Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 23

Thread: Stemme uit die doderyk

Hybrid View

Previous Post Previous Post   Next Post Next Post
  1. #1
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Stemme uit die doderyk

    STEMME UIT DIE DODERYK

    Ek plaas hierdie artikel wat verskyn het in die publikasie Boodskap van die Basuin gedurende Oktober 1990. Dit is ongeveer 18 jaar en 4 maande gelede. Die fotokopie is effens verbleik, gevolglik het ek dit oorgetik. Vertrou dit kan ‘n bespreking ontlok – veral teen die hedendaagse siening van die Hel.

    Die opspraakwekkende ontdekkings wat geoloŽ en seismoloŽ verlede jaar in SiberiŽ gemaak het toe hulle die gekerm van miljoene mense diep onder die aardkors gehoor het, maak nog steeds oral geweldige belangstelling gaande. Pogings word nou in Amerika aangewend om die bandopnames te bekom sodat finale uitsluitsel hieroor verkry kan word.

    Die volgende verslag van die gebeure het in Augustus 1989 in die Finse koerant Ammenusastia en op 24 April 1990 in Weekly World News verskyn:

    Die vreesaanjaende gebeurtenis het plaasgevind toe ‘n span Russiese geoloŽ (waarin ook enkele buitelanders was) met spesiale boortoerusting in Wes-SiberiŽ ‘n gat geboor en ‘n diepte van 15 kilometer bereik het. Volgens Dr. Dimitri Azzakov het die boor skielik vinnig en onbeheersd begin roteer, wat ‘n aanduiding is dat dit ‘n groot holte of ‘n spelonk binnegedring het. Hy verduidelik verder wat gebeur het:

    “Temperatuursensors het ‘n dramatiese toename in hitte na 2 000 grade Fahrenheit (1 100 grade Celsius) aangedui, wat byna tien maal hoŽr is as wat ons verwag het. Dit lyk of daar ‘n brandende inferno in die middel van die aarde woed.”

    “Ons het ook ‘n mikrofoon in die gat laat afsak wat ontwerp is om die klanke van bewegende aardlae op te vang. In plaas van die klanke van aardlae het ons ‘n menslike stem gehoor wat van pyn gekerm het. Eers het ons gedink dat die klank van ons eie toerusting af kom. Toe ons egter verstellings gemaak het, is ons ergste vrese bewaarheid. Die gekerm en benoude geskreeu was nie diť van ‘n enkele mens nie, maar van miljoene mense. Gelukkig het ons diť klanke op ‘n bandopnemer opgeneem.”

    “Hierna het ons die projek opgeskort en ‘n deksel op die gat gesit. Dit is duidelik dat ons dinge ontdek en gehoor het wat nooit bedoel was om gesien en gehoor te word nie.”

    Hierdie ontdekking was sů oortuigend dat dr. Azzakov self gesÍ het: “As ‘n kommunis glo ek nie in die hemel of die Bybel nie, maar as ‘n wetenskaplike glo ek nou in die hel. Ek is absoluut oortuig daarvan dat ons deur die poorte van die hel geboor het.”

    Letterlike hel

    Hierdie ontdekking het al daartoe gelei dat verskeie mense kragdadig tot bekering gekom het en Jesus as hul Verlosser aangeneem het. Selfs toegewyde ateÔste het die knie voor God gebuig. Hulle besef nou dat die hel ‘n letterlike plek is waar die goddeloses by hulle volle bewussyn is en al hulle sintuie het, net soos wat die Here Jesus dit self beskryf het (Matt 5:30: 18:8-9: Mark 9:43-48: Luk 16:19-31 ens.).

    Hierdie feite spreek baie mense in Rusland ťn in die Weste aan dat God bestaan, dat Hy regverdig is en dat die Bybel waar is. Mense wat hierdie wÍreld verlaat gaan Úf hemel toe Úf hel toe. Aangesien geen sonde in die hemel kan inkom nie, is die enigste alternatief die hel.

    Verifikasie

    ‘n Verdere artikel oor diť buitengewone bevindinge het in Insight verskyn onder die titel: Have scientists discovered that hell exists? Hierin word genoem dat Trinity Broadcasting Network (TBN) hulle beywer om die bandopnames van die seismoloŽ na Amerika te bring en ook uit te saai. Dit is egter hoogs te betwyfel of die Sowjetamptenare die opnames sal vrystel, omdat dit as bewys gebruik kan word dat die Bybel waar is. Toegewyde Marxiste sal dit nie wil erken nie.

    Bekering

    Mnr. A Rendalen, ‘n Noorweegse regsgeleerde en adviseur van NoorweŽ se Minister van Justisie, het die berig oor hierdie gebeure oor TBN in Amerika gehoor toe hy daar op besoek was. Hy het dit toetaal verwerp, maar op sy terugkeer na NoorweŽ ontdek dat berigte hieroor in verskeie koerante verskyn het. Hy het gesÍ: “As daar ‘n hel is, is ek definitief op pad daarheen.” Hy het onder die oortuiging van sy verlore toestand gekom en sy toevlug tot die Here geneem.

    Uitsetting

    Die hoofgeoloog van die span wat die boorgatprojek onderneem het, die NoorweŽr Bjarne Nummedal, sÍ dat die Finse en Noorweegse lede van die span twee dae nŠ die ontdekking opdrag gekry het om Rusland te verlaat. Hulle is ernstig versoek om stil te bly oor hulle bevindinge, en daar is ook groot bedrae omkoopgeld aan hulle gebied. Hulle het die geld aanvaar en die land verlaat.

    NŠ sy tuiskoms het mnr. Nummedal die geld vir liefdadigheid geskenk. Sy verpligting tot stilswye kon hy nie heeltemal nakom nie, want in gesprekke daarna het hy ook die volgende besonderhede van hulle ondervinding bekend gemaak:

    Die nag nŠ die ontdekking het daar gloeiende gasse uit die put geborrel en daar het ook ‘n wese verskyn wat vlerke soos diť van ‘n vlermuis het. Met sy bose skrefiesoŽ het hy ‘n skrikwekkende gedaante in die gloeiende gas gevorm. Uiteenlopende berigte is egter oor diť wese se voorkoms van werkers in die kamp ontvang, en geen duidelike beskrywing is beskikbaar nie.

    Die meeste Russiese lede van die span het van vrees geskreeu. Hulle het mediese behandeling vir skok ontvang, asook ‘n verdowingsmiddel wat die Russe gebruik om kort termyn-geheue mee uit te wis.

    Doderyk

    Dit is opvallend dat die hel in die Bybel altyd as onder (selfs diep onder die aarde) aangedui word, en die hemel daarbo.

    In Deut 32:22 sÍ die Here: “Want ‘n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder…. En die fondamente van berge aan die brand gesteek.”

    In Psalm 55:16 sÍ Dawid van die goddelose: “Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal.”

    Hierdie skrikwekkende donker put waarin die goddelose neerdaal, word ook in Jesaja 5:14 genoem: “Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte….”

    “Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abiram oordek. En ‘n vuur het gebrand onder hulle bende, ‘n vlam die goddelose aan die brand gesteek” (Ps 106:17-18).

    Oor die gevalle Lucifer word in Jesaja 14:9 gesÍ dat hy in die hel ingewag word: “Die doderyk daar onder is in beroering om jou ontwil, jou kom tegemoet.”

    Die hel is ‘n plek wat spesifiek vir die duiwel en die gevalle engele berei is. God het die “engele wat gesondig het, nie gespaar nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee om vir die oordeel in bewaring gehou te word.”

    Aan die begin van die duisendjarige vrederyk sal die Satan ook in die afgrond daaronder neergewerp word waar hy vir ‘n duisend jaar gebind en verseŽl sal word.

    Die werklikheid van hierdie afgryslike plek van ewige pyniging begin tot meer mense deur te dring soos wat die tyd van God se oordele vinnig nader kom:

    “En as dit bevind was dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.” (Op 20:15)

    “En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik” (Dan 12:2).

    Groetnis

    Carel

  2. #2
    Member marline's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Witbank
    Posts
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Ek onhou hierdie berig. Ek wonder nog altyd hoe geloofwaardig dit is. Staan daar nie in die Bybel dat jy die Hemel of die Hel nie sal sien terwyl jy nog leef nie? Ek ken nie die vers gedeeltes nie, maar verbeel my so-iets.

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    DOM,

    Eerste keer wat ekke die ding lees. Is die ding moontlik?? Kan mensdom 15 kms ondergronds boor? Dis darem 'n hengse lang boorpunt wat moet sit met een ongelooflike sterk kragbron bo-op wat dit aandrywe... afhangende van die digtheid van die klip daar onder. Hoe geloofwaardig kan dit welleswaar wees? Ek wil nie snaaks wees nie, maar my logika en die storie pas nie bymekaar nie...

    Vlermuis? Klink baie soos iets uit hollywood uit... As dit waar is, dan hoekom het die mense nie ontsnap nie? In gees is dit tog moontlik sekerlik? As mens so hoor oor die VVV's wat hier oor SA kuier deesdae, dan is die ding seker ook nie onmoontlik nie...

    Of wat praat ek alles?
    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by marline View Post
    Staan daar nie in die Bybel dat jy die Hemel of die Hel nie sal sien terwyl jy nog leef nie? Ek ken nie die vers gedeeltes nie, maar verbeel my so-iets.
    Marrline,

    Ek het jou vraag opgevolg en wat ek kon kry bevestig nie wat jy sÍ nie. Interessant is as jy die buite Bybelse boek - tweede boek van Henog - lees, kry jy 'n beskrywing van die 7 Hemele.

    Jy kan dit op die webwerf opsoek. Sleutel die woorde second book of Enoch in.

    Hy het die Hemel gesien terwyl hy geleef het.

    Groetnis,

    Carel.

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Met grootse respek,

    Dit waarvan hier gepraat worre, kan verreikende gevolge he vir menigte....

    As die aardse hel dan binne-in die aardbol is, waar is die Hemel dan? Dis 'n vragie wat dalkies by baie spook, maar is te bang om te vra??

    En ek verwys nie na die Hoogste Hemele nie, maar na die aardse Hemel en hel. Om duideliker te wees, mens hoor van spoke of geeste wat deur mense gesien was of word, sommiges word as demone uitgewys en andere as engeltjies, tog is hulle hier om ons... goed of sleg, of is ek verkeerd?

    Wie weet dalk...
    groetnis
    knipmes

  6. #6
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    .... Om duideliker te wees, mens hoor van spoke of geeste wat deur mense gesien was of word, sommiges word as demone uitgewys en andere as engeltjies, tog is hulle hier om ons... goed of sleg, of is ek verkeerd?
    Knipmes,

    Hierdie is 'n baie interessante onderwerp. In Efesiers 6:11 word ons nie verniet daarop gewys van die liste van die duiwel nie.

    Efs. 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

    Die boek van Dr. Isak Burger: Die GeesteswÍreld - Perspektief op die onsienlike wÍreld rondom ons, dui die struktuur en werking - soos uit die Bybel geneem - van die geesteswÍreld mooi aan. Hier word ondere andere bespreek: demone, die okkulte, die geesteswÍreld - 'n oorlogsterrein, en die geesteswÍreld as 'n lewensarea.

    Wat 'n mens se hare egter laat rys is die stories wat vertel word van wat mense ervaar het met hierdie geesteswesens - en daar is baie. Sommige seker minder geloofwaardig.

    My beskeie opinie is dat jou eie "geestestoestand" - noem dit maar geloof en oortuigings, bepaal jou ervaringe, indien enige, met die geesteswÍreld, goed of sleg.

    Groetnis,

    Carel
    Last edited by Carel van Heerden; 7th March 2009 at 19:52.

  7. #7
    Member marline's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Witbank
    Posts
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
    Knipmes,


    Wat 'n mens se hare egter laat rys is die stories wat vertel word van wat mense ervaar het met hierdie geesteswesens - en daar is baie. Sommige seker minder geloofwaardig.


    Carel
    Hi Carel, Praat ons nou van spoke? Jy kan dit glo of nie glo nie, in my huis is 'n spook. Baie mense het hom al gesien, nie net ek nie. Selfs mense wat nie vooraf weet van my "inwoner" nie. Hy pla nie, en ek kan ook nie se dat hy 'n demoniese oorsprong het nie. Ek het in '74 die huis gekoop, (ek het darem nie ekstra vir hom betaal nie ) en hy was maar altyd hier. Groete

  8. #8
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
    ...ďOns het ook Ďn mikrofoon in die gat laat afsak wat ontwerp is om die klanke van bewegende aardlae op te vang. In plaas van die klanke van aardlae het ons Ďn menslike stem gehoor wat van pyn gekerm het. Eers het ons gedink dat die klank van ons eie toerusting af kom. Toe ons egter verstellings gemaak het, is ons ergste vrese bewaarheid. Die gekerm en benoude geskreeu was nie diť van Ďn enkele mens nie, maar van miljoene mense...

    Carel
    Naand Julle,

    Ek por nou al dae lank aan Die Ou Man om iets hieroor te seg, maar smaak my nie dis aan kome nie, hy seg wel vir my, en ek haal aan:

    "maar knipmes, geeste het mos nie stembande nie!!!..."


    groetnis
    knipmes


  9. #9
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Thumbs up Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by knipmes View Post

    "maar knipmes, geeste het mos nie stembande nie!!!..."


    groetnis
    knipmes
    Goeie dag almal,

    Nou lees ek in ondere andere Mat 8:12 en Luk 13:28 die volgende:

    Mat 8:12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

    Luk 13:28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

    Nou moet julle help!

    Groetnis

    Carel

  10. #10
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Stemme uit die doderyk

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
    Goeie dag almal,

    Nou lees ek in ondere andere Mat 8:12 en Luk 13:28 die volgende:

    Mat 8:12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

    Luk 13:28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

    Nou moet julle help!

    Groetnis

    Carel
    Carel Goeie dag

    Ek dink die "geween en kners" van tande is beeldspraak. Ons weet tog 'n gees het nie tande nie.

    Net so glo ek kan 'n gees se "stem" nie met klanktoerusting opgeneem word nie. Daar is 'n manier om met 'n persoon se gees in "gesprek" te tree, dit sluit egter rekenaar klanktoerusting uit. Ons sien wat het die heks van Endor gedoen toe Saul die uitslag van die oorlog wou hÍ.

    Groetnis

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •