Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 20

Thread: Die Wysheid van Salomo

  1. #1
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Die Wysheid van Salomo

    Die Wysheid van Salomo

    DEEL 1

    DIE LEWE IS GOED SAAM MET DIE WYSHEID EN ONSTERFLIKHEID GAAN DAARMEE SAAM


    Hoofstuk 1

    Wysheid wil mense op die regte pad help

    1. Sit julle harte daarop om te doen wat reg is, julle wat die aarde regeer. Kry julle gesindheid reg as julle aan die Here dink. Soek in alle eerlikheid na Hom,
    2. want Hy hou van die mense wat Hom nie die hele tyd op die proef stel nie; ja, Hy laat mense sy teenwoordigheid ervaar wat Hom nie die hele tyd bevraagteken nie.
    3. Verkeerde gedagtes veroorsaak 'n kloof tussen God en mens. Die domkop wat God se mag wil toets, sal onder die straf van daardie selfde mag deurloop.
    4. Wysheid sal nie in 'n agterbakse mens inkom nie en nog minder in 'n mens kom bly wat aan sonde verslaaf is.
    5. Die mens wat God s'n is en gedissiplineerd leef, sal vir alle valsheid vlug en van verkeerde gedagtes af wegbly As hy naby verkeerde dinge kom, sal hy dadelik ongemaklik begin voel.
    6. Wysheid is 'n gees wat vriendelik en liefdevol teenoor mense is. Tog sal Wysheid nie iemand wat sleg praat van God daarmee laat wegkom nie. God ken immers sy diepste gevoelens, kyk en sien deur sy hart en luister na wat hy s.
    7. Die Gees van die Here is die hele wreld vol; ja, dit omvat alles en weet alles wat mense s.
    8. Daarom sal niemand wat verkeerde dinge s, daarmee wegkom nie. Hy sal nie die regverdige oordeel van God kan ontglip nie.
    9. Die planne van 'n goddelose mens sal deeglik ondersoek word en die verslag van wat hy ges het, sal aan die Here gegee word. So sal die verkeerde dinge wat hy gedoen het, gestraf kan word.
    10. Ja, God se oor luister fyn en hoor alles. Selfs 'n sagte agteraf gefluister, ontsnap sy ore nie.
    11. Oppas, moenie agteraf onsinnighede kwytraak nie; moenie oor ander mense skinder nie. Wat jy saggies in iemand anders se oor fluister, sal God nie ontglip nie. 'n Geliegery vernietig 'n mens se binneste.


      Oppas vir wat jy s en doen - dit kan jou dood beteken

    12. Moenie in die voorportaal van die dood speel deur verkeerd te lewe nie. Moenie jouself vernietig deur dit wat jy doen nie.
    13. God het nie die dood gemaak nie. Hy hou niks daarvan dat mense hulle lewe verloor nie.
    14. Hy het immers alle dinge gemaak om te kan leef. Alles wat in die wreld gemaak is, is goed. Daar is geen kanker in hulle wat hulle sal vernietig nie. Vir die dood is daar op aarde nie plek nie.
    15. Dit wat reg is, ken geen einde nie.
    16. Goddelose mense nooi die dood nader en speel speletjies daarmee deur wat hulle doen en s. Hulle dink die dood is hulle vriend en hulle wil graag naby daaraan wees. Hulle loop hand om die nek daarmee en verdien om in die kloue daarvan te beland.

    .

  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 2

    Die lewe eindig maar net in die dood - of so dink party mense

    1. Die mense wat so verkeerd redeneer, het vir mekaar ges: "Ons lewe is kort en vol hartseer. Teen die dood is daar geen medisyne nie. Daar was immers nog niemand wat uit die dood uit teruggekom het nie.
    2. Ons is maar toevallig gebore en nadat ons dood is, sal dit net so goed wees asof ons nooit daar was nie. Die asem in ons neuse is net rook en ons denke is 'n vonkie wat deur die klop van ons hart aan die gang gehou word.
    3. Wanneer dit geblus word, sal ons liggame tot niet gaan en ons gees sal soos 'n luggie verdwyn.
    4. Met verloop van tyd sal mense selfs ons name vergeet. Niemand sal eers meer onthou wat ons gedoen het nie. Ons lewens sal soos 'n wolkie verdwyn. Soos mis wat deur die strale van die son gejaag word, sal dit verdwyn.
    5. Ons lewensjare gaan soos 'n skadu verby en as die dood ons inhaal, is daar geen kans vir omdraai meer nie. Die dood staan onveranderbaar vas. Niemand kom daarvandaan terug nie.
    6. Kom laat ons daarom die goeie van hierdie lewe geniet. Laat ons alles in die skepping ten volle geniet soos toe ons jonk was.
    7. Laat ons genoeg van die beste wyn drink en onsself vol parfuum gooi. Laat ons nie een lentebloeisel miskyk nie.
    8. Laat ons kranse van roosknoppe op ons koppe sit voor dit dalk verlep.
    9. Laat nie een van ons die wilde feeste misloop nie. Laat ons orals die tekens van ons genot nalaat. Dit is wat vir ons gegee is en dit is ook ons lot.
    10. Laat ons die arm man wat reg lewe, verdruk, ook die weduwee moet ons nie spaar nie. Vir die grysheid van die jare moet ons geen respek h nie.
    11. Laat ons krag bepaal wat reg en wat verkeerd is, want swakheid bring 'n mens niks in die sak nie.


      God sal vir die goeie mens sorg, al hou die slegte mense nie van hom nie

    12. Laat ons vir die regverdige man l en wag, want hy is lastig en irriterend. Hy vind mos altyd fout met wat ons doen. Hy vryf dit onder ons neuse dat ons die wet oortree en beskuldig ons daarvan dat ons nie leef soos ons opgevoed is nie.
    13. Hy gee voor dat hy kennis van God het en hy noem homself 'n kind van die Here.
    14. Hy laat ons gedurig sleg voel oor wat ons dink.
    15. Om hom net te sien gee ons al 'n pyn. Sy manier van lewe is so anders as ander mense s'n; ja, so vreemd.
    16. Hy sien ons as oneg en vals. Hy vermy ons manier van lewe asof dit vuilgoed is. Hy roem daarop dat mense wat reg lewe uiteindelik baie gelukkig sal wees en spog daarmee dat God sy Vader is.
    17. Laat ons sien of sy opinie waar is. Laat ons probeer uitvind wat uiteindelik met hom sal gebeur.
    18. As die regverdige man die seun van God is, sal God hom help. God sal hom uit die hande van sy vyande red.
    19. Laat ons hom dus op die proef stel deur hom te beledig en te treiter sodat ons kan uitvind presies hoe saggeaard hy is en ons sy geduld kan beproef.
    20. Laat ons hom tot 'n skandelike dood verdoem. Hy het mos self ges dat God vir hom sal sorg.
    21. Dit is hoe hulle geredeneer het, maar hulle het 'n groot fout gemaak. Hulle eie boosheid het hulle blind gemaak.
    22. Hulle het geen insig gehad in God se diepste planne nie, nog minder het hulle gedink dat mense wat reg lewe, beloon sal word. Hulle het nie rekening gehou met die beloning wat God aan mense sal gee wat niks verkeerd gedoen het nie.
    23. God het die mens gemaak om onverganklik te wees. Hy het hom as beeld van sy eie wese gemaak.
    24. Die duiwel was nie daarmee tevrede nie en deur sy jaloesie het die dood in die wreld ingekom. Die mense wat aan die duiwel se kant staan, sal hierdie dood verseker ervaar.

    .

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 3

    Goeie mense mag in die lewe swaarkry, maar onsterflikheid by God wag op hulle

    1. Die regverdige mense se lewens is in die hand van God. Angstigheid sal hulle nie oorval nie.
    2. Vir mense sonder insig lyk dit of die regverdiges dood is; ja, dit lyk of die ongeluk hulle getref het.
    3. Dit lyk of hulle vertrek uit hierdie wreld hulfe einde beteken het, maar eintlik het dit vir hulle vrede beteken.
    4. Hulle is wel in die o van mense gestraf, maar hulle was vol hoop op onsterflikheid.
    5. Hoewel hulle tug ervaar het, sal die goeie wat hulle daarna kry die swaarkry by verre oortref, want hulle het God se toets geslaag. God self het besluit dat hulle werd is om by Hom te wees.
    6. Hy het hulle getoets soos die suiwerheid van goud in 'n oond getoets word en Hy het hulle soos 'n offer vir Hom aangeneem.
    7. As die tyd aanbreek dat God hulle liefdevol moet oordeel, sal hulle helder skyn en opflikker soos vonke in 'n vuur.
    8. Hulle sal die nasies oordeel en oor die mense regeer. Die Here sal weer vir ewig oor hulle regeer.
    9. Die wat op die Here vertrou, sal weet wat waar is. Die wat getrou is in liefde sal (in liefde) by Hom bly. Sy goedheid en genadige liefde bly by die mense wat Hy vir Homself afgesonder het. Hy versorg die wat Hy vir Homself gekies het.
    10. Maar die goddeloses, met hulle astrante houding, sal die straf kry wat hulle verdien; ja, hulle het mos niks gevoel vir die persoon wat reg opgetree het nie en het hulle rug vir die Here gedraai.
    11. 'n Mens kan daardie persoon maar net jammer kry wat sy neus optrek vir goeie raad en leiding oor hoe om te leef. Hy hoop op niks en alles wat hy doen, is tevergeefs; sy werke is sonder enige waarde.
    12. Hulle vrouens weet nie wat om hulle aangaan nie en hulle kinders is sleg. Daar is 'n vloek op elke kind van hulle wat gebore word.
    13. Gelukkig is die vrou wat, al is sy kinderloos, tog rein gebly het; wat nie teen die wet van die Here in 'n verbode huwelik ingegaan het nie. As die Here se genadige oordeel kom, sal sy die vrug van haar dade geniet.
    14. Gelukkig is ook die eunug wat niks verkeerd gedoen het nie en niks slegs teen die Here bedink het nie. Die Here sal aan hom spesiale guns bewys vir die feit dat hy so getrou was. Hy sal 'n aangename deel in die tempel van die Here gegee word.
    15. Die vrug van goeie dade is soet en die wortel van begrip en wysheid staan onwrikbaar vas.
    16. Die kinders van slegte vrouens sal voor hulle tyd doodgaan en die persoon wat uit 'n onwettige saamslapery gebore is, sal verdwyn.
    17. Hulle mag dalk lank lewe, maar niemand sal vir hulle respek h nie. Selfs in hulle oudag sal eer hulle nog steeds ontwyk.
    18. As hulle skielik sterf, sterf hulle sonder hoop. Hulle het niks wat hulle vir die oordeelsdag kan troos nie.
    19. Verskriklik is die einde van sulke slegte mense.

    .

  4. #4
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 4

    Wees deugsaam - dit is die moeite werd

    1. As jy moet kies tussen die voorreg om kinders te h of om deugsaam te wees, kies laasgenoemde. Deugsaamheid word nooit vergeet nie, want dit is vir God net so belangrik soos vir mense.
    2. Waar mense deugsaamheid tekom, wil hulle graag net so wees. As dit nie meer daar is nie, verlang hulle daarna. Deur al die eeue heen wen deugsaamheid altyd weer; ja, stap deugsaamheid keer op keer met die goue medalje in die lewenstryd weg.
    3. Die baie kinders van goddelose mense beteken niks nie. Hierdie kinders wat net afgode dien, sal nooit vastigheid ken nie - hulle sal nrens behoorlik wortelskiet of enigsins vas op 'n fondament kan staan nie.
    4. Vir 'n rukkie lyk hulle soos takkies baie mooi. Tog sal hulle deur die wind geruk word omdat daar geen krag in hulle is nie. Die krag van die stormwinde sal hulle uit die grond uit ruk.
    5. Voor die takkies kan grootword, sal hulle afgebreek word. Hulle vrugte sal niks werd wees nie - dit sal te groen wees om te €et en 'n mens sal dit vir net mooi niks anders kan gebruik nie.
    6. As ouers van kinders wat uit ontoelaatbare verhoudings gebore is voor God se regterstoel staan, sal daardie kinders as getuies van die boosheid van hulle ouers geroep word.
    7. Die man wat leef soos God wil, mag miskien vroeg doodgaan, maar hy sal rus vir sy siel h.
    8. 'n Eervolle lewe word nie in terme van tyd of jare gemeet nie.
    9. Werklike insig en begrip maak mense volwasse. Lewensondervinding gaan met 'n skoon lewe saam.


      Om vroeg dood te gaan is nie noodwendig sleg nie

    10. God het daardie man lief wat sy hart gelukkig maak. Tog is daardie man weggeneem onder die klomp sondaars uit.
    11. Hy is onder hulle uit weggeneem sodat hulle boosheid nie sy denke kon besoedel nie en hy nie deur bedrog op die verkeerde pad gelei kon word nie.
    12. Die verlokkinge van die boosheid kon maklik in die pad kom staan van dit wat reg is. Om agter sy begeertes aan te stap kan die opregte persoon die pad laat byster raak.
    13. In 'n kort tydjie het hy geword soos God hom wou gehad het, en so het hy die doel bereik wat normaalweg eers na baie jare bereik word.
    14. Die Here het baie van hom gehou en het hom daarom vinnig tussen die klomp bose mense uit weggeneem.
    15. Die bose mense het dit gesien, maar nie verstaan nie. Hulle het glad nie besef dat God genadig en baie goed is vir sy uitverkorenes nie en dat Hy sorg vir die mense wat aan Hom behoort nie.
    16. Ja, hoewel hierdie regverdige man dood is, sal hy eendag die goddelose mense veroordeel wat nou nog lewe. Die jongman wat geleef het soos die Here wil, maar nou dood is, sal die ou man wat nie reg lewe nie, veroordeel.
    17. Die bose mense sien dat die wyse man doodgaan en verstaan glad nie wat die Here in gedagte het of die veiligheid waarin die Here die persoon hou nie.
    18. Hulle sal die wyse man sien doodgaan en hom verag; maar die Here sal weer met minagting vir hulle lag. Die dood sal hulle ook inhaal en dan sal niemand hulle liggame eer nie. Onder die dooies sal hulle vir altyd gespot word,
    19. want Hy sal hulle platslaan. Hulle sal op die grond l sonder dat hulle 'n woord kan uitkry; tot in hulle fondamente sal hulle geskud word. Totaal hulpeloos en verlate sal die Here hulle los. Smart sal hulle oorweldig en hulle sal gou vergeet word.
    20. As hulle sondes bymekaargetel word, sal hulle van kop tot tone van vrees bewe. Hulle wettelose dade sal openlik as bewys vir hulle skuld dien.

    .

  5. #5
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 5

    Spyt kom te laat

    1. Die regverdige man sal dan met groot selfvertroue voor die mense staan wat hom so sleg behandel het en niks van hom gedink het nie.
    2. As hulle hom sien, sal hulle bewe van die vrees. Hulle sal verbaas staan oor die feit dat hy gered is op 'n manier wat hulle glad nie verwag het nie.
    3. Terwyl hulle hulle fout besef en swaar kreun en sug onder die swaar las wat op hulle gewete rus, sal hulle vir mekaar s: "Hierdie is die einste man wat ons vroer gespot en uitgelag het.
    4. "Hoe onnosel was ons nie! Ons het gedink hy het nie al sy varkies nie en dat hy in skande dood is.
    5. "Kyk nou net: nou word hy onder die seuns van God getel. Ja-nee, hy is nou een van die mense wat vir God afgesonder is.
    6. "So, dit was dus eintlik ons wat van die waarheid afgedwaal het. Die lig van geregtigheid het nie oor ons geskyn nie en die son het vir ons nie opgekom nie.
    7. "Ons het oorgenoeg gehad van die paaie van wetteloosheid en vernietiging. Ons het deur woestyne getrek waar daar nie eers paaie was nie en tog het ons sowaar nie die pad van die Here geken nie
    8. "Wat het hierdie arrogante houding ons nou in die sak gebring? Wat het al ons geld en die status wat dit ons gegee het nou juis vir ons beteken?"


      Die lewe vlieg verby ... en wat laat jy na?

    9. "Soos 'n skaduwee het al daardie dinge verbygegaan; ja, soos 'n fluistering.
    10. "As 'n skip deur die golwe klief, is daar geen teken van hom as hy eers verby is nie. 'n Mens kan sy pad nie meer sien nie.
    11. "As 'n vol eers verbygevlieg het, is daar geen teken meer oor van haar vlug nie. Haar vlerke se slag skeur die lug met die lawaai van hul bewegings, maar daarna weet 'n mens nie waar die vlug haar heen geneem het nie.
    12. "Of, as 'n pyl op 'n kol afgeskiet word, skeur dit deur die lug. Die lug vou egter weer toe en niemand weet meer waar die pyl deurgetrek het nie.
    13. "Net so was dit met ons. Ons is gebore, maar het ook weer aan ons einde gekom. Ons het geen teken van enigiets wat die moeite werd was of nagevolg kan word, agtergelaat nie. Ons boosheid het ons heeltemal verteer."
    14. Want die hoop van die bose mens is soos stof wat deur die wind weggewaai word. Soos 'n wolkie word dit deur die stormwind weggewaai; ja, dis soos rook in die wind. Dit word so gou vergeet soos iemand wat net vinnig by jou kom inloer.


      Die Here sal beloon, maar ook straf

    15. Die wat reg en goed gelewe het, sal vir ewig lewe. Die Here sal hulle beloon en die Allerhoogste sal vir hulle sorg.
    16. Die Here sal hulle konings maak en vir hulle krone op hulle koppe sit. Die Here sal hulle beskerm en hulle teen gevare bewaar.
    17. Die opregte en diep gevoel wat God vir hulle het, is vir Hom soos oorlogsklere. Hy sal die skepping bewapen om sy vyande te te staan.
    18. Hy sal geregtigheid dra om sy bors teen aanvalle te beskerm en absolute regverdigheid sal soos 'n helm wees wat sy kop beskerm.
    19. Onoorwinlike heiligheid sal sy skild wees
    20. en sy skerp woede sal sy swaard wees. Die skepping sal saam met hom teen al die dom mense sonder verstand veg.
    21. Weerligstrale sal akkuraat uit die wolke slaan soos 'n pyl wat presies op die kol afgeskiet is.
    22. Haelstene van woede sal soos uit kanonne afgevuur word. Die golwe van die see sal teen hulle slaan en die riviere sal hulle skielik oorstroom.
    23. Ja, geweldige wind sal teen hulle aangejaag kom en die stormwind sal hulle wegwaai. Op di manier vernietig mense wat nie die wil van die Here wil doen nie die aarde. Ja, hierdie klomp misdade sal konings hulle koninkryke laat verloor.

    .

  6. #6
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Die Wysheid van Salomo

    DEEL 2

    DlE OORSPRONG EN AARD VAN WSHEID EN HOE OM DIT TE KRY


    Hoofstuk 6

    Mense in belangrike posisies moenie hulle mag misbruik nie - die Here hou hulle dop

    1. Luister mooi, o konings, en laat dit insink. Leer, o regters, oor die hele wreld.
    2. Gee aandag, julle wat oor derduisende mense regeer en met baie nasies spog.
    3. Want dit is die Here wat vir julle die mag gegee het. Die Allerhoogste het julle in die soewereine posisies geplaas. Hy sal navrae doen oor wat julle doen en ondersoek instel na julle planne.
    4. Want hoewel julle dienaars in sy koninkryk is, het julle nie reg regeer nie en het julle ook nie die wet gehou nie. Julle het nie volgens die wil van Godgeleefnie.
    5. Hy sal julle vinnig en verwoed tref, want mense in ho posisies word strenger geoordeel.
    6. Die onbelangrike persoon mag uit genade vergewe word, maar die persone in magtige posisies sal aan baie streng toetse onderwerp word.
    7. Die Here wat oor alles regeer, behandel almal dieselfde; Hy is nie bang vir belangrike mense nie. Hy het immers self die belangrike sowel as die onbelangrike gemaak en Hy sorg vir al twee op dieselfde manier.
    8. Die mense in magtige posisies sal deeglik rekenskap moet gee van wat hulle gedoen het.
    9. Ek praat dus met julle, o prinse, sodat julle die kuns om reg te lewe sal bemeester en nie verkeerde dinge sal doen nie.
    10. As 'n persoon heilige dinge in heiligheid doen, sal God hom meer heilig maak. Mense wat deur hierdie skool gegaan het, sal weet hoe om hulle optrede te regverdig.
    11. Smag daarom na my woorde. Verlang daarna, en so sal julle leer wat om te doen.


      Soek die Wysheid

    12. Wysheid is stralend en onverganklik. Mense wat vir haar lief is, herken haar dadelik. Die wat haar soek, kry haar sonder probleme.
    13. Sy maak haarself vinnig bekend by die mense wat haar begeer.
    14. Die een wat vroeg in die mre opstaan om haar te soek sal nie ver hoef te soek nie - hy sal haar by sy voordeur vind.
    15. Om jou gedagtes op haar te vestig is die beste ding wat 'n goeie mens kan doen. Hy wat ywerig is vir Wysheid sal gou geen bekommernis meer oorh nie.
    16. Wysheid gaan self rond en soek die wat haar waardig is. Met grasie verskyn sy aan hulle op hulle paaie; ja, sy ontmoet hulle altyd in elke gedagte.
    17. Die werklike begin en eerste stap na Wysheid is om opreg te verlang dat sy jou sal leer. Wie op die manier wil leer, het die Wysheid lief.
    18. Liefde beteken om haar wette na te kom; ja, om na haar wette te luister verseker jou van onverganklikheid.
    19. Onverganklikheid bring jou weer naby aan God.
    20. So lei die begeerte na wysheid jou na werklike heerskappy toe.
    21. O, julle prinse oor baie mense, as julle hou van trone en septers, bemin dan die Wysheid sodat julle vir altyd kan regeer.


      Kom leer oor die Wysheid

    22. Ek sal vir julle vertel wat Wysheid is en waar sy vandaan kom. Ek sal niks vir julle wegsteek nie. Ek sal haar pad saam met julle volg van die skepping af en julle net mooi alles van haar vertel. Julle sal die volle waarheid hoor.
    23. Allesverterende jaloesie sal julle ook nie by my kry nie, want jaloesie en Wysheid sit glad nie langs dieselfde vuur nie.
    24. 'n Massa wyse manne is die redding van hierdie wreld en 'n verstandige koning is soos 'n pilaar vir sy mense.
    25. Leer dus uit my woorde, want dit sal vir julle baie voordeel inhou.

  7. #7
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 7

    Alle mense word op dieselfde manier gebore

    1. Ek is 'n gewone, sterflike mens nes al die ander. Ek stam ook van die eerste mens af wat op aarde gemaak is. In my moeder het ek tot 'n mens gegroei.
    2. Oor 'n periode van tien maande is ek deur die plesier van 'n huwelik gevorm uit bloed en die saad van 'n man.
    3. Toe ek gebore is, was gewone lug ook my eerste asemteug. Net soos enige ander mens het ek ook by geboorte op die grond geval en 'n skreeu was ook my eerste geluid.
    4. Ek is in doeke toegedraai en goed versorg.
    5. Geen koning is op 'n ander manier gebore of het 'n ander begin gehad nie.
    6. Vir alle mense is daar net een manier om in hierdie wreld in te kom en een manier om uit die wreld uit te gaan.


      Wysheid maak al die verskil

    7. Ek het daarom daaroor gebid en God het my begrip gegee. Ek het tot God geroep en die gees van Wysheid het na my toe gekom.
    8. Ek het haar bo trone en septers verkies. Geld was niks in vergelyking met haar nie.
    9. Die kosbaarste edelgesteente kom nie naby haar nie. Al die goud lyk maar soos 'n hopie sand in haar teenwoordigheid. Voor haar lyk silwer soos stof.
    10. Ek het haar liewer as gesondheid of skoonheid. Ek verkies haar bo lig, want die lig wat sy uitstraal, word nooit geblus nie.
    11. Saam met haar kry ek al die goeie dinge. In haar hand is daar onberekenbare rykdom.
    12. Oor al hierdie dinge is ek bly omdat Wysheid dit saam met haar bring. Ek het nie besef dat sy eintlik die moeder van al hierdie dinge is nie.
    13. Ywerig het ek van haar geleer. Ek vertel vir almal openlik van haar en steek niks van haar rykdom weg nie.
    14. Vir mense is sy 'n onberekenbare skat. Die persoon wat hierdie skat kry, word ook vriende met God, want die vrug van haar onderrig open die pad na God.
    15. Mag God aan my die vermo gee om te praat soos Hy wil h en om gedagtes te dink wat pas by wat ek geleer is. Want Hy is die gids van Wysheid en die Een wat die wyse die pad wys.
    16. Ons en ons woorde is in sy hand en dit is nie al nie: Alle begrip en vaardigheid om dinge te maak, kom ook uit sy hand.
    17. Hy het my die ware kennis gegee van alles wat bestaan sodat ek weet hoe hierdie wreld aanmekaargesit is en hoe al die elemente in die skepping werk.
    18. Hy het my die kennis gegee van die begin en die einde en die middel van die tye, hoe die son sy gang verander en dae langer en korter word asook hoe die seisoene verander;
    19. van die loop van die jaar, die posisie van die sterre,
    20. die aard van diere en die woede van wilde diere, die magte van die winde en die redenasies van mense, die verskillende plante en die nut van wortels.
    21. Ek het nie net geheime dinge geleer nie, maar ook dit wat oop en bloot is.
    22. Ja, Wysheid, wat al hierdie dinge hulle bestaan gegee het, het my geleer. Sy is intelligent, heilig, uniek, veelsydig, fyn, aanpasbaar, ongekompliseerd, rein, selversekerd, nie fyngevoelig nie, vol liefde vir die goeie, skerp, altyd reg om goed te doen,
    23. vriendelik teenoor mense, vas van karakter, vol selfvertroue, sonder allerhande sorge, baie kragtig, bewus van alles en deurdring alle geeste wat intelligent, rein en terughoudend is.
    24. Niks kan onder Wysheid uitbeweeg nie. Omdat sy so rein en suiwer is, dring sy deur alle dinge.
    25. Sy is die toonbeeld van die krag van God en straal die glorie van die Almagtige uit. Onreinheid kan dus nie 'n houvas op haar kry nie.
    26. Sy is die afstraling van ewige lig, 'n perfekte spielbeeld van die werk van God, 'n beeld van sy goedheid.
    27. Al is sy net een kan sy alles doen en alles nuut maak, hoewel sy self nie verander nie. Van geslag tot geslag gaan sy in heilige mense in en maak van hulle vriende van God en die profete.
    28. Want God het niks anders lief as die mens in wie die Wysheid woon nie.
    29. Sy is mooier as die son, en die sterre kom nie naby haar nie. Selfs lig kan nie met haar vergelyk word nie.
    30. N lig kom die nag, maar boosheid sal nooit in die plek van Wysheid kan kom nie.
    31. Sy strek haarself magtig uit van een punt van die aarde na die ander.

    .

  8. #8
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 8

    Niks kan die Wysheid oortref nie

    1. Sy beheer alle dinge goed.

    2. Ek het haar liefgehad en van my jong dae af na haar gesoek. Ek wou haar as 'n vrou vir my neem. Ek was deur haar skoonheid betower.
    3. Sy doen haar edele geboorte nog meer eer aan deur by God te leef, en die Here van alles het haar lief.
    4. Sy ken God deeglik en is betrokke by sy werke.
    5. As rykdom iets is wat 'n mens bitter graag wil h, waar kry 'n mens groter rykdom as die Wysheid wat alle dinge tot stand bring?
    6. En as intelligensie dinge laat gebeur, wie in die wye wreld kan dinge beter laat gebeur as die Wysheid?
    7. Hou jy daarvan dat dinge reg verloop? So is die Wysheid - wat sy ioen, is goed en deugsaam. Sy leer mense selfbeheersing en deugsaamheid, geregtigheid en dapperheid. Niks in die lewe is vir die mens beter ts dit nie.
    8. Wil jy graag baie weet? Wysheid weet wat lank terug gebeur het en het 'n goeie aanvoeling vir dit wat nog gaan kom. Sy verstaan hoe taal werk en kan raaisels oplos. Tekens en wonders ken sy vooraf. Sy weet waarheen die eeue lange geskiedenis op pad is.


      Wysheid verander jou hele lewe

    9. Ek het vas besluit om haar by my te laat woon, want ek het geweet dat sy vir my uitstekende raad sal gee; en nie net dit nie, sy sal my ook moed inpraat as dit swaar gaan of as ek hartseer is.
    10. Sy sal maak dat ek onder die menigtes in status sal groei en in die teenwoordigheid van die ouer leiers geer sal word, al is ek nog jonk.
    11. Ek sal goeie besluite neem en onder die regeerders bewondering wegdra.
    12. As ek stilbly, sal hulle geduldig wag en as ek praat, sal hulle luister. As ek met nog meer oortuiging praat, sal hulle heeltemal stilbly.
    13. Sy sal sorg dat ek onsterflikheid kry. Mense wie se paaie met myne kruis, sal my vir altyd onthou.
    14. Ek sal oor volke heers en nasies sal my onderdane wees.
    15. Wrede tiranne sal bang word as hulle my naam hoor. Tussen my eie mense sal ek wys dat ek my man kan staan en dat as die oorlog kom, ek 'n dapper vegter is.
    16. As ek by die huis kom, sal ek by Wysheid rus vind. 'n Mens voel nooit onvergenoegd of bitter by haar nie. 'n Lewe saam met haar het geen pyn nie; inteendeel, dit maak 'n mens net bly en vol vreugde.
    17. Ek het op my eie oor hierdie dinge nagedink en gemediteer. Saam met Wysheid is daar onsterflikheid.
    18. Vriendskap met haar is pure plesier. Wat sy doen, is onskatbaar waardevol. Saam met haar begin dinge sin maak. Deur met haar te gesels bring vir jou roem. Ek het dit besef en daarom het ek gaan soek om haar vir myself te vind.
    19. As jongman was ek fisiek goed gebou en het 'n mooi persoonlikheid gekry.
    20. Of liewer, aangesien ek 'n mooi en edel persoonlikheid gehad het, het ek 'n pragtige liggaam gekry.


      Gebed om wysheid

    21. Tog het ek besef dat ek nie wysheid in die hande sou kry as God dit nie vir my sou gee nie - dit alleen is al 'n teken van insig om te weet van Wie hierdie gawe kom. Ek het my na die Here gewend en Hom gesmeek en met my hele hart ges:

    .

  9. #9
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Hoofstuk 9

    Gebed om wysheid

    1. "O God van my vaders, Heer wat goed is ver bo wat ons verdien. U het alles gemaak deur net 'n woord te spreek.
    2. "In u wysheid het U mense aangestel om te heers oor alles wat U gemaak het.
    3. "Hulle moet die wreld reg regeer, net soos U dit wil h. As hulle 'n besluit neem, moet dit eerlik en regverdig wees.
    4. "Gee my asseblief die Wysheid wat by u troon sit. Moet my asseblief nie van u kinders af wegstoot nie.
    5. "Want ek dien U voluit, ek, die seun van die vrou wat U ook dien. Ek is 'n swak mens wat ook gou sal doodgaan. Dikwels weet ek nie wat om te besluit as ek in die hof uitspraak moet lewer nie.
    6. "'n Mens mag miskien tussen ander gewone mense perfek lyk, maar sonder Wysheid wat van U af kom, is 'n mens eintlik niks.
    7. "U het my as koning oor u volk gekies en as regter oor u kinders aangestel.
    8. "U het vir my opdrag gegee om 'n tempel op u heilige berg te bou en 'n altaar in die stad waar U self woon - 'n kopie van die heilige tabernakel wat U van die begin af voorberei het.
    9. "Wysheid is by U en weet wat U doen. Sy was teenwoordig toe U die wreld gemaak het. Wysheid verstaan wat U graag wil sien en wat reg is soos U beveel het.
    10. "Stuur haar asseblief na my toe uit u heilige hemele uit en van die troon van u glorie af, sodat sy by my kan wees en saam met my kan werk. So sal ek kan agterkom wat U gelukkig maak.
    11. "Immers, sy weet en verstaan alle dinge en sal my verstandig lei in alles wat ek doen. Omdat sy so groot en belangrik is, sal sy my ook beskerm.
    12. So sal U hou van wat ek doen en ek sal die regte besluite oor u mense neem. Ek sal nie die troon van my Vader in die skande steek nie.
    13. "Watter mens weet wat God dink, of wie kan die wil van die Here peil?
    14. "Mense se argumente is niks werd nie en hulle planne is allesbehalwe seker.
    15. "Die liggaam wat buitendien sal vergaan, rus swaar op die siel; hierdie aardse tent is net 'n las vir die mens wat hom oor alles bekommer.
    16. "Ons kan onsself al die dinge op aarde skaars voorstel. Dinge wat voor die hand liggend is, is vir ons swaar om te peil. As dinge nou nog in die hemel is, hoe sal ons dit ooit kan deurgrond?
    17. "Wie sou ooit kon weet wat U dink as U nie die Wysheid gegee het en u Heilige Gees van U af na ons toe gestuur het nie? So is die paaie van die mense op die aarde reguit gemaak en mense kon leer wat U gelukkig maak. Ja, ons is deur Wysheid gered."

    .

  10. #10
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Die Wysheid van Salomo

    DEEL 3

    DIE ROL VAN WYSHEID IN DIE GESKIEDENIS VAN ISRAEL, MET DIE FOKUS OP DIE REDDING UIT EGIPTE


    Hoofstuk 10

    Die Wysheid help vir Adam

    1. Die Wysheid het Adam, die aartsvader van alle mense, wat eerste geskape is, bygestaan toe hy n die skepping alleen was. Sy het hom na sy geboorte versorg
    2. en het aan hom die krag gegee om oor alle dinge te heers.
    3. Kain het verkeerde dinge aangevang en sy rug in woede op haar gedraai. Die woede waarmee hy sy broer doodgemaak het, het hom verteer.
    4. Oor hierdie sondige gedrag is die aarde oorstroom, maar die Wysheid het tot die redding gekom deur 'n regverdige man, Noag, op 'n eenvoudige stuk hout oor die water te help.
    5. Toe die nasies in totale boosheid begin wegsak het, het sy geweet van die regverdige Abraham en hom gehelp om sonder skuld voor God te kan staan. Sy het hom gehelp om by sy besluit te bly, al was dit ten koste van die liefde vir sy seun, Isak.


      Lot se verhaal wys wat gebeur as jy
      jou nie aan die Wysheid steur nie

    6. Sy het die regverdige Lot gered onder die slegte mense uit wat besig was om te vergaan. So kon hy die vuur ontsnap wat uit die hemel op Pentapolis neergesak het.
    7. Die bewyse van hulle boosheid is vandag nog te sien: daar is die kaal en rokende stuk land met plante wat vrugte dra wat nie wil ryp word nie; daar is ook 'n soutpilaar wat daar staan as teken van Lot se vrou wat nie wou glo nie.
    8. Hulle het hulle nie aan die Wysheid gesteur nie. Hulle het nie regtig geweet wat goed is nie en het boonop nog vir die mense die bewyse van hulle domastrantheid nagelaat. So sal die gemors wat hulle gemaak het, nooit weggesteek of vergeet kan word nie.


      Wysheid maak Jakob magtig

    9. Wysheid het die mense wat haar dien uit die moeilikheid gehelp.
    10. Sy het die regverdige Jakob wat vir sy woedende broer moes vlug, op die regte pad gelei. Sy het vir hom die koninkryk van God gewys en vir hom die kennis van heilige dinge (engele) gegee. Sy het gesorg dat wat hy gedoen het 'n sukses was en die goeie resultate daarvan vermeerder.
    11. Sy het hom bygestaan en ryk gemaak ten aanskoue van mense wat hom in hulle gulsigheid wou bedrieg.
    12. Sy het hom teen sy vyande beskerm. Teen di wat strikke vir hom gestel het, het sy hom beskut. In woeste konflikte het sy hom laat wen so dat hy kon besef dat toewyding aan die Here 'n mens magtiger maak as enigiets anders.


      Wysheid staan Josef en sy mense by

    13. Toe die regverdige Josef verkoop is, het die Wysheid hom nie in die steek gelaat nie, maar teen die sonde beskerm. Sy is saam met hom die tronk in
    14. en het hom daar nie alleen gelaat nie. Uiteindelik het sy hom koning gemaak en mag gegee oor al die mense wat hom voorheen onderdruk het. Sy het gewys dat die mense wat hom beskuldig het, gelieg het. Sy het vir hom roem gegee wat nooit sou ophou nie.
    15. Sy het die heilige mense en onskuldige volk gered uit die kloue van die Egiptenare wat hulle onderdruk het.
    16. Sy het van Moses, die dienskneg van die Here, besit geneem. Sy het wrede konings met tekens en wonders weerstaan.
    17. Sy het die werke van die heiliges beloon en hulle op wonderlike paaie gelei. Deur die dag was sy vir hulle 'n beskutting en in die nag soos die lig van sterre.
    18. Sy het hulle oor die Rooisee laat trek en hulle deur diep water gelei.
    19. Hulle vyande, die Egiptenare, het sy laat verdrink en hulle toe weer uit die dieptes van die see laat opkom.
    20. Die regverdiges kon daarom alles buitmaak wat eers aan die goddeloses behoort het. Hulle het in liedere, o Here, u heiligheid besing. Uit een mond het hulle U geloof en geprys omdat U hulle verdedig het.
    21. Daarvoor het die monde van die stommes oopgegaan en babas het helder en duidelik gepraat - daarvoor het Wysheid gesorg.

    .

Similar Threads

  1. Is Jesus die Wysheid van God
    By Antje De waal in forum Witboek
    Replies: 24
    Last Post: 4th April 2011, 22:23
  2. Wysheid
    By Die Ou Man in forum Volksimbole
    Replies: 20
    Last Post: 3rd July 2007, 14:50

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •