerklink. Die woord het van u koninklike troon af soos 'n ervare soldaat in die land ingespring wat gedoem was.
    16. U onwrikbare bevel het soos 'n skerp swaard deur hulle gesny. Toe die Engel op die aarde kom staan het, het hy alles met die dood gevul. Hoewel hy op die aarde gestaan het, het hy die hemel geraak.
    17. Skielik het Egiptenare angstig op hulle beddens begin rondrol van die verskriklikste nagmerries wat hulle getref het. 'n Onverwagte vrees het hulle beetgepak.
    18. Hier het een halfdood neergeval en daar 'n ander, terwyl dit tot hulle deurgedring het waarom hulle so moes sterf.
    19. Immers, hulle is in die nagmerries wat hulle so omgekrap het vooraf oor die dinge gewaarsku. Hulle is dus nie dood sonder om te besef waarom hulle so moes ly nie.


      Die dood tref Israel ook, maar duur nie lank nie - die hoŽpriester red hulle

    20. Die regverdige Israel se pad het egter ook met die dood gekruis. 'n Plaag het hulle in die wildernis getref, maar die ontevredenheid van die Here het nie lank geduur nie.
    21. 'n Man, AŠron, wat niks verkeerd gedoen het nie, het toe tot hulle redding gekom. As hoŽpriester kon hy dit doen. Hy het vir hulle gebid en vir hulle ingetree terwyl hy wierook gebrand het. Hy het die ontevredenheid en straf van die Here op die regte manier hanteer - dit het die einde van die ramp beteken. So het hy gewys dat hy u dienskneg is.
    22. Hy het hierdie probleem nie met sy liggaamskrag of met wapens opgelos nie. Nee, deur dit wat hy gesÍ het, het hy die Engel van vernietiging wat die straf gebring het, onderwerp. Hy het hom beroep op u beloftes aan en ooreenkomste met die voorvaders.
    23. Toe die dooies reeds in hope op mekaar gelÍ het, het hy tussen die lewendes en die straf gaan staan. So het hy die mense teen die straf beskerm.
    24. Die hele wÍreld is op sy toga afgebeeld. Die belangrikheid van die vaders is op vier rye stene uitgekerf. U heerlikheid het uit die kroon gestraal wat op sy kop gerus het.
    25. Voor hierdie dinge het die Engel van vernietiging teruggedeins, want hy het dit gerespekteer en gevrees. Dit was immers al genoeg om net deur hierdie Engel getoets en gewaarsku te word.

    .

  9. #19
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 19

    Die Egiptenare kry hulle verdiende loon

    1. Slegte mense sal God se genadelose woede nooit kan ontsnap nie. God weet vooraf alles wat hulle gaan doen.
    2. Hy het geweet dat hulle self sy mense sou toelaat om uit Egipte weg te trek, om die waarheid te sÍ, dat hulle hulle selfs vinnig sou wegstuur. Maar Hy het ook geweet dat hulle hulle opinie vinnig sou verander en hulle weer agterna sou sit.
    3. Terwyl hulle nog gerou en by die grafte van hulle dooies getreur het, het die Egiptenare 'n ander belaglike besluit geneem: hulle het dieselfde mense wat hulle gesmeek en selfs gedwing het om weg te trek, agternagesit asof hulle skelm weggehardloop het.
    4. Maar dit moes so gebeur sodat hulle die dood sou sterf wat hulle verdien het. Hulle het vergeet wat gebeur het, met die gevolg dat hulle volgens hulle verdienste gestraf is. Hulle swaarkry was nie genoeg nie; God het hulle nog verder gestraf.


      God sorg vir sy volk in die woestyn

    5. So kon u volk die ongelooflike reis deur die woestyn aanpak, hoewel 'n uitsonderlike einde op hulle sou wag.
    6. Die skepping het wesentlik vernuwe sodat u bevele nagekom kon word. So kon u kinders bewaar bly sonder dat hulle iets oorkom.
    7. 'n Wolk het oor hulle kamp getrek en waar daar eers 'n see vol water was, het droŽ land te voorskyn gekom. Hulle kon ongehinderd deur die Rooisee trek - die magtige watermassa het U in 'n groen vlakte verander.
    8. Die mense wat deur U beskerm is, het daar soos een nasie deurgetrek nadat hulle die buitengewone wonders aanskou het.
    9. Hulle het soos perde deur die veld galop en soos lammetjies gehuppel terwyl hulle U prys, o Here, U wat hulle gered het.
    10. Wat in Egipte gebeur het, was nog helder in hulle geheue - hulle het onthou hoe muskiete in plaas van diere uit die aarde en miljoene paddas in plaas van vis uit die riviere voortgekom het.
    11. Toe hulle uitgehonger was en hulle lus nie meer kon hou nie en vir God lekker kos gevra het, het hulle 'n nuwe tipe voŽl tot stand sien kom.
    12. Kwartels het uit die see uit opgekom om hulle honger te stil.


      Die Egiptenare word gestraf omdat hulle die Jode nie gasvry wou ontvang nie

    13. Die straf het egter op die sondaars neergereŽn, maar nie sonder dat swaar donderweer hulle vooraf gewaarsku het nie. Hulle het die straf gekry wat hulle verdien het vir al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het mos die Joodse vreemdelinge so vurig gehaat.
    14. Ander het sowaar geweier om vreemdelinge te ontvang wat na hulle toe gekom het. Die Egiptenare het slawe gemaak van die mense wat as gaste na hulle toe gekom het; die mense wat eintlik net aan hulle goedgedoen het.
    15. God sal die sondaars beslis straf vir wat hulle gedoen het, aangesien hulle die Joodse vreemdelinge so vyandig ontvang het.
    16. Aanvanklik het hulle hulle feestelik ontvang, maar daarna die aakligste werk moontlik laat doen, hoewel daar in status en aansien geen verskil tussen hulle was nie.
    17. Daarom is hulle deur blindheid geslaan, net soos die sondaars by die deur van die regverdige man Lot. Die duisternis het hulle heeltemal toegevou en elkeen moes al tastend en soekend na sy eie deur soek.


      Die skepping verander sy aard

    18. Die dinge in die skepping het ook kwaliteite verruil, net soos note van 'n harp die ritme kan verander terwyl die toon dieselfde bly. Dit was baie duidelik uit dit wat alles gebeur het.
    19. Landdiere het in waterdiere verander terwyl waterdiere land toe is.
    20. Vuur het in water sterker gebrand en water kon dit nie meer blus nie.
    21. Vuurvlamme kon egter nie meer die verganklike mense wat in die vuur gestaan het, verbrand nie. Nog minder kon die vuur die hemelse voedsel smelt wat van nature soos ys maklik gesmelt het.
    22. U het u mense in alles groot en roemryk gemaak, o Here. U het nie nagelaat om hulle altyd en orals te help nie.

    .

  10. #20
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die Wysheid van Salomo

    Die Wysheid van Salomo

    APOKRIEWE

    Verlore boeke uit die Bybelse tyd




    Laai die "Die Wysheid van Salomo" in PDF formaat hier af: Pdf Download






    .

Similar Threads

  1. Is Jesus die Wysheid van God
    By Antje De waal in forum Witboek
    Replies: 24
    Last Post: 4th April 2011, 22:23
  2. Wysheid
    By Die Ou Man in forum Volksimbole
    Replies: 20
    Last Post: 3rd July 2007, 14:50

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •