Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
Goeie dag almal,

Nou lees ek in ondere andere Mat 8:12 en Luk 13:28 die volgende:

Mat 8:12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Luk 13:28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

Nou moet julle help!

Groetnis

Carel
Carel Goeie dag

Ek dink die "geween en kners" van tande is beeldspraak. Ons weet tog 'n gees het nie tande nie.

Net so glo ek kan 'n gees se "stem" nie met klanktoerusting opgeneem word nie. Daar is 'n manier om met 'n persoon se gees in "gesprek" te tree, dit sluit egter rekenaar klanktoerusting uit. Ons sien wat het die heks van Endor gedoen toe Saul die uitslag van die oorlog wou hÍ.

Groetnis